Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Willie Burger (-1970) (Burger, Willie)
vetseun vetseun
Die Oop Gesprek: N.P. van Wyk Louw gedenklesings . 2006 LAPA UITGEWERS

"Hierdie N.P. van Wyk Louw-gedenklesings wat oor byna 'n kwarteeu aan die Universiteit van Johannesburg (die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit) gelewer is, vorm 'n aanvulling tot Oopgelate kring - die eerste tien Louw-gedenklesings wat in 1982 verskyn het - en is 'n belangrike naslaanbron oor Louw se werk.
Die boek is ook 'n historiese dokument, 'n dokumentering van Louw se invloed oor die afgelope kwarteeu.
Met Die oop gesprek word hulde gebring aan N.P. van Wyk Louw by die herdenking van sy 100ste geboortejaar.
N.P. van Wyk Louw troon bo sy tydgenote en nakomelinge uit as digter van wêreldformaat, maar ook as intellektueel, iemand wat die spannings en verwikkelings van sy tyd beliggaam en daaraan rigting probeer gee het.
Honderd jaar ná sy geboorte en 36 jaar na sy dood (8 Junie 1970) is hy steeds die beste wat ons bereik het, stel hy steeds die standaard waaraan die beste hulle kan meet. - Gerrit Olivier, Beeld, 9 Junie 2006" - LAPA UITGEWERS

vetseun vetseun
Pa se stem (Volume 2) . 2005 LAPA UITGEWERS

" 'n Tweede versameling van Willie Burger se gewilde rubrieke in Baba & Kleuter. Die eerste versameling het in 2002 by Protea verskyn.
Hierdie pa stoei nog steeds om die wêreld volgens Kleinman en Boetie by sý wêreldbeskouing te laat inpas. Hoewel hy hulle na die beste van sy vermoë grootmaak en maniere leer, kom hy dikwels agter hoeveel hulle hóm leer, en hoe onherroeplik sy kinders sy lewe verander het. Alle pa's en ma's van kleuters sal by hierdie heerlike humoristiese verhale aanklank vind." - LAPA UITGEWERS

vetseun
Sluiswagter by die dam van stemme (Biografie) . 2002 PROTEA BOEKEHUIS
- Beskouings oor die werk van Karel Schoeman
Redakteurs, Willie Burger; Helize van Vuuren
ISBN: 9781919825939

vetseun
Pa se stem ..................... 2002 PROTEA BOEKHUIS


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )