Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Willem D. Kotzé (1931-) (Kotzé, Willem D.)
vetseun
T'sats, Grootste Van Die Groot Jagters / (eBook) . 2009 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192631
ISBN: 9781869197094

T'sats, grootste van die groot jagters, is die tweede in Willem D. Kotzé se T'sats-reeks en volg op T'sats van die Kalahari (2008). T'sats leis sy groep, die Boesmans, behendig deur die Kalahari. Hy loop saam met die geeste en het twee mensvreterleeus manalleen doodgemaak. Die ander Boesmanstamme praat nie verniet van hom as "T'sats, grootste van die groot jagters nie". Waar hy ook al kom, weet almal dit is so. Die tiervel wat hy dra, bewys dit. T'sats is egter onvergenoeg met sy vrou, N'tsi - sy gooi net meisiekinders. En in één dag kom drie lede van sy groep in die woestyn om. T'sats wonder nou waar is die geeste van wie Damab, die Bergdamara hom vertel het? En die Here van Oubaas Kolie dan? T'sats is geskok om te vind dat die slang Tla!gai vir baie van sy probleme verantwoordelik is en besluit om hom te gaan soek...

vetseun
T'sats Se Wraak ........ 2009 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192648

vetseun
T'sats van die Kalahari . 1994/2008 TAFELBERG

T'sats van die Kalahari is die verhaal van die heldhaftige Boesman T'sats, die eerste van 'n reeks uit die pen van Willem D. Kotzé. Oom Kolie en sy jaggeselskap vind die erg verhongerde klein T'sats diep in die Kalahari. T'sats word groot op oom Kolie se plaas en pas skape op. Maar hy hunker terug na waar hy gevind is - die Kalahari se duine.
As sy oë oor die duine soek, "is dit asof die hordes sonbesies se harde, trillende kore vir hom sê sy mense se geeste hang hier rondom hom aan die hoë kameelbome en hulle roep hom om saam met hulle oor die duine te loop tot daar ver waar die tsammas groot en hoog lê en die ryp gemsbokkomkommers geel in die son skyn". Uiteindelik hardloop hy die Kalahari in. Die dramatiese gebeure wat hierop volg, boei die leser tot aan die einde. Die rateltaai T'sats oorleef met oerinstink in die dorre Kalahari. Hy kom af op 'n ou vrou wat deur haar groep onder 'n boom agtergelaat is. Voor haar dood ontrafel sy die raaisel van T'sats se herkoms, maar laat hom terselfdertyd met onbeantwoorde vrae: Waarom waarsku sy hom teen die slang, Tla!gai, sy halfbroer? En wie is N'tsi - die een wat hy as vrou moet vat? Dit word meer as T'sats se verhaal, naamlik 'n waardevolle optekening van die Kalahari en sy mense.

vetseun
Kalaharijoernaal (Outobiografie) (Reis) . 2006 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869190873

"Die Kalahari los jou nooit," skryf Kotzé. "Want jy gee nie jou hart vir hom nie, hy vat dit self en roep jou met baie stemme na hom toe terug." "Dit is 'n boek wat sonder pretensie daarin slaag om op besonderse wyse lewe te gee aan die kleurryke karakters en die ongenaakbare omgewing soos dit in die jare dertig en veertig daar uitgesien het." - Albé Grobbelaar, Volksblad
"Die Kalahari los jou nooit. Want jy gee nie jou hart vir hom nie, hy vat dit self en hy roep jou met baie stemme na hom toe terug," skryf W.D. Kotzé in sy derde versameling herinneringe aan die Kalahari.
Dit is veral die mense van Aranos se wêreld wie se stemme in Kalaharijoernaal gehoor word, die mense wat in die ongenaakbare wêreld langs die Nossobrivier 'n bestaan gemaak het. Maar daar is ook die sagter geluide van die Kalahari se wild, die springbokke, die groot elande en koedoes, die kiewiete, die sandpatryse en die sonbesies wie se skril stemme oor die rooi sand bewe. Vir dié wat soek, wag daar immers 'n verrassing agter elke duin, só leer die Kalaharikind vroeg al.
Kotzé slaag met Kalaharijoernaal opnuut daarin om die skerp kontraste van hierdie kontrei - die skoonheid van 'n goeie jaar, die verskrikking van droogte, die vriendskaps- en familiebande én die verwydering wat tussen bure kan kom - op aangrypende wyse weer te gee.

vetseun
Voetspore in die Kalahari . 2004/2007 PROTEA BOEKHUIS

vetseun
Kalahari-Kind (Outobiografie) . 2003 PROTEA BOEKHUIS

"DR. WILLEM D. KOTZE, tot op sy oudag 'n Kalahari-kind in murg en been, was op sy dag LV vir Odendaalsrus en later vir Parys. Op die boekomslag word vertel hy en sy vrou het ook as ambassadeurspaar vir Bophuthatswana opgetree. Kotze is in 1931 gebôre en vanweë sy passie vir die Kalahari en die gasvrye inwoners van hierdie streek, het reeds sewe ander boeke uit sy pen verskyn wat hierdie bar, maar mooi omgewing, as tema en agtergrond het. Kalahari-kind handel oor die skrywer se kinderjare en sy herinneringe aan die Kalahari sodat hierdie werk 'n sterk outobiografiese strekking het. Hoewel die twee literatuursoorte "memoires" en "outobiografie" maklik met mekaar verwar kan word, is daar wesenlike verskille tussen hulle. Kalahari-kind is vir my 'n voorbeeld van memoires, aangesien die gebeure in die boek hoofsaaklik Kotze se kontak met mense en die uiterlike handelinge van homself en andere as besprekingspunt het. Hy konsentreer veral op sy persoonlike doen en late as Kalahari-kind, asook sy interaksie met familie en bure. 'n Outobiografie daarenteen handel meerendeels oor die skrywer se innerlike ruimte. Hoewel Kalaharikind innerlike refleksies bevat, is die innerlike togte in die minderheid. Die outeur van 'n outobiografie of memoires kan sekerlik as die beste persoon beskou word om sy/haar eie lewensverhaal te vertel, maar die leser moet besef dat sodanige vertellings nie noodwendig 'n betroubare bron van inligting is nie. Dit is immers net menslik om te ont hou wat 'n mens wil onthou wanneer jy van jou persoonlike ervarings verslag doen. Gevolglik word selfs feite soms subjektief ingeklee of gewoon geï gnoreer. Kalahari-kind gee Kotze se herinneringsvlugte weer as 'n reeks aaneenskakelende kortverhale. Die Kalahari-ruimte en die karakters van daardie interessante omgewing bly deurgaans konstante elemente in elke vertelling. Sekere gebeure of indrukke word dikwels herhaal om die besondere belang van bepaalde indrukke of gebeure onder die leser se aandag te bring. Lesers wat met die ruimte en karakters van Kotze se jeugjare bekend is, sal hulle kan verkneukel in die beskrywings en herinneringsvlugte van Kotze. 'n Hele paar prettige staaltjies en gelofies word elke dan en wan opgehaal. Een daarvan vertel van die Kalahari-kinders wat geglo het spoke kan net gesien word as 'n mens op 'n donkie se rug sit en tussen die dier se ore deurloer. Hoewel Kotze sy herinneringe met noukeurige detail in keurige Afrikaans neerpen en interessante feite oor die geografie en dierelewe van die Kalahari aan die leser oordra, bevat van die vertellings ook persoonlike detail. Herhaalde verwysings na die familie se welvarendheid vanweë die karakoelboerdery, asook die "hoogtes" wat die familielede en kennisse op velerlei gebiede bereik het, laat by my die gevoel dat dit 'n boek is wat 'n oupa liefs vir sy nageslag en naby kennisse kon geskryf het en dit daarby gelaat het. Hoewel ek glo dat Kotze se skryfvaardighede sy werk sal onderskei van vele ander memoires wat aan uitgewers voorgelê word, weet ek nogtans nie hoe 'n uitgewer hierdie publikasie, wat duidelik 'n klein en persoonlike teikengroep het, kan regverdig nie. - Dr. Matilda Smith, hooflektor in die departement Afrikaans, Vistauniversiteit. " - netbooks.co.za

vetseun
Vlam van die Vuurklip . 2000

"Hoffman Kannemeyer's search for understanding of his Great Grandmother's last muttering leads to the family farm in the Kalahari of Namibia. There he discovers not only himself, but a lot more than he expected about his family's strange past. Written with the warm understanding of someone who grew up in the Kalahari and had to leave it to make a living in the city." - gamsberg.com.na

vetseun
T'sats se kind .............

vetseun
T'sats, grootste van die groot jagters . 1995 TAFELBERG


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )