Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Wim van der Berg (Van der Berg, Wim)
vetseun
75 Blou Bul Legendes ..... 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799356540

'n Rugbylegende is volksbesit; iemand wat ver buite die grense van provinsialisme aanvaar en bewonder word. Noord-Transvaal en die Blou Bulle het van die wêreld se grootste rugbylegendes opgelewer. Mens kan dadelik dink aan Frik du Preez, bekend vir die legendariese wedstryd waar hy sommer "gedrop, geplace en gescore" het. Herinneringe aan Naas Botha se taktiese skoppe, waar hy selfs kan spog met 'n doelskop van die kantlyn af in 'n amperse orkaan en stortreën. Joost van der Westhuizen met sy giftige breekslae van vaste fasette af en ook losskrums en losgemale sal menige rubgy-ondersteuners bybly. En Victor Matfield wat wêreldrugby se lynstane oorheers het is maar enkeles wat in die merkwaardige boek voorkom. Hierdie boek bespreek die loopbane en prestasies van 75 van die legendariese spelers wat die afgelope 75 jaar vir Noord-Transvaal, die Blou Bulle en die Bulls gespeel het.

vetseun
Uitsonderlike Boek Van Suid Afrikaanse Rugby / (eBook) . 2012 PENGUIN
ISBN: 9780143528814
ISBN: 9780143529187

Die uitsonderlike boek van Suid-Afrikaanse rugby sal enige rugbyfanatikus boei. Die versameling feite, statistiek, aanhalings en anekdotes wissel van die komiese tot die kontroversiele en herdenk die ryke geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby. Hierdie buitengewone/merkwaardige boek bevat van die mees opwindende stories oor Suid-Afrikaanse rugby, insluitende: Hoe Manie Reyeneke laat was vir sy eie huweliksonthaal omdat hy eers 'n halfeindstryd vir sy klub moes gaan speel. Die 90 meter-strafskop van Oostelikes. Hoe die eerste Springbokke wat per vliegtuig gereis het met drie enjins oor die see gehinkepink het. Hoe Kimberley 60 uur per muilwa moes reis tydens hul eerste toer na Kaapstad. Hoe die Springbok Andy MacDonald met sy kaal hande 'n leeu doodgemaak het. Die plettervat deur 'n toeskouer wat die Westelike Provinsie die Curriebeker gekos het. Paul Roos se weeklikse 260 km-fietsrit na Pretoria om klubrugby te speel.

vetseun
Blou Bulle: 70 Jaar van Glorie . 2008 PENGUIN
Gerhard Burger; Wim van der Berg


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )