Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
F.A.K. (Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge) .org.za - facebook (PLATEKLUB) (UITGEWERS)

2021 06 25 - Jan Rhaap "Afrika" met Juan Boucher MUSIEKVIDEO-VRYSTELLING, FAK, 12:00 - VONK MUSIEK - Starburst Promotions
vetseun

vetseun

vetseunvetseun
F.A.K. TOP 10 Albums (Daantjie Dinamiet)
1. Laudo Liebenberg - Eet Kreef!
2. Rocco de Villiers - Rocco de Villiers speel Jim Muller, Hansie Roodt en Nico Carstens
3. Jak de Priester - Album 10
4. Ruhan du Toit - Monumentaal
5. Refentse - Wandel In My Woning
6. Len Muller - Oorgenoeg
7. Jan Blohm - Jenny
8. Andriëtte Norman - Hartsland
9. Bernice West - Net Geleen
10. Riaan Benadé - Spontaan

#Krugerbeeld #Feit 10
Op 10 Oktober 1954 is die volledige beeldegroep, op 'n splinternuwe voetstuk, in die middel van die Kerkplein feestelik deur die Eerste Minister, doktor DF Malan, onthul. Na vele omswerwinge het die beeld van hierdie geliefde staatsman op gewyde grond, die Kerkplein, die middelpunt van die hoofstad van Suid-Afrika, tot rus gekom.
#AfrikanerGeskiedenis #erfenis #Krugerbeeld
Jy kan help om die Krugerbeeldegroep veilig te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

#Krugerbeeld #Feit 9
Verskeie organisasies beywer hulle voluit vir die verskuiwing van die standbeeld na Kerkplein. Die Stadsraad, wat vroeër saamgewerk het was nou halstarrig. Op 20 Mei 1939 keur die Pretoria Stadsraad die verskuiwing egter goed.
#AfrikanerGeskiedenis #erfenis #Krugerbeeld
Jy kan help om die Krugerbeeldegroep veilig te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

#Krugerbeeld #Feit 8
Die Krugerstandbeeld word voor Pretoria-stasie opgerig. Op 10 Oktober 1925, presies honderd jaar na die geboorte van president Kruger, word die standbeeld voor die stasie onthul, deur genl. JBM Hertzog, Eerste Minister van SA.
#AfrikanerGeskiedenis #erfenis #Krugerbeeld
Jy kan help om die Krugerbeeldegroep veilig te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

#Krugerbeeld #Feit 7
Na die Tweede Wêreldoorlog slaag genl. Smuts daarin om met die vredesonderhandelinge in 1920 van Engeland die beelde te kry, nogal met die steun van Milner! Formele toestemming word deur die Koningshuis t.o.v. die Royal Engineers en die bereddenaars van Kitchener se boedel benodig. Formele instemming volg in 1921. Op 23 Augustus 1921 kom die beelde in Kaapstad aan en 12 September in Pretoria.
#AfrikanerGeskiedenis #erfenis #Krugerbeeld
Jy kan help om die Krugerbeeldegroep veilig te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

#Krugerbeeld #Feit 6
Op 24 Mei 1913 (Victoriadag/Empiredag) word Paul Kruger se standbeeld in Prinsepark onthul deur genl. SW Burger, vroeëre waarnemende Staatspresident van die ZAR. Die vier begeleidende Boerefigure het egter ontbreek. Hierna het verdere onderhandelinge, waarby generaal Louis Botha en later ook generaal Smuts betrokke was, plaasgevind om die vier Boerefigure ook in Suid-Afrika te kry. Uiteindelik het generaal Smuts daarin geslaag om met die hulp van die Britse staatshoof te reël vir die terugsending van die beelde na Suid-Afrika.
#AfrikanerGeskiedenis #erfenis #Krugerbeeld
Jy kan help om die Krugerbeeldegroep veilig te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

#Krugerbeeld #Feit 5
As gevolg van 'n besluit in die Vredesooreenkoms mag geen verandering aan of oprigting van monumente ens. op Kerkplein sonder toestemming van die Britse Luitenant Goewerneur (in Kaapstad) plaasvind nie. Die Pretoriase Stadsraad beywer hulle egter daarvoor dat die voetstuk van die Krugerstandbeeld intussen in Prinsepark, reg oorkant die begraafplaas, opgerig word. Dit gebeur in 1905.
#AfrikanerGeskiedenis #erfenis #Krugerbeeld
Jy kan help om die Krugerbeeldegroep veilig te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

#Krugerbeeld #Feit 4
Teen die einde van die oorlog, toe dit blyk dat Brittanje die oorwinning sou behaal, het Sammy Marks, wat in hierdie stadium heelwat belangstelling verloor het, die vier beelde van die Boerefigure op versoek van lord Kitchener aan hom geskenk. Kitchener het die beelde na Engeland laat vervoer waar twee beelde uiteindelik voor die School of Military Engineering in Chatham opgerig is en die ander twee op sy eie landgoed te Broome Park. Die beeld van President Kruger het in Delagoabaai agtergebly.
#AfrikanerGeskiedenis #erfenis #Krugerbeeld
Jy kan help om die Krugerbeeldegroep veilig te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

#Krugerbeeld #Feit 3
Die hoofbeeld en die hoekfigure is tydens die Anglo-Boereoorlog in Lourenço Marques (vandag Maputo) afgelaai nadat dit in Rome in brons gegiet was.
#AfrikanerGeskiedenis #erfenis #Krugerbeeld
Jy kan help om die Krugerbeeldegroep veilig te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

#Krugerbeeld #Feit 2
Die Krugerbeeldegroep is deur die befaamde beeldhouer, Anton van Wouw op versoek en dryfkrag en koste van Sammy Marks ontwerp en gebou, vir oprigting op Kerkplein, Pretoria. Sammy Marks het die enorme som van £10 000 (R20 000) vir hierdie doel aangebied.
#AfrikanerGeskiedenis #erfenis #Krugerbeeld
Jy kan help om die Krugerbeeldegroep veilig te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

#Krugerbeeld #Feit 1
Op die Kerkplein in Pretoria pryk die kolossale standbeeld van president SJP Kruger, laaste president van die ZAR, en die vier Boerekryger- en Voortrekkerhoekfigure. Op die voetstuk is vier bronspanele wat vier hoogtepunte uit die President se lewe uitbeeld. Hierdie indrukwekkende beeld is seker een van die bekendste Afrikanerbakens in die Republiek van Suid-Afrika.
#AfrikanerGeskiedenis #erfenis #Krugerbeeld
Jy kan help om die Krugerbeeldegroep veilig te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

#Rebellemonument Feit 8
Hierdie granietsteen by die ingang na die monument bevat die woorde van mev. Maria Koopmans De Wet, neergepen op 9 Julie 1900, toe die Anglo-Boereoorlog in volle gang was: "Lojaliteit is diep in die hart van die Afrikaner gegrif. Dit kom omdat hy God vrees. Ons broers wat in die oorlog geval het, met die Bybel in die een hand en die Mauser in die ander, en die veld laat weergalm het met die psalms wat hulle gesing het; Wie kan anders as om hulle te eer? God en die geskiedenis sal hul geregtigheid laat geskied. Wat ons susters aangaan, wat onophoudelik gebid het, die weduwees en die wese het vir hul land gely; en God alleen weet wat dit beteken. Daardie manne sowel as vroue in die afstammelinge van die fiere Nederlanders wat met die seën van God sig vry geveg het van die magtige Spanje, en van die Hugenote wat aan die wêreld gewys het dat geloof krag gee om wondere te doen. Die oorlog het die vereniging van Afrikaners van hierdie land tot stand gebring. Vroeër het ons dit geweet dat ons broers en susters was, nou voel ons dit. Daardie gevoel sal nooit uitsterf nie, want die wortels daarvan is in ons lewende siel gevestig."
#Rebellemonument #AfrikanerGeskiedenis #erfenis #jykanhelp
Jy kan help om hierdie monument in stand te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

#Rebellemonument Feit 7
Die monument op Laborie is inklusief vir alle Kaaplanders, wit, bruin en swart, wie se huistaal Afrikaans, Engels, Xhosa of 'n ander taal was, wat teen die imperialistiese oorlogspoging van Brittanje gerebelleer het.
#Rebellemonument #AfrikanerGeskiedenis #erfenis #jykanhelp
Jy kan help om hierdie monument in stand te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

#Rebellemonument Feit 6
Die sewe reliëfpanele beeld elemente van die oorlog uit: Die 16 massavergaderings - ook in die Eikebos, die verskroeideaarde-veldtog, die inperking van Kolonialers, doringdraad en blokhuis, onderdrukking deur krygswet, Kaapse Rebelle gefusilleer en konsentrasiekamplyding.
#Rebellemonument #AfrikanerGeskiedenis #erfenis #jykanhelp
Jy kan help om hierdie monument in stand te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

#Rebellemonument Feit 5
Die hoofelemente van die monument is 'n lewensgroot man en vrou in brons wat teenoor mekaar staan. Hulle word deur sewe simboliese reliëfpanele, asook ander elemente, op strategiese plekke op die koppie omring. Die manlike figuur beeld die Kaapse Rebel uit wat teen onreg in opstand kom. Die vroulike Rebel is die steunpilaar van haar mense wat in haar maatskaplike beperktheid tog meer as haar deel gedoen het om teen onreg te rebelleer en vir vryheid en reg te stry. Die Victoriaanse vrou was sonder stemreg en dus polities geneutraliseer.
#Rebellemonument #AfrikanerGeskiedenis #erfenis #jykanhelp
Jy kan help om hierdie monument in stand te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

#Rebellemonument Feit 4
Die simboliek van die monument is volgens die beeldhouer, Johann Moolman, in ooreenstemming met die kontemporêre idioom van 'n stellingname oor die universele menseregte-beginsels van vryheid en reg - wat tot die mens van die 21ste eeu en geslagte vorentoe in die toekoms sal spreek.
#Rebellemonument #AfrikanerGeskiedenis #erfenis #jykanhelp
Jy kan help om hierdie monument in stand te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

#Rebellemonument Feit 3
Op 16 Desember 1940 het dr. DF Malan by die inhuldiging van die Hildebrand-grafmonument op Kraalbosdam, Darling, 'n monument vir die Kaapse Rebel bepleit. Hy het verwys na die opofferende rol van die Kapenaars en gesê hulle was "dapper manne en vroue in die vryheidstryd van die Boererepublieke. Daar is 'n ereskuld om vereffen te word."
#Rebellemonument #AfrikanerGeskiedenis #erfenis #jykanhelp
Jy kan help om hierdie monument in stand te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

#Rebellemonument Feit 2
Die monument is ter ere van alle kolonialers wat alles opgeoffer het in hul rebellering teen die Britse Imperialistiese oorlog, ook bekend as die Anglo-Boereoorlog, wat van 1899 tot 1902 gewoed en twee derdes van Suid-Afrika in puin gelê het. Paul de Villiers, laaste tesourier-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaalse Boererepubliek) het geld in sy testament nagelaat vir die oprigting van 'n Anglo-Boereoorlog-monument.
#Rebellemonument #AfrikanerGeskiedenis #erfenis #jykanhelp
Jy kan help om hierdie monument in stand te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

#Rebellemonument Feit 1
Op 17 September 2005 is op die historiese wynlandgoed Labori in die Paarl geskiedenis gemaak toe die eerste Anglo-Boereoorlog-monument toegewy aan die Kaapse Rebelle onthul is.
#Rebellemonument #AfrikanerGeskiedenis #erfenis #jykanhelp
Jy kan help om hierdie monument in stand te hou! SMS MONUMENT na 45730 (R1,50) of klik hier www.monumente.co.za
vetseun

vetseunvetseun
UITGAWES
2007 - F.A.K.-Sangbundel (6de Uitgawe) (Liedboek) (PROTEA BOEKEHUIS)

2004 - F.A.K. - Lekkersing Liedjies (Liedboek)
2004 - F.A.K.-75 (O.J.O. Ferreira)

2001 - F.A.K.-Sangbundel (4de Uitgawe) (PROTEA BOEKEHUIS)
2001 - Keur Uit Handhaaf (Liedboek)

1998 - Keur uit Handhaaf (Liedboek)

1993 - F.A.K. - Lekkersing Liedjies III (Liedboek)

1989 - Akrikanerbakens (PROTEA BOEKEHUIS)

1988 - Voortrekkerlewe (PROTEA BOEKEHUIS)

1986 - F.A.K.-Sangbundel (3de Uitgawe) (Liedboek)

1985 - F.A.K.-Lekkersing Liedjies II (Liedboek)

1984 - F.A.K.-kunsliedbundel (Liedboek)

1983 - F.A.K.-mannekoorbundel 1 (Liedboek)

1981 - Sing, Suiderland, Sing (Liedboek)

1980 - Die Klein F.A.K.-Sangbundel (Liedboek)

1979 - Vyftig Jaar Volksdiens: Die geskiedenis van die F.A.K., 1929-1979

1976 - F.A.K. - Lekkersing Liedjies I (Liedboek)

1966 - Nuwe F.A.K.-Sangbundel (Liedboek) - S.H. Eyssen

1961 - F.A.K.-Sangbundel (Liedboek) (2de Uitgawe) - S.H. Eyssen

1955 - Referate gelewer by geleentheid van die Twaalfde Tweejaarlikse Kongres en Silwerjubileum van die F.A.K.

1947 - F.A.K. Volksangbundel vir Suid-Afrika (Liedboek)

1937 - F.A.K.-Sangbundel (1ste Uitgawe) (Liedboek)


vetseun
F.A.K. - Lekkersing Liedjies (Liedboek) . 2004 F.A.K.
ISBN: 9780620176842

vetseunvetseunvetseun
F.A.K.-Sangbundel (4de Uitgawe) (Liedboek) . 2001 F.A.K. (PROTEA BOEKEHUIS)
kliek hier vir liedjies

"Die F.A.K.-sangbundel se eerste verskyning in 1937 was 'n belangrike kulturele gebeurtenis. Sedertdien was dit so wyd in aanvraag dat dit vier uitgawes en vyf herdrukke beleef het.
In latere uitgawes is liedere wat nie veel aftrek gekry het nie weggelaat en gewildes wat vroeër ontbreek het, opgeneem. Tans word dit beskou as die mees omvattende bundel Afrikaanse lirieke met bladmusiek en dit dien as verwysingswerk vir 'n groot aantal kulturele organisasies, koormeesters en skole. Dit is voorsien van 'n register volgens liedere se titels en eerste reëls sowel as 'n rubriekindeling, waaronder vaderlandsliedere, natuurlirieke, liefdes-, kleuter- en slaapliedjies en gewyde liedere. Bekende Afrikaans digters en komponiste se talente word hier saamgevoeg, sowel as sensitief vertaalde Afrikaanse weergawes van wêreldwye gunstelinge." - leserskring.com

vetseun
Keur Uit Handhaaf (Liedboek) . 2001 F.A.K.
ISBN: 9780620198868

vetseun
F.A.K. - Lekkersing Liedjies III (Liedboek) . 1993 BLADMUSIK
kliek hier vir liedjies

vetseun
Afrikanerbakens ............... 1989 F.A.K.
ISBN: 9780620129794

vetseun
F.A.K.-kunsliedbundel (Liedboek) . 1984 F.A.K.
kliek hier vir liedjies
ISBN: 9780620065207

vetseun
Handhaaf ......................... 1984 F.A.K.

vetseun
Handhaaf ....................... 1984 F.A.K.

vetseun
Sing, Suiderland, Sing (Liedboek) . 1981 F.A.K.
ISBN: 9780620048354

vetseun
Die Klein F.A.K.-Sangbundel (Liedboek) . 1980 F.A.K.
ISBN: 9780620048347

vetseun
F.A.K.-Sangbundel (Liedboek) . 1961 F.A.K.

vetseun
F.A.K. Volksangbundel vir Suid-Afrika (Liedboek) . 1947 F.A.K.
kliek hier vir liedjies

vetseun
Afrikaanse Kultuuralmanak . F.A.K.
ISBN: 9780620045438


skakels : https://web.facebook.com/FAK01/ : proteaboekhuis.co.za : Ons Blerkas : Vrienden van Zuid-Afrika










2020 08 14 - AFRIKAANS #Taaldag2020, fak.org.za
vetseun



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )