Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
S.M. Lingua (Lingua, Susanna M.)
vetseun
Gunstelinge 2 / (eBook) .. 2013 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624057802
ISBN: 9780624057369

Die bruid van Blouberg: Die Branks van Blouberg laat nie met hulle speel nie, en Lecia Brank, mede-erfgenaam van die spogplaas Blouberg, is geen uitsondering nie. Maar vanuit sy graf trek oom Isak Brank nog vir oulaas 'n paar toutjies toe hy in sy testament bepaal dat Lecia sekere voorwaardes moet nakom, anders erf Wouter Fouché alles. Geen Brank kon nog ooit nee sê vir 'n uitdaging nie, maar weet Lecia dat dié voorwaardes behels dat Wouter 'n sê het oor haar liefdeslewe en dat sy moet leer boer?
'n Lang, vreemde pad: Was dit nie vir die skoonheidskompetisie nie, sou Elise Eybers se pad seker nooit met dié van markies Germano de Nobrega gekruis het nie. Hul liefde raak 'n verterende vlam . . . tot 'n jaagduiwel op 'n motorfiets haar geheue in inkswart duisternis dompel en hul liefde op 'n vreemde kronkelpad geplaas word.
Blom van Venesië: Die beeldskone Terri Massyn is ewe tuis is in'n aandrok as in haar ligblou oorpak op 'n trekker of 'n perd se rug. Toe sy haar by haar suster op die Italiaanse eiland Santa Teresa aansluit ná haar swaer se dood, ontmoet sy die sjarmante maar dominerende graaf Marco de Castellano - wat glad nie geneë is met sulke"onvroulike" gedrag van 'n dame nie. Wie gaan vir wie tem in die magstryd tussen die donker edelman met sy konvensionele idees en die tenger, blonde vuurvreter uit Suid-Afrika?

vetseun
Gunstelinge 1 / (eBook) . 2012 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624054757
ISBN: 9780624054764

Die goue vlinder: Ramiro de Gouveia, trotse miljoener-hertog, is vasbeslote om die wilde Janet Hartman te tem. Maar die goue vlinder is allermins van plan om haar te laat vang en toespin in 'n kokon van adellike Portugese tradisies. Op die tropiese Mosambiekse paradys Espino raak hartstog egter 'n vlam wat 'n vlinder se vlerkies kan skroei . . Son op die horizon: Kort na haar aankoms op die eiland San Di Rago verloor die talentvolle musiekstudent Verena Kestell haar sig in 'n motorongeluk.
aar vriendin se ouers dring aan dat sy by hulle bly om aan te sterk, en haar pad kruis onvermydelik et die van die hooghartige hertog Duarte di Rago, aan wie die eiland behoort. Hy is oortuig dat sy die vrou vir hom is, maar hoe kan sy haar gevoel vertrou as sy in die duister moet rondtas, en boonop nog steeds droom van die aantreklike donkerkopman wat sy net vlugtig gesien het onderweg na die eiland? Haar naam was Marina Neser: 'Ons Portugese se liefde is net so fel en onblusbaar soos ons haat." Aan Ricardo Mendoca se waarskuwing, reeds met hul eerste ontmoeting, steur Marina Neser haar min. Maar dit was voordat sy Ricardo se neef, die aantreklike marques De Conna, ontmoet het - 'n streng aristokraat wat nog nooit die lokstem van die liefde gehoor het nie.

vetseun
Keur 15 / (eBook) ....... 2011 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624052685
ISBN: 9780624053675

In Rista ontmoet die hoofkarakter vir Pieter, 'n prokureur wat op haar verlief raak. Sy voel egter nie dieselfde oor hom nie, en hy probeer selfmoord pleeg. Pieter se broer Chris sweer dadelik wraak teen die meisie wat vir sy broer se ongeluk verantwoordelik is. Maar dan raak ook hy verlief op Rista. In Die eerste skakel raak Tobie verlief op die skone Amanda. Daar is net een groot probleem, en dis dat die pragtige Amanda verlief en verloof is aan Vic, 'n aspirantpredikant ... En in Die Rooikop van Sonnerus raak Elise Veldman, vurige rooikoponderwyseres, se liefde vir Armand van Rijn, aantreklike nuwe eienaar van haar ouers se buurplaas, allesoorheersend. Sy word egter getreiter deur sy reputasie as 'n Don Juan wat met al wat meisie is flankeer.

