Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
M-Net Literêre Toekennings - Honderdtal inskrywings toon groei in SA Letterkunde
Wed, 20 Jan, 2010

Die kortlys vir die 2010 M-Net Literêre Toekennings waarop gretig gewag is, is vrygestel. Dit omvat die room van Suid-Afrikaanse letterkunde wat tussen Januarie en Desember 2009 uitgegee is, in alle inheemse tale, asook in Engels. Presies 100 romans is hierdie jaar vir oorweging voorgelê, meer as 30% meer as die inskrywings vir 2009.

Die jaarlikse toekennings, nou in die 19de jaar, erken die ryk letterkundige talent in Suid-Afrika. Elke jaar streef die beoordelaars daarna om uitsonderlike fiksie te beloon, 'n kortlys van die land se uitstaande romans op te stel en om erkenning te gee aan skitterende vertelvaardigheid.

2010 is die tweede jaar dat die filmkategorie beoordeel word. Die beoordelaars het romans in elke taalkategorie geïdentifiseer vir ontwikkeling in rolprente wat M-Net vir televisie kan skep. Hierdie romans word gekenmerk deur hulle sterk narratief en ryk tekstuur. Al die romans wat vir die hooftoekennings voorgelê is, is outomaties ingesluit vir hierdie toekenning, tensy daar reeds filmregte aan die inskrywing verbonde was.

Vir die doeleindes van die M-Net Literêre Toekennings is al die gepubliseerde werke wat voorgelê is, in 6 taalkategorieë gegroepeer, naamlik Nguni (isiZulu, isiXhosa, isiNdebele, SeSwati), Sotho (SeSotho, SePedi, SeTswana), TshiVenda, XiTsonga, Afrikaans en Engels. Wenners in elke kategorie ontvang 'n kontantprys van R30 000.

M-Net kondig graag die kortlyste in die volgende taalkategorieë in alfabetiese volgorde aan. Hettie Scholtz, voorsitter van die M-Net Literêre Toekennings, sê die beoordelaars was beïndruk met die verskeidenheid bydraes van beide gevestigde Suid-Afrikaanse skrywers met internasionale roem sowel as verskeie debuut-romanskrywers. "Die beoordelaars was ook verras dat so baie rillers en spanningsverhale ingeskryf is - dié verrassing spruit voort uit die vaardigheid van die skrywers," sê sy.

Afrikatale
(Engelse vertalings van titels verskyn in rooi)

Hoofkategorie
Ga di Mphelele (Let them live for me), M.S. Machitela (Lingua Franca) Sepedi
Ba Llwe ke mahlale (Betrayed by tricks) M.P. Mathete (Balobedu) Sotho
Lingada Zibuyile Endle (Wild cats have come home), P. Mtuze (Vivlia) isiXhosa
Tshedza tsho tovhowa (The light is gone), K. Mukovhanama (Oxford University Press) Tshivenda
Zindala Zombile (Head to Head), P.B. Vilakazi (Shuter & Shooter) isiZulu

Filmkategorie
Ga di Mphelele (Let them live for me), M.S. Machitela (Lingua Franca) Sepedi
Ba Llwe ke mahlale (Betrayed by tricks), M.P. Mathete (Balobedu) Sotho
Ngiwalazele Mgakhasela Eziko (Playing with fire), M.D. Mnguni (Vivlia) Ndebele
Ufuka Kuyaphila (Death is alive), S. Yawa (Shuter & Shooter) isiXhosa
Zindala Zombile (Head to Head), P.B. Vilakaze (Shuter & Shooter) isiZulu

Afrikaans:
Hoofkategorie
Plaasmoord, Karin Brynard (HUMAN & ROUSSEAU)
Wederkoms, Louis Krüger (HUMAN & ROUSSEAU)
Voetstoots, John Miles (HUMAN & ROUSSEAU)
Titaan, Karel Schoeman (HUMAN & ROUSSEAU)
Santa Gamka, Eben Venter (TAFELBERG)

Filmkategorie
Plaasmoord, Karin Brynard (HUMAN & ROUSSEAU)
Seisoen van sonde, Chris Karsten (HUMAN & ROUSSEAU)
Bottelnek, Piet Steyn (TAFELBERG)
Geldwolf, Carel van der Merwe (UMUZI)
Die rebellie van Sloet Steenkamp, Paul Venter (Lapa)

Engels
Hoofkategorie
To Heaven by Water, Justin Cartwright (Bloomsbury)
Summertime, J.M. Coetzee (Harvill Secker)
High Low In-between, Imraan Coovadia (UMUZI)
Small Moving Parts, Sally-Ann Murray (Kwela Books)
Little Ice Cream Boy, Jacques Pauw (Penguin SA)

Filmkategorie
Refuge, Andrew Brown (Zebra Press)
The October Killings, Wessel Ebersohn (UMUZI)
My Brother's Keeper, Jassy MacKenzie (UMUZI)
Black Diamond, Zakes Mda (Penguin SA)
Little Ice Cream Boy, Jacques Pauw (Penguin SA)

Volgens die beoordelaars is transformasie steeds 'n sleutelkenmerk van die romans op die kortlys. Die manier waarop die karakters in die romans reageer op die gevolge wat 'n veranderende samelewing op hulle lewens het en hoe hulle probeer om hulle toestand van weerloosheid om te keer, word uitgelig as 'n algemene kenmerk. "As 'n mens ooit getuienis nodig het dat Suid-Afrikaanse fiksie akuut bewus is van beide die positiewe en negatiewe aspekte van die lewe in Suid-Afrika, kan die inskrywings vir hierdie jaar se M-Net Literêre Toekennings aangebied word as bewys," sê Scholtz.

M-Net se Direkteur van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie, Koo Govender, het die verskeidenheid en getal van die inskrywings vir die 2010-toekennings geloof. "Ons is verheug om die massiewe groei in inskrywings vir die 2010 M-Net Literêre Toekennings te sien," sê sy. "Dit is verblydend om te sien dat, ten spyte van die stadige ekonomiese periode, die Suid-Afrikaanse letterkunde en uitgewersbedryf gedy.

Die wenners van die M-Net Literêre Toekennings sal aangekondig word op Saterdag 31 Julie by 'n galageleentheid in Kaapstad. Boekliefhebbers word ook hartlik uitgenooi om by die wenners aan te sluit vir 'n viering van Suid-Afrikaanse skryfwerk by die Internasionale Boekeskou wat plaasvind in die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum (KIKS).

Onderhoude sal met die wenners gevoer word deur die voormalige Carte Blanche ankerpersoon Ruda Landman by die Dalro-kraampie vanaf 11:00 tot 12:30 op Sondag 1 Augustus.

Uitgereik namens die M-Net Literêre Toekennings deur
Trevor Crighton
(van Mnetorporate)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)