Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Viktor Shatunov (Shatunov, Viktor)
vetseun
Die Gevaarlike Vreemdeling . 2011 FANTASI
Illustrasie: Viktor Shatunov
ISBN: 9781920134624

Dartanjan het mos maar 'n ou sagte plekkie vir 'n mooi dame ... hiervan is Dame Miaaulise al te bewus! Sy liefde vir die skoner geslag beteken amper-amper sy ondergang. Gelukkig is Dartanjan die koning se dapperste musketier en hy laat hom nie so maklik vang nie! 'n Musketier maak altyd 'n plan ...

vetseun
Die Heuningboer .............. 2011 FANTASI
Illustrasie: Viktor Shatunov
ISBN: 9781920134648

Kat se kniee raak so effens lam as sy vir Korf die Heuningboer sien. Maar tyd vir fladderende wimpers en vlinders is daar nie! Die Broeders Wolf was weer aan die gang en het die stadsmusikante se sirkusgeld gegaps - onder andere!

vetseun
Die Ontvoerde Hasie ....... 2011 FANTASI
Illustrasie: Viktor Shatunov
ISBN: 9781920134631

Hasie beland in die verkeerde geselskap en wie anders sal haar red as ... ja, dis reg ... ons held Dartanjan, natuurlik! Hasie en Dartanjan beland op snaakse plekke om van die gestreepte kat-soldate te ontsnap! 'n Bullebak sal mos nooit in Dartanjan se teenwoordigheid die oorhand kry nie!

vetseun
Wolwe In Skaapsklere .... 2011 FANTASI
Illustrasie: Viktor Shatunov
ISBN: 9781920134655

Die Broeders Wolf is sowaar 'n ander spul! Maar die stadsmusikante laat hulle nie so maklik uitoorle nie! Kat kry snuf in die neus toe drie 'skape' met lang sterte aan skaapboudbene sit en smul. Hulle sit die bende agterna ...

vetseun
Die Ontmoeting ................. 2008 FANTASI
Redakteur: Talita van Graan
Illustrasie: Viktor Shatunov
ISBN: 9781920134525

Dartanjan is 'n dapper hond wat graag een van die Koning se musketiers wil word. Kort voor lank word hy uitgedaag tot drie tweegevegte! Dartanjan wil net sy swaard trek om sy eer te verdedig toe die geslepe Kat de Kosherie en sy kattetroepe, die Kardinaal se wagte, opdaag. Wat nou? Veg Dartanjan aan Atos, Portos en Aramis se kant of saam met die katte ...?

vetseun
Die Pratende Boom ......... 2008 FANTASI
Redakteur: Talita van Graan
Illustrasie: Viktor Shatunov
ISBN: 9781920134570

Die stadsmusikante het wel van hul wrede base ontsnap en die rowers uitoorle, maar daar wag nog baie avonture op hulle! Na 'n mislukte sirkusvertoning moet die musikante weer vir hulle lewens vlug. Net voordat die woedende Ram en Bok hulle kan bydam, kom iets baie vreemds tot hulle redding ...

vetseun
Die Seerowers Se Gevangenes . 2008 FANTASI
Illustrasie: Viktor Shatunov
ISBN: 9781920134549

Dartanjan se slim plan met die lugballon het nie gewerk nie. Kat de Kosherie het die ballon flenters geskiet ... en 'n wrede seerowerskip het die musketiers opgelaai! Die skip is op pad om hulle op 'n eiland vol wilde, wrede Dingo's te gaan aflaai. Hoe kan die vier musketiers hulleself op die wye, woeste see red?

vetseun
Die Vlieënde Koei ............. 2008 FANTASI
Redakteur: Talita van Graan
Illustrasie: Viktor Shatunov
ISBN: 9781920134532

Dartanjan en die drie musketiers moet die liewe Mienkie gaan red! Kat de Kosherie het haar ontvoer en toegesluit op die Eiland van Eensame Perde. Die kat-wagte hou die see fyn dop vir enige teken van die musketiers. Kan Dartanjan-hulle 'n ander plan bedink om by die eiland uit te kom? Miskien ... per lugballon?

vetseun
Die Vlieënde Meul ............ 2008 FANTASI
Redakteur: Talita van Graan
Illustrasie: Viktor Shatunov
ISBN: 9781920134563

Die stadsmusikante het wel van hul wrede base ontsnap en die rowers uitoorle, maar daar wag nog baie avonture op hulle! Jan Lemoen, die geslepe wolf, sorg dat al hulle instrumente in die middel van 'n baie belangrike vertoning breek. Hoe gaan hulle ontsnap van die woedende skare? Die musikante vlug by 'n meul in en iemand kry 'n blink plan ...

vetseun
Een Vir Almal, Almal Vir Een . 2008 FANTASI
Redakteur: Talita van Graan
Illustrasie: Viktor Shatunov
ISBN: 9781920134556

Dartanjan word agtervolg! Dame Miaaulise het natuurlik al die Kardinaal se wrede kat-wagte beveel om die dapper musketier van kant te maak. Hoe kan Dartanjan ooit hoop om te wen teen so 'n groot oormag? Is dit die einde van Dartanjan ... of sal sy vriende betyds kan opdaag om hom te help?


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)