vetseun
Keur 14 (eBook) ............. NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624050179

In Lied van die Isar gaan kuier Tillie by haar familie in Duitsland. Daar ontmoet sy die aantreklike baron Ludwig Krafft wat halsoorkop verlief raak op haar. Hulle trou, maar spoedig vind sy daar is diegene wat hulle daarop toespits om haar én haar huwelik te vernietig.In Kringloop van die lewe sukkel Rina om te kies tussen die jong dokter Riaan Jonker en die Italianer Toni Sardinni, die man van wie sy kort tevore weggevlug het omdat hy haar wou dwing om met hom te trou. Wanneer sy haar keuse maak, is daar verreikende gevolge...En in Immer lente verloor Jeanette haar hart aan die seun van haar werkgewer. Hulle trou, maar deur die toedoen van Jeanette se skoonma word daar 'n wig tussen man en vrou ingedryf. Die dag toe Jeanette agterkom dat sy swanger is, is ook die dag dat sy Theo verlaat. Kan hul huwelik nog gered word?

vetseun
Keur 13 (eBook) .............. MEDIA24 BOOKS/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624050629
ISBN: 9780624050117

Tart my nie, mijn heer, Suzette van Voltaire en Kaalbult se erfgenaam.
In Tart my nie, mijn heer staan Celeste Valkenier op trou met Carl van Heiden. Maar sy het nie rekening gehou met die Franse markies wat bereid is om tot sy laaste druppel bloed te veg vir die nooi wat sy hart gesteel het nie.In Suzette van Voltaire kom die verbitterde Franse edelman Marco de la Roche na Kaap die Goeie Hoop, vas oortuig hy sal nooit weer 'n vrou kan liefkry nie. Maar sy ma het ander planne, en wil met alle geweld vir hom en die mooie Suzette by mekaar uitbring.En in Kaalbult se erfgenaam moet Elsa Verster teen haar sin die voorwaarde verbonde aan haar erfporsie aanvaar.

vetseun
Keur 12 (eBook) .............. NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624049791

In Waar die frangipani bloei is die streng, tradisievaste Portugese Edelman wat die septer swaai op Braco nie voorbereid op die koms van die vurige, selfstandige Ronelle Dekker na dié Afrika-kusdorpie nie. Dis nie lank nie of die vonke spat tussen hulle!In Volmaan oor die Tiber verneem Karin du Rand dat sy slegs vier maande oor het om te leef. Haar laaste dae wil sy in Rome deurbring, en hier maak sy onverwags kennis met 'n briljante breinchirurg. Is daar wél nog hoop vir haar?En in Dierbare duiweltjie verneem Vanessa die skokkende nuus dat haar man 'n veelwywer is! Hierna dra sy 'n enorme wrok teen die manlike geslag . . . totdat sy die aantreklike dokter Gerrit Mynhardt ontmoet.

vetseun
Keur 11 (eBook) .............. MEDIA24 BOOKS/NASIONALE BOEKHANDEL

ISBN: 9780624050254
ISBN: 9780624049746

In Die blinde baron bevind Lizelia haar in 'n penarie - alleen en platsak in 'n vreemde land, en dít saam met 'n moeder wat 'n peperduur operasie moet ondergaan. Maar 'n toevallige ontmoeting met die blinde baron Edoardo de Mashatini bied onverwags 'n moontlike uitkomkans - 'n baie eienaardige een . . .In Lokstem van die vreemde raak die aantreklike Rina bevriend met 'n Italiaanse krygsgevangene, Pedro Sardinni, wat haar reeds uitgesoek het as net die vrou vir sy ouer broer Toni, gevierde chirurg. Sommer met die eerste oogopslag wil Toni haar as 't ware in 'n huwelik indwing. Sy ontsnap net betyds, ontmoet 'n mede-Suid-Afrikaner, Riaan Jonker, en verloor haar hart. Tog dwing iets haar om nog 'n rukkie in Italië te vertoef...In Die graaf van Santa Maria volg Tessa se lewe 'n rustige gang totdat haar vader, 'n teringlyer, haar dringend na Italië ontbied. Hier ontmoet sy die graaf van Santa Maria, en geluk lê in die palm van haar hande . . . maar dan begin dit haar te ontglip.

vetseun
Keur 10 (eBook) ..................... MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624052128

Die verhale in hierdie omnibus is Staan op, my beminde, Jy is my droommeisie en Lied van die reenvoel.
Staan op, my beminde: Met die aanhoor van die bepalings van haar vader se testament word Natasha lelik ontnugter: geen verdere oorsese reise vir haar nie, geen luuksehotelle en weelderige vakansies meer nie, geen inkomste nie, en die ergste van alles, sy sou vir die eerste keer in haar lewe moes gaan werk.Jy is my droommeisie: Op die klein plattelandse dorpie Denneheuwel voel Liza Steenberg dat die lewe by haar verbygaan. Johannesburg met sy polsende stadslewe wink vir haar, en kort voor lank bekom sy 'n betrekking by 'n vooruitstrewende sakeonderneming. Rademeyer-beleggings se direkteur, Thys Rademeyer, is lank, blond en onweerstaanbaar aantreklik. Hy soek lankal na sy droommeisie, sy feeprinsessie, maar hoe moet hy kies tussen die mooie Liza en sy bekwame, beeldskone sekretaresse wat haar vangnet al jare lank fyn span? Lied van die reënvoël: Renet Rademeyer is radeloos verlief op die sjarmante en skatryk Oswald Strassheim. En ook Oswald het sy hart aan haar verloor 'n gelukkig toekoms vir die twee van hulle gesien. Maar nie een het rekening gehou met sy ma, die snobistiese en hovaardige Marion Strassheim, wat wil hê dat hy met Celesta Hauser moet trou nie.

vetseun
Keur 9 (eBook) ....................... MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624052135

Die verhale in hierdie omnibus is Die vurige swartkop, Ver bo korale en Somer in Portugal.
In Die vurige swartkop verander Elmarie Keyser se lewe drasties na die dood van haar suster, Luzaan - plotseling word sy die pleegmoeder van Luzaan se buite-egtelike seuntjie. Hoe kan sy haar belofte aan haar suster nakom en steeds 'n normale lewe - ook liefdeslewe - lei?In Ver bo korale verneem dokter Elaine Enslin die ontstellende nuus dat haar pa verplig word om die familieplaas te verkoop - aan Niel Durandt van alle mense! Sy kon die Durandts nog nooit verdra nie. En dan begin Niel boonop by haar aanlê . . . maar sy sal haar nie só maklik laat tem nie. En in Somer in Portugal bied die hertog De Poveiros vir Alicia'n werk as kinderoppasser aan. Met verloop van tyd, totaal onvewags, begin 'n huwelik met dié hertog na 'n sterk moontlikheid lyk. Dit beloof om haar lewe ingrypend te verander.

vetseun
Blom van Venesië (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624064268

Blom van Venesië: Graaf Marco de Castellano - eiegeregtig, dominerend, baasspelerig. Terri Massyn - tenger, blonde Suid-Afrikaanse vuurvreter, sielsgelukkig in haar oorpak op 'n perd se rug of op 'n trekker aan't ploeg. Wie gaan vir wie tem op die Italiaanse eiland Santa Teresa? En wanneer die feeks van 'n Genina haar waarsku dat Terri, nes Carla en sy self, 'n speelbal in die hande van die donker graaf met sy broeiende sjarme kan word . . . wie en wat moet sy glo?

vetseun
Die bruid van Blouberg (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624064220

Die bruid van Blouberg: Die Branks van Blouberg laat nie met hulle speel nie, en Lecia Brank, mede-erfgenaam van die spogplaas Blouberg, is geen uitsondering nie. Maar vanuit sy graf trek oom Isak Brank nog vir oulaas'n paar toutjies toe hy in sy testament bepaal dat Lecia sekere voorwaardes moet nakom, anders erf Wouter Fouché alles. Geen Brank kon nog ooit nee sê vir 'n uitdaging nie, maar weet Lecia dat dié voorwaardes behels dat Wouter 'n sê het oor haar liefdeslewe en dat sy moet leer boer?

vetseun
Die goue vlinder (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624056027

Ramiro de Gouveia, trotse miljoenêr-hertog, is vasbeslote om die wilde Janet Hartman te tem. Maar dié goue vlinder is allermins van plan om haar te laat vang en toespin in 'n kokon van adellike Portugese tradisies. Op die tropiese Mosambiekse paradys Espiño raak hartstog egter 'n vlam wat'n vlinder se vlerkies kan skroei . . .

vetseun
Die rooikop van Sonnerus (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624057406

In Die rooikop van Sonnerus raak Elise Veldman, vurige rooikoponderwyseres, se liefde vir Armand van Rijn, aantreklike nuwe eienaar van haar ouers se buurplaas, allesoorheersend. Sy word egter getreiter deur sy reputasie as 'n Don Juan wat met al wat meisie is flankeer.
Elise Veldman, die beeldskone, vurige rooikoponderwyseres van Sonnerus, se liefde vir Armand van Rijn is besig om haar te verteer. Sy wou hom nie liefkry nie, het al trouens alles probeer om haar gevoel vir die aantreklike nuwe eienaar van haar ouers se buurplaas, Die Wilgers, dood te smoor. Sy word verder getreiter deur sy reputasie as 'n Don Juan wat met al wat meisie is flankeer, net vir eie afleiding en nooit omdat hy ernstig is nie.Elise is egter die een wat sy hart steel, maar sy vertrou nie sy liefde nie, al wil sy bitter graag. Sy kan en sal nie toelaat dat hy haar verneder nie, en tog kan sy nie die warmte van sy liefkosings weerstaan nie. Armand kan nie begryp waarom sy teen haar liefde vir hom stry nie. Toe verskyn Tersia Dreyer op die toneel. Sy is die Vrystaatse meisie, sy ouers se keuse vir hom, en aan wie hy, soos almal glo, oënskynlik verloof gaan raak. Die situasie maak Elise sielsongelukkig. As Armand haar, Elise, werklik so innig bemin soos wat hy sê, waarom skenk hy so baie aandag aan Tersia? Elise besluit om haar te vereenselwig met die feit dat Armand nooit net aan haar sal behoort nie. Al wat sy kan doen is om die betroubare maar onopwindende dokter Piet Beukes, wat so lief vir haar is, te trou. Maar of die besitlike, vurige Armand dit gaan toelaat, is 'n ander saak . . .

vetseun
Die Swerwerjagter (eBook) . PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869195984

Afrika is 'n plek vol swerwersiele. In dié versameling stories van P.J. Schoeman word hierdie swerwerfigure se stories vertel.
"In die lewe vind ons hier en daar die gebore swerwers, persone vir wie 'n huis net 'n plek is om nou en dan in te rus. Dan is dit weer die vertes wat roep, die onbekende wat lok. Die moeder of beminde pleit vergeefs, want die man met 'n swerwersiel kan homself nie help nie. Wanneer die stem roep, moet hy gaan ..." Afrika is 'n plek vol swerwersiele.
In dié versameling stories van P.J. Schoeman word hierdie swerwerfigure se stories vertel. Daar is Mabula, die swerwerjagter, 'Mbalek, die swerwerdokter en Strepies, die wees sebratjie. Die leser maak ook kennis met die betowerende sprokies van Afrika. En die ongerepte bosveld sorg natuurlik vir oorgenoeg jagavonture ...

vetseun
Haar naam was Marina Neser (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624056041

"Ons Portugese se liefde is net so fel en onblusbaar soos ons haat." Aan Ricardo Mendoca se waarskuwing, reeds met hul eerste ontmoeting, steur Marina Neser haar min. Want dié blonde vlinder glo geen man kan haar vlerkies kneus nie. Maar dit was voordat sy Ricardo se neef, die aantreklike marquês De Conna, ontmoet het - 'n streng aristokraat wat nog nooit die lokstem van die liefde gehoor het nie.

vetseun
'n Lang, vreemde pad (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624064244

'n Lang, vreemde pad: Was dit nie vir die skoonheidskompetisie nie, sou Elise Eybers se pad seker nooit met dié van markies Germano de Nobrega gekruis het nie. Hul liefde raak 'n verterende vlam . . . tot 'n jaagduiwel op 'n motorfiets haar geheue in inkswart duisternis dompel en hul liefde op 'n vreemde kronkelpad geplaas word.

vetseun
Son op die horison (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624056034

Kort ná haar aankoms op die eiland San Di Rago verloor musiekstudent Verena haar sig in 'n motorongeluk. Haar vriendin se ouers dring aan dat sy by hulle bly om aan te sterk, en haar pad kruis onvermydelik met dié van die hooghartige hertog Duarte di Rago, aan wie die eiland behoort. Hy is oortuig dat sy die vrou vir hom is, maar hoe kan sy haar gevoel vertrou as sy in die duister moet rondtas?
Sy lippe eis hare op in 'n soen wat haar hoog op die wolke deur die lug laat sweef. Verena gee haar volkome oor aan die oomblik. Maar die wete dat sy nooit weer sy stem sal hoor nie, ruk soos 'n tornado aan haar hart. As sy tog maar net weer kan sien . . . Want 'n man kan die stem van 'n engel hê en nogtans 'n duiwel wees. Hoe kan sy die hooghartige, ongeduldige, onweerstaanbare Duarte, hertog van San di Rago, peil of vertrou terwyl sy in 'n stikduister doolhof rondtas?

vetseun
Staan op, my beminde (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624058939

Met die aanhoor van die bepalings van haar vader se testament word Natasha lelik ontnugter: geen verdere oorsese reise vir haar nie, geen luuksehotelle en weelderige vakansies meer nie, geen inkomste nie, en die ergste van alles, sy sou vir die eerste keer in haar lewe moes gaan werk. Natasha bevind haar kort voor lank op 'n verlate uithoek van die Drakensberge waar sy tikster word vir Dewalt de Meyer, 'n beroemde skrywer wat hart en siel aan die werk is aan 'n nuwe rolprentdraaiboek. Hy is ook kliphard besig om oor die verdriet van 'n liefdesteleurstelling te kom. Wanneer Dewald vir Natasha vra om sy vrou te word, vind sy dit aanvanklik eienaardig, maar vir die eerste keer kry haar lewe weer koers.Maar toe die beeldskone Esna le Clus opdaag, verander haar drome in 'n nagmerrie.

vetseun
Omnibus 3 (eBook) ..........
ISBN: 9780799354034

Altyd weer die liefde: Met die Von Hagens wil Fenella niks te doen hê nie. Die jong Erich kies haar egter as sy vrou. Dae van betowering: Al sê die markies Raoul de Moura hy het haar lief, weet Trish sy familie sal altyd eerste kom. Op vleuels van tyd: Toe Sheena Strassner haar oë uitvee, is sy getroud met die hertog De Aguiar - om haar ma se skuld te delg.

1972/1980 - Die Goue Vlinder (JP van der WALT)
1972/1978 - Op Silwer Vleuels (JP van der WALT)

vetseun
Omnibus 2 .....................

vetseun
Omnibus .....................

vetseun
Omnibus .....................
'n Vredesoffer vir Charon
Herfsblaar in die wind
Volmaan oor die Tiber

vetseun
Susanna M. Lingua - Keur 9 .

vetseun
Susanna M. Lingua - Keur 8 .

vetseun
Susanna M. Lingua - Keur 6 .

vetseun
Susanna M. Lingua - Keur 5 .

vetseun
Winde Van Herinnering .

vetseun
Tart my nie, Mijnheer ...


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)