Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Susan Pienaar (Pienaar, Susan)
vetseun
Sluimerliefde / (eBook) . 2013 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624057703
ISBN: 9780624057710

Karli en Henk was aanvanklik beste maats toe sy by hom 'n kamer gehuur het. Maar skielik het hy stringe meisies begin huis toe bring, en boonop het hy en Karli stry gekry omdat hy rojaal leef en Karli gewoond is aan versigtig wees. Sy het uitgetrek en self 'n aanhangsel gekry, maar die naweek in Golden Gate was lankal beplan.
Nou moet Henk se nuutste meisie, Anchen, en Karli se vatterige Maritz noodgedwonge saam op die naweek. Van die eerste sekonde maak alles wat Anchen en Maritz doen Karli heeltemal mal. Maritz klou en koer aaneen en Anchen doen dieselfde met Henk - wat sien hy tog in haar! Die naweek by Golden Gate raak 'n nagmerrie, met Maritz se vuil streke, bobbejane wat verwoesting saai en Anchen se mislikheid met Karli. En Henk vang boonop dinge met Karli aan wat haar laat dink hy moet 'n player wees, al geniet sy dit hóé. Terug in Gauteng lyk dit asof hul vriendskap gekelder sal word deur Anchen. En hoekom, hoekom kry Karli dit tog nie reg om die vreemde gedagtes en drome oor Henk uit haar kop te sit nie? Hy's haar goeie vriend en boonop 'n rokjagter . . .

vetseun
Liefde Onder Die Sterre / (eBook) . 2012 SATYN/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624054535
ISBN: 9780624054542

Lisa het Karoo toe gekom om haar vriendin Tillie deur 'n moeilike swangerskap by te staan. Dis al. Sy hou niks van die stowwerige Karoo nie, en sy't allermins hierheen gekom op soek na 'n man - sy't immers onlangs eers ontslae geraak van haar vatterige verloofde. Tillie se buurman en haar man se groot vriend, Kallie, is 'n buffel en glad nie haar tipe nie. En tog ...Wanneer Kallie 'n krisis deurmaak en baie buitengewone hulp van Lisa nodig het, stem sy in, suiwer ter wille van sy skatlike dogtertjie. Die het sommer vinnig diep in Lisa se hart gekruip. Maar buiten dit, gaan Lisa haar hart beskerm. Niks en niemand gaan haar lank in die Karoo hou, weg van haar swierige boetieks nie, so belowe sy haarself. Ook en veral nie Kallie nie ...

vetseun
Haar Hart Se Klop ............ 2007 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799340174

Mikheila ontmoet Gunther toe sy hom as wildvreemde man vra om die reuse groen sprinkaan van haar bloes te verwyder. Later kruis hul paaie weer op die mees onverwagse plek. Is dit so bestem?


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)