Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Zuretha Roos (Roos, Zuretha)
vetseun
Die regte man vir Debbie . 2005 LAPA UITGEWERS

Debbie Coetzer se hart is gebreek omdat haar eerste groot liefde haar die trekpas gegee het. Sy leer egter vir Marko, Henk en Jaco ken en het kort voor lank haar hande vol met die aandag van die drie mans. Toe haar eerste liefde boonop onverwags opdaag, is die gort gaar!

vetseun
Die Tuiskoms Van Mina Afrika (Roman) . 1997 TAFELBERG

Wonderlike nuus vir almal wat lief geword het vir Mina Afrika, die pragtige bruin aanneemkind van die uiters gewilde Die verdwyning van Mina Afrika: sy's terug!
Hier is haar storie nadat sy langs Schoeman Oortzen se graf vrede met die bitter van haar verlede gemaak het. - graffitibooks.co.za

vetseun
Die verdwyning van Mina Afrika (Roman) . 1997 TAFELBERG

Op 'n winterdag in 1945 ontferm 'n kinderlose blanke egpaar, Sara en Erik de Graaff, hulle oor 'n driejarige halwe weeskind - Mina Afrika. Hulle wil haar graag 'n kans in die lewe gee, haar fyn opvoed.
Maar dadelik begin die gegis, die geskinder in die Hexvallei Want Mina se vel lyk soos koffie vol Jerseyroom. Soos die jare kom en gaan, bly sy hul "aanneemkind". Dit is die wyse, bejaarde Tietser Meraai wat meer soos 'n ma vir haar is. Sy waarsku die pragtige, intelligente kind: Net een misstap en die blankes sal vinger wys en sê: Daar het die De Graaffs nou hulle loon.
Wat het hulle in elk geval verwag van 'n "hotnoskind", maak nie saak hoe goed sy "opgevoed" is nie.Dan, terwyl Mina nog vol ambisie haar toekoms beplan en haar drome met die bewonderende Boeta Bantjies deel, gebeur dié"misstap".Die verraderlike daad van 'n ryk jong wit man dryf Mina weg uit die Vallei, laat haar beland in 'n eindelose spiraal van bedrog. 'n Lewe van vernedering in Groenpunt en tussen die bendes van Distrik Ses . . . - graffitibooks.co.za


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)