Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Schalkie van Wyk (Van Wyk, Schalkie)
vetseun
Om Joune Te Wees / (eBook) . 2013 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624057680
ISBN: 9780624057697

Kayla en haar motortjie maak abrup kennis met Briand en sy fiets, en sy ontdek dat hy, nes haar ouers op hul beesplaas, in Brasilië werk en eintlik net by die bure kuier. Kayla se hart werk dadelik oortyd, maar sal Briand se oog nie eerder val op haar sexy blonde vriendin Sunette nie? Dan is dit die een drama ná die ander: Tant Annelize verseg dat Briand ooit sy voete in haar huis mag sit, want sy "weet" kwansuis hy sal Kayla se lewe verwoes; die huis aan hul ander kant van die hippies word betrek deur 'n immer-repeterende band; en Kayla leer boonop dat Briand nooit ooit wil trou nie. Kayla begin weens al die oorverdowende geraas glo iemand wil haar en haar tantes uit die huis verdryf. Het Briand nie dalk iets daarmee te doen nie? En watter tragiese geheime skuil in haar tante se liefdeslewe?

vetseun
Keur 10 / (eBook) ...... 2013 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624057574
ISBN: 9780624057833

Die verhale in hierdie omnibus is Die grondbaron, Somer van betowering en Meisie in die reën.
In Die grondbaron koop Erika Marais en haar kunstenaarbroer, Henno, die pragstuk van 'n huis, Drie Eike, op hul tuisdorp van weleer met die oog daarop om 'n losieshuis daarvan te maak. Hulle het egter skaars daar ingetrek, of dit blyk dat die verkoper, Riaan van Vollenhoven, se broer, Wilhelm, eintlik die eerste opsie op die huis het. Maar tot tyd en wyl Riaan hulle geld terugbetaal, het Erika-hulle geen ander heenkome nie en sy bly aan as 'n soort van 'n huishoudster. Erika moet toesien hoe Minette du Toit en Amalia Davel hul flikkers by die hoogs hubare Wilhelm gooi . . . In Somer van betowering leer ken ons 'n stinkryk heks met 'n hart van goud, 'n potjierol-kluisenaar met die empatie van 'n reus, 'n beeldskone meisie met die liefde van 'n vrou, en die man van haar drome met 'n hart vol vyandigheid. Dit is die boeiende verhaal van Elbie de Villiers se liefde vir haar ouer suster se kleintydmaat, Luan Stegmann, en sy weiering om dit te glo, totdat dit byna te laat is. Dit neem die leser mee op 'n reis wat vertel van onselfsugtigheid, alleenliefde, waagmoed - en uiteindelik: betowering. En in Meisie in die reën besef Marli Conradie, toe sy ná tien jaar weer vir Hilgard Geldenhuys sien, dat haar tienerliefde vir die man voor wie sy grootgeword het, in die dieper liefde van 'n vrou verander het. Daarmee saam weet sy egter ook dat haar liefde wense in die wind is, want Hilgard behandel haar steeds soos sy klein "asjas" wat hy teen die lewe moet beskerm. Hulle keer saam terug na Groeneweide, waar die wyse, warme tant Alma Marli onder haar vlerk neem - veral toe Marli uitvind dat die flerriemerrie van 'n Ulricke Starck haar verleidelike net wyd gespan het vir Hilgard.

vetseun
Ruiter Van My Drome / (eBook) . 2012 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624054597
ISBN: 9780624054603

Zandri was sewe jaar lank weg van Wyedraai, waar sy as kind salige vakansies by haar grootoom op sy perdeplaas deurgebring het. Die dorpie gons nou behoorlik: Hier kom sy aangery in 'n gekrokte viertrekvoertuig, en 'n gesiene familie van die dorp het haar in Londen, waar sy die afgelope jare gebly het, aangetref met 'n kind . . . háár kind, buite die eg, het sy kwansuis vir hulle gesê. Ou vriende kyk haar nou met afkeer aan en Ferdinand, haar tienerliefde, het baie verander. Maar dis niks, sy is lankal oor hom. En tog . . . waarom is haar lewe skynbaar verstrengel met syne? Kan sy hoop om mee te ding met die vrou uit sy verlede, die een wat volgens sy tant Ragie sy hart gebreek het en hom vir ander vroue ruïneer het? En wat tog van die kind?

vetseun
Keur 9 / (eBook) ........ 2012 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624054771
ISBN: 9780624054788

Die verhale in hierdie omnibus is: Drome van liefde: Rondom die verbreking van Sanet se verlowing met Nardus is daar 'n donker geheim wat sy tot elke prys wil bewaar. Sy sal nooit weer 'n ernstige verhouding met enige man aanknoop nie. Toe sy dus agterkom dat haar baas en beste vriend, Tertius, ernstig voel oor haar, besluit sy om te vlug. Erens is daar liefde: Lara en Wiehahn se paaie kruis keer op keer. Maar waarom wil hy nie vir haar se wat sy van is nie? En wat wil hy van haar he as hy so seker is dat die liefde en die huwelik net 'n bedrogspul is? Vlam van verlange: Carli van Eeden is op twee-en-twintig die enigste erfgenaam van die Van Eeden-miljoene. Maar moet sy met buurseun Vincent trou of sal sy by Meyer, 'n eenvoudige motorwerktuigkundige, haar sprokiesliefde vind? Dit blyk egter dat Meyer geheime met hom saamdra.

vetseun
Beminde Vreemdeling / (eBook) . 2011 TAFELBERG
ISBN: 9780624052944
ISBN: 9780624058663

Wiandri Rosseau is twee-en-twintig en pas gekwalifiseer as hospitaalsuster. Sy keer terug na haar geliefde plattelandse Huis Groeneweide, waar haar bejaarde tant Lerina en die se geliefde huishoudster, tant Grietjie, haar gretig inwag. Nou kan sy haar tante versorg en die swierige huis van haar kleintyd geniet. Maar daar aangekom moet Wiandri leer 'n vreemdeling bly nou ook op Groeneweide - die stroewe, dommerige nutsman Floors, van wie sy dadelik net mooi niks hou nie ... maar tog ook so vreeslik baie! Wanneer Wiandri verder agterkom dat haar peetma, matrone Christelle, uiters wantrouig staan teenoor Floors, is haar verlangde vakansie by die tannies glad nie meer 'n rustige tydjie nie. Waarom dink Christelle Floors is so gevaarlik? En wie is hy nou eintlik?

vetseun
Keur 8 / (eBook) ......... 2011 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624052777
ISBN: 9780624053668

Die verhale in hierdie omnibus is Eiland van geheime, Reënboog van jou hart en Bittersoet verlange
In Eiland van geheime beland kinderoppasser Marné op Flaminke-eiland. Dis'n eiland vol tergende geheime, maar ook liefdesmoontlikhede, want sy moet kies tussen twee interessante mans.In Reënboog van jou hart is Lanja ontnugter deur die liefde. Dan ontmoet sy die skugter argitek Rosseau, en hulle word dadelik vriende. Maar wat voer sy besonder aantreklike broer, Benno, in die mou? Is hy die gewetenlose rokjagter wat almal sê hy is? En in Bittersoet verlange dring Leandri se ryk ouma daarop aan dat sy verloof moet raak aan hul huisvriend Mauritz. Maar Leandri vermoed hy's eintlik verlief op haar vriendin Anina. Net toe kom 'n geheimsinnige vreemdeling by hul huis aan .

vetseun
Iemand Soos Jy / (eBook) / (eBook) . 2010 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624048503
ISBN: 9780624050650
ISBN: 9780624050148

Elzeri Odendaal het by haar oupa Gideon en ouma Beth grootgeword omdat haar ma haar as baba aan haar grootouers gegee het en haar pa kort voor haar geboorte in 'n ski-ongeluk gesterf het. Haar ma is skaars 'n jaar later weer getroud, en het haar dogter deur die jare nooit opgesoek nie. Elzeri het egter nie daarin belang gestel om haar ma te probeer opspoor nie, want sy het kleintyd al aanvaar dat haar ma haar verwerp het. Maar toe sy by haar vriendin Sonette in die Karoo gaan kuier en uitvind dat dié haar ma goed ken, word sy onverwags met haar verlede gekonfronteer. Om nie te praat van Sonette se aantreklike broer, Arendt, wat haar emosies behoorlik deurmekaarkrap nie.

vetseun
Keur 7 / (eBook) / (eBook) . 2010 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624048657
ISBN: 9780624050612
ISBN: 9780624050100

Drie verhale van gewilde romanisier Schalkie van Wyk: Bloeisels in die wind, Winter van heimwee, en Ongetemde hart.
In Bloeisels in die wind ontmoet Sonja die aantreklike Arno Landman. Maar hoe ken haar ouma Hannah dié man, en hoekom reageer sy so geskok op die blote noem van sy naam? Spoedig leer Sonja dat dit nie net jong mense is wat gekasty word deur die pyn van die liefde nie. In Winter van heimwee word Hermien du Preez verwyt vir die dood van haar kleinboet Jacques. Dié las kan Hermien nog dra, maar dan betrap sy haar stiefma in 'n warm omhelsing met 'n onbekende vreemdeling, terwyl haar vader weg is op 'n sakebesoek. Hermien ontdek dat die lewe oor jou kan loop... maar steeds veg jy vir dit wat jy wil hê. En in Ongetemde hart spat Tanya se liefdesdroom aan skerwe toe dokter Johan Neethling sy verlowing aan Ansunette Raath bekend maak, terwyl Tanya altyd oortuig was hy is aan háár getrou. Sy vlug na Silwersee om van die skok te herstel. Hier ontmoet sy die welvarende sakeman Bernard Zandberg, 'n vriend van Johan.
Net toe dit lyk of hulle mekaar begin vind, verskyn die beeldskone Zania de Necker, Bernard se jeugliefde, op die toneel. Dan daag Johan ook op, vasbeslote om Tanya terug te wen...

vetseun
Keur 6 / (eBook) / (eBook) . 2009 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624047490
ISBN: 9780624049739
ISBN: 9780624050247

Die kroonprins van Kaiserburg, Aan die einde van die reenboog en Kammaland van liefde In Die kroonprins van Kaiserburg loop Gretha Wolmarans op Blumenstrauss 'n aantreklike vreemdling raak, en sy raak op hom verlief. Maar Friedrich Falkenstein is nog nie gereed om sy hart vir liefde oop te maak nie, want hoe kan hy 'n meisie sy liefde bied as hy steeds 'n "optelkind" is wat nie weet wie sy ouers is nie? Aan die einde van die reënboog vertel die opwindende verhaal van Annemarie de Villiers, welgestelde Boeremeisie uit die Kaapkolonie, wat die onstuimige Boererepublieke besoek om haar vermiste broer te probeer opspoor. Sy raak betrokke by 'n "Engelse offisier" . . . maar is hy wie hy voorgee om te wees? In Kammaland van liefde begin Leonie van Breda 'n nuwe lewe op Heidedal, in tant Heidi se imposante woning. Sy probeer van haar verlede ontsnap, maar hier ontmoet