Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Tuin Van Digters

2020 11 27-29 - Tuin Van Digters - grendels slotte sleutels, Breytenbach Sentrum, facebook - Nasionale Boekhandel
vetseun

TUIN VAN DIGTERS IN NOVEMBER 2020 HULDIG DIGTER, VERTALER EN SKRYWER DANIEL HUGO

Die negende jaarlikse Tuin Van Digters-fees, die tuiste van die Afrikaanse digkuns, sal in 2020 op 27 tot 29 November saam met NB-Uitgewers/Publishers as medeborg by die Breytenbach Sentrum in Wellington, sowel as op sosiale media platforms, aangebied word.

Daniel Hugo, digter, woordmeester, vertaler, redakteur, keurder, proefleser en vele meer, wat op 26 Februarie 2020 sy 65ste verjaardag gevier het en al meer as 40 jaar deel is van die Afrikaanse literêre wêreld, is die digter wat vanjaar by Tuin Van Digters gehuldig sal word.

Die feeskunstenaars is die landskapkunstenaar Estelle Marais van Port Elizabeth, Joubert Stander van die Strand, en Sandra Hanekom van Piketberg. Die opening sal op Vrydag 27 November 2020 in die galery sowel as virtueel plaasvind.

Tuin Van Digters word jaarliks in September aangebied op die naweek naaste aan die verjaardag (16 September) van die digter Breyten Breytenbach, wie as skoolkind saam met sy ouers in die gebou wat vandag die Breytenbach Kultuursentrum is gewoon het. Dit sou vanjaar op 18 en 19 September plaasgevind het, maar sal weens die COVID-19 pandemie nou op Vrydag 27, Saterdag 28 en Sondag 29 November aangebied word.

* Die huldiging van Daniel Hugo sal Vrydagaand 27 November plaasvind net na die opening van die feesuitstalling. Digters wat al gehuldig is, sluit in Breyten Breytenbach, Adam Small, Wilma Stockenström en TT Cloete. Hugo, wat in Prins Albert in die Karoo woon en 'n doktorsgraad met die titel Die digter en sy middele: 'n Ondersoek na die vernufpoësie in Afrikaans in 1989 verwerf het, het 20 digbundels op sy kerfstok. Die eerste een, Saad uit die septer, het in 1989 by PJ de Villiers verskyn en die mees onlangse een, Openbare domein, in 2018 by NALEDI. Hugo is ook die samesteller van 12 bloemlesings terwyl hy reeds 59 publikasies uit Nederlands in Afrikaans en 15 uit Engels in Afrikaans vertaal het.

meer by facebook...

PROGRAM
2020 11 27 - Tuin Van Digters

KLANKE VIR DIE BEGIN VAN DIE DAG
17:00 - 18:00 | Akkoordtent

Met: Deon Meiring
Begin en eindig die dag met 'n intieme akoestiese kuiersessie saam met Deon Meiring van Glaskas-faam, sowel as enige ander koel mense! Word meegevoer deur hierdie bekroonde liedjieskrywer en sanger se talent en geniet sy eerlike, aweregse siening oor liefde en die wêreld om ons.

GRENDELS SLOTTE SLEUTELS: UITSTALLING OPEN
18:00 - 18:45 | Breytenbach Galery

Openingspreker: Elza Miles, bekende kunsskrywer en kunshistorikus Saam met die feeskunstenaar, Estelle Marais, word die "einders" en sleutels tot ons slotte in haar landskapskilderye van die wye Groot Karoo gevind.
Ander kunstenaars is Sandra Hanekom, wat die soek na die sleutels tydens die grendeltyd uitbeeld, waar sy en haar gesin agter slot en grendel was in Frankryk; Joubert Stander, wat fokus op die werke van die feesdigter Daniel Hugo; en Jacques Dhont wat fokus op die herbegin, die vernuwing, die natuur, dit waaruit ons inspirasie moet vind deur die kyk.
Sy botanies geïnspireerde beelde kan buite in die digterstuin gesien word.

DANIEL HUGO: FEESDIGTER GEHULDIG
19:00 - 20:15 | Akkoordtent

Met: Bernard Odendaal, Yves T'Sjoen, Nicol Stassen en Daniel Hugo met voorlesings deur Chris van Niekerk
Daniel Hugo het in Februarie sy 65ste verjaardag gevier en is reeds 41 jaar betrokke by die letterkunde as digter, skrywer en
vertaler. Hy is die digter wat vanjaar by 'Tuin Van Digters gehuldig word.

HEMELBESEM
20:30 - 21:30 | Akkoordtent

Met: Simon Witbooi
Hemelbesem praat en sing oor die pad wat ons geloop het en nog moet loop. Almal nie dieselfde pad nie, maar ook nie ver van mekaar nie. Daniel Hugo se pad, digters se pad, Afrikaans se pad.

GROET DIE DAG MET DEON
21:00 - 22:00 | Akkoordtent

Met: Deon Meiring
Groet die dag saam met die talentvolle Deon Meiring van Glaskas-faam.

2020 11 28 - Tuin Van Digters
DIE SLEUTEL IS IN DIE MOMENT VAN NOU
08:00 tot laat | Digterstuin

Ontgrendel. Soek die sin. Die sleutel vir jou slot. In woorde. In die natuur. In die kuns. In musiek. In wyn. In saamwees. In saamklink. In saampraat. In jou kop. In 'n anderkop. In diepdink. In saamdink. In digdink. In hiér wees. In die moment van nou.

PRET IN POËSIE - 'N SLEUTEL VIR DIE SLOT VAN GENOT
09:00 - 09:45 | Die Bôrdienghuis Teater

Met: Alma Nel, Jaomi Zeeman, Janette van Rensburg en leerders van die Alma Nel Dramaskool en Hugenote Laerskool
Die publikasie Eisteddfod Pret 2 is 'n versameling van 108 oorspronklike gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake wat volg op die baie suksesvolle eerste titel in die reeks. Met 'n verskeidenheid gedigte vir verskillende ouderdomsgroepe, sowel as riglyne vir ouers, onderwysers en afrigters, is hierdie bundel die sleutel tot kreatiewe sukses. Kom kyk en luister hoe verse vir laerskoolkinders interaktief 'n wonderwêreld kan ontsluit.

DIE SINGENDE WÊRELD
10:00 - 10:45 | Woordtent

Aangebied deur NALEDI
Met: Daniel Hugo antwoord vrae oor die lekker en die lanksit van vertaling Daniel Hugo word uitgevra oor sy vertaling van die Vlaamse digter Marc Tritsman se jongste bundel, Het zingen van de wereld (2017). Tritsman sou in Maart na Suid-Afrika kom vir die bekendstelling van hierdie vertaling by die KKNK. Hy gee stem aan die aarde met al sy bedreigde spesies deur melancholies-liriese gedigte, waarvan die vaste versvorm as teenvoeter dien vir 'n wêreld wat besig is om ekologies ineen te stort.

STIPSTAAR - 'N HAIKOEBUNDEL DEUR GERARD SCHOLTZ
11:00 - 11:45 | Akkoordtent

Aangebied met die ondersteuning van die HGG-finansiële groep
Met: Gerard Scholtz, Kobus Geldenhuys en Frazer & Deniel Barry
Gerard Scholtz, skrywer, boekeredakteur van Dekat en wêreldreisiger, stel sy haikoebundel Stipstaar bekend. Die 122 haikoes in die tradisionele Japannese vorm reis deur 'n zenlandskap en strek van 'n verwondering oor die natuur en liefde, die mens se plek in die kosmos, aftakeling en verwoesting van emosies en landskap, tot 'n verlange om alles weer nuut en die mens en natuur weer een te maak. Kobus Geldenhuys, bekroonde dramaturg wat die bundel vir die verhoog verwerk het, lei die gesprek. Frazer & Deniel Barry sorg vir musiek op Khoi-instrumente.

AMPIE COETZEE EN DIE AFRIKAANSE LETTERKUNDESTUDIE
12:00 - 12:45 | Woordtent

Met: Louise Viljoen, Gerrit Olivier, Jolyn Phillips en die nuwe geslag letterkundiges
Ampie Coetzee se werk as letterkundige en dosent by die universiteite van die Witwatersrand en Wes-Kaapland het 'n belangrike impak op die letterkunde-studie gehad. Louise Viljoen gesels met Gerrit Olivier, 'n oud-kollega, asook met die digter Jolyn Phillips en lede van die jonger geslag letterkundiges oor hulle visie vir die toekoms van die Afrikaanse letterkundestudie.

SMELTKROES
13:00 - 14:00 | Akkoordtent

'n Aangepaste uittreksel uit Smeltkroes, 'n NATi-ondersteunde produksie wat in 2021 sy debuut maak
Met onder andere Luna Paige, Ramon Alexander, Frazer Barry
By 'Tuin Van Digters moontlik gemaak deur PEN Afrikaans en PEN International Afrikaanssprekendes van die Kaap vind hul wortels wyd en syd. Hier is nou 'n Smeltkroes van tekste (lief en leed) met die oorsprong uit Afrika, Europa en die Verre-Ooste. Het die dice vir jou sus of so geval? Smeltkroes speel met lied en woord en wys ons dat ons deur veel meer as taal aan mekaar verbind is. "Afrikaans sing in 'n duisend stemme"… en dit is goed so.

2020 11 28 - Tuin Van Digters - Smeltkroes by Tuin van Digters: Luna Paige, Ramon Alexander, Frazer Barry, Devonecia Swartz, Breyten Treurnnicht, Jolyn Phillips, Shirmoney Rhode, Annemie Nel, Shaun Johannes, Muneeb Hermans en Henry Steel, Regie: Nicole Holm - NATi - RSG - Iluminar Productions - Clemen Gold
vetseun
vetseun

Smeltkroes by Tuin Van Digters 2020 | PEN Afrikaans VID >>>

PANEELBESPREKING OOR VERTALING: DANIEL HUGO
14:30 - 15:15 | Akkoordtent

Met: Nicol Stassen, Louis Esterhuizen, Daniel Hugo en ander
Nicol Stassen, besturende direkteur van Protea Boekhuis, gesels met kenners, en deelname deur die gehoor, oor die belangrikheid al dan nie van vertaling van digbundels en ander letterkundige werke in en uit Afrikaans en andersom.

NUWE BUNDELS SLUIT SLOTTE OOP
15:30 - 16:15 |Woordtent

Met: Alfred Schaffer, Lynthia Julius, Ryan Pedro en Jolyn Phillips
Alfred Schaffer gesels met twee nuwelingdigters wat vanjaar gedebuteer het, Lynthia Julius (uit die kroes) en Ryan Pedro (pienk ceramic-hondjies), asook met Jolyn Phillips, wie se tweede bundel (bientang) vanjaar verskyn het.

ONS KLYNTJI 2020 - AMPTELIKE BEKENDSTELLING
16:30 - 17:15 | Akkoordtent

Met: Toast Coetzer (aanbieder) en Erns Grundling
Ons Klyntji is 'n alternatiewe, veeltalige zine wat gedigte, kortverhale, fotografie en comics publiseer. Van die digters en skrywers lees hulle gedigte en verhale voor.

INGRID JONKER-PRYS: GRENDEL, SLOT OF SLEUTEL
17:30 - 18:15 | Woordtent

Met: Ronel de Goede, Daniel Hugo, Danie Marais en Louis Esterhuizen
By die ikoniese digter Ingrid Jonker se "tweede begrafnis" in 1965 het Jan Rabie die instel van die Ingrid Jonker-prys aangekondig. Die prys is dus vanjaar 55 jaar oud - 'n merkwaardige prestasie vir 'n onafhanklike prys wat jaarliks beurtelings aan 'n Afrikaanse of 'n Engelse debuutdigbundel toegeken word. Om hierdie herdenking te vier, deel drie voormalige voorsitters van die IJ-komitee hul herinneringe met Ronel de Goede: Daniel Hugo, Louis Esterhuizen en Danie Marais. Is die Ingrid Jonker-prys 'n belemmering of 'n aanmoediging vir debuutdigters? Sluit dit deure oop of toe? Wie is in besit van die sleutels?

INGRID JONKER PRYS: 2020-WENNER
18:30 - 19:15 | Akkoord

Met: Finuala Dowling en Saaleha Idrees Bamjee
Met haar bundel Zikr verower die digter Saaleha Idrees Bamjee vanjaar die Ingrid Jonker-prys vir Engelse poësie. Volgens 'n beoordelaarsverslag dig Bamjee op aangrypende wyse oor verlange en verlies. Die vroulike liggaam - haar eie en dié van ander - word beskryf, terwyl sy die problematiek van Moslem-wees verken, met 'n viering en verering van haar geloof en die Arabiese taal. 'n Voormalige wenner en komiteelid, die skrywer Finuala Dowling, voer 'n gesprek met Bamjee. Die bekroonde sal ook van haar verse voorlees.

DROL INNIE DRINKWATER
19:30 - 20:15 | Woordtent

Met: Churchil Naudé en Andries Bezuidenhout
Die digter, rockmusikant, skilder en akademikus Andries Bezuidenhout gesels met Churchil Naudé oor sy nuwe digbundel, Drol inni drinkwater, uitgegee deur NALEDI. Churchil het met sy albums Kroeskop Vol Geraas en Kroesifaaid hom in die voorste linie van Suid-Afrikaanse rap gevestig en nuwe, opwindende dimensies van Afrikaans ontgin. Die musikant en skrywer Theunis Engelbrecht skryf oor Churchil: "Partykeer is sy woorde soos die kartetse van masjiengewere, ander kere is dit weer balsem vir die siel teen 'n wêreld wat van sy trollie af geraak het."

'TRIBAL ECHO TRIO' - DANIEL HUGO ONDER DIE VERGROOTGLAS
20:30 - 21:30 | Akkoordtent

Met: Frazer Barry, Deniel Barry en Earl Witbooi (Tribal Echo Trio)
Tribal Echo Trio vertolk verskeie van Daniel Hugo se gedigte met nuwe toonsettings wat deur Frazer Barry geskep is. Die produksie plaas Hugo se wêreld van woorde onder die vergrootglas deur middel van musiek. Frazer deel ook sy ervaring van die impak van die woorde en hoe dit die musiek beinvloed het.

MAAK LOS DIE GRENDELS
21:45 - 23:00 | Akkoordtent

Met: Riku en Jackie Lätti en musikante en digters
'n Groep digters en musikante van die nag en onbekendes en bekendes maak die grendels los en laat die hare hang.

2020 11 29 - Tuin Van Digters
ONTSLUIT DIE SINNE EN STREK
09:00 - 10:30 | Woordtent

Met: Diana Ferrus en Lizet Mulder
Die bekende woordwonderwerker, Diana Ferrus, en die groenvinger-jogi, Lizet Mulder, span saam om deur woorde, digwerk en begeleide strekposisies in te leun en uit te loer wat ontsluit het met onse lywe en denke die jaar.
Ferrus is 'n pryswennende skrywer, storieverteller en stigterslid van die Afrikaanse Skrywersvereniging. Sy is veral bekend om haar 1998-gedig oor Saartjie Baartman wat eindelik daartoe gelei het dat Baartman se liggaam van Frankryk na Suid-Afrika gerepatrieer is. Mulder is 'n plaaslike Bolandse joga-afrigter met 'n agtergrond in landskapsargitektuur. Sy bring haar liefde vir mense, stories en die omgewing byeen deur jogaklasse in die buitelug aan te bied waar deelnemers hul gemoed tot ruste kan bring. Deelnemers kan hul gemaklike self, skryfboekie, asook jogamatte saambring. Ekstra matte is beperk.

DIE MOEDERTONG-PROJEK IN COVID-TYD
10:30 - 11:15 | Akkoordtent

Met: Albernita Francis, Bridgette Miller, Chestlin Draghoender, Dixon Daniels, Jadrick Perdro-Koopman, Kennith Williams, Loraine Staander, Duane Miller, Dylan Damonds, Glinecia September, Leverne Davey en Gaireyah Fredericks, hul mentor. Covid-19 het die nood om kreatief te wees in 'n platform vir opkomende skrywers ontwikkel. Die Moedertong-projek sluit 14 Wes-Kaapse skrywers in. Hulle word gelei na 'n proses van inkering en om hulself te leer ken as mens en kreatiewe siele, hoe om hul omgewing te absorbeer, prikkels daaruit neer te pen, en plaaslike platforms te soek om as 'performance poets' suksesvol te kan wees.

MENGELMOESDIGTERS
11:30 - 12:30 | Woordtent

Met: Diana Ferrus, Gaireyah Fredericks en lede van Die Mengelmoesdigters Die Mengelmoesdigters, wat in 2012 by die Breytenbach Sentrum onder leiding van Diana Ferrus ontstaan het, gesels oor die projek en lees van hulle gedigte.

ALMERO
13:00 - 13:45 | Akkoordtent

Met: Almero
"My musiek kom vanuit 'n diep, donker kelder in my bors. Daar waar niemand ooit kom nie. En al hoe ek gesond en skoon kan bly, is om van daardie dinge te praat en daaroor te sing." Almero het onder andere bekendheid verwerf deur sy samewerking met sanger en Liefde Wen-voorman Bouwer Bosch, sowel as Spoegwolf se Danie du Toit. Almero, soos Bouwer en Danie, kom van 'n plek waarmee baie Afrikanerjeug aanklank vind.

OOPMOND
14:00 - 16:00 | Akkoord

Met: Digters, musikante, 'n kunstenaar en die gehoor
'n Warm-onder-die-kraag-toordery met gedigte, skilderye en musiek. Twee spanne digters ding mee: Hulle kry 'n tema uit die gehoor en moet binne tien minute 'n gedig skryf, wat deur `n musikant getoonset word. `n Maltrapskeidsregter handhaaf orde. Om alles te kroon, is 'n beeldende kunstenaar ook betrokke om die woord of begrip te teken Daniel Hugo Tuin Van Digters 2020 se Feesdigter Daniel Hugo, wat in Prins Albert in die Karoo woon en 'n doktorsgraad met die titel Die digter en sy middele: 'n Ondersoek na die vernufpoësie in Afrikaans in 1989 verwerf het, het 20 digbundels op sy kerfstok. Die eerste een, Saad uit die septer, het in 1989 by PJ de Villiers verskyn en die mees onlangse een, Openbare domein, in 2018 by NALEDI. Hugo is ook die samesteller van 12 bloemlesings terwyl hy reeds 59 publikasies uit Nederlands in Afrikaans en 15 uit Engels in Afrikaans vertaal het. Talle akademiese publikasies oor die Afrikaanse letterkunde het ook uit sy pen verskyn. Dit sluit resensies in tydskrifte en koerante oor nuwe Afrikaanse boeke in, inleidings by verskeie bloemlesings uit die Afrikaanse letterkunde, Blokboek: Sy kom met die sekelmaan (Hettie Smit), Blokboek: Na die geliefde land (Karel Schoeman), die D.F. Malherbe-gedenklesing met die onderwerp: Die geheime werking van literêre invloed: D.J. Opperman en D.F. Malherbe, Halala Afrikaans by Protea Boekhuis, 2009 en die N.P. van Wyk Louw-gedenklesing met die onderwerp: N.P. van Wyk Louw en die geestige vers in "Tristia".
Hugo het reeds verskeie toekennings vir joernalistieke en vertaalwerk ontvang, insluitende die S.A. Akademieprys vir die vertaling van Stefan Hertmans se roman Oorlog en terpentyn in 2017, die Van Ewijckstigting se prestasiebeurs vir die bevordering van kulturele betrekkinge tussen Nederland en Suid-Afrika in 2016, die S.A. Akademieprys vir die vertaling van Tom Lanoye se roman Sprakeloos in 2015, Via Afrika se Boekjoernalis van die Jaar in 2004, die S.A. Akademieprys vir hoorbeelde vir die dokumentêre program oor die digter Uys Krige in 1898, 'n Radio Artes-toekenning vir So is die lewe vir een pond sewe - 'n hoorbeeld oor R.K. Belcher in 1993, en 10 ATKV-radiopryse.
Kom kyk (en koop) Daniel Hugo se se bundels en boeke in The Book Traders-boekwinkel in die Breytenbach Sentrum en by die Boekkiosk.

2020 11 29 - Tuin Van Digters - Oopmond: Henry Cloete, Wilken Calitz, Annie Kloppers, Anouk Cronjé, Adel Schoeman, Hanru Niemand, Nardus du Plooy, Bôrdienghuis Teater, Breytenbach Sentrum
vetseun

NB UITGEWERS: DIGBUNDELS EN PUBLIKASIES
'n Uitstalling van 'n aantal digbundels en ander publikasies wat in Kaaps-Afrikaans verskyn het. Die uitstalling is te sien in die Cloete-gemeenskapsgalery op die grondvloer van die Breytenbach Sentrum.

KINDERBOEK-UITSTALLING
Kom koop 'n kinderboek of twee of drie by The Book Traders-boekwinkel se spesiale kinderboekstalletjie.

PEN AFRIKAANS SE LEDE GRATIS
Lede van PEN Afrikaans, 'n skrywersorganisasie wat hom onder meer beywer vir die bevordering van Afrikaanse woordkuns en die letterkunde, sowel as vir uitdrukkingsvryheid en taalregte, wie se ledegeld opbetaal is, kan die 'Tuin Van Digters gratis bywoon. Vir vereistes vir lidmaatskap van PEN Afrikaans, besoek www.litnet.co.za/pen-afrikaansaansoekvorm/. PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN International die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in 'n internasionale verband.
grendels slotte sleute;s - 'n groepuitstalling Die groepuitstalling word op Vrydag 27 November om 18:00 deur die kunsskrywer en kunshistorikus, Elza Miles in die Breytenbach Galery op die eerste vloer van die Sentrumgebou geopen. Die feeskunstenaar is Estelle Marais met haar landskapskilderye van die wye Groot Karoo, met die ander kunstenaars Sandra Hanekom, Joubert Stander en Jacques Dhont."slotreëls is altyd sleutels meer as slotte."
- N.P. van Wyk Louw grendel, -s Skuifbout van yster vir'n deur of venster, -sluiting; toestel slot, -te. 1. Toestel om met 'n sleutel iets te sluit (deur, kas, kis, ..ens.) of aan te sluit (motor).2. 1. Iets wat aan die end kom. 2. Wat'n handeling, gebeurtenis of geheel sluit, afsluit of afrond.
sleu'tel, -s 1. Instrument om 'n slot mee oop te maak of te sluit. 2. Instrument waarmee mens toegang kry tot iets wat toegang verhinder.
Jakes Gerwel het die D.F. Malherbe lesing met die titel "Eindes, eindigheid, einders" by die Universiteit van die Vrystaat op 26 Mei 2004, as volg afgesluit: "… 'n opening op verdere einders".
einde, -s , end; slot, afloop; verste gedeelte; dood; uitslag; ten - raad wees, nie meer weet wat om te doen nie (Verklarende Afrikaanse Woordeboek).
einder: Zelfstandig naamwoord de denkbeeldige scheidingslijn waar het aardoppervlak en de lucht elkaar lijken te raken (nl.wiktionary.org) Met: Regisseur en samesteller Alma Nel, assistentregisseur Janette van Rensburg en akteurs Amke Grootboom, Fraco Muller, Meagan Fortuin, Shar-Nell Swarts & Carin-Lee Swarts Hierdie blits-toneelstuk van 25 minute word op verskillende tye op die verhoog van Die Bôrdienghuis Teater (en dalk elders) aangebied.
Die grys areas van die lewe se mense,
situasies en besluite word ondersoek. Hierdie groep het vir hul blits-toneelstuk van 2019 tydens hul nasionale drama-eksamen 100% ontvang. Hul uitnodiging vir vanjaar lui as volg:
Liewe gehoorlid, Uiteindelik het ek 'n afspraak met jou. Verbeel jouself jy loer oor jou bure se muur. Hulle gesprek lui as volg: (met apologie aan Almero Welgemoed wie se "Donderweer gedagtes" die essensie van menswees vasvat).
"Ek drink om van my probleme te vergeet."
"En as die drank opraak?"
"Dan gaan ek dans en draai tot ek dronk word."
Om te menswees is moeilik. Dit moet nie gestroop of uitgevlees word nie. Dit moet net wees. Dis waarna jy nou gaan kyk.
Jy mag huil. Jy mag vloek. Jy mag lag. Jy mag oordeel. Jy hoef ook te niks.
LiefdeGroete, ek

WAT JY MOET WEET
Daar is twee ingange na die 'Tuin Van Digters: In Burgerstraat langs die hoofgebou by die hek na die tuin en by die parkeerterrein regs agter die sentrum deur die groot hek. Alle programitems, behalwe as dit anders aangedui word, sal in die Woordtent en die Akkoordtent agter die hoofgebou aangebied word.
Digters se bundels sowel as ander bundels en boeke sal by Protea Boekwinkel (Stellenbosch) se stalletjie in die Akkoordtent te koop wees. Besoek ook The Book Traders, die tweedehandse boekwinkel op die grondvloer van die hoofgebou.
Verversings sal in en buite Die Bôrdienghuis Teater te koop wees. Heerlike drankies en halaal eetgoed is beskikbaar by koffie@breytenbach in die Breytenbach Sentrum. Soek jy 'n kunstige geskenk? Besoek die Kardoes-winkel langs die Breytenbachgalery vir kunsgeskenke.

SÓ HELP ONS
Francois Lötter - Hooforganiseerder - 083 408 1902 - francois@breytenbachsentrum.co.za
Jessica Ruiters - Administrasie, noodhulp, Covid-regulasies - 063 525 9636 - info@breytenbachsentrum.co.za
Jeanne-Mari Gerber - Kaartjies en besprekings - 073 435 1022 - besprekings@breytenbachsentrum.co.za
Anne-Ghrett Erasmus - Breytenbach Galery en verblyf - 083 415 0002 - galery@breytenbachsentrum.co.za
Esther Kotzé - The Book Traders boekwinkel - 072 997 4813 - thebooktraders@gmail.com
Hugo Gerber - Verhoogbestuurder, feesterrein, logistiek, deelnemers - 071 459 5059
Danie Marais - Programleier

WELLINGTON TOERISME
Skakel met die Wellington Toerisme-kantoor by info@wellington.co.za om jou te help met jou verblyfbesprekings en om ander inligting oor Wellington en die omgewing te kry.

BESPREKINGS EN NAVRAE
Jeanne-Mari Gerber 021 873 2786 / 073 435
1022 / besprekings@breytenbachsentrum.co.za
KAARTJIEPRYSE
Toegang vir Vrydag 27 November: R150 per persoon (sluit alle aanbiedings op die program in vir 27 November)
Toegang vir Saterdag 28 November: R250 per persoon (sluit alle aanbiedings op die program in vir 28 November)
Toegang vir Sondag 29 November: R120 per persoon
Tweedagpakket vir Vrydag 27 November en Saterdag 28 November: R320 per persoon (sluit alle aanbiedings in op 27 en 28 November)
Studente-afslag: R60 per persoon per dag (met geldige studentekaart)
Opbetaalde lede van PEN Afrikaans: Gratis toegang

BORGE
Dagbreek Trust, NB Uitgewers, Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport, NLDTF (Nasionale Lotery), Drakenstein Munisipaliteit, Jannie Mouton Stigting, Prosperity Management Africa, Wellington Wynroete, Annandale Wines.*

VENNOTE
NB Uitgewers, NALEDI, Protea Boekwinkel (Stellenbosch), Ons Klyntji Internasionaal, PEN Afrikaans, Toyota US Woordfees, Wellington Toerisme, Die Bôrdienghuis Teater, The Book Traders, Breytenbach Galery

VERBLYFBORGE
Dankie aan Cummings Gastehuis en The Little Farm on a Stream. Kontak Cummings Gastehuis by 021 873 3474 / stuur 'n e-pos mattievisser@wellington.accommodation.com en ook The Little Farm on a Stream by 082 573 1046.

TUIN VAN DIGTERS 2020 PROGRAM ONDERHEWIG AAN VERANDERING
Volg @Breytenbachsentrum op Facebook en @breytenbachsent op Twitter en hou ons webwerf, www.breytenbachsentrum.co.za, dop vir die nuutste inligting oor die 'Tuin Van Digters 2020.

COVID-19 EN TUIN VAN DIGTERS 2020
Die 'Tuin Van Digters 2020 se organiseerders het verseker dat aan alle Covid-19-vereistes voldoen sal word met inagneming van veiligheidsmaatreëls wat op 27, 28 en 29 November mag geld. Die nodige regulasies soos meting van temperatuur, neem van besonderhede van besoekers, dra van maskers en sosiale afstand sal streng nagekom word. Sekere programitems sal virtueel aangebied word en aanlyn gevolg kan word, of opgeneem word en later aanlyn beskikbaar wees. Meer besonderhede daaroor sal op die Breytenbach Sentrum se Facebookblad en webblad aangekondig word.

vetseun


2019 09 13, 14 - Tuin Van Digters - wees (aan)dadig, Breytenbach Sentrum - Breyten80
vetseun


Programbekendstelling

"Ons is nie skuldig nie, ons is (aan)dadig"


Die tema van 2019 se Tuin Van Digters is (aan)dadig - 'n skerpskepping van Breyten Breytenbach, wat vanjaar die digter is wat by die Tuin Van Digters gehuldig word.
Wees nie skuldig om uitdagend en skeppend te wees nie. Wees juis aandadig daaraan - en uiteindelik dadig. In Afrikaans, en saam met ander tale en taalsprekers in Afrikaans.

VRYDAG 13 SEPTEMBER
VOEG DIE DAAD BY DIE WOORD
16:00 tot laat | Digterstuin
Kom dink (en dig) diep en voeg die dade by die woorde en klanke en beelde in 'n tuin en 'n skepplek vol digskeppings.

KINDERDADIG
17:00 tot moegwordtyd | Agter die geel deur
Kinders, soek die geel deur. As jy by hierdie deur instap, kan jy jou ma of pa maar alleen los. Daar is genoeg boeke om te lees. Selfs iemand wat vir jou voorlees.

GOLWE VOL WOORDE EN KLANKE
17:30 - 18:30 | Akkoordtent en Tuin

Met: Andrea van Tonder, Tayne Ruddock en Justin Jefthas
Die talentvolle jong Akimba-musiekgroep bestaan uit Andrea (stem, ukulele, kitaar) van Bellville, Tayne (stem, klassieke kitaar, voetdrom) van Stellenbosch en Justin (elektriese kitaar, akoestiese kitaar, baskitaar, mandolien, viool, perkussie) van Stings Of Justice in Pniël. Goeie oorspronklike musiek, diep betekenis van mooi woorde in Engels en Afrikaans is hulle sielskos.

(AAN)DADIGE KUNSUITSTALLING OPEN
18:00 - 18:30 | Breytenbach Gallery

Openingspreker: Ashraf Jamal, kulturele analis by die Fakulteit van Ontwerp en Informatika aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, skrywer van 'Predicaments of Culture in South Africa' en medeskrywer van 'Art in South Africa: the Future-Present'
Byna twintig genooide kunstenaars poog om aktief met hulle kuns (aan)dadig te wees aan die bou van 'n beter en mooier plek vir almal.

WARMER VOOR DIE TUIMELDROËR
19:00 - 19:45 | Akkoordtent
Met: Danie du Toit, voorsanger en skrywer van Spoegwolf, en sy kitaar
Reënwolf sing pikswart rympies oor die lewe as 'n seerower. Tussenin praat hy oor sy digkuns, sy musiek en sy pad van Ysterkoei na Spoegwolf.

BREYTEN BREYTENBACH: DIE MAN MET DIE GROEN TRUI VAN BURGERSTRAAT
20:00 - 20:45 | Akkoordtent
Met: Andries Bezuidenhout, Yves T'Sjoen, Kerneels Breytenbach, Ampie Coetzee (en ander)
Die digter, skrywer en kunstenaar Breyten Breytenbach, 'n oud-Wellingtonner wat in die huis waar die Breytenbach Sentrum gevestig is, saam met sy ouers gewoon het, is die digter wat vanjaar by Tuin Van Digters gehuldig word. Andries Bezuidenhout, akademikus, sanger en ook digter en kunstenaar in eie reg, sal die huldigingsboodskap lewer. Die oud-uitgewer Kerneels Breytenbach en prof. Yves T'Sjoen van die Universiteit van Gent sal ook hulde bring terwyl prof. Ampie Coetzee op 'n spesiale manier dadigheid by Breyten se woorde sal voeg.

OM BREYTEN TE TOONSET
21:00 - 21:30 | Akkoordtent

Met: Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert
Die sangeres en toonsetter Laurinda Hofmeyr vertel hoe dit gebeur het dat sy Breyten Breytenbach se gedigte begin toonset het. Sy sing van haar bekendste toonsettings van sy gedigte, bygestaan deur baskitaarspeler Schalk Joubert.

LAATAAND SAAM MET NUWE VRESE
21:30 - 22:30 | Akkoordtent
Met: Willem S. van der Merwe, Craig Vee en Daniel Hugo
Laataand. Die speelse tyd vir digters en digdinkendes om glasies dadig te klink en aandagtig te luister na mekaar. Willem S. van der Merwe verwoord in sy tweede digbundel, Nuwe Vrese, die ontnugtering en nostalgie van die middeljare in alle erns met humor en slim woordspeling. Die digter en vertaler Daniel Hugo sorg saam met Willem en kitaarmaestro Craig Vee vir 'n bekendstelling anders as die gewone. Dalk rafel die digtersfees uit . .

SATERDAG, 14 SEPTEMBER
DADIGE TUIN
08:00 tot laat | Digterstuin
Soek bundels en boeke en gedigte, plante en bome, fonteine en water, tente en muurwoorde, mense en voëls, beelde en klanke, koppe en . . . pampoene.

KINDERDADIG
08:00 tot moegwordtyd | Agter die geel deur
Kinders, iewers is 'n geel deur. Los jou ma en pa en stap in. Binne is boeke om te lees, papier om 'n eie gedig op te skryf, 'n leser van verse en rympies en groot sagte kussings om op te slaap.

DIGTERS VAN HOOP
08:20 - 08:50 | Akkoordtent
Met: Ashlene Ayford en Marlize Fortuin
Leerders van Weltevrede Sekondêr in Wellington en hulle twee Afrikaanse onderwysers is sonder ophou besig om in samewerking met die Breytenbach Sentrum hoop vir hulself en mekaar te skep met hul lewensgedigte in Afrikaans. Luister hoe lees, sing en rymklets die jong digters hul skeppings.

'N FYN, FYN LYN ... TUSSEN 'N FAIRYTAIL EN 'N JOKE
09:00 - 09:25 | Akkoordtent
Met: Alma Nel (regisseur en samesteller), Janette van Rensburg (assistent-regisseur) en akteurs Amke Grootboom, Shane Witbooi, Meagan Fortuin, Shar-nell Swarts, Franco Muller en Carin Swarts
Poësieteater deur die Breytenbach Sentrum se dramagroep. 'n Opwindende samestelling van verskeie materiaal rondom 'n sentrale tema: Die stormagtige aard van die liefde. 'n Reis van klank, dans, die woord, maar bo en behalwe alles: 'n eerlike storie - soos die agterkant van 'n mixtape wat daai een groot liefde lank terug vir jou gegee het. Poësie op steroids met verwerkings en samestellings van skrywers soos Early B, Ronelda S. Kamfer, Nathan Trantaal, Jaco Jacobs, Banna Spammer - om net 'n paar te noem.

INDRUKWEKKENDE CHRISALIS
09:30 - 10:00 | Woordtent
Met: Christo van der Westhuizen en Daniel Hugo
Chrisalis is Christo van der Westhuizen se indrukwekkende debuut digbundel, uitgegee deur NALEDI, wat deur die digters Daniel Hugo en Johann de Lange op die omslag aanbeveel word. Dit is verse waarin realiteit self op sy kop gekeer word en waar die alledaagse vreemd gemaak word. Die digter en vertaler Daniel Hugo gesels met Christo.

WOORDENAAR WOORDNAR
10:15 - 11:15 | Akkoordtent
Met: Andries Visagie, Francis Galloway en bydraers tot die publikasies
Die Akademie vir Wetenskap en Kuns se huldigingsbundel oor Breyten Breytenbach, breyten breytenbach, woordenaar woordnar, word bekendgestel. Die bundel is saamgestel deur dr. Francis Galloway - die outeur van onder meer die monografie Breyten Breytenbach as openbare figuur - met die hulp van verskeie bydraers. Prof. Andries Visagie van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch gesels met haar en ander (aan)dadiges oor dié huldigingsbundel.

UNIVERSITEIT VAN GENT VIER BREYTEN
11:30
- 12:00 | Woordtent
Met: Yves T'Sjoen
Prof. Yves T'Sjoen van die Universiteit van Gent praat "over de activiteiten die we in Oktober in Gent op het getouw zetten ter gelegenheid van de tachtigste verjaardag van Breyten Breytenbach, ook vijf jaar eredoctor (2014)".

VERSE OOR HUIS EN TAAL (in Afrikaans, Xhosa en Engels)
12:10 - 12:50 | Akkoordtent
Aangebied deur PEN Afrikaans
Met: Frieda van den Heever, Danie Marais, Jolyn Phillips, Lwanda Sindaphi, Diana Ferrus en Daniel Hugo
Frieda van den Heever, aanbieder van RSG se gewilde poësieprogram Vers en klank, deel die verhoog met verskeie digters wat hul werk sal voorlees en besin oor die temas van huis en taal. Kom luister na verse in Afrikaans, Xhosa en Engels en dink saam oor wat ons deur vertaling wen en verloor.

PEN AFRIKAANS - JAARVERGADERING
13:00 - 14:00 | Wellington-biblioteek (oorkant die Breytenbach Sentrum)

Opbetaalde lede van PEN Afrikaans kan die Tuin Van Digters gratis bywoon en op PEN se jaarvergadering hul insette lewer oor hoe skrywers en digters (aan)dadig moet wees. Die nuwe bestuur word ook verkies.

WOORDE OP AKKOORDE
13:00 - 14:00 | Akkoordtent

Met: Onder andere Jolyn Phillips, Diana Ferrus, Churchil Naudé, Deniel Barry, Hermien de Vos en Frazer Barry
'n Magiese musikale reis van woordkuns, sang, digkuns, dreunsang en rymklets. Net die antwoord om sin te maak van die lewe se kakofonie van klank. By die KKNK genomineer vir Kannas-toekennings in drie kategorieë.

'A CELEBRATION' - DIANA FERRUS EN DIE MENGELMOESDIGTERS
14:00 - 14:45 | Woordtent

Met: Diana Ferrus, Merle Heather Danhouse en Gaireyah Fredericks en hul nuwe bundels
Hierdie jaar vier die Mengelmoesdigters sy ontstaan in 2012 by die Breytenbach Sentrum onder leiding van die digter Diana Ferrus met die bekendstelling van drie Mengelmoesers se digbundels - Diana se nuutste digbundel, DIE VREDE KOM LATER, Merle Heather Danhauser se DIE BROODJIE en Gaireyah Fredericks se meTTie mAAn gePLa, 'n bloemlesing saam met Jadrick Pedro-Koopman en Duane Miller.

PANEELBESPREKING: IS BREYTEN SE GEDIGTE VERTAALBAAR?
14:50 - 16:00 | Akkoordtent
Met: Catherine du Toit, Breyten Breytenbach, Yves T'Sjoen, Ampie Coetzee en André van der Hoven
Breyten Breytenbach word uitgevra oor hoe hy voel oor die vertaling van gedigte en spesifiek sy eie gedigte. Prof. Catherine du Toit, hoof van die Departement Moderne Vreemde Tale aan die Universiteit Stellenbosch, is die gesprekleier. Deelnemers is prof. Yves T'Sjoen van die Universiteit van Gent, prof. Ampie Coetzee, vertaler van Breyten se gedigte, en André van der Hoven, student by die Departement Moderne Vreemde Tale. Deelname uit die gehoor is welkom.

ONS KLYNTJI 2019 - AMPTELIKE BEKENDSTELLING
16:15
- 17:00 |Woordtent
Met: Toast Coetzer (aanbieder), Erns Grundling en die rymkletsgroep 'Getuies'
Ons Klyntji is 'n alternatiewe, veeltalige zine wat gedigte, kortverhale, fotografie en comics publiseer. Van die digters en skrywers gaan hulle gedigte en verhale voorlees. Getuies se werk verskyn ook in Ons Klyntji en die trio, bestaan uit Romano Mentoor (Getuie Blikskottel), Anwill Valentine (Jamex) en Curtley Jones (P.I.K), sal dit voordra. Hulle is van tussen Wellington en die Paarl en het in 2009 ontstaan. Hulle is tekenend van die ondergrondse rymkletskultuur met die boomkapklank wat die sterk lirieke dra en dryf.

'BEGINNE EN EINDES'
17:15 - 18:00 | Akkoordtent

Met: Willemien/Philomène & :amaFranx

Die liedjieskrywer Willemien/Philomène ondersoek die tema van begin- en eindpunte in die konteks van die lewe, die liefde en die spasies tussenin. Sy het ses jaar lank klas in Frans aan die Universiteit van Pretoria gegee voordat sy in 2017 haar musiekprojekte na die voorgrond geskuif het en nou betrokke is by verskeie musiekprojekte. :amaFranx is 'n gevestigde musikant in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie en het sy bekendheid gedeeltelik verwerf as oorspronklike lid van die prog-rock groep Isochronous. Hy het onlangs sy derde solo EP, Unmask The Unknown, bekendgestel.

RASENDE RYME
18:15 - 18:45 | Akkoordtent
Met: Elsabé Daneel
Die aktrise en woordkunstenaar Elsabé Daneel lees treffend en roerend Afrikaanse gedigte voor, insluitende van Breyten Breytenbach en Ingrid Jonker.

TOEKENNING VAN DIE INGRID JONKER-PRYS
19:00
- 19:30 |Akkoordtent
Met: Ronel Foster (voorsitter van die Ingrid Jonker-pryskomitee), Kabous Meiring (programleier) en Simone Garcia Marques (Ingrid Jonker se dogter)
Die Ingrid Jonker-prys word jaarliks beurtelings toegeken aan die skrywer van 'n debuutbundel in Afrikaans en Engels, die twee tale waarin Jonker geskryf het. Die prysgeld is geskenk deur die Dagbreek Trust. Simone Garcia Marques sal die beeldjie, geskenk deur die Breytenbach Sentrum, oorhandig aan die wenner, Pieter Odendaal, vir sy bundel asof geen berge ooit hier gewoon het nie. Pieter sal ná die oorhandiging van sy gedigte voordra met eie klavierbegeleiding.

(AAN)DADIG SAAM MET BREYTEN
19:30
- 20:15 |Akkoordtent
Met: Breyten Breytenbach, Schalk Joubert
Breyten Breytenbach lees van sy gedigte voor met die baskitaarspeler Schalk Joubert wat vir die musiekbegeleiding sorg.

LIEKE JOOSEN: EEN RIJZENDE STER - IN AFRIKAANS
20:45 - 21:45
| Akkoordtent
Met: Lieke Joosen (stem, kitaar),
Sven Kunenborg (kitaar) en Mark Teeuwen (perkussie)
Die Nederlander Lieke Joosen neem met haar Afrikaanse liedjies in Afrikaans die gehoor op 'n musikale soektog. Bestaande Afrikaanse liedjies is vermeng met eie toonsettings in Afrikaans van gedigte van onder andere Antjie Krog. Hoewel sy Nederlands is, 'het sy haar stem in Afrikaans gevind'. Saam met haar twee musikante skep hulle 'n droomlandskap van Afrika waarin sy antwoorde probeer vind. Na wie of wat soek sy? En is ons nie uiteindelik almal soekend nie? Dit is hulle eerste besoek en optrede in Suid-Afrika.

NOU IS ONS AANDADIG
22:00 - 23:00
| Akkoordtent
'n Groep digters en musikante van die nag en onbekende en bekende aandadiges sluit Tuin Van Digters af met voorlesings, sang en klank.

XXXXXXXXXXXXXXXXXX
Hier word plegtig afgespreek dat dit gaan om die sluiting van vennootskappe op absoluut deursigtige en gelyke grond - waar iedereen haar of sy bydrae sal kan lewer, uit hoofde van vaardigheid of vermoë of potensiaal. - Breyten Breytenbach (2008)

(AAN)DADIGE GROEPUITSTALLING
"Ons is nie skuldig nie, ons is (aan)dadig"
skuldig - b.nm. en bw. 1. Verskuldig, wat nog betaal moet word.
2. Wat 'n verkeerde daad gedoen het of medepligtig was
aandadig - b.nw. Saam met 'n ander skuldig: medepligtig
aan - 1. waarmee was die handelende persoon besig of in aanraking
2. dui die begin of die voortsetting van 'n handeling aan.
dadig - s.nw. Doen, handeling: iets wat gedoen is (word), deurgevoer is
Met goeie advies, planne, maar ook praktiese wyse.
HAT, Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal
Vyfde Uitgawe, F.F. Odendal & R.H.Gouws

Met hierdie groepuitstalling in die Breytenbach-galery poog die kunstenaar om, deur sy/haar kuns, (aan)dadig te wees deur aktief deel te neem en 'dadig', aan die daad te wees aan die opbou van 'n beter en mooier plek vir almal, waar selfs die bewusmaking/weerspieëling van die werklikheid die kyker sal dwing om te KYK en deel te neem. Breyten Breytenbach, Hardy Botha, Jacques Dhont, Ruhan Jansen van Vuuren, Bastiaan van Stenis, Liekie Fouche, Nhlanla Nhlapo, Ruan Huisamen, Mishelle Nigrini, Henk Serfontein, Christiaan Diedericks, Sharlé Matthews, Jan Blohm, Estelle Marais, Joubert Stander, Susan Bloemhof, Selwin Pekeur, Jo Roets en ander.

FOTO-UITSTALLING: CLOETE BREYTENBACH
Cloete Breytenbach (85), stigterslid van die Breytenbach-kultuursentrum en broer van Jan, Breyten, Rachel en wyle Sebastiaan is op 31 Mei 2019 in die Panorama-hospitaal in Kaapstad na 'n hartomleidingsoperasie oorlede. Cloete was 'n bekende nuus- en oorlogsfotograaf wie se foto's oor onregte van die mensdom regoor die wêreld vertoon is. Verskeie boeke van sy foto's het ook verskyn. Sy vrou Brenda het van sy foto's beskikbaar gestel vir 'n uitstalling in die gemeenskapsgalery op die grondvloer van die Breytenbach Sentrum. Die foto-uitstalling sal tot 30 September besigtig kan word.

"DORA EN EK" - KUNSPROJEK IN DIE BÔRDIENGHUIS
Die kunswerk op die verhoog van Die Bôrdienghuis Teater, 'Dora en Ek', is geinspireer deur Penny Siopis se "Dora and the other woman". Die modemaker en kunsstudent by die Kaapse Skiereland Universiteit in Wellington, Dinah Maria Visagie (30), het die rok gemaak uit gedigte. Die betekenis van die kunswerk is 'n universele storie: Vroue kan in 'n boks geplaas word as 'histeries' in verhoudings met mans wat manipulatief, onverantwoordelik of emosioneel onbewus is. In hierdie tipe tragedie sal die man selfsugtig sy eie manlike emosies uitleef, maar die vrou van haar innerlike waarheid en emosionele uitdrukking stroop. In so 'n situasie word die emosionele lewe van die vrou 'n tipe verbanning van self en die vrou se eensaamheid en isolasie neem toe. Sommige vroue maak dit deur hierdie hel, soms omdat hul uitdrukking vind in 'n sosiaal "aanvaarbare" vorm van emosies, soos die digkuns. Later ontmoet hul dalk 'n verantwoordelike, volwasse en gebalanseerde man. Ons weet egter uit die geskiedenis dat sommige vroue dit nooit maak nie, soos Ingrid Jonker en die eerste vrou van die Engelse digter Percy Bysshe Shelley, naamlik Harriet Westbrook.

VOLTOOI BREYTEN SE KUNSWERK
Net die regterkantste helfte van 'n skildery van Breyten Breytenbach verskyn vanjaar op die bemarkingsplakkaat van Tuin Van Digters 2019. Gaan kyk gerus in die gemeenskapsgalery op die grondvloer van die hoofgebou. Daar is van die 'halwe' kunswerke met 'n 'oop' helfte aan die linkerkant. Besoekers word genooi om hierdie helfte te voltooi met hulle eie kunswerk soos wat hulle dit sien en ervaar. 'n Keuse van die volledige 'nuwe' gekombineerde kunswerk (regs Breyten se helfte en links joune) sal later as 'n uitstalling in die gemeenskapsgalery gehang word.

GEHEUE VAN WIND - 'N MOMENT VAN NOU
Skryf woorde en gedagtes oor die oomblik en wat nou hier gebeur op die groot doek teen die muur in Die Bôrdienghuis Teater. 'n Dadigheid om te bewaar vir die dadiges van die toekoms.

PEN AFRIKAANS SE LEDE GRATIS
Lede van PEN Afrikaans, wat hom onder meer beywer vir die bevordering van Afrikaanse woordkuns en die letterkunde in die algemeen, sowel as vir uitdrukkingsvryheid en taalregte, se lede wie se ledegeld opbetaal is, kan die Tuin Van Digters gratis bywoon. Vir vereistes vir lidmaatskap van PEN Afrikaans, besoek www.litnet.co.za/pen-afrikaans-aansoekvorm/. PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN International die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in 'n internasionale verband. PEN Afrikaans se jaarvergadering word op Saterdag 14 September om 13:00 by die Tuin Van Digters gehou.

WAT JY MOET WEET
Daar is twee ingange tot die Tuin Van Digters: In Burgerstraat langs die hoofgebou by die hek na die tuin en by die parkeerterrein regs agter die Pentrum deur die groot hek. Alle vertonings, behalwe as dit anders aangedui word, sal in die Woordtent en die Akkoordtent agter die hoofgebou aangebied word. Digters se bundels sowel as ander bundels en boeke sal by Protea Boekwinkel in Stellenbosch se stalletjie in die Akkoordtent te koop wees. Besoek ook The Book Traders, die tweedehandse boekwinkel op die grondvloer van die hoofgebou. Verversings sal in en buite Die Bôrdienghuis Teater te koop wees. Soek jy 'n kunstige geskenk? Besoek die Kardoes-winkel langs die Breytenbach-galery vir kunsgeskenke.

AGTER DIE GEEL DEUR - NET VIR KINDERS
Net langs die Akkoordtent agter die geel deur is 'n interaktiewe lokaal waar kinders besig gehou word of hulleself op skeppende maniere kan vermaak. Daar sal genoeg boeke wees om te lees en, daar sal selfs vir jou voorgelees word as jy wil en jy kan ook jou eie gedig skryf.

SÓ HELP ONS
Francois Lötter
Bestuurder en hooforganiseerder 083 408 1902; fees@tuinvandigters.co.za
Jessica Ruiters Administrasie en noodhulp 063 525 9636; info@tuinvandigtersco.za
Jeanne-Mari Gerber Kaartjies en besprekings 073 435 1022; besprekings@breytenbachsentrum.co.za
Anne-Ghrett Erasmus Breytenbach Gallery 083 415 0002; galery@breytenbachsentrum.co.za
Esther Kotzé The Book Traders boekwinkel 072 997 4813; thebooktraders@gmail.com
Anja van Wyk Feesterrein, logistiek 072 509 4343
Kabous Meiring Programleier

WELLINGTON TOERISME
Skakel met die Wellington Toerisme-kantoor by info@wellington.co.za om jou te help met jou verblyfbesprekings en om ander inligting oor Wellington en die omgewing te kry.

VERDERE NAVRAE
Breytenbach Sentrum, Burgerstraat 14, Wellington. Kontak ons by 021 873 2786 of per e-pos by info@breytenbachsentrum.co.za.

KAARTJIEPRYSE
Toegang vir Vrydag 13 September: R150 per persoon (sluit alle aanbiedings op die program in vir 13 September)
Toegang vir Saterdag 14 September: R250 per persoon (sluit alle aanbiedings op die program in vir 14 September)
Tweedagpakket: R350 per persoon (Sluit alle aanbiedings in op 13 en 14 September)
Studente-afslag: R50 per persoon per dag (met geldige studentekaart)
Opbetaalde lede van PEN Afrikaans: Gratis toegang

BESPREKINGS EN NAVRAE
Jeanne-Mari Gerber 021 873 2786 / 073 435 1022
besprekings@breytenbachsentrum.co.za
H/v Burger- en Malherbestraat, Wellington

BORGE
Dagbreek Trust, Naspers, ATKV, LW Hiemstra Trust, Wes-Kaapse Departement van Kuns en Sport, NLDTF (Nasionale Lotery), Rupert-musiekstigting, Drakenstein Munisipaliteit, Jannie Mouton Stigting, Prosperity Management Africa, Wellington Wynroete.

VENNOTE
NB Uitgewers, NALEDI, Protea Boekwinkel (Stellenbosch), Ons Klyntji Internasionaal, PEN Afrikaans, Toyota US Woordfees, Wellington Toerisme, Print.

VERBLYFBORG
Dankie aan Cummings Gastehuis. Kontak hulle gerus by 021 873 3474 of stuur 'n e-pos na mattievisser@wellington.accommodation.com en kom kuier sommer die hele naweek saam met ons.

PROGRAM ONDERHEWIG AAN VERANDERING
Volg Breytenbachsentrum op Facebook en @breytenbachsent op Twitter en hou ons webwerf, www.breytenbachsentrum.co.za, dop vir die nuutste inligting oor die Tuin Van Digters 2019.


2018 09 14, 15 - Tuin Van Digters - buite die boek
vetseun

Dit is tyd vir die sewende Tuin Van Digters - die tuiste van die Afrikaanse digkuns

buitedieboek
buite - 1. nie binne die grense van iets nie, buitekant ... 2. nie binne 'n bepaalde plek of ruimte nie. 3. verder as
boek - 1. 'n saamgebinde aantal gedrukte of beskrewe blaaie. 2. Die gedagte-inhoud van 'n dergelike verbinding blaaie

Hoe ervaar verskillende digters, kunstenaars, musikante, liefhebbers van poësie en mense uit verskillende gemeenskappe, taal- en kultuurgroepe - oud en jonk - digkuns? Kom kyk, luister en beleef hóé ... by die sewende jaarlikse Tuin Van Digters, 'n projek van die Breytenbach Sentrum, wat op Vrydag 14 en Saterdag 15 September 2018 by Burgerstraat 14 in Wellington in die Boland plaasvind.
Die tema van 2018 se Tuin Van Digters - die tuiste van die Afrikaanse digkuns - is buitedieboek. Daar word op nuwe en anderste wyses deur woordskeppings, kuns, openbare ruimtes, musiek, klank en sang uiting gegee aan woorde, frases en gedigte. In Afrikaans, en deur ander tale in Afrikaans. En andersom.
Klem word in die program gelê op vertaling uit Afrikaans na ander tale en hoe buite die boek, en buite die boks, gedink sowel as gedoen kan en moet word om Afrikaanse gedigte aan ander taalgroepe, spesifiek Engels- en Xhosa-sprekendes - die Wes-Kaap se twee ander ampstale - en ook ander tale bekend te stel. 'n Groepgesprek hieroor word deur PEN Afrikaans aangebied. Afrikaanse, Engelse en isiXhosa-digters sal van hulle werke voorlees - in die oorspronklike taal, met die vertalings van die gedigte in die agtergrond op skerms. Digters wie se gedigte in die US Woordfees-bundel, ConVerse, in die drie tale vertaal is, neem hieraan deel.
Ander programitems wat die tema buitedieboek aanspreek, sluit in Breyten in Engels deur Ampie Coetzee, wat besig is om gedigte van Breyten Breytenbach in Engels te vertaal; die identiteit en poësie van hip-hop deur Annie Klopper, wie se doktorstesis hieroor handel, en 'n bespreking en uitstalling van Parys Suite, 'n publikasie van gedigte buite die tradisionele konteks van 'n gepubliseerde bundel, met die middelpunt daarvan 'n poësiefilm deur Diek Grobler met 'n trio gedigte deur Carina van der Walt.
Digters van die digprojekte van die Breytenbach Sentrum - insluitend leerders van die Weltevrede Skool en die digter Diana Ferrus se Mengelmoesdigters - wys wat buite die boek met gedigte gedoen kan word in die skryf en in die oordra daarvan.
Daar is ook sang en voordrag deur digters en kunstenaars wat elkeen op 'n eie manier buite die tradisionele boek dink en skep. Hulle sluit in Daniel Hugo en Yves T'Sjoen wat praat oor Vlaamse digters in Afrikaans, Willemien&Philomène& in Afrikaans en Frans en die Kaapse bekendstelling van Ons Klyntji Internasionaal. Ook op die program is voorlesings, toonsettings van gedigte en optredes deur onder andere Carel Trichardt, Petru Wessels, Niël Rademan, Elsabé Daneel, Tribal Echo, Laurinda Hofmeyr met Afrique mon désir, en 'n verering van die Joods-Afrikaanse digter Olga Kirsch met 'n biografie deur Egonne Roth.
Daar is nog meer by 2018 se Tuin Van Digters ...

Program

Vrydag 14 September
Kyk, daar's woorde buite die boek
16:00 tot laat | Digterstuin
Soek die woorde, beelde, klanke in 'n tuin vol digters in plante, bome, fonteine, mure.

Net vir kinders
18:00 tot moegwordtyd | Agter die geel deur

Kinders, soek die geel deur. As jy by daardie kamer instap, kan jy jou ma of pa maar alleen los. Daar sal genoeg boeke wees om te lees, daar sal selfs vir jou voorgelees word en jy kan ook jou eie gedig skryf. Of net voor die televisie ontspan. Dis ook sommer by die Akkoordtent as jy wil gaan loer wat ma en pa en hulle maats aanvang.

Ruk die boek oop met klank
17:00 - 17:50 | Akkoordtent en Tuin
Met: Plaaslike kunstenaars
Talentvolle musikante en woordkunstenaars laat almal welkom en gesellig saamkuier voor die woorde uit die boek geruk word.

Feesuitstalling open
Handskrif
18:00 - 19:00 | Breytenbach Gallery
Openingspreker: Johan Myburg
Henk Serfontein is die feeskunstenaar van vanjaar se Tuin Van Digters. Sy nuwe uitstalling Handskrif is die opvolg van sy Winterslaap-uitstalling verlede jaar by die US Woordfees in Stellenbosch en by die Breytenbach Sentrum in Wellington.
Handskrif is 'n versameling houtskool-engemengdemedia-tekeninge van sewe formidabele vrouedigters, naamlik Jeanne Goosen, Antjie Krog, Wilma Stockenström, Lina Spies, Diana Ferrus, Melanie Grobler en Joan Hambidge. Benewens 'n potret van elk is daar 'n uitbeelding van elkeen se handpalm met 'n versreël op.

Olga Kirsch - 'n lewe in gedigte
19:00 - 19:45 | Akkoordtent
Met: Daniel Hugo en Egonne Roth
Toe Olga Kirsch (1924-1997) op twintigjarige ouderdom gedebuteer het, was sy - ná Elisabeth Eybers - slegs die tweede gepubliseerde digteres in Afrikaans. Sy is nog steeds die enigste Joodse digter in ons taal. Olga emigreer in 1948 na Israel en gaan voort om in drie tale te dig: Afrikaans, Engels en Hebreeus. Die Suid-Afrikaner Egonne Roth, wat ook in Israel woon, het so pas 'n biografie oor hierdie merkwaardige vrou die lig laat sien. Daniel Hugo vra haar uit oor Olga die onbeskaamde Sionis, teruggetrokke mens en boeiende digter.

Die groot misterie van twee vroue - briewe aan Anna
20:00 - 21:15 | Akkoordtent
Samestelling en regie: Annekie Botha du Plessis (Pooka Uitgewers)
Met: Petru Wessels en Carel Trichardt (voorlesers) en Olga Leonard en Babette Viljoen (musiek)
Die digter TT Cloete het briewe aan sy vrou Anna begin skryf van 2002 toe sy met ongeneeslike kanker gediagnoseer is en net 3 maande lewensverwagting vir haar voorspel is. Hy het die briewe nooit vir haar gegee om te lees nie om emosionele redes. Hy het aangehou met die skryf van die briewe totdat sy in 2007 oorlede is, maar die verstommende daarvan: Hy het na haar sterwe steeds daarmee voortgegaan tot met sy eie dood in Julie 2015. Anna was ná haar dood, soos gedurende haar lewe, steeds die anima van sy digterskap.

Ontgin - woorde in klankbaanklanke
21:30 - 22:30 | Akkoordtent
Moontlik gemaak deur Rademan Produksies
Met: Elsabé Daneel (voordrag), Niël Rademan (klavier en sang), Lucas Heinen (trekklavier) en Louis Jones (perkussie)
Uit die boks en uit die boek ontgin dié groep kunstenaars die musikaliteit van hul gunstelingdigters. Rademan en sy groep voer nuwe toonsettings uit en skep 'n klankbaan vir Daneel se gunstelinggedigte deur onder andere Breyten Breytenbach, Zandra Bezuidenhout, Antjie Krog, Ignatius Mocke, Loftus Marais, Boerneef, Ingrid Jonker, Peter Blum en Eugène Marais. Kom luister hoe hulle die hart van uitgesoekte gedigte verklank om 'n nuwe dimensie aan hierdie digters se kleinode te gee.

Saterdag 15 September
Tuinwoorde
08:00 tot laat | Digterstuin
Bly soek buite die bundels en boeke en koppe in plante, bome, fonteine, mure na woorde, mense, diere, voëls, water, beelde, klanke in 'n tuin vol digters en gedigte.

Net vir kinders
08:00 tot moegwordtyd | Agter die geel deur

Kinders, soek die geel deur. As jy by daardie kamer instap, kan jy jou ma of pa maar alleen los. Daar sal genoeg boeke wees om te lees, daar sal selfs vir jou voorgelees word en jy kan ook jou eie gedig skryf, of net voor die televisie ontspan. Dis ook sommer by die Akkoordtent as jy wil gaan loer wat ma en pa en hulle maats aanvang.

Die nuwe piempers
08:30 - 09:20 | Akkoordtent
Met: Ashlene Ayford en Marlize Fortuin
'n Groep leerders van Weltevrede Sekondêr in Wellington is 'n geruime tyd reeds besig om 'n naam vir hulself te maak. Dit nadat Thérèse Hulme hulle by haar haar Piemp-projek - 'n inisiatief wat sy in 2005 in Kraaifontein begin het om digkuns onder jongmense te bevorder - in samewerking met die Breytenbach Sentrum betrek het. Die groep het leerders het intussen hulle eie nuwe naam gekry en lees en sing en rymklets hulle gedigte.

I wish I'd said (AVBOB-poësieprojek)
08:30 - 09:20 | Woordtent
Met: Daniel Hugo (Afrikaanse redakteur van die bundel) en opdragdigters Johan Myburg, Danie Marais en Jolyn Phillips
Ondersteun deur NALEDI
In hierdie besonderse bundel wat deel uitmaak van die AVBOB-poësieprojek het digters van oor die hele land in al elf amptelike landstale gedigte ingeskryf wat elke leser se hartsnare sal roer. Soos die titel aandui, is die hooftema dit wat ongesê gebly het na die afstaan van 'n geliefde aan die dood. Rou en verlies word op verskillende maniere verwoord. Soms word daar troos en hoop gevind, soms ook nie.

Vlaamse digters in Afrikaans
09:30 - 10:20 | Woordtent
Met: Daniel Hugo en Yves T'Sjoen
Daniel Hugo het reeds drie Vlaamse digters in Afrikaans vertaal: Herman de Coninck, Leonard Nolens en Miriam Van hee. Hy vertel vir Yves T'Sjoen van die Universiteit Gent van die uitdagings wat die digkuns aan 'n vertaler stel, en van die unieke wisselwerking tussen die sustertale Nederlands en Afrikaans. Dit is twee susters wat nie altyd in vrede met mekaar saamleef nie. 'n Gesprek oor die vertaler as versoener.

ConVerse in drie tale
10:30 - 11:10 | Akkoordtent
Moontlik gemaak deur PEN Afrikaans, PEN International en die US Woordfees
Met Pieter Odendaal, Adrian van Wyk, Siphosethu Phikelela, Mbongeni Nomkhonwana, Siphokazi Jonas, Jolyn Phillips en Rimestein.

InZync Poetry het vanjaar ConVerse, 'n vertaalbundel van jong digters, in samewerking met die US Woordfees gepubliseer. Kom luister hoe van hierdie opwindende stemme hul gedigte voorlees in die taal waarin hul skryf, met vertalings.

Met: Ferrus se Mengelmoesdigters
10:30 - 11:10 | Woordtent Diana Ferrus, Gaireyah Fredericks, Jacqueline Saaiman, Adriaan Williams, Cecil Carolissen, Sophia Oliphant, Merle Danhouse, Fiona Fertyn, Theresa Carstens en Annelise Laban

Die Mengelmoesdigters het hul ontstaan te danke aan 'n projek wat onder leiding van die digter Diana Ferrus met die samewerking van die Breytenbach Sentrum begin het. Hulle kom gereeld byeen en tree by digters en ander samekomste op. Kom vind uit hoe hierdie skeppende siele hul gedigte skryf. Hulle lees ook van hulle gedigte voor.

Breyten in Engels
11:10 - 12:00 | Akkoordtent
Met: Ampie Coetzee en Johan Nel (voorlesings)
Stemkunstenaar Johan Nel lees van Breyten se gedigte voor, soos in Engels vertaal deur Ampie Coetzee. Ampie praat oor die probleme by die vertaling. Die Afrikaanse en die Engelse tekste word op 'n skerm afgebeeld.

Ideititeit en die poësie van hip-hop
12:10 - 13:00 | Woordtent
Met: Annie Klopper en Jaco van der Merwe (Bittereinder)
Is rap poësie? Mag wit mense rap? En is dit alles net spog, spoeg en swets, of skuil daar meer agter? In 2017 het Annie Klopper 'n doktorale studie oor identiteitskonfigurasies in wit Afrikaanse rapmusiek voltooi as deel van haar navorsing van lirieke as literatuurvorm en die rol van musiek in die skep en uitdruk van identiteite. Sy praat met rapper en digter Jaco van der Merwe van die elektro-rapgroep Bittereinder.

The Buckfever Underground
13:10 - 13:50 | Akkoordtent
Met: Toast Coetzer (woorde), Stephen Timm (tromme) en Michael Currin (kitaar)
The Buckfever Underground bestaan al sedert 1998 en speel tans as trio. Hulle tree by feeste op, maar verkies intieme venues soos sitkamers, stoepe en agterplase. Hulle musiek word geïmproviseer en die Afrikaanse en Engelse gedigte wat hulle daarby voordra, skep 'n luisterstroom waarin die gehoor hulself kan verloor.

ConVerse: verse, digters, tale
14:00 - 14:50 | Woordtent
Aangebied deur PEN Afrikaans & PEN International
Met: Danie Marais en ander
Vyftien opkomende digters wat in Afrikaans, isiXhosa en Engels werk, het gedigte bygedra tot die bundel ConVerse wat vanjaar deur InZync Poetry en die US Woordfees uitgegee is. Die gedigte is vertaal en in al drie tale ingesluit. Danie Marais gesels met die samestellers en van die digters: Annel Pieterse, Mbongeni Nomkhonwana, Pieter Odendaal, Siphokazi Jonas en Jolyn Phillips. Hulle sal gesels oor die uitdagings en vreugdes van poësie.

Parys Suite en Parys Etudes
15:00 - 15:50 | Akkoordtent
Met: Diek Grobler, Carina van der Walt, Bernard Odendaal en Franci Greyling
'n Bespreking van gedigte buite die tradisionele konteks van 'n gepubliseerde bundel. Die middelpunt van Parys Suite is 'n poësiefilm deur Diek Grobler met 'n trio van gedigte deur Carina van der Walt. Grobler se visuele spel met Van der Walt se gedigte vind ook neerslag in werke op papier. Die twee stel ook 'n kunstenaarsboek Parys Etudes bekend waarin Van der Walt haar belewing van Parys verwoord, geïllustreer deur Grobler.

Willemien&Philomëne&
16:00 - 16:40 | Akkoordtent
Met: Willemien Rust
Willemien&Philomène& is 'n kruising tussen 'n Afrikaanse liedjieskrywer met 'n Franse alter ego en 'n kreatiewe entrepreneur. Sy het 'n M-graad in Frans en het dit tot 2016 as vak aangebied. Sy is betrokke by verskeie produksies saam met ander kunstenaars soos Adelle Nqeto, Pieter Bezuidenhout, James Robb, sjef Renette Vosloo en Jude HarpStar. In hierdie solovertoning skakel haar komposisies in Afrikaans en Frans tematies met bekende Franse liedjies van onder meer Frankryk, België en Wes-Afrika.

Uit 'n jong digter se pen
16:00 - 16:50 | Woordtent
Aangebied deur NB Uitgewers
Met: Pieter Odendaal
Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal is 'n verweefde debuut uit 'n jong digter se pen. Met 'n eietydse aanslag skryf hy oor die politiek van verskil in 'n multikulturele samelewing, die natuur, verganklikheid, menswees, die liefde, en die studentepolitiek. Pieter is 'n digter, vertaler en uitvoerende direkteur van InZync Poetry.

Daniel Hugo - Vers & Kapittel
17:00 - 17:50 | Woordtent
Met: Daniel Hugo en Johan Myburg
Daniel Hugo is al vir 40 jaar deel van die Afrikaanse literêre wêreld. Om dit te vier het daar vanjaar 'n keuse uit sy skryfwerk verskyn. Vers & kapittel is die neerslag van 'n lewenslange bemoeienis met die digkuns, waarby enkele outobiografiese stukke skaamteloos ingesmokkel is. Die digter Johan Myburg pols hom oor wat in dié bundel staan en oor wat daar dalk nié staan nie.

Hannes Coetzee & Tribal Echo Trio
17:00 - 17:50 | Akkoordtent
Met: Hannes Coetzee (lepel-kitaarspeler), Frazer Barry (hoofsanger), Earl Witbooi (baskitaar) en Deniel Barry (tromme)
Tribal Echo en Tuin Van Digters is soos boek en bundel. Dié keer bring hulle vir Hannes Coetzee saam om bykomende woema by hulle besonderse musiek te sit.

Ons Klyntji Internasionaal - Kaapse bekendstelling
18:00 - 18:45 |Woordtent
Aanbieder: Toast Coetzer
Voorlesings deur: Alice Inggs, Tom Dreyer, Frederick J. Botha, Marguerite Lamey, Zian Blignaut, Jaco van Schalkwyk, Christine Coates, Sjaka Septembir, Louis Duvenage, Vusumuzi Mpofu en Mariechen Basson
Ons Klyntji is 'n alternatiewe, veeltalige zine wat gedigte, kortverhale, fotografie en comics publiseer. Hierdie is die Kaapse bekendstelling van die 2018-uitgawe (jaargang 122) en van die digters en skrywers lees hulle gedigte en verhale voor. Kopieë te koop!

Afrique mon désir (Afrika my verlange)
19:00 - 20:00 | Akkoordtent
Met: Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert (baskitaar), Chris Bakalanga (kitaar & sang) & Dea Kinzunga-Walo (sang)
In Afrique mon désir (Afrika my verlange) bekoor bekroonde sanger en komponis Laurinda Hofmeyr gehore met 'n samestelling van komposisies vanaf haar nuutste album met dieselfde titel. Hofmeyr, bekend vir haar toonsetting van gedigte van bekende Suid-Afrikaanse digters soos Breyten Breytenbach en Antjie Krog, gooi dié keer haar blik ook na die res van Afrika en ontdek die kontinent se mees prominente digstemme van Madagaskar na Mauritanië, van Tjaad tot Kameroen. Aansteeklike ritmes en meusleurende wêreldmusiek gekombineer met gevierde kunstenaar Diek Grobler se animasiekuns.

Ruk die musiek uit die boek
20:30 - laat | Akkoordtent
Met: Riku Lätti, Jackie Lätti, Frazer Barry, Bacchus Nel, Churchil Naudé, die Mark Tunes Bands en ander vriende uit die Tuin Van Digters
Die Wasgoedlyn se digtersangers en musikante van die nag is weer hier om die Tuin Van Digters op 'n plesierige hoogtepunt af te sluit. En moenie 'n verrassing of twee op die verhoog uitsluit nie!

Groepuitstalling buitedieboek
Van Vrydag 16:00 in die saal op die grondvloer van die hoofgebou
buite - 1. nie binne die grense van iets nie, buitekant ... 2. nie binne 'n bepaalde plek of ruimte nie. 3. verder as
boek - 1. 'n saamgebinde aantal gedrukte of beskrewe blaai. 2. Die gedagte inhoud van 'n derglike verbinding blaaie
Met hierdie tema neem ons die digkuns en woord na buite en na publieke ruimtes: 'n Groepuitstalling met oa Elza Miles, Gustav Bester, Marlouw Walters, Susan Bloemhof, Andre du Toit, JP Meyer, Ronel Bakker, Ade Kipades, Anton Brink, Naomi Wessels, Van Wessels, Mitch de Villiers, Pierre Botes, Clare Menck, Elsibe McGuffog, Desiree Malan, Rae Goosen en ander.

Handskrif - deur Feeskunstenaar Henk Serfontein
Opening Vrydag om 19:00 | Breytenbach Gallery, Eerste vloer, Hoofgebou
Met: Johan Myburg (openingspreker)
handskrif - s.nw. 1. Skrif wat met die hand uitgevoer word, dws nie drukskrif nie. Lopende - 2. Iem. se besondere manier van skryf. Hy het 'n lelike - 3. Geskrewe getikte teks, manuskrip; teks wat nog nie gedruk is nie. Hy besit waardevolle - e. 'n Digbundel in - handskrifdeskundige, -ontleding.
Feeskunstenaar Henk Serfontein se Handskrif belig die binnelewe van sewe formidabele vrouedigters, naamlik Jeanne Goosen, Antjie Krog, Wilma Stockenström, Lina Spies, Diana Ferrus, Melanie Grobler en Joan Hambidge.

Parys Suite - buite die tradisionele konteks
Opening Saterdag om 09:00 | Agter die Rooi Kosyn, eerste verdieping
Met: Diek Grobler
Die middelpunt van Parys Suite is 'n poësiefilm deur Diek Grobler met 'n trio van gedigte deur Carina van der Walt. Die projek het ontstaan tydens 'n residensie in die Cité Internationale des arts in Parys, en is 'n persoonlike portret van die stad soos gesien deur 'n kunstenaar en verwoord deur 'n digter. Die portret vind vergestalting in drie tipiese simbole van die stad: Edit Piaf, 'n besoek aan die Mona Lisa in die Louvre, en 'n publieke protes op die Place de la Republique. Grobler se visuele spel met Van der Walt se gedigte vind neerslag in werke op papier, wat speels met die gedigte omgaan: 'n leporello (konsertinaboekie) van die gedig "Amon L'isa", en 'n gedekonstrueerde boekie oor Piaf waarin die kunstenaar vrypostig peuter met die konsep van konkrete poësie.
*Die poësiefilm sal elke uur op die uur (10:00-20:00) in die kleinteater op die grondvloer vertoon word.

'buitedieboek'
Vanjaar se tema is buitedieboek - met die fokus op hoe elkeen uit verskillende gemeenskappe op uiteenlopende maniere - in 'n eie gedig, deur musiek, met kunswerke, in openbare ruimtes, deur animasie, in vertalings, in en uit jou eie kop, op 'n skeppende wyse uiting gee aan woorde en frases in gedigte. In Afrikaans, en deur ander tale in Afrikaans.

Groepuitstalling
Kunstenaars wys in die groepuitstalling in die Breytenbach-galery wat hulle met die woorde van gedigte kan maak. Feeskunstenaar Henk Serfontein haal in Handskrif sewe formidabele vrouedigters, naamlik Jeanne Goosen, Antjie Krog, Wilma Stockenström, Lina Spies, Diana Ferrus, Melanie Grobler en Joan Hambidge, behoorlik uit hulle bundels (met hulle instemming!).

PEN Afrikaans
Lede van PEN Afrikaans, wat hom onder meer beywer vir die bevordering van Afrikaanse woordkuns en die
letterkunde in die algemeen, sowel as vir uitdrukkingsvryheid en taalregte, se lede wie se ledegeld opbetaal is, kan die Tuin Van Digters gratis bywoon. Vir vereistes vir lidmaatskap vir PEN Afrikaans, besoek www.litnet.co.za/pen-afrikaans-aansoekvorm. PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN International die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in 'n internasionale verband.

Wat jy moet weet
Daar is twee ingange tot die Tuin Van Digters: In Burgerstraat langs die hoofgebou by die hek na die tuin en by die parkeerterrein regs agter die Sentrum deur die groot hek. Alle vertonings, behalwe as dit anders aangedui word, sal in die Woordtent en die Akkoordtent agter die hoofgebou aangebied word. Digters se bundels sowel as ander bundels en boeke sal by die Protea Boekwinkel in Stellenbosch se stalletjie in die Akkoordtent te koop wees. Besoek ook The Book Traders, die tweedehandse boekwinkel op die grondvloer van die hoofgebou. Verversings sal in die Bôrdienghuis Teater te koop wees. Soek jy 'n kunstige geskenk? Besoek die Kardoeswinkel langs die Breytenbach Gallery vir kunsgeskenke.

Agter die geel deur - net vir kinders
Tuin Van Digters is vir jonk en oud. Almal dink en ervaar anders en kan bymekaar leer. Al sit jy net en kyk wat hulle doen. Net langs die Akkoordtent agter die geel deur is 'n interaktiewe lokaal waar kinders besig gehou word of hulleself op skeppende maniere kan vermaak. Daar sal genoeg boeke wees om te lees en, daar sal selfs vir jou voorgelees word as jy wil en jy kan ook jou eie gedig skryf, of net voor die televisie ontspan.

Wellington toerisme
Skakel met Wellington Toerisme by info@wellington.co.za om jou te help met verblyf en ander inligting.

Verdere navrae
Volg Breytenbach Sentrum op Facebook en @breytenbachsent op Twitter. Hou ons webwerf, www.breytenbachsentrum.co.za, dop vir die nuutste inligting. Kontak ons by 021 873 278.

Kaartjiepryse
Tweedagpakket: R300 pp (Sluit alle aanbiedings in)
Vrydag 14 September: R120 pp
Saterdag 15 September: R220 pp
Studente: R60 pp per dag (met geldige studentekaart)
Opbetaalde lede van PEN Afrikaans: Gratis

Besprekings en navrae
Jeanne-Mari Gerber 021 873 2786 / 073 435 1022
besprekings@breytenbachsentrum.co.za
H/v Burger- en Malherbestraat, Wellington

Borge
Dagbreek Trust, ATKV, Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport, NLDTF (Nasionale Lotery), Naspers, Het Jan Marais Nationale Fonds, Rupertmusiekstigting, Jannie Mouton Stigting, Prosperity Management Africa, Drakenstein Munisipaliteit

Vennote
NB Uitgewers, NALEDI, Kraal, Protea Boekhuis, Protea Boekwinkel (Stellenbosch), Ons Klyntji Internasionaal,
PEN Afrikaans, Pen International, US Woordfees, Wellington Toerisme, Print

Verblyfborg
Dankie aan Cummings Gastehuis. Kontak hulle gerus by 021 873 3474 of stuur 'n e-pos na mattievisser@wellington.accommodation.com en kom kuier sommer die hele naweek saam met ons.

Die program is onderhewig aan verandering.


2017 09 15, 16 - Tuin Van Digters - 'Uitdagend Skeppend'
vetseun

Haal uit die digwoorde, gryp die digbundels en koop jou kaartjie. Dit is tyd vir die 6de Tuin Van Digters op 15 en 16 September 2017 by die Breytenbach Sentrum in Wellington.
Vanjaar se program is propvol hoogtepunte. Een daarvan is die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse debuutdigbundels wat in 2015 en 2016 gepubliseer is en op Saterdag 16 September aan die wenner oorhandig word. Die Breytenbach Sentrum se 10de bestaansjaar word ook gevier.
Die tema vir 2017 is 'Uitdagend skeppend'. Die aanhaling dui op beweging - in uitdaag en in skep. Dit is ook die Breytenbach Sentrum se tema vir 2017 en vorentoe en het sy oorsprong by Breyten Breytenbach se woorde tien jaar gelede op 26 Februarie 2007 met die opening van die Breytenbach Sentrum.
Ander programhoogtepunte sluit in die huldiging van die digter Wilma Stockenström; 'n gesprek deur PEN Afrikaans oor Breyten se invloed op die generasies ná hom; die bekendstelling van Nuwe Stemme 6; Andries Bezuidenhout wat gesels met Bibi Slippers oor haar veelbekroonde digbundel Fotostaatmasjien; gesprekke met digters van wie onlangs nuwe bundels verskyn het, 'n oopmikrofoon vir voorlees van gedigte; 'n spesiale groepuitstalling deur by die 40 kunstenaars ter viering van die Sentrum se tiende jaar; Riku Lätti en Die Wasgoedlyn se digtersangers van die nag; Tribal Echo wat nuwe toonsettings van gedigte van Adam Small sing; en oorgenoeg eet- en drinkgoed vir lekker kuier.
Kaartjies kos R100 vir die Vrydag, R200 vir die Saterdag en R250 vir die tweedag-pakket. Studente met bewys van 'n geldige studentekaart betaal R60 per dag. PEN Afrikaans se jaarvergadering sal ook op Saterdag 16 September by die Tuin Van Digters plaasvind en opbetaalde lede sal gratis toegang kry.
Besprekings en navrae kan gedoen word by Jeanne-Mari Gerber by besprekings@breytenbachsentrum.co.za, 021 873 2786, 073 435 1022, h/v Burger- en Malherbestraat, Wellington, 7655.

Program

Vrydag 15 September
Tuinvrede
16:00 tot laat | Tuin Van Digters

Klanke, beelde en woorde in 'n tuin vol gedigte nooi jou uit om tot ruste te kom en voor te berei vir 'n ervaring propvol uitdagende skeppings.

Kinderpret met woorde
16:00 - 17:00 | Arbeidsterapielokaal

Moontlik gemaak deur The Book Traders & Lanése Knipe Arbeidsterapie
Skeppende uitdagings vir kinders met speelaktiwiteite, voorlees van gedigte en selfs bou van eie gedigte.

Filmverse 2
16:00 - 23:00 | Konferensiesaal

Moontlik gemaak deur die ATKV
Artistieke regisseur: Diek Grobler
Vir die ATKV: Nita Cronjé

Die ATKV se tweede suksesvolle en gewilde digkuns-animasieprojek, Filmverse 2, bestaan uit twaalf gedigte wat gebruik word vir hierdie opwindende visuele bloemlesing. Uitdagende gedigte van 'n jonger geslag digters is ingesluit (waaronder dié van Nathan Trantraal, Andries Bezuidenhout en Ronelda Kamfer) asook gedigte van ouer digters (soos Elisabeth Eybers, DJ Opperman, Boerneef en TT Cloete). Die werk van Joan Hambidge, Johann de Lange, Jeanne Goosen, Marlise Joubert en Heilna du Plooy is ook deel van Filmverse 2 - 'n veeltalige projek wat Afrikaans, Engels, Zoeloe en Sesotho insluit.

Klankskeppers
17:00 - 18:00 | Akkoordtent

Talentvolle musikante en woordkunstenaars van Wellington en omgewing wys hul slag, sorg dat die week se sorge verdwyn en stel die koppe reg in vir 'n naweek propvol nuwe en uitdagende ervarings.

'Uitdagend skeppend' - opening van groepuitstalling
18:00 - 18:45 | Breytenbach Gallery

Aangebied deur die Breytenbach Gallery
Opening van 'n 20 X 20-groepuitstalling

Ter viering van die Breytenbach Sentrum se 10-jarige bestaan, span 'n groep van meer as 40 kunstenaars saam om die frase "uitdagend skeppend" te vergestalt en te verbeeld.

Wilma Stockenström gehuldig
19:00 - 20:00 | Akkoordtent

Huldiging: Ronel de Goede
Met: Margot Luyt, Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert
PEN Afrikaans se bestuur het eenparig besluit om Wilma Stockenström aan te wys as die digter wat vanjaar by die Tuin Van Digters gehuldig word. Haar invloedryke, merkwaardige bydrae tot die Afrikaanse poësie kan kwalik oorskat word. Stockenström, 'n Hertzogprys-wenner, se oeuvre omvat agt bundels waarin daar met 'n ondersoekende blik gekyk word na die mens en dié se plek in die heelal. Haar aangrypende verse lewer bewys van 'n ruimheid van intellek, gees en emosie. Met voordrag deur Margot Luyt en sang deur Laurinda Hofmeyr van getoonsette gedigte van Wilma Stockenström.

'n Plek van uitdagende skepping
20:00 - 21:00 | Akkoordtent

Met: Daniel Hugo, Cloete Breytenbach, Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert
Die Breytenbach Sentrum is vanjaar tien jaar oud en het gegroei tot 'n plek waar dit veral gaan om uitdagende skepping. Die digter en vertaler Daniel Hugo praat oor die toe en die nou van die Sentrum en die uitdagings wat wag. Die fotograaf Cloete Breytenbach stel 'n DVD bekend oor die Sentrum se geskiedenis, projekte en bedrywighede.

Skop oop die koppe
21:00 - 22:00 | Akkoordtent

Met: Sjaka Septembir, Gertjie Besselsen en Isabelle Grobler
SKOP - Kyk, luister en ervaar bedwelmende beeldspraak - saamgeflans met bekgeveg-digkuns, kletskomedie en fisieke teater. Die gatskoppers is: Sjaka Septembir, wat al beskryf is as die 'hoerkind van die Afrikaanse letterkunde' en ook as 'literêre terroris'; Gertjie Besselsen van Mr. Cat and the Jackal-faam - 'n gesoute musikant wat al lank sy talente saamweef met teaterproduksies; en Isabelle Grobler, 'n internasionaal bekende installasie- en opvoerkunstenaar wat ook 'n opgeleide hanswors is.

Saterdag 16 September
Tuinvrede
08:00 tot laat | Tuin Van Digters

Klanke, beelde en woorde in 'n tuin vol gedigte nooi jou uit om tot ruste te kom en voor te berei vir 'n ervaring propvol uitdagende skeppings.

10 jaar in beeld
08:00 - 23:00 | Bôrdienghuis Teater

Vervaardig deur Cloete Breytenbach
Kom ervaar die fotograaf Cloete Breytenbach se DVD ter viering van die Breytenbach Sentrum se 10de bestaansjaar.

Filmverse 2
08:00 - 23:00 | Konferensiesaal

Moontlik gemaak deur die ATKV
Artistieke regisseur: Diek Grobler; Vir die ATKV: Nita Cronjé

Die ATKV se tweede digkuns-animasieprojek, Filmverse 2, bestaan uit 'n visuele bloemlesing van twaalf gedigte. Met uitdagende gedigte van 'n jonger geslag digters (waaronder Nathan Trantraal, Andries Bezuidenhout en Ronelda Kamfer) asook ouer digters (soos Elisabeth Eybers, DJ Opperman, Boerneef en TT Cloete). Filmverse 2 is 'n veeltalige projek wat Afrikaans, Engels, Zoeloe en Sesotho insluit.

Verse, gedigte en rympies vir kinders
09:00 - 10:00 | The Book Traders

Voorlesings vir, en deur, kinders uit boeke met gedigte, verse en rympies vir die jongklomp - en die oueres wat wil weet waarvan die kinders hou.
As jy self 'n gedig geskryf het, is dit die regte plek om dit te kom voorlees!

Projek piemp
09:30 - 10:00 | Akkoordtent

'n Groep leerders van Weltevrede Sekondêr in Wellington is geruime tyd reeds onder leiding van Thérèse Hulme deel van die Piemp-projek - 'n inisiatief van die Breytenbach Sentrum wat poësie onder jongmense bevorder. Die groep het onlangs hul debuut op 'n splinternuwe CD gemaak. Opnames vir die CD het plaasgevind onder leiding van Hunter Kennedy en Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties, sowel as HemelBesem en ander musikante. Kom luister na wat hulle alles doen en beplan.

Gesoek: skrywers in Afrikaans
10:00 - 11:00 | Woordtent

Johan van Lill praat met Rachelle Greeff en 'n paar van haar skryfstudente oor die aard en rol van die Breytenbach Sentrum se skryfskool en die identifisering en ontwikkeling van Afrikaanse prosa- en toneelteksskrywers.

Nuwe stemme 6
11:00 - 12:00 | Akkoordtent
Aangebied deur NB Uitgewers
Nuwe Stemme 6, die sesde bundel in die gewilde Nuwe Stemme-reeks wat publikasiegeleenthede skep vir jong digters, word bekendgestel. Die beoordelaars en samestellers, Charl-Pierre Naudé en Bibi Slippers, praat oor die proses wat gevolg is om vanjaar se bundel saam te stel. Van die digters wie se gedigte in die bundel opgeneem is, insluitende Angie Gallagher, Annami Mailovich, Anton Dockel, Churchil Naudé, Elmarie Viljoen-Massyn, Elna van Niekerk, Elodie Troskie, Franco Collin, Ingrid Hannelie Penzhorn, Marcel Spaumer, Remona Voges Ryan Pedro en Trudi Coetzee, lees van hulle gedigte voor.

Boekbekendstelling - Die bergengel
12:00 - 13:00 | Breytenbach Gallery

Jonathan Amid gesels met die digter, skrywer en kunstenaar Carina Stander oor haar nuwe boek, Die Bergengel. Met 'n uitstalling van kunswerke wat sy spesiaal vir die bekendstelling van die boek geskep het.

Diana Ferrus en die Mengelmoesdigters
12:00 - 12:30 | Woordtent

Ondersteun deur die ATKV en die LW Hiemstra Trust
Die digter Diana Ferrus bied al sedert 2012 jaarliks 'n poësie-skryfskool by die Breytenbach Sentrum, wat gelei het tot die stigting van Die Mengelmoesdigters. Dié groep tree gereeld by literêre feeste op en bestaan uit 10 lede: Fiona Fertyn, Adriaan Williams, Ruth Robertson, Gaireyah Fredericks, Merle Danhouse, Sophia Oliphant, Jacqualine Saaiman, Nazlee Jeppie, Cecil Carrolisen en Diana Ferrus. Hulle skryf uitdagend oor die alledaagse mens in drie tale - Afrikaans, Engels en Kaaps. Hul werk vind ook weerklank in foto's, grafiese kuns, drama, poppekas en woordkunsproduksies. Vyf van hulle het al debuutbundels, of in versamelbundels, gepubliseer. Kom kry 'n nuwe blik op die alledaagse lewe - vasgevang in woorde met hart en siel.

'Oop mikrofoon'
12:30 - 13:00 | Woordtent

Die Mengelmoesdigters daag alle skeppende siele uit om hulle woorde op die verhoog te kom deel. Kom betower die gehoor met jou gedagtes en woorde met mening. Jy kan dalk net sélf 'n Mengelmoesdigter word...

Alta sing folk-Afrikaans
13:00 - 14:00 | Akkoordtent

Kom luister na Alta van Zyl se Afrikaanse folkmusiek saam met haar ongelooflike talentvolle orkes. Sy sing nou weer vir grootmense na sy besluit het om vir eers die kindermusiek Lollos te los!

Tafelgesprek: Hoe het Breyten generasies ná hom beϊnvloed?
14:30 - 15:00 |Woordtent

Aangebied deur PEN Afrikaans
Hoe het Breyten Breytenbach die generasies ná hom beïnvloed? Danie Marais gesels op Breyten se verjaardag met 'n kenner van sy werk, Louise Viljoen, en drie gerekende digters uit drie verskillende generasies: Bibi Slippers, Andries Bezuidenhout en Gilbert Gibson. Kom neem deel en moenie huiwer om die deelnemers se standpunte uit te daag nie!

Debuutbundels wat uitdaag
15:30 - 16:30 | Akkoordtent

Aangebied deur NB Uitgewers
Charl-Pierre Naudé gesels met twee opwindende debuutdigters oor hulle besondere digbundels wat oral hoog aangeskryf word. Die twee digters, Corné Coetzee (Nou, hier) en Jolyn Phillips (Radbraak) lees ook gedigte voor.

Afrikaans in Europa
16:30 - 17:30 | Woordtent

Die digter en vertaler Daniel Hugo praat met Yves T'Sjoen van Universiteit Gent en Universiteit Stellenbosch. Hy is ook bestuurslid van het Gents Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika (UGent), van wie Breyten Breytenbach 'n eredoktorsgraad ontvang het. Daar is onlangs ook 'n leerstoel in Afrikaans ingestel met Hein Willemse as die eerste bekleër daarvan.

Tribal Echo salueer Adam Small
17:30 - 18:30 | Akkoordtent

Met Frazer Barry (hoofsanger), Earl Witbooi (baskitaar) en Deniel Barry (tromme)
Tribal Echo salueer Adam Small: Nuwe toonsettings van Small se gedigte. Die klank van die stam wat in jou oorkanale eggo. Afrikaans het nog nooit so vars geklink nie!

Fotostaatmasjien
18:30 - 19:30 | Woordtent

Met: Willemien& en Jude Harpstar
Andries Bezuidenhout gesels met Bibi Slippers oor haar veelbekroonde digbundel, Fotostaatmasjien, waarvoor sy al verskeie pryse gewen het. Willemien& en Jude Harpstar voer toonsettings van die gedigte uit.

Toekenning van die Ingrid Jonker-prys
19:30 - 20:30 |Akkoordtent

Aanbieders: Ronel de Goede en Danie Marais
Die Ingrid Jonker-prys word jaarliks beurtelings aan 'n Afrikaanse of 'n Engelse debuutdigbundel toegeken die twee tale waarin Ingrid Jonker geskryf het. Op die kortlys vir vanjaar se Ingrid Jonker-prys verskyn Hendrik J. Botha se Atropos, Bibi Slippers se Fotostaatmasjien en Hilda Smits se Die bome reusagtig soos ons was. Kom luister na voorlesings van die digters op die kortlys se gedigte sowel as na sang van Ingrid Jonker en ander digters se se getoonsette gedigte.

Riku Lätti en Die Wasgoedlyn
20:30 tot laat | Akkoordtent

Met: Riku Lätti, Jackie Lätti, Laurinda Hofmeyr, Jolyn Phillips, Bacchus Nel, Frazer Barry, Churchil Naudé, Mark Ellis, Jean Marais en ander
Die Wasgoedlyn se digtersangers van die nag. En 'n paar verrassings!

'Uitdagend skeppend'
Die tema van die Tuin Van Digters 2017 is 'Uitdagend skeppend'. Dit dui op voortdurende beweging - in uitdaag en in skep. Dit is ook die Sentrum, wat vanjaar sy 10de verjaardag vier, se tema vir 2017 en vorentoe. Dit het sy oorsprong in die woorde van Breyten Breytenbach op 26 Februarie 2007 met die opening van die Breytenbach Sentrum:
Hier word plegtig afgespreek dat dit gaan om die sluiting van vennootskappe op absoluut deursigtige en gelyke grond - waar iedereen haar of sy bydrae sal kan lewer, uit hoofde van vaardigheid of vermoë of potensiaal. Maar veral gaan dit om uitdagende skepping, 'n ware transformasieproses. Want hierdie is nie 'n plek van opgee of afgee of weggee nie; dit gaan oor aangee. Nie om verdeel of opdeel nie, maar om deelname en deelwórd.

Groepuitstalling wat uitdaag

uitdagend, bereidwilligheid te kenne te gee om met iemand mee te ding
skeppend
, -e, makend, vormend; -arbeid

Ter viering van die Breytenbach Sentrum se 10-jarige bestaan, span 'n groep van meer as 40 kunstenaars saam om die frase "uitdagend skeppend" te vergestalt en te verbeeld. Nie net dien dit nog altyd as inspirasie vir die galery nie, maar dit het ook die galery se strewe geword om tydens elke uitstalling lyf en asem te gee aan hierdie woorde. Manie Rust se woord - uitnemendheid (uitstekend, voortreflik; par excellance) - dien ook as inspirasie vir elke uitstalling. Die deelnemende kunstenaars sluit in Strijdom van der Merwe, Andries Bezuidenhout, Ingrid Winterbach, Sharlé Matthews, Weyers du Toit, Carina Stander, Nanette Ranger, Theresa Jo, Selwyn Pikeur, Susan Bloemhof, Theresa Collins, Marinda du Toit, JP Meyer, André du Toit, Juhlene Moller, Frans Mulder, Jacques Dohnt, Susan Smuts, Tina Nel, Bibi Slippers, Cathy Brennon, Lawrence Brennon, Hilda Kruger, Judy Woodborne, Riaan van Breda, Hardy Botha, Evette Weyers, Jennifer de Charmoy, Bastiaan van Stenis, Katie du Toit Barnard, Ronel Human, Gerhard Human, Alexander Laurean, Eben van der Merwe, Michelle Davidson, Michelle Nigrini, Willem Pretorius en Marinda du Toit.

PEN Afrikaans se jaarvergadering
PEN Afrikaans, wat hom onder meer beywer vir die bevordering van Afrikaanse woordkuns en die letterkunde in die algemeen, sowel as vir uitdrukkingsvryheid en taalregte, se jaarvergadering vind op 16 September om 12:30 by die Tuin Van Digters plaas. PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN International die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in 'n internasionale verband. Lede van PEN Afrikaans wie se ledegeld opbetaal is, kan die Tuin Van Digters vanjaar gratis bywoon. Vir vereistes vir lidmaatskap vir PEN Afrikaans, besoek www.litnet.co.za/pen-afrikaans-aansoekvorm/.

Wat jy moet weet
Daar is twee ingange tot die Tuin Van Digters: In Burgerstraat langs die hoofgebou by die hek na die tuin en by die parkeerterrein regs agter die Sentrum deur die groot hek. Alle vertonings, behalwe as dit anders aangedui word, sal in die Woordtent en die Akkoordtent agter die hoofgebou aangebied word. Digters se bundels sal te koop wees sowel as ander nuwe en ook tweedehandse boeke. Verversings sal in die Bôrdienghuis Teater te koop wees. Besoek ook die Kardoes-winkel langs die Breytenbach Gallery vir kunsgeskenke.

Kinders
Daar is weer 'n interaktiewe oppaslokaal vir kleiner kinders in die Breytenbach Sentrum. Hulle gaan op allerlei skeppende maniere besig gehou word. Dit sluit in voorlesings van gedigte en stories, flieks, skeppende speelprojekte en allerlei ander aktiwiteite.

Wellington toerisme
Skakel met die Wellington Toerisme-kantoor by info@wellington.co.za om jou te help met jou verblyfbesprekings en om ander inligting oor Wellington en die omgewing te kry.

Verdere navrae
Breytenbach Sentrum, Burgerstraat 14, Wellington. Kontak ons by 021 873 2786 of per e-pos by info@breytenbachsentrum.co.za.

Kaartjiepryse
Tweedagpakket: R250 per persoon (Sluit alle aanbiedings in) Toegang vir Vrydag 15 September: R100 per persoon (sluit alle aanbiedings op die program in vir 15 September)
Toegang vir Saterdag 16 September: R200 per persoon (sluit alle aanbiedings op die program in vir 16 September)
Studente-afslag: R60 per persoon per dag (met geldige studentekaart)
Opbetaalde lede van PEN Afrikaans: Gratis toegang

Besprekings en navrae
Jeanne-Mari Gerber 021 873 2786 / 073 435 1022 besprekings@breytenbachsentrum.co.za
H/v Burger- en Malherbestraat, Wellington

Borge
Die Dagbreek Trust, ATKV, LW Hiemstra Trust, Wes-Kaapse Departement van Sport en Kultuursake, NLDTF (Nasionale Lotery), Naspers, Het Jan Marais Nationale Fonds, Rupert-musiekstigting, Drakenstein Munisipaliteit

Vennote
NB Uitgewers, PEN Afrikaans, US Departement Afrikaans en Nederlands, Wellington Toerisme, Print, Lanése Knipe Arbeidsterapie

Verblyfborg
Dankie aan Cummings Gastehuis. Kontak hulle gerus by 021 873 3474 of stuur 'n e-pos na mattievisser@wellington.accommodation.com en kom kuier sommer die hele naweek saam met ons.

Die program is onderhewig aan verandering.

Volg Breytenbachsentrum op Facebook en @breytenbachsent op Twitter en hou ons splinternuwe webwerf, www.breytenbachsentrum.co.za, dop vir die nuutste inligting oor die Tuin Van Digters 2017.


2016 09 16-18 - Tuin Van Digters
vetseun

KUNSUITSTALLINGS

FILMVERSE 2
Moontlik gemaak deur die ATKV
Vir die ATKV: Nita Cronjé
Artistieke regisseur: Diek Grobler
Die ATKV se suksesvolle digkuns-animasieprojek, Filmverse, word voortgesit met die première van Filmverse 2. 'n Nuwe keuse van twaalf gedigte word aangepak vir hierdie opwindende visuele bloemlesing. Gedigte van ons ouer digters word ingesluit (waaronder Elisabeth Eybers, DJ Opperman, Boerneef en TT Cloete) asook die werk van jonger digters (Nathan Trantraal, Andries Bezuidenhout en Ronelda Kamfer). Die werk van Joan Hambidge, Johann de Lange, Jeanne Goosen, Marlise Joubert en Heilna du Plooy is ook deel van Filmverse 2 - 'n veeltalige projek wat Afrikaans, Engels, Zoeloe en Sesotho insluit.
16 - 18 September |9:00 - 17:00 | Konferensielokaal (onder)

16 SEPTEMBER - PAMPOENDAG
Nanette Ranger se beeld, wat geskep is met Breyten Breytenbach se gedig 16 September as inspirasie, word by die Tuin Van Digters vir die eerste keer in die tuin onthul. En dit natuurlik, vind plaas op 16 September.
Opening: 16 September, 17:00 (as deel van Boekmerke-uitstalling se opening) | Digterstuin

BOEKMERKE
(Ex libris)
'n Boek (s), -e, ingebonde, bedrukte of beskrewe blaaie papier
'n Merk, (s) -e, teken, stempel, onderskeidingteken; maaksel
(volgens die Verklarende Afrikaanse Woordeboek - Kritzinger, Labuschagne en Pienaar)
'n Groepuitstalling met o.a. Judy Woodborne, Louis Jansen van Vuuren, Anton Brink, Strijdom van der Merwe, Ceramic Matters, Hardy Botha, Ann Marais, Clare Menck, Frans Mülder, Antoinette Cloete Nel, Sharlé Matthews, Carina du Randt, Willie Bester, Rae Goosen, Evette Weyers, Cathy Brennon, Ruhan Janse van Vuuren, Vusi Beauchamp, Kobus le Grange, Frank van Reenen, Bastiaan van Stenis, Jean Dreyer, Kirby van der Merwe, Willem Pretorius, Annette Snyckers, Willie Steyn, Hennie Meyer, Theo Paul Vorster, Victoria du Toit, Mzimasi Funo, Fanie Marais, Marinda du Toit en Elsibe McGuffog
Met hierdie uitstalling vier die Breytenbach Gallery alle vorme van boeke - romans, digbundels, fiksie, nie-fiksie... alle merke gemaak op beskrewe papier.
16 September - 20 Oktober | 9:00 - 17:00 | Breytenbach Gallery | Opening: 16 September, 17:00.

BLOMBALLONNE
Konsep: Strijdom van der Merwe
Ons tuin staan wit in die blom met ballongedigte en ons nooi jou uit om vir jou een te pluk en vir iemand te gee wat 'n gedig en 'n blom ewe veel sal waardeer.
16 - 18 September, 9:00 - 17:00 | Digterstuin | R10 per blom

VRYDAG, 16 SEPTEMBER
TAKE YOUR TIME: THE POETRY OF ADOLESCENCE
Aangebied deur Chris Mann
Op sy charismatiese en humoristiese wyse, reik Chris Mann uit na Graad 10 tot 12-leerders met hierdie aanbieding waarin hy jongmense leer oor die belang van die digkuns, die invloed daarvan op die ontwikkeling van die brein, geheue en kreatiwiteit. Hierdie kursus word aangebied by plaaslike Wellingtonse skole. Meer inligting by Olivia Ockhuis: Olivia@breytenbachsentrum.co.za
Vanaf 9:00

SIMPOSIUM
(Aangebied in samewerking met die US Departement Afrikaans en Nederlands)

DIE MEDEWETE VAN DIE POËSIEVERTALER
Met: Alfred Schaffer en Karen Press; Andries Visagie (gespreksleier)
Die digters en vertalers Alfred Schaffer en Karen Press praat oor hul vertalings na Nederlands en Engels van Antjie Krog se Afrikaanse digbundel Mede-wete. Die gesprek verken die besondere uitdagings, probleme en ook vreugdes wat die vertalers te beurt geval het in hul vertalings van Krog se dikwels komplekse gedigte.
9:00 |60 min. | Woordtent

ONS KOMVANDAAN
Regie: Christine Truter
Met: Gaireyah Fredericks, Wayne Galant, Charnelle Fortuin, Josua Meyer en Curtly Titus
Meesleurend, opruiend, oproerig, versoenend, onthutsend en omhelsend. Die Breytenbach Sentrum se drama-groep, Kaleidoskoop, bied 'n ondersoekende en ontroerende blik op die werk van bruin digters oor ses dekades heen - van P.J. Philander en Adam Small tot Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal en Jitsvinger.
10:15 | 30 min. | Akkoordtent

"ONBEGRYPLIKE POËSIE IS ALTYD BETER AS MAKLIKE POËSIE" (NEDERLANDSE DIGTER ILJA LEONARD PFEIJFER)
Met: Louise Viljoen, Bibi Slippers, Nèlleke de Jager; Andries Visagie (gespreksleier)
Hierdie gesprek gaan oor die onderskeie voordele van "slow poetry" wat weerstand bied teen vinnige verbruik en "vinnige kuns" wat onmiddellik tot die hoorder of leser spreek. Vinnige kuns "spat soos 'n haelpatroon deur die maag" soos wat Loftus Marais dit beskryf het in sy gedig "'n Pleidooi vir vinnige kuns", terwyl "slow poetry" van die leser verwag om tydsaam en met aandagtigheid te lees. Louise Viljoen praat oor "slow poetry", Bibi Slippers vertel wat sy verstaan onder "vinnige kuns" en die uitgewer Nèlleke de Jager verduidelik wat die uitgewer se posisie is in hierdie gesprek.
11:00 | 90 min. | Woordtent

AKWASI & JITSVINGER
Akwasi, oorspronklik van Ghana, is 'n suksesvolle Nederlandse kunstenaar, liedjieskrywer, akteur en regisseur - en meestal bekend as die voorman van die Nederlandse rymkletsgroep, Zwart Licht. Kom luister hoe hy sy Nederlandse rymkletse laat opklink. Jitsvinger is op sy beurt 'n veelsydige kunstenaar met hope kreatiwiteit en is 'n gevestigde skrywer, komponis en musikant wat die verhoog gereeld deel met plaaslike legendes soos Antjie Krog, David Kramer, Burni Aman en Pops Mohamed.
12:45 | 30 min. | Akkoordtent

"I FOUND MYSELF IN A SITUATION" - POËSIE IN ROERIGE TYE
Met: Ari Sitas, Rustum Kozain, Andries Bezuidenhout, Diana Ferrus, Wamuwi Mbao; Alfred Schaffer (gespreksleier)
Wopko Jensma se gedig "Spanner in the what? Works" (1977) dien as wegspringpunt vir hierdie gesprek oor die plek van poësie in die Suid-Afrika van vandag. Het die digkuns nog enigsins 'n rol te speel in ons sosiopolitieke omstandighede? Hoe kan of moet so 'n poësie lyk? Wie mag of moet of kan dit skryf?
13:30 | 90 min. | Woordtent

MARTIJN NELEN
Een van die bekendste en innoverendste Vlaamse digters en bekvegters sal die gehoor met sy gedigte beïndruk - so uit die mou gepluk en op die voete bedink.
15:00 | 30 min. | Akkoordtent

"AG, ONS ALMAL IS TOG SO LIEF VIR DIE NATUUR ..."
Met: Marlene van Niekerk, Susan Smith, Johann Lodewyk Marais, Martjie Bosman en Chris Mann; Willem Anker (Gespreksleier)
In hierdie sessie word daar aan die hand van Ecology without Nature (Timothy Morton) gesels oor vrae soos die volgende: Watter opvattings van die begrip "natuur" vind neerslag in (ook ekologies-bewuste) "natuur­poësie"? Watter (on/kritiese) uitgangspunte oor die verhouding tusssen mens en natuur kan onderliggend wees in gedigte oor omgewing, atmosfeer, landskap, voëls, bome, diere?
15:30 |90 min. | Woordtent

KOM ONS PRAAT ANDERS SAAM MET MEKAAR
"...it is proposed that a form of free dialogue may well be one of the most effective ways of investigating the crisis which faces society, and indeed the whole of human nature and consciousness today. Moreover, it may turn out that such a form of free exchange of ideas and information is of fundamental relevance for transforming culture and freeing it of destructive misinformation, so that creativity can be liberated." David Bohm
Met: o.a. Marlene van Niekerk, Alfred Schaffer, Danie Marais, Susan Smith, Martjie Bosman, Johann Lodewyk Marais, Daniel Hugo, Andries Bezuidenhout, Bernard Odendaal, Gilbert Gibson, Loit Sôls, Jitsvinger, Die Mengelmoesdigters, Louis Esterhuizen, Sisca Julies, Hennie Nortjé, Bibi Slippers, Rustum Kozain, Ronel de Goede en Diana Ferrus; Desmond Painter (Gespreksfasiliteerder)
'n Groep nugter digters praat en swyg in 'n byeenkoms geskoei op die model van die Bohm-dialoog: geen agenda, geen debat, slegs mededelings, vrae, betuigings, opmerkings in enige vorm of toonaard.
19:00 | 90 min. | Woordtent

TRIBAL ECHO
Met: Sandy Gertse, Deniel Barry, Earl Witbooi, Karin Hess en Frazer Barry
Dié gewilde musiekgroep is terug by die fees ná verlede jaar se stofopskop. Maak reg vir 'n kuier saam met die manne en dames wat weet hoe Klip Kop Rock werk!
21:00 | 70 min. | Akkoordtent

SATERDAG, 17 SEPTEMBER
IN DIE OMTES VAN DIE HART
'n US Woordfees-produksie
Met: Jana Cilliers
Regie, samestelling en verwerking: Juanita Swanepoel
'n Samestelling uit die verhale, vertellings en poësie van Petra Müller - 'n skrywer wat met soveel oorgawe haar herkoms en geborgenheid in eie bodem met ons deel. Met haar poëtiese inslag het sy die vermoë om aan die eenvoudigste verhaal onverwagse nuanses te verleen. Madeleine van Biljon noem haar "'n pêrel in onse skrywerskroon".
9:00 | 60 min. | Bôrdienghuis Teater

POËSIE-WERKSWINKEL
Met: Jitsvinger, Martijn Nelen en Akwazi
Hierdie werkswinkel bestaan uit 'n basiese inleiding tot die rymklets, wat goeie en slegte verse van mekaar onderskei, die tips en truuks van hoe om jou gedigte voor 'n gehoor op te voer. Hierdie werkswinkel word by plaaslike skole aangebied, maar is ook oop vir die publiek. Meer inligting: Olivia Ockhuis by 021-8732786.
10:00 | 150 min.

IZAK DE VILLIERS - PREDIKANT EN TROEBADOER
Met: Joan Hambidge, Gilbert Gibson, Louis de Villiers en Lizette Rabe (gespreksleier)
Izak Louis de Villiers sou vanjaar sy tagtigste verjaardag gevier het. Hy was jare lank predikant van 1963 tot 1983 in onder meer Albertinia, Bonnievale en Constantia. In 1983 verruil hy die kansel vir die joernalistiek en word hy as redakteur van die vrouetydskrif Sarie aangestel. In 1991 word hy die hoofredakteur van die Sondagkoerant, Rapport, en tree in 1997 uit. Hy debuteer in 1972 met die digbundel Leitourgos, en hy skryf ook talle godsdienstige boeke. Tydens hierdie sessie bring ons hulde aan Izak de Villiers - as digter en mens.
10:30 |60 min. | Woordtent

IS DIE KANON IN SY KANON IN?
Aangebied deur PEN Afrikaans
Met: Louise Viljoen, Ronel Foster, Marga Stoffer, Alfred Schaffer; Danie Marais (gespreksleier)
Wie is dapper genoeg om die volgende Groot Kanoniseerder te wees? Waar is die volgende Groot Verseboek of Poskaarte? En is dit nodig?
12:00 | 60 min. | Woordtent

REFENTSE MORAKE
As hy nie gesing het nie, sou hy graag die president van Suid-Afrika wou wees. En as dit enigsins 'n aanduiding is van hoe ver sy ambisie strek, wag daar beslis gróót ding­e op hierdie jongman. Sy YouTube-videos van Afri­kaans­e treffers soos Lisa Se Klavier, De la Rey en Ou Ryperd is reeds duisende kere gekyk en op so­sia­le media gedeel.
13:15 | 60 min. | Akkoordtent

DIGTERS EN HUL MENTOR
Met: Joan Hambidge, Juanita Louw en Hendrik Botha
Joan Hambidge was die mentor vir Juanita Louw, asook Hendrik Botha, wat onderskeidelik met die bundels In die grot van die sibille en Atropos debuteer. Hambidge gesels met hierdie digters oor hul verse en die verhouding tussen jong digters en hul mentor.
14:30 | 60 min. | Woordtent

WOORDE OP AKKOORDE: DIE KAAL TAAL KABAAL
Met: Frazer Barry, Churchil Naudé, Loit Sôls, Deniel Barry en Nolan Russell
Wat is 'n taal sonder sy klank? Wat is 'n klank sonder definisie? Hoe beïnvloed die natuurlike omgewing jou gebruik van woorde en jou ervaring van klank? Dié produksie is 'n viering van die ontwikkeling van woordkuns, musiek en hoe die mens se kreatiewe aanslag daarop ons bewustelik en soms onbewustelik beïnvloed. Vraagstukke word ernstig maar speels hanteer en die gehoor word op 'n magiese reis van die antieke oorlogskrete, kragwoorde, die gehuil van 'n baba tot en met hoe jy jouself in jou eie taal of klank uitdruk, geneem.
15:45 |45 min. | Akkoordtent

DIGITALE DIGKUNS
Met: Bernard Odendaal, Diek Grobler, Yves T'Sjoen en Franci Greyling (gespreksleier); voorlesings deur Danie Marais, Alfred Schaffer, Zandra Bezuidenhout en Hennie Nortjé
Byderhand is 'n projek van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) waarin digitale digkuns en die natuur op vindingryke manier bymekaar uitkom, deurdat jy op jou slimfoon, via 'n strepieskode in die natuur aangebring, 'n gedig kan aflaai wat met die tuingegewe te doen het. Hierdie projek is met groot sukses in die NWU se Botaniese Tuin aangebied tydens die Aardklop-fees in 2015. Enkele splinternuwe tuinverse is vir die Tuin Van Digters geskryf en digitaal bewerk. Filmverse is op sy beurt 'n projek waarin digters se verse tot animasiefilms verwerk word. Betrokkenes by beide projekte kom gesels oor wat digitale digkuns behels en hoe ons vergelyk met wat in Europa gebeur. Van die digters wie se werke opgeneem is vir die Byderhand-projek, kom lees hul werk voor.
16:45 | 60 min. | Woordtent

R.A.P - RYMKLETS AANGEDREWE POËSIE
Regie & produksie: Hakkiesdraad Hartman
Met: Hakkiesdraad Hartman, Stoic Shadow, Ben 10, Rashid Kamalie, Norman Smiley en DJ Jeff-FX
Dié produksie beoog om 'n beter blik te gee op rymklets as digvorm. Rymklets is die Afrikaanse weergawe van Rap of Hip-Hop, en begin in 1989 toe Prophets Of The City hulle eerste album, Our World, uitgereik het. Een van die liedjies op die album, Dallah Flét, word beskou as die eerste uitgereikde rymklets-liedjie in Suid-Afrika. In hierdie sessie word verwys na kunstenaars wat die grondwerk gedoen het, om sodoende die groei van Rymklets te illustreer van toeka af tot nou. Die groep rymkletsers betrek die gehoor om hul verskillende style te demonstreer - verwag 'n mengsel van rymklets, humor, digkuns, freestyling en deejaying.
18:00 | 60 min. | Akkoordtent

INZYNC DIGTERSPAARTIE & OOP MIKROFOON
Samestellers: Adrian "Diff" van Wyk en Pieter Odendaal
Met: o.a. Martijn Nelen (België), Akwazi (Nederland), Jitsvinger, INKredible Digters, CUPFUSS DJ's, Die Mengelmoesdigters, Sisca Julies, Bibi Slippers en andere.
Tydens hierdie sessie word die digkuns behoorlik gevier - deur voorlesings, optredes deur Akwazi en Martijn Nelen - al die pad van die Lae Lande, asook musiek. Soos die aand verloop word die musiek al lekkerder en die ritmes aansteekliker. Dis ook 'n oop mikrofoon-aand en ons nooi digters uit om hul werk voor te lees. Met Adrian "Diff" van Wyk as die seremoniemeester en die DJ's, kan jy jou regmaak vir 'n gedigte-ervaring soos min.
19:15 | 90 min. | Akkoordtent

MR. CAT & THE JACKAL TRIO
Met: Gertjie Besselen, Jacques du Plessis en JC Visser
Kom beleef hierdie aweregse multi-instrumentele groep wat met verskillende genre's - van die tango tot die blues - 'n unieke musiekervaring waarborg, keer op keer.
21:00 | 80 min. | Akkoordtent

SONDAG, 18 SEPTEMBER
DIE HEEL MOOISTE AFRIKAANSE LIEFDESGEDIGTE
'n Breytenbach Sentrum- & US Woordfees-koproduksie
Programsamestelling en regie: Juanita Swanepoel
Met: Waldi Schultz en Ira Blanckenberg
Fanie Olivier sê oor sy samestellingsbundel, Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte: "Dit was toentertyd I.D. du Plessis wat sy lesers vermaan het dat die liefde 'n duisend vorme kan aanneem en teen hierdie agtergrond probeer 'n mens 'n verteenwoordigende keuse doen van iets wat moontlik die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte genoem kan word." Met die saamstel van 'n program wat weer verteenwoordigend moet wees van Fanie Olivier se keuse, raak dit nog moeiliker om reg te laat geskied aan die magdom mooiste Afrikaanse liefdesgedigte. Miskien, as ons sommige van die verse in gesprek met mekaar sit kan ons tog die oeroue verhaal van verlange, vrese, vreugde, begeerte, hartstog, skeiding, verlies, herinnering en nogmaals verlange opnuut laat leef en bevestig.
9:00 | 50 min. | Bôrdienghuis Teater

P.J. PHILANDER - 'N ONMISBARE STEM
Met: Steward van Wyk, Heindrich Wyngaard en Daniel Hugo (gespreksleier)
"Die jaar 1955 was vir Suid-Afrika en die Afrikaanse letterkunde ewe belangrik. Dit was die jaar van die Freedom Charter en die verskyning van 'n merkwaardige digter: P.J. Philander." Só merk Daniel Hugo per geleentheid op oor P.J. Philander, een van Suid-Afrika se belangrikste digters, wat vanjaar sy 95-ste verjaardag sou vier. In hierdie program word hulde gebring aan hierdie onmisbare stem uit die Overberg.
10:00 | 60 min. | Woordtent

SIXTY LOVE - OP REIS MET JOAN HAMBIDGE
Toonsettings: Olga Leonard en Babette Viljoen
Musikale regie: Lize Beekman
Met: Olga Leonard en Babette Viljoen
Joan Hambidge se sestigste word met hierdie produksie gevier. Ons neem 'n blitsreis deur twintig bundels en meer as seshonderd gedigte. Die reis bevat "geordende onthoue" van Hambidge se ouers en familieskap, en staan stil by die liefde, eensaamheid, digterskap, metafisika, reise en die dood. Haar digkuns tree in gesprek met onder ander digters soos Johann de Lange en TT Cloete.
11:15 | 60 min. | Akkoordtent

BIETJIE OOS, BIETJIE WES
Die Kaapse Maleiers wie se voorvaders almal in die sewentiende en agtiende eeu na Kaapstad ingeskip is vanaf onder meer Indonesië en Java, het hulle eie musiek ontwikkel. Iets tussen Oos en Wes. Die Moslemliedere is verhollands en vandag word die musiek verdeel in Moppies, tradisionele volksmusiek, die Hollandse-liedjies en Ghoema-musiek.
12:30 | 30 min. | Akkoordtent

GEDIGTE HUL GEMENE GROND
Met: Johann de Lange en Joan Hambidge
Twee digters, twee vriende, albei belangrike stemme in die Afrikaanse digkuns. Joan Hambidge gesels oor haar nuutse bundel, Indeks, terwyl Johann de Lange enkele verse voorlees uit sy onlangse bundel, 'n Hunkering se grein.
13:15 | 60 min. | Woordtent

LAURIE LEVINE
Ná die verskyning van haar merkwaardige debuut, Unspoken, in 2007, het Laurie Levine vir haar 'n loopbaan as sanger-liedjieskrywer oopgekerf. Levine se gawe lê daarin dat sy die vermoë het om diepgewortelde folk-musiek te vermeng met uiteenlopende invloede - als met haar kitaar en stem.
14:30 | 60 min. | Akkoordtent

MET JOU AAN MY SY
Met: Leslie Javan
'n Program van plattelandse hartsmusiek, wat Leslie Javan oor die laaste twee dekades geskryf het. Dit vertel die storie van 'n liedjieskrywer wat die stories van die plekke en die mense opgeteken het in sy soeke na homself op sy reise deur Suid-Afrika en ander lande.
15:45 | 60 min. | Akkoordtent

OOPMOND
Met: Henry Cloete, Andries van Pretoria, Pierre Shamley, Mavis Vermaak (digters); Die Kaalkopwaarheid en The Faradays (musikante) en Neels Venter (beeldende kunstenaar)
Oopmond is 'n woord-en-musiek aangeleentheid soos min. Die bestanddele vir dié ongewone stuk teater is eenvoudig: twee spanne digters en 'n paar musikante, asook 'n maltrap seremonie/skeidsregter. En, natuurlik, 'n pretbeluste, geïnspireerde gehoor. Die digters en musikante ding as groepe mee teen mekaar. Die digters kry 'n tema (bepaal deur die gehoor) en het tien minute om 'n nuwe, impromptu-gedig te skryf - wat dan direk daarna deur 'n span musikante getoonset word. Die uiteinde? Twee splinternuwe liedjies en 'n handvol nuwe gedigte. Net so, daar voor jou oë en om jou ore. Tussendeur is daar warm-onder-die-kraag-toordery met woorde en oorspronklike musiek.
17:00 | 90 min. | Akkoordtent

MUSIEK & WOORDE
Samestelling: Ilse Schürmann
Met: Lynelle Kenned (sang), Hannes van Wyk (verteller) en Elna van der Merwe (klavier)
Elizabeth Eybers het geskryf: "Musiek, subtiele, liggaamlose taal..." In Musiek & woorde sal daar musiek gemaak word oor woorde; en sal woorde die taal van musiek beskryf.
18:00 | 60 min. | Goodnow-saal

BRING DIE KINDERS SAAM!
Ons het vanjaar vir die eerste keer 'n oppasdiens vir die kleinspan - waar hulle op allerlei kreatiewe maniere besig gehou sal - speel-speel met verskeie vorme van die digkuns: van voorlesings, hoe om gedigte uit woorde te bou tot versierings maak en nog vele meer.

BORGE
ATKV, Die Dagbreek Trust, Het Jan Marais Nationale Fonds, Koninkrijk van de Nederlande, LW Hiemstra Trust, Naspers, NLC, Rupert-musiekstigting, Van Ewijck-stigting, die Vlaamse Regering en die Wes-Kaapse Departement van Sport en Kultuursake

VENNOTE
InZync, NB-Uitgewers, Open Book Festival, PEN Afrikaans, US Departement Afrikaans & Nederlands, US Woordfees, Wellington Toerisme

KAARTJIEPRYSE
Naweekpakket: R400
Vrydag: R150
Saterdag: R200
Sondag: R150
Studente-afslag: R50 / dag (met bewys van geldige studente-kaart)

BESPREKINGS EN NAVRAE
Jeanne-Mari Gerber: besprekings@breytenbachsentrum.co.za, 021-8732786, 073-4351022, h/v Burger- en Malherbe-straat, Wellington, 7655.

HELP ONS OM ANDER TE HELP
Die Breytenbach Sentrum wil graag 'n plek wees waar almal kan deel word en deelneem, en waar ons vir mekaar die wonder van die kunste, talente en vaardighede kan aangee. Word deel van ons MySchool MyVillage MyPlanet-projek. Dit beteken dat jy 'n kaart kan kry waarmee elke keer as jy inkopies by Woolworths doen, 'n persentasie van die bedrag waarvoor jy gekoop het aan ons betaal word, sonder dat dit jou iets kos. Ons is daagliks besig om mense op te lei in die kunste, om sodoende werk te kan bekom, en om jongmense hoop vir die toekoms te gee. Jy kan 'n hengse verskil maak! E-pos Theo Kemp by theokemp@breytenbachsentrum.co.za

PROGRAM ONDERHEWIG AAN VERANDERING
Volg ons op Facebook, Twitter en hou ons webwerf, www.breytenbachsentrum.co.za, dop vir die nuutste inligting oor die Tuin Van Digters 2016


2015 10 - 2016 04 - Groen Tuin Van Digters - Uitstalling in ons tuin: Adam Small, Breyten Breytenbach, Carine Stander, Clinton V. du Plessis, Diana Ferrus, Hemelbesem, Johan Lodewyk Marais, Koos Kombuis, Louis Esterhuyzen, Marius Titus, Marlize Joubert, Stef Bos, Die Afrikaanse Taalmonument - Breytenbach Sentrum - Die Afrikaanse Taalmuseum & Monument
vetseun


2015 09 19, 20 - Tuin Van Digters, Breytenbach Sentrum, Wellington
vetseun

Finale Program

KUNSUITSTALLINGS:
SKERWE UIT DIE ONTSTAAN VAN 'N OORLEDIGE SELF / FRAGMENTED EMERGENCE OF A LATE SELF
Hierdie vyftiental akrielwerk op doek is alles onlangse werke deur Breyten Breytenbach, en sal vir die eerste keer uitgestal word.
Opening: 18 September | 18:00 | Breytenbach Gallery
RSVP by Anne-Ghrett Erasmus om die opening by te woon: galery@breytenbachsentrum.co.za

FILMVERSE
Artistieke regisseur: Diek Grobler
Vir die ATKV: Nita Cronjé
Die ATKV se Filmverse, in samewerking met Diek Grobler, is 'n projek waar in 'n reeks kort animasiefilms geskep word wat geïnspireer is deur 'n keuse van 12 Afrikaanse gedigte. Elke animasiefilm word vergesel van 'n eie klankbaan waarop die gedig onder andere voorgelees word. Die eindproduk is 'n DVD van sowat 30 minute met die twaalf animasiefilms daarop wat tydens die Tuin Van Digters deurlopend vertoon sal word. Dié vertonings word vergesel van 'n uitstalling van plakkate van elk van die twaalf animasie films. In aansluiting by die uitstalling, word 'n animasie-werkswinkel aangebied.
Kontak Diek Grobler by diek@fopspeen.co.za vir meer inligting.
19 September | 9:00 - 20:00 | 20 September | 9:00 - 17:00 | 30 min | Konferensie-lokaal

SATERDAG 19 SEPTEMBER:

UIT OPPERMAN SE LABORATORIUM
Met Daniel Hugo, Joan Hambidge, André le Roux en Ronel de Goede
DJ Opperman se destydse Letterkundige Laboratorium het 'n wesentlike invloed gehad op die Afrikaanse digkuns van latere generasies. Van die bekendste digters, skrywers en akademici wat hier hul menings gevorm en talente geslyp het, kom gesels oor Opperman as mentor en sy verbysterende bydrae tot ons letterkunde.
19 September | 9:30 | 60 min. | Vierkant

HOE LOOP DIE PAD NOU?
Met Breyten Breytenbach en Francis Galloway
Waar kom ons vandaan? Waar is ons nou? Waarnatoe is ons op pad? Wat laat mens agter as padkaarte, waarskuwings, valse hoop,
waarnemings en reisnotas?
19 September | 11:00 | 60 min. | Vierkant

BOKKIE SÊ MY REG
Met Pieter van der Westhuizen
Die stem agter bekende liedjies soos Sout, Manne Sout! en Wie Se Kjênd Is Jy?, sorg dat jy jou fees in die regte luim ervaar.
19 September | 12:15 | 45 min. | Vierkant

O NAME, O VERLANGE
Met Marlene van Niekerk en Gerrit Olivier
'n Bioluminessente kwessie-gesprek rondom Kaar waarin poëtikale kwessies, taalkwessies, literêre sisteemkwessies, wie-gee-omkwessies, wat-maak-dit-saakkwessies, wie-gee-jou-die-regkwessies, kwalititeitskwessies, politieke kwessies, filosofiese kwessies, wie-de hel-het-jou-vertelkwessies, ekologiese kwessies, hoe-durf-jy-dit-sêkwessies, hoe-durf-jy-dit-verswygkwessies, ter sprake gebring sal word ter wille van die vermoedbaarmaking van nooitgehoorde dinge wat om die grense flikker van die menslike organisme as ten volle gedetermineerde chemiese verbrandingseenheid (hier en in Madrid).
19 September | 13:00 | 50 min. | Vierkant

MENGELMOESDIGTERS
Ondersteun deur die ATKV en LW Hiemstra Trust
Met Diana Ferrus en studente
Die Breytenbach Sentrum bied jaarliks 'n poësie-skryfskool aan, onder leiding van Diana Ferrus. Hierdie groep opkomende digters kom lees van hul verse voor.
19 September | 14:00 | 30 min. | Vierkant

ONS KOM VANDAAN...
Ondersteun deur die NLDTF
Met Gaireyah Fredericks, Wayne Galant, Collinecea Hawker, Josua Meyer en Curtly Titus. Regie: Christine Truter
Meesleurend, opruiend, oproerig, versoenend, onthutsend en omhelsend. Die Breytenbach Sentrum se drama-groep, Kaleidoskoop, bied 'n ondersoekende en ontroerende blik op die werk van bruin digters oor ses dekades heen - van P.J. Philander en Adam Small, tot Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal en Jitsvinger. Die program word voorafgegaan deur 'n kort spreekkoor-optrede van die Sentrum se hoërskool-dramagroep.
19 September | 14:45 | 45 min. | Vierkant

WOELAG
Met Hakkiesdraad Hartman
Hakkiesdraad Hartman is een van die voorste en veelsydigste rymkletsers in Afrikaans. Dié boorling van George sal jou laat hop van die lekkerkry.
19 September | 15:30 | 30 min. | Vierkant

DUBBELDOOR TALENT
Met Sisca Julius en Diana Ferrus
Sisca Julius, 'n oudleerling van die Hoërskool Noord-Kaap en Pukstudent, is onlangs aangewys as die nasionale wenner in beide die prosa- en poësie-afdelings van die Poort-skryfkompetisie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Wat hierdie prestasie nóg indrukwekkender maak, is dat dit die eerste keer in 45 jaar is wat 'n leerling beide pryse wen. Kom luister hoe hierdie belangrike nuwe stem gesels oor haar werk en daaruit voorlees.
19 September | 16:00 | 45 min. | Vierkant

MOEDERLAND
Ondersteun deur die Nederlands Letterenfonds en Van Ewijck Stigting
Met Antjie Krog en Anne Vegter
Twee formidabele digters, twee vastelande. Anne Vegter beklee tans die amp as Dichter des Vaderlands - die eerste vroulike Nederlandse digter met dié eretitel. Antjie Krog, veelbekroonde digter en skrywerjoernalis, is onlangs weer bekroon vir haar nuutste bundel verse, Medewete. Hulle gesels oor hul onderskeie digwerk en lees van hul nuutste werke voor.
19 September | 17:00 | 60 min. | Vierkant

TRIBAL ECHO
Met Frazer Barry (hoofsanger), Sandy Gertse (sanger), Earl Witbooi (baskitaar), Deniel Barry (tromme) en Este Visser (viool en klawerbord)
Tribal Echo met hulle vars musikale styl wat hul Klip Kop Rock noem, is een van die energiekste musiekgroepe in die land. Maak jou reg vir 'n ding of twee - veral as jy hulle nóg nie beleef het nie.
19 September | 18:30 | 60 min. | Vierkant

DIGTERS WAT DJ
Met o.a. Danie Marais, Alfred Schaffer, Charl-Pierre Naudé, Erns Grundling, Loftus Marais en Toast Coetzer
Kom rock en rym saam met digters wat die liedjies speel wat hulle gedigte inspireer. Die afterpaartie word goed aan die gang gesit met die befaamde Unhappy Hour DJ's.
19 September | 20:00 | 90 min. | Vierkant

SONDAG 20 SEPTEMBER:
MM WALTERS - DIE MAN WAT GLIMLAG MET 'N MES ONDER DIE JAS
Met Johann Nel, Daniel Hugo en Gunther Pakendorf
"Die ou Romeine het hul Juvenalis gehad; die Afrikaanse letterkunde het as teenhanger die satirikus M.M. Walters," het Zandra Bezuidenhout op 'n keer opgemerk oor hierdie merkwaardige woordman wie se spore ook diep getrap is in Wellington. Ons bring graag hulde aan hierdie hoë boom in die Afrikaanse digterstuin.
20 September | 10:00 | 60 min. | Vierkant

TT CLOETE - ONS SALUEER JOU
Met o.a. Joan Hambidge, Awie van Wyk, Babette Viljoen en Olga Leonard
"Cloete se impak op die Afrikaanse digkuns was en is groot. Hy het die kontoere van die digkuns verander, soos Breytenbach en Stockenström voor hom," skryf Joan Hambidge oor Theunis Theodorus (TT) Cloete. Ons salueer graag hierdie groot digter, wat op 29 Julie 2015 sterf, met herinneringe en toonsettings.
20 September | 11:30 | 60 min. | Vierkant

LIZE BEEKMAN
Die immergewilde Lize Beekman sing enkele geliefde toonsettings van onder meer Petra Müller, Elisabeth Eybers en Breyten Breytenbach.
20 September | 12:35 | 25 min. | Vierkant

BEWOON DEUR IETS GROTERS
Moontlik gemaak deur die Verteenwoordigers van die Vlaamse regering in Suid-Afrika
Met Charles Ducal en Alfred Schaffer
Charles Ducal is die skrywersnaam van die Vlaamse digter, Frans Dumortier, wat in 2014 aangewys is as die eerste Belgische Dichter des Vaderlands. Later vanjaar verskyn Bewoond door iets groters-Au-delà de la frontière-Bewohnt von etwas Gröszerem, 'n versameling van gedigte, en prosatekste. Ducal gesels oor sy bekroonde loopbaan as digter.
20 September | 13:00 | 60 min. | Vierkant

EYBERS - NOOIT VOLPRESE
Mediavennoot: RSG
Samestelling: Margot Luyt
Met Anna-Mart van der Merwe, Frieda van den Heever en Lou-Ann Stone
Kom luister na van die mooiste verse van Elisabeth Eybers. Hierdie drie topkunstenaars reis deur Eybers se lewe van die werk wat sy as tiener geskryf het tot werk wat sy op die ouderdom van 90 gepubliseer het. Hierdie skugter vrou was die eerste Afrikaanse vrouedigter om 'n digbundel te publiseer, die eerste vrou om die Hertzogprys te wen en die eerste vrouedigter wat vrouekwessies in haar werk toegelig het.
20 September | 14:30 | 60 min. | Vierkant

TAAL TANGO
Met Zanne Stapelberg, Elna van der Merwe, Niël Rademan en Stanislav Angelov
Hierdie vierstuk musici vervleg kontemporêre en klassieke musiek met die nodige integriteit. Tangotaal is 'n produksie met verruklike Afrikaanse, Europese en Suid-Amerikaanse tangomusiek. Waarvoor wag jy? Kom tango saam. Olé!
20 September | 17:00 | 60 min. | Goodnow-saal

ALGEMEEN

EEN STOP
Alle vertonings, behalwe as dit andersins aangedui word, sal in die tent in die vierkant van die Breytenbach Sentrum aangebied word. Dit stel besoekers in staat om te parkeer en alles rustig en gerieflik op een plek te kan geniet, saam met seremoniemeester, Kabous Meiring.
Tydens die Tuin Van Digters kan jy ook uitsien om die digters se bundels te koop, asook om in ons gesellige kuiertent - die eerste keer by die fees - van ons streek se voorste wyne en kosse te geniet.

WELLINGTON TOERISME
Skakel met die Wellington Toerisme-kantoor by info@wellington.co.za om jou te help met jou verblyfbesprekings en ander inligting oor ons dorp en omgewing te bekom.

KAARTJIEPRYSE
Naweekpakket: R300
Toegang vir 19 September: R200
Toegang vir 20 September: R150

BESPREKINGS
Bespreek jou kaartjies per e-pos by Jeanne-Mari Gerber: besprekings@breytenbachsentrum.co.za

VERDERE NAVRAE
Breytenbach Sentrum, Burgerstraat 14 (h/v Burger en Malherbe), Wellington.
Skakel ons by 021-8732786 of per e-pos na info@breytenbachsentrum.co.za.
Volg ons op facebook, Twitter en hou ons webwerf, www.breytenbachsentrum.co.za, dop vir die nuutste inligting oor die Tuin Van Digters 2014.

DIE TUIN VAN DIGTERS WORD MOONTLIK GEMAAK DEUR
ATKV, Het Jan Marais Nationale Fonds, LW Hiemstra Trust, Naspers, Nederlands Letterenfonds, NLDTF (Nasionale Lotery), Die verteenwoordiging van die Vlaamse Regering in Suid-Afrika, Van Ewijck Stigting en Distell-stigting.


2014 09 13, 14 - Tuin Van Digters, Breytenbach Sentrum - www.breytenbachsentrum.co.za
vetseun

Volledige Program

VERS & VERF
Met werke deur Johann Louw, Henk Serfontein, Angus Taylor, Keith Dietrich, Sandra Hanekom, Rae Goosen, JP Meyer, André du Toit, Ingrid Winterbach, Conrad Botes, Colleen Gericke, Gerrie van Tonder, Joshua Miles, Helen Vaughan, Shany van der Berg, Wim Rautenbach en Liekie Fouché
Die opdrag was eenvoudig: elke skilder moet verse uitbeeld op 'n 30x30-grootte doek. Die resultaat is 'n indrukwekkende groepsuitstalling waarin die wisselwerking tussen vers en verf (of ander mediums) die kyker oorbluf. Die werke is bekostigbaar en hou goeie beleggings in vir kunsliefhebbers.
Breytenbach Gallery
13 September | 9:00 - 17:00, 14 September | 9:00 - 17:00

UKUSELA EKAPA
Met Hennie Meyer en Janine de Waal
Ukusela eKapa, of dan Slurp Kaapstad Op, is 'n amptelike World Design Capital 2014-projek, wat deur die keramiekkunstenaar, Hennie Meyer, en die argitek, Janine de Waal, met groot opwinding deur Kapenaars ontvang word. Nou kom maak hulle ook 'n draai by die Tuin Van Digters - en word jy uitgenooi om 'n spesiale handdruk te kom gee vir 'n kleibeker. Hierdie beker sal uiteindelik deel uitmaak van 'n grootskaalse uitstalling later in die jaar. Alles vir 'n goeie doel en deur kleihanddrukke, kom ons nader aan mekaar.
Breytenbach Gallery
13 September | 10:00 - 15:00

DIGBY DIGTERS
Met werke deur Dimitri Engelbrecht
Dimitri is een van die opkomende Wellingtonse kunstenaars wat ingeskakel het by die Breytenbach Sentrum se opleidingsprojekte in die visuele kunste, onder die mentorskap van Tessa Louw. In hierdie uitstalling is van Dimitri se lewensgetroue sketse van bekende Afrikaanse digters te sien én te koop. Dimitri sal ook tydens die Tuin Van Digters in die uitstallokaal werksaam wees - kom kyk gerus hoedat hy met fyn potloodlyne al nader kom aan die digters wat hy uitbeeld.
Glaslokaal
13 September | 9:00 - 17:00, 14 September | 9:00 - 17:00


VERSE IN MY VINGERS
Afr. Geen o/14
Regie en samestelling: Juanita Swanepoel
Met Johann Nel, Waldemar Schultz, Hugo Theart, Eugenie Wiggens en Laurinda Hofmeyr.
In November 1975 sê Breyten Breytenbach tydens sy verhoor in die Paleis van Justisie in Pretoria: "Ek voel, ek wéét ek het nog baie gedigte in my vingers en skilderye in my oog". By 'n ander geleentheid weer: "Wat my betref - ek wil probeer skryf vir hiér, vir nóú. Ek wil in my werk so na moontlik probeer kom aan die verbygaande - nie die ewige nie, dié was altyd daar. En die ewige sê niks. Dis die verbygaande wat seer maak, die plaaslike". Verse in my vingers, destyds spesiaal saamgestel vir die Breytenbach Sentrum, word vanjaar herleef vir Breyten se 75ste verjaardag.
13 September | 9:30 | 90 min

FILMVERSE
(Ondersteun deur die ATKV; in samewerking met Fopspeen Produksies)
Met oa Diek Grobler en Danie Marais
Filmverse bied 'n visuele bloemlesing waarin twaalf gekose gedigte die inspirasie was vir 'n reeks van kort animasiefilms.Klassieke gedigte, asook die werk van kontemporêre digters, word gebruik vir hierdie boeiende proses waarin 'n dialoog tussen woord en beeld geskep word. Elke animasiefilm word vergesel van 'n eie klankbaan waarop die gedig onder andere voorgelees word. Diek Grobler wys tydens hierdie sessie van die animasiewerk en gesels saam met digters oor die fassinerende manier hoe gedigte visueel lewe kry.
13 September | 11:00 | 50 min

SOLANK VERLANGE DIE SWEEP SWAAI
Met Danie Marais en Alfred Schaffer
Danie Marais se derde digbundel, Solank verlange die sweep swaai, is 'n mymerende, soms prewelende, plek-plek tierende besinning oor die Suid-Afrikaanse middelklasweergawe van die menslike toestand. Dit gaan oor die "roaring 40's" en die eerste onheilspellende tekens van middeljarigheid, oor egskeiding, enkelvaderskap, ontnugtering, 'n geliefde ma wat by die dood omdraai en die skrikwekkende relevansie van gruwelrolprente en popkultuur. Danie gesels met Alfred oor hierdie aangrypende werk en feesgangers kan ook uitsien om bietjie te luister na die musiek wat hierdie bundel gevorm het.
13 September | 12:00 | 50 min

MENGELMOES DIGTERS
(Moontlik gemaak deur die ATKV en LW Hiemstra Trust)
Met voorlesings deur Diana Ferrus, Danhouse, Gaireyah Fredericks, Nazlee Jeppie, Annelize Laban, Fiona Fertyn, Sophia Oliphant, Ashley Fortuin, Chantelle Hartebeest, Iola Craill, Charmaine Moosaen Adriaan Williams. Optredes deur die befaamde rymkleters Hemelbesem, Rhyme Author en Rimestein.
Die Breytenbach Sentrum bied vir die afgelope jare met groot sukses 'n digtersslypskool aan vir voornemende digters, onder leiding van Diana Ferrus. Hierdie jong digterstemme, hoofsaaklik van Wellington en die Paarl, sal gehoor word tydens die Tuin Van Digters. Hul verse word aangevul deur die polsende rymkletse van die alombekende Hemelbesem, asook die nuwelinge Rhyme Author en Rimestein.
13 September | 13:00 | 90 min

DIE AFWESIGHEID VAN BERGE
Met Louis Esterhuizen en Daniel Hugo
Louis Esterhuizen gesels met Daniel Hugo oor sy nuutste bundel, Die afwesigheid van berge. Dié bundel handel oor 'n alleman se reis onderweg na die dood - die gedagtevlugte, die besinnings, die fantasieë waartoe die bewussyn geskok word. Maar die spreker is sterwend in hiérdie land. Trouens, hierdie land sing dikwels saam in die liedere, in refreine wat die slagspreuke, clichés en jargon is van nie net 'n nuwe Suid-Afrika nie, maar van 'n nuwe tegnologiese era. 'n Persoonlike bundel, maar ook 'n aktuele een. Kom luister na hierdie insiggewende gesprek tussen twee deurwinterde digters.
13 September | 15:00 | 50 min

VEELVULDIGE GEBRUIKE VAN HUISHOUDELIKE ITEMS
Met Andries Bezuidenhout en Melt Myburgh
In Andries Bezuidenhout se tweede bundel word twee werklikhede wat op die oog af nie raakpunte het nie, naas mekaar geplaas. Aan die een kant is daar die groter ruimte van die Suid-Afrikaanse stad en platteland, en aan die ander kant die intieme ruimte van die huis, veral die kombuis, gevul met verskillende toestelle. In albei hierdie ruimtes is verandering aan die werk.
Die slopende werking van die geskiedenis bring verval, afsondering en verlatenheid in stad en dorp mee; in die kombuis is die verandering geheimsinniger, soms meer sinister, en wonder die spreker oor die sameswerings van huishoudelike toestelle teen hulle gebruikers. Kom luister hoe Melt en Andries gesels oor gedigte, kombuise en ander ruimtes.
13 September | 16:00 | 50 min

GEDIGTE SONDER GRENSE
(Ondersteun deur NB-uitgewers)
Met Marion Holm
Marion Holm lees van ons mooiste gedigte in Afrikaans voor en maak poësie so lekker en toeganklik soos 'n bord goeie boerekos. Bring jou gunstelinggedig, of een wat jy self geskryf het, saam en kom lees dit ook voor.
13 September | 17:00 | 45 min

KATALEKTE
Met oa Schalk Joubert, Ronan Skillen, Laurinda Hofmeyr, Antoinette Kellerman, Toast Coetzer en Vicky Davis
Katalekte vorm 'n drieluik met Breyten Breytenbach se vorige twee bundels, Die windvanger en Die beginsel van stof. In 2013 het Breyten 'n seleksie van die gedigte uit die bundel opgeneem saam met Schalk Joubert en Ronan Skillen as musikale regisseurs en komponiste. Saam vorm hulle 'n beeldskone en hipnotiese musikale reis waar woorde en klank jou nader bring aan die rykheid van die taal. Met die lewendige uitvoering van hierdie opnames sal Schalk Joubert saam met die meesterlike perkussiespeler, Ronan Skillen, en Laurinda Hofmeyr op klavier optree. Die vertolkings en voorlesings sal deur oa Antoinette Kellerman, Toast Coetzer, Vicky Davis en ander gerekende digters en akteurs behartig word.
13 September | 18:30 | 60 min

SLAAPTYD IN DIE SUBURBS
Met Roof Bezuidenhout (stem en kitaar), Brixton Barnard (stem en baskitaar), Kapelaan Pat Plank (lead kitaar) en Louis Graham (tromme)
"History stops where the suburbs begin," skryf die digter Denis Hirson. Tien jaar na hul vorige album, Spergebied, is die Brixton Moord & Roof Orkes terug met Slaaptyd In Die Suburbs, 'n album met twaalf nuwe snitte. In die tien jaar tussen-in het die groep hervorm, opgebreek en toe weer hervorm, maar die lede was ook besig met ander projekte, soos solo-albums, digbundels en skilderye. Toast Coetzer het die Brixton Moord & Roof Orkes beskryf as "kind of like Koos du Plessis had he ever heard Nirvana" en Pieter Redelinghuys het opgemerk: "Afrikaanse rock het liriekskrywers soos hierdie nodig". Mariana Malan skryf die groep se "aanslag wys kennis en begrip van poësie en kombineer dit op unieke wyse met die musiekgenre wat hulle gekies het", terwyl Angola Badprop sê hulle "is ouens wat weet hoe om te jol, maar ook weet wat hulle uit hul musiek wil hê." Roof Bezuidenhout self: "Ons is nou never-has-beens wat 'n comeback moet maak."
13 September | 20:00 | 80 min.

MEESTER AUCAMP
Met Daniel Hugo, Amanda Strydom en Janine Neethling
Hennie Aucamp het 'n blywende impak op die Afrikaanse letterkunde gemaak. In hierdie program bring ons hulde aan Meester Aucamp, wat nie net vir ons met van die beste Afrikaanse kortverhale en kabarette agterlaat nie, maar ook 'n skatkis vol verse. Daniel Hugo vertel meer oor Aucamp se digwerk, lees enkele verse voor, terwyl Amanda Strydom gesels oor sy invloed op haar loopbaan en van sy getoonsette werke sing.
14 September | 11:00 | 60 min

STOKOUD EN SPLINTERNUUT
Met David Kramer en Schalk Joubert
David Kramer vier 'n leeftyd van liriekskryf en keer weer terug na intieme, akoestiese konserte - presies hoe hy in die laat sewentigerjare begin het. David sing van sy splinternuwe liedjies waaraan hy tans werk, maar die gehoor kan ook uitsien na van sy stokou werke wat aan hom tereg die reputasie besorg het as een van die gewildste sangers en liriekskrywers in Suid-Afrika. Kom beleef die legende in die intieme atmosfeer van die Breytenbach Sentrum.
14 September | 14:00 | 70 min

BOPLAAS SING KRO-TAAL
(Moontlik gemaak deur die Rupert Musiekstigting)
Met oa André Serfontein (tenoor), Bennie van Eeden (klavier), Geoffrey Armstrong (violis) asook Johann Nel, Sanet Taljaard en Alma Nel as stemkunstenaars. Musiek deur Pieter de Villiers en Louis van Rensburg.
Die derde Tuin Van Digters sluit af met hierdie klassieke musiekuitvoering waarin Boerneef besing word. Hierdie konsert is nie net 'n afsluiting van ons fees nie, maar ook 'n afskop van ons klassieke musiekreeks wat die Breytenbach Sentrum vanjaar vir die eerste keer in die asemrowende Goodnow-saal aanbied. Die volledige program vir dié reeks is op ons webwerf beskikbaar.
Goodnow-saal
14 September | 17:00 | 50 min

EEN STOP
Alle vertonings, behalwe as dit andersins aangedui word, sal in die tent in die vierkant van die Breytenbach Sentrum aangebied word. Dit stel besoekers in staat om te parkeer en alles rustig en gerieflik op een plek te kan geniet.
Tydens die Tuin Van Digters kan jy ook uitsien om die digters se bundels te koop, asook tweedehandse boeke, lekker verversings in ons t-winkel en in die Bôrdienghuis Teater te geniet, kosse en drankies te geniet, asook om geskenke en ander kreatiewe produkte te koop.

WELLINGTON TOERISME
Skakel met die Wellington Toerisme-kantoor by info@wellington.co.za om jou te help met jou verblyfbesprekings en ander inligting oor ons dorp en omgewing te bekom.

KAARTJIEPRYSE
Naweekpakket: R250 (sluit alle aanbiedings in)
Toegang vir 13 September: R180 (sluit alle aanbiedings in vir 13 September)
Toegang vir 14 September: R120 (sluit alle aanbiedings in vir 14 September)

BESPREKINGS
Bespreek jou kaartjies per e-pos: Jeanne-Mari Gerber: jeannegerber@gmail.com.

VERDERE NAVRAE
Breytenbach Sentrum, 14 Burgerstraat, Wellington.
Skakel ons by 021-8732786 of per e-pos na info@breytenbachsentrum.co.za
Volg ons op twitter, facebook en hou ons webwerf, www.breytenbachsentrum.co.za, dop vir die nuutste inligting oor die Tuin Van Digters 2014.

VERBLYFBORG
Met dank aan Cummings Gastehuis. Kontak hulle gerus by 021 873 3474 of stuur 'n e-pos na mattievisser@wellington-accommodation.com en kom kuier die naweek saam met ons.

DONATEURS
ATKV, Die Dagbreek Trust, Distell Stigting, Drakenstein Munisipaliteit, Het Jan Marais Nationale Fonds, LW Hiemstra Trust, Naspers, NB-uitgewers, Rupert Musiekstigting.


2013 09 14 - Tuin Van Digters, Breytenbach Sentrum, Burgerstraat 14, Wellington
vetseun

TUIN VAN DIGTERS 14 SEPTEMBER 2013 BREYTENBACH SENTRUM

Woord & beeld - 30 x 30
Met kunswerke deur Hanneke Benade, Willie Bester Hardy Botha, Anton Brink, Estelle Marais, Keith Dietrich, Jan du Toit, Sharle Mathews, Diane Mclean, Henk Serfontein, Jaco Sieberhagen, Annette Snickers, Sue Tatham, Pienaar van Niekerk, Shany van den Berg, Clementia van der Walt en Ingrid Winterbach.
Met hierdie groepsuitstalling is uneenlopende kunstenaars gevra om hul gunsteling Afrikaanse gedigte op 'n 30 x 30•doek uit te beeld. Die uitstalling duur tot 13 Oktober 2013.
Breytenbach Gallery. 9:00 - 17:00. Gratis.

Die 100 gewildste Afrikaanse gedigte
Samestelling en spelleiding deur Juanita Swanepoel. Met Stian Bam, Tinarie van Wyk Loots, Nicole Holm, Waidemar Schultz en Kyle Seconna.
Leserskiing, in samewerking met By en RSG, het 'n btoemlesing en CD bekendgestel met die 100 gewildste Afdkaanse gedigte, soos deur 'n openbare stemming geki.. Met hierdie aanb.ing verpak 'n bekroonde geselskap al dia gunsteling gedigte in 'n reis deur die Afrikaanse poasie-skalkis. Van Jonker tot Krog, Totius tot Letoit, Opperman tot Small, Marais tot Eitemait.
Bôrdienghuis Teater, 9:30, 75 mln. R60. Bespn3ek by 021•3732786, infoehreytenbachsentnim.coaa

ln die skadu van soveel bome
Met Hennie Nortjé
ln Hennie Nortjé se debuutbundel, ln die skadu van soveel bome, waarrnee hy met die Eugène Marais-prys bekroon is, word 'n fyn ewewig gehandhaaf tussen intellek in weloorwoë, delikate woordkuns. Dit is verstegnies vaardige en deernisvolle gedigte waarin die bome van Suid-Afrika beelde word vir menswees en psigiese ervarings. Fyn natuurwaameming, trefseker woordkeuses en speelse humor, ook satire, maak van die bundel 'n boeiende verkenning van die menslike psige en ons verhouding tot die natuur. Hennie gesels oor sy reis op soek na die uitsonderlikste bome en gedigte.
Onderste lokaal, min. Gratis.

Rangeer
Met Clinton V. du Plessis & Erns Grundling
Rangeer is Clinton V. du Plessis se sewende bundel - en die gedigte hierin beweeg soos 'n stoomtrein deur die verskillende landskappe: of dit nou oor 'n politieke wil-demis wil vertel, oor die oppervlakkige modeme stadsbestaan of die leë behoeftes van die vlees. En ook in die saamgesels met die Afrikaanse letterkunde herken jy jouself op verskillende stasies - 'n Noupoort, 'n Kookhuis, 'n De Aar.
Breytenbach Gallery. 12:00.30 min. Gratis.

Taalportret Van die Kaap tot die Karoo
Samestelling en regie: Sophia Passerini. Artistieke ontwerp: Marinda du Toit.
Met die Breytenbach Sentrum se drama studente: Glemorene van Rooyen, Gretchen Arendse, Edroy Kyster, Jamie-Leigh Ephraim, Justine Krieling, Davon Nontas, Hizel Riffel, Jonathan Fransman, Joslin Arendse, Raymile Small, Mane-lee du Ptessis, Shar-Nell Swarts, Hildry Jacobs, Ishwill Jacobs Chimene Jacobs, Shu-Aib Isaacs, Eunique Agenbach, Chante van der Berg, Ebrahim Steenberg, Ashlym Vaughan en Jessica Titus. Ons praglige land, sy herkorns en uiteenlopende karakters word uitgebeeld deur middel van die digkuns. sketse en sang. Bekende skrywers se werk word voorgedra wat nie net heimwee sal oprcep nie, maar ook die voorreg van Affikaans-wees vier.
Vierkant. 12:30. 30 min. Gratis.

Leliebloem se digters
Onder leiding van Thérèse Hulme en Renee van den Berg.
ln 2012 het die Breytenbach Sentrum, in samewerking met die Music Therapy Community Clinic (MTCC), Poesie en Liriek- projek geborg as deel van die jeugprogram van die Leliebloem Jeugsentrum in Athlone. Hierdie groepie jong digters het sedertdien ander geinspireer om ook te begin skryf! Vanjaar neem elf jong vroulike digters van verskeie jeugsentrums op die Kaapse Vlakte deel in hierdie program van gedigtevoorlesings en sang, begetei deur marimba, kitaar, trom en klavier.
Bôrdienghuis Teater. 13:00. 45 min. Gratis.

Heuningland
Met Tom Gouws en Willem Pretorius
Tydens hierdie gesprek sal die landskapkunstenaar, Willem Pretorius, en die jagter, Tom Gouws ons linlig oor hulle simbiotiese werkservaring met die skep van Heuningland. Tom sal vertel hoe die skiklery hom prikkkel om pen op te tel en Willem sal vertel hoe die gedig hom ispireer om kwas op doek te sit. Besigtig gerus ook die meegaande uitstalling.
Breytenbach Gallery. 13:30. 45 min. Gratis.

Adam Small - Klawerjas

Met Adam Small en Riana Barnard.
Adam Small keer terug na sy geboortedorp, Wellington, om van sy gedigte uit sy nuutste bundel, Klawerjas, voor te lees. Dit is die eerste keer in dekades dat Small in die publiek sal optree. Na veertig jaar is daar weer 'n Afrikaanse digbundel deur Adam Small. Na Oos Wes Tuis Bes Distrik Ses (1973) het hy demonstratief net in Engels begin dig, en na sy drama Krismis van Map Jacobs (1983) het sy skrywerstem stil geword.
Verlede jaar is die Hertzogprys uiteindelik aan hom toegeken, en vanjaar verskyn nie net hierdie digbundel nie, maar ook sy Afrikaanse drama Goree, wat in 1978 in Engels geskryf is.
Bôrdienghuis Teater. 14:00. 30 min. Gratis.

Hemelbesem en die Wellington-digters
Met Hemelbesem en digter-voorlesings deur Edroy Kyster, Fiona Fertyn, Merle Dannhouse, Theresa Carstens, Nazlee Jeppie, Gaireyah Fredericks, Annelize Laban en Madelein Adams.
Hemelbesem is een van die gewildste en produktiefste Hip-Hop kunstenaars in Afrikaans. Met sy skerp lineke en aansteeklike ritmes sal hy sorg dat jy nie vir lank stilsit nie. Sy optrede word voorafgegaan deur voorlesings deur die opkomende digters in ons skryfskool, wat deur die ATKV geborg word, en aangebied word deur Diana Ferrus.
Vierkant. 14:30. 60 min. Gratis.

Hierdie mens - Wilma Stockenström
Met Joan Hambidge en Wilma Stockenström
Sedert Spesmase in 1999, is Hierdie mens Wilma Stockenström se eerste digbundel in 14 jaar. Die toon-aard is verfrissend speets en lig, die verse meesal kort en gestroop tot die essensie. Dis toeganklike verse, gekenmerk deur 'n ironiese inslag, en fokus op momentopnames van die later lewe. Louise Viljoen skryf oor hierdie verse dat dit "so konkreet is dat jy voel of jy aan hulle kan vat, so bevallik in hul eenvoud dat jy hulle byna intuitief verstaan; tog is hulk gevul met 'n gedsagtewbreld so ruim soos die Joan Hambidge ge els ir8eidend oor Wilma Stockenström se gedigte. terwyl Wilma van haar gedigte sal voodees.
Bôrdienghuis Teater, 15:30. 30 min. Gratis.

Nuwe Stemme 5
Met Riana Barnard, Loftus Marais, voorlesings deur Desmond Painter, Joan-Mari Barendse en Gerhard Bothma.
Die Nuwe Stemme-reeks is 'n opwindende projek waarmee Tafelberg-Uitgewers publikasiegeleenthede skep vir jong digters. Die bundelreeks het met die verloop van slegs 'n paar jaar reeds instelling geword. Vanjaar is daar opnuut bekende en opwindende name opgeneem. Kom luister na hierdie nuwe stemme se verse en hoe die samestellingsproses van die bundel gewerk het.
Breytenbach Gallery. 16:00. 45 min.

Beste Angie
Marlene van Niekerk skryf die gedig "Mud School" wat vroeer vanjaar in die Mail & Guardian gepubliseer is. ln hierdie gedig gooi sy modder na die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, oor die verwaarlosing van ons land se skoolstelsel. Ons nooi alle digters uit om op Van Niekerk se gedig te reageer en om dan hul gedigte van saamprotesteer, of dan tee-praat, te kom voorlees. Indien jy 'n gedig op die hart het, kontak Theo Kemp by theo@breytenbachsentrum.co.za. Die gedig "Mud School" is ook op navraag beskikbaar.
Breytenbach Gallery. 17:00. 45 min. Gratis.

Onherroeplik
Met Gert Vlok Nel, Laurinda Hofmeyr, Albert Frost, Schalk Joubert, Nicole Holm en Vernon Swart.
Voorlesings deur o.a. Carina Stander, Clinton V. du Plessis, Diana Ferrus, Loftus Marais, Marius Crous en Martina Klopper.
Die enigmatiese Gert Vlok Nel se debuutbundel, Om te lewe is onnatuurlik, en sy eerste CD, om beaufort wes se beautiful woorde te vergeet, kan tereg beskou word as 'n belangrike baken in die Afrikaanse digkuns en musiek. Na bykans 14 jare se maer jare, verras Gert Vlok Nel met 'n tweede album, Onherroeplik. Hy tree by die Tuin Van Digters op saam met die volle span musici wat aan die CD se opnarne gewerk het. 'n Uitsonderlike ervanng wat aangevul word met digters-voorlesings.
Vierkant. 18:30. 90 min. R100. Bespreek by 021- 8732786, info@breytenbachsentrum.co.za

Kuier die hele dag
Al die lokale is op die Breytenbach Sentrum-perseel. Tussendeur die sessies wil ons jou graag uitnooi om saam te kuier en ons te ondrsteun:
• The Book Traders bied die beste tweedehandse en versamelaarswerke teen billike pryse.
Protea Boekwinkel is spesiaal hier om al die digters se nuutste werke, asook CD's, te verkoop.
• Loer in by die kunswinkel, Kardoes, maak 'n draai by die Kreasie Stasie-kunsskool en die pottebakkerystudio, Earth Butter.
• Besigtig die lapkunswerke in die digterstuin, gemaak deur ons tekstiel- en naaldwerkstudente en koop van hul kreatiewe boeksakke.
• Die Bôrdienghuis Teater se kontantkroeg is die hele dag beskikbaar en sal uitgesoekte kosse verkoop. En moenie vergeet om tee te kom drink in die T-aansluiting nie.

Vir meer inligting
Kontak die Breytenbach Sentrum: Burgerstraat 14 (h/v Burger en Malherbe, info@breytenbachsentrum.co.za, 021-8732786. Die program is onderhewig aan veranderinge wat op ons webwerf www.breytenbachsentrum.co.za aangebring sal word.

Donateurs
ATKV, Dagbreek Trust, Drakenstein Munisipaliteit (wyk 18), Het Jan Marais Nationale Fonds, IDT, LW Hiemstra Trust, Naspers Voorsittersfonds.


2012 09 15 - Tuin Van Die Digters, Breytenbach Sentrum
vetseun

PROGRAM

Huldeblyk: Gerrit Komrij
Met Daniel Hugo & Alfred Schaffer
Gerrit Komrij (1944 - 2012) word nie net onthou vir sy belanghebbende bydraes as Nederlandse digter en skrywer nie, maar ook vir sy bydrae om 'n groter bewustheid van die Afrikaanse digkuns in die Lae Lande uit te brei. In hierdie program bring ons hulde aan hierdie grootse literêre figuur.
Grevilleas Gallery, 10:00. 45 min. R20

Die man in die groen trui
Met jong digters en akteurs van die Breytenbach Sentrum, asook Jitsvinger.
Tydens hierdie sessie ontmoet jy die aspirant-digters en akteurs wat betrokke is by die Breytenbach Sentrum se bemagtingsprojekte. Ons bied, met die ondersteuning van ons donateurs, en onder die leiding van die bekende digter, Diana Ferrus, kreatiewe skryfsessies aan vir aspirant-digters uit armkansige gemeenskappe. Hierdie digters span nou kragte saam met ons drama-studente, onder leiding van Sophia Passerini, in 'n voorlesing- en voordragprogram. Die man in die groen trui, wat jy in hierdie sessie ontmoet, is deur ons dramastudente en die kunstenaar, Marinda du Toit, in die lewe geroep. Jitsvinger kom gee ekstra skop aan die program.
Digterstuin, 10:30.45 min. R20.

Hoe genees die digkuns?
Met Thérèse Hulme en studente
Thérèse Hulme bied 'n musiek-en liriekprojek aan as deel van 'n jeugontwikkelingsprogram in Athlone op die Kaapse Vlakte. Thérèse help jong mense om deur woord en musiek hul stemme te laat hoor. Die projek is in samewerking met Music Therapy Community Clinic (MTCC).
Konferensie-lokaal, 11:00.30 min. R20.

Van Slapendehonde tot Santekraam
Met Ronelda Kamfer & Jeanne Goosen
Die jong bekroonde digter, Ronelda Kamfer, wat die opspraakwekkende bundels, Noudatslapendehonde en Grond/Santekraam die lig laat sien het, gesels met Jeanne Goosen oor haar digkuns en die stories agter haar vlymskerp poësie.
Grevilleas Galery, 11:30. 45 min. R20.

Vir Adam Small - 'n digbundel
Met o.a. Danie Marais & Iris Bester
'n Huldigingsbundel vir Adam Small word op by die Breytenbach Sentrum bekendgestel. NALEDI, in samewerking met RSG en die US Woordfees, gee hierdie digbundel uit. Die publikasie val saam met die week waarin Small die Hertzogprys ontvang. Hierdie gedigte is vir Versindaba 2011 geskryf en by dié poësiefees op Stellenbosch voorgelees. Saam met die gedrukte bundel is daar ook 'n CD waarop Small self van sy gedigte voorlees, tesame met 'n hoorbeeld wat Iris Bester vir RSG saamgestel het. Moenie hierdie besonderse bekendstelling misloop nie.
Bôrdienghuis Teater, 12:30. 90 min. Gratis.
RSVP teen 10 September 2012 by sharonise@breytenbachsentrum.co.za

Kry my by die gewone plek aguur - Kaapstadse gedigte
Met Loftus Marais en Bibi Slippers
Loftus Marais se tweede bundel is meer as 'n waardige opvolger vir sy buitegewone debuut. In 2008 het hy met Staan in die algemeen nader aan vensters nie minder nie as vyf letterkundepryse gewen, en die rede vir hierdie fenomenale erkenning is straks te bespeur in die selfversekerdheid van die digterstem in die nuwe bundel.
Grevilleas Gallery, 14:00. 45 min. R20.

Verskombers
Met Elsabé Daneel & Niël Rademan
Met die immer gewilde aktrise, Elsabé Daneel, se gunsteling-gedigte en die klanke van Niël Rademan, neem hierdie woordmusiek-program jou op 'n nostalgiese en romantiese musikale galop.
Bôrdienghuis Teater, 15:00. 45 min. R40.

Klipgedigte
Met Bibi Slippers, Charl-Pierre Naudé, Christo van Staden, Daniel Hugo, Dominique Enthoven, Floris Brown, Jeanne Goosen, Lina Spies, Louis Esterhuizen, Marlise Joubert, Melanie Grobler, Melt Myburgh, Petro Rhode, Pieter Odendaal, Ronelda Kamfer, Willem Fransman en, Zandra Bezuidenhout. Musiek deur Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert, Riku Lätti en Les Javan. Voorlesings deur Antoinette Kellerman.
Die opdrag aan digters was eenvoudig: skryf 'n gedig rondom die tema, "Tuin Van Die Digters", op 'n klip van jou keuse en kom lees dit voor tydens hierdie spesiale openingsgeleentheid van ons digterstuin. Die klipgedigte word dan in ons tuin ingemessel. Met hierdie tuin wil ons 'n vaste en lewende staanplek vir die Afrikaanse digkuns skep.
Digterstuin, 16:00. 120 min. R50 (ligte eetgoed en wyn ingesluit)

BESPREKINGS
E-pos: sharonise@breytenbachsentrum.co.za
Tel: 021-8732786 (Maandae tot Vrydae, 9:00 tot 17:00)
Adres: Breytenbach Sentrum, Burgerstraat 14, Wellington.

DONATEURS: Dankie aan die volgende organisasies wat bly glo in die werk waarmee ons besig is:
NLDTF, Dagbreek Trust, Het Jan Marais Nationale Fonds, LW Hiemstra Trust, Naspers Voorsittersfonds, Wes-Kaapse Departement van Sport en Kultuursake.



vetseun
vetseun


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )