Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Trienke Laurie (Laurie, Trienke)
vetseun
Van My Ouma 'n Groet .
ISBN: 9780620482554

In Van my ouma 'n groet word kinders blootgesel aan dinge wat nie gewoonlik binne hulle ervaringsraamwerk val nie - klein en wonderlike dingetjies soos goue wawielspinnekoppe, die buffelwewer en 'n janfrederik. In 'n gemaklike geselstrant word kinders se nuuskierigheid geprikkel oor dié en ander vreemde gediertes en dinge. Kreatiewe volkleurprente deur ouma Trienke, die kunstenaar, gee lewe aan die stories.En wie het gesê 'n Wiskunde-professor kan nie 'n boek uitlê nie? Hierdie spesiale boek is deur oupa Dirk Laurie uitgelê. Hoewel die Laurie-grootouers talente saamgesnoer het om die spesiale boek te skep, is dit nie net vir hulle eie nasate gedoen nie. Alle Afrikaanse kleingoed sal baie leer en baie pret hê met die prikkelende boek.

vetseun
Sonskyf (Digbundel) . 2007 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191658

Die bundel bestaan uit ses afdelings met die son as deurlopende tema. In die eerste afdeling kom die Suid-Afrikaanse seelewe, plante, diere en voels aan die bod. Die digter tref dikwels amusante vergelykings tussen natuur- en sosiale verskynsels, soos die vergelyking van 'n jellievis met 'n straatvrou in die reeks "Kwal". In die derde, omvangryke afdeling "Songod", word die aanbidding van die son in antieke Egipte en argeologiese opgrawings tematies ontgin. 'n Boeiende tema in die vierde afdeling, "Soveel onder die son", is die herdigting van verhale en legendes uit die noordweste van Suid-Afrika. Die digter se belangstelling in die skepping van kunswerke lei tot boeiende gedigte oor kunstenaars soos Leonardo da Vinci, Albrecht Durer en Suid-Afrikaanse skilders soos Cecily Sash. Dit is egter bowenal die groter skepping wat herhaaldelik deur die digter ondersoek word, van die nietigste plantjie tot die grootse hemelruim. Die bundel begin nie verniet met die afdeling "Sonbesie" en eindig met die gedig "Liewenheersbesie" nie - tussenin word die lewe op aarde in sy wye verskeidenheid ter sprake gebring.

vetseun
Uitroep ................................ 2001

vetseun
Ek sien 'n rooi bul storm . 1999 TAFELBERG/KWELA
- resensie: roekeloos.co.za : iafrica.com

1997 - (Skietspoel) Ingrid Jonker-prys
1997 - Skietspoel (TAFELBERG)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )