Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Sue van Waart (Van Waart, Sue)
vetseun
Zitzekamma: Boomkatedraal van die tuinroete . 2006 LAPA UITGEWERS

Zitzekamma se Die Grootbos is 'n boomkatedraal met 'n blarekoepel en stink- en geelhoutpilare waarin die grootsheid van die skepping gevoel kan word, waar 'n mens wil kniel en aanbid. En waar dit sielsverruklik is om soos 'n blaar, klein maar deel van so 'n wêreld, te voel. Skoonheid en geborgenheid omring jou hier. Dit is 'n natuurlike tempel.

En die stories uit en oor die Grootbos word vertel soos net Sue van Waart kan.

vetseun
Swartberg en sy mense/Paleise van die pluime . 2002 LAPA UITGEWERS

Die bekende kontreiverhaalskrywer, Sue van Waart, se eerste twee boeke is op aandrang van die publiek herdruk en verenig in hierdie bundel. Kontreistories uit die Klein-Karoo vertel deur 'n lewende ensiklopedie oor hierdie wêrelddeel. Dit word vertel op só 'n manier dat jy soms die lekker ongemaklike gevoel kry dat daar meer aan die stories is as wat jy so met die eerste lees raaksien.

vetseun
Mosselbaai: seepoort van die tuinroete . 2002 LAPA UITGEWERS

Die verhale in hierdie boek probeer nie om geskiedenis te wees nie. Glad nie. Soos in haar ander gewilde kontreiboeke prikkel Sue van Waart weer eens gedagtes en vertel sy oor die mense van Mosselbaai en omgewing.
Sy gaan haal haar stories ver terug in die verlede en vertel van Mosselbaai se mense deur die eeue, hul leefwyse en doen en late. Die skrywer voer jou saam op 'n onvergeetlike reis en stel jou voor aan besonderse karakters wie se bydraes dikwels ver oor landsgrense gestrek het.
'n Boekereis wat die leser weer en weer sal wil ervaar.

vetseun
Die Hel: vallei van die leeus . 2002 LAPA UITGEWERS

Vir mense wat die eerste keer die poorte van Die Hel binnegaan, van die kronkelpaadjie op die Swartbergkruin af, is dit 'n gesig om nooit te vergeet nie. Jy weet dadelik dat Die Hel nie 'n gepaste naam is nie...


The hell: Valley of the Lions . 2002 LAPA UITGEWERS

Vir mense wat die eerste keer die poorte van Die Hel binnegaan, van die kronkelpaadjie op die Swartbergkruin af, is dit 'n gesig om nooit te vergeet nie. Jy weet dadelik dat Die Hel nie 'n gepaste naam is nie...

vetseun
Outeniqualand: plek van melk en heuning . 1998/2002 LAPA UITGEWERS

Sue van Waart is bekend vir haar kontreistories. Outeniqualand - plek van melk en heuning se eerste uitgawe het in 1998 verskyn. Talle navrae vir die boek het gelei tot die heruitgawe.
Outeniqualand - plek van melk en heuning vertel die verhaal van George en al die Outeniqualanders. Dit is stories oor kleurvolle karakters, baanbrekers en onvergeetlike reise met wa en osse oor duiselingwekkende bergpasse.
Volgens aantekeninge van Jan van Riebeeck was die Houtunquas baie ryk: "Hulle had baie vee en groot daggaplantasies ..."

vetseun
Paleise van die Pluime .

"'n vertelboek oor Oudtshoorn en die volstruisveersage"

vetseun
geselsies uit Huis, paleis en kombuis .


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )