Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Tryna du Toit (Du Toit, Tryna)
vetseun
Die Sesde Tryna du Toit Omnibus .

vetseun
Omnibus 4 ..................

vetseun
Omnibus 3 .................. 2008 HUMAN & ROUSSEAU

Nog drie heerlike verhale uit Tryna du Toit se pen. In Die nuwe dokter besluit Dr. Hugo Slabbert uit die staanspoor dat geen vrou 'n dokter se skoene kan volstaan nie. Hy bly afsydig en bruusk teenoor dokter Karin de Wet, al wys sy gou dat sy meer as net bekwaam is. En tog is daar tekens dat sy houding 'n masker is waaragter hy sy werklike gevoelens wegsteek. In As jy my nodig het moes Louise nog altyd in haar pragtige stiefsuster, Monica, se skadu leef. Selfs haar vriend Buks Veldman het net oe vir Monica. Maar Monica kies die welgestelde Pierre Marais bo Buks en sy Bosveldplaas. 'n Paar maande later vra Buks Louise om te trou. Hulle is tog al jare lank vriende en deel dieselfde belangstellings. Dit sal tog seker genoeg wees? In Die lied in die bos is Christine Faure se lewe weer op dreef. Sy is 'n suksesvolle modeontwerper en sy en die aantreklike joernalis, Marius Grove, is besig om mekaar beter te leer ken. Dan keer haar eks-man uit die buiteland terug met sy popmooi tweede vrou en hulle twee dogtertjies. Hy het Christine destyds soos 'n sak patats gelos nadat sy hom twee jaar lank finansieel onderhou het terwyl hy sy mediese studies voltooi. Nou is hy terug in die land en skielik weer in Christine geinteresseerd.

vetseun
Omnibus 2 .................. 2007 HUMAN & ROUSSEAU

Meegevoer deur hulle jong liefde gee Debbie en Paul hulself oor aan hulle hartstog en verwoes so amper hulle jong lewens in Groen Koring. In Die goue gerf vind Ryk Malan vir Elizabeth Bornman onweerstaanbaar.

vetseun
Goue Gunstelinge ..... 2006 HUMAN & ROUSSEAU
Dricky Beukes; Nickey van Schalkwyk; Tryna du Toit

Goue gunstelinge is die eerste in 'n reeks omnibusse wat uit tydlose liefdesromans bestaan, uit die pen van deurwinterde skryfsters soos Tryna du Toit, Dricky Beukes en Nickey van Schalkwyk.
In hierdie verhale seëvier romantiek en dit word gevolg deur ewige liefde en trou. Die held is 'n ware gentleman en uiters beskermend teenoor die heldin. Du Toit, Beukes en Van Schalkwyk is sinoniem met Afrikaanse liefdesverhale nadat hulle oor dekades heen vir hulle 'n spesiale plek in lesers se boekrakke - en harte - verwerf het. Hierdie heruitgawe van hulle gewilde liefdesverhale is 'n viering van romantiese liefde.
Al drie romans speel in die bekende sfeer van die platteland en trotse familieplase af. Die leser wat graag gunstelingfigure in die romans uit hierdie era herontmoet, sal nie teleurgesteld wees nie. In al drie romans figureer hulle: dokters en verpleegsters, die dorp se rykes en armes. En daardie spesiale domineefiguur - jonk, aantreklik en hubaar - speel 'n hoofrol.

1966 - Verdwaalde liefde (HUMAN & ROUSSEAU)

Debbie
vetseunvetseun
film VHS/DVD 85min ........ 1965 JAMIE UYS FILMS/M-NET
Debbie film gebaseer op "Groen Koring" (verban)

1960 - Kruidjie-Roer-My-Nie (VAN SCHAIK)

vetseun
Omnibus ........................
Groen Koring
Die Goue Gerf

vetseun
Liefde Gedwarsboom .

vetseun
kleingeluk ..................

vetseun
Wanneer Die Oestyd Kom .

vetseun
Die Nuwe Dokter .........

vetseun
Die Towerstaf ................

vetseun
Die Helder Lied .............

vetseun
Hermina se Bedrog ...


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)