Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Sjané van Aswegen (Van Aswegen, Sjané)
vetseun
Onthoupad na die see . 2008 PROTEA BOEKHUIS

"Waar is ouma Joey se resepboek, Mevrou? Ons moet haar gimmerkoekies eerste bak. En waar's jou vorskoot? Jy kan nie daai deetlike rok vuilsmeer met jou deegvingers nie."
Só lei Maggie die nuwe boervrou in die geheime van koekies bak vir die kerkbasaar in, soos wat sy haar ook leer om gansvere te pluk, biltong te maak en vir die winter se springbokjag voor te berei. Maggie is maar een van die kleurvolle karakters op die Karooplaas Celerijfontein wat die verteller leer ken en liefkry.

Dit verg heelwat van dié Bolander, onervare in die plaaslewe én boonop die tweede vrou van die boer, om haar voete te vind: Sy moet die groot ou plaashuis leefbaar maak en 'n tuin aanlê, skaaplammers deur koue en droogte help oorleef, plaasbegrafnisse reël, kortom, doen wat 'n boervrou moet kan doen. Maar die Karoo met sy ongenaakbare klimaat en sy unieke mense bring diepe geluk.

Wanneer sy later weer moet verhuis na 'n kusdorpie is dit die herinneringe aan die Karooplaas wat tegelykertyd seermaak en heel en wat die aanpassing by 'n nuwe lewe moontlik maak.
Onthoupad na die see is vol humor en deernis vir die wel en wee van die mense van die Groot Karoo. Dit is hierdie meelewing met ander wat die verteller later ook help om haar eie verliese te hanteer. - graffitibooks.co.za

vetseun
Mietjie van Muisedam . 2000/2002 TAFELBERG


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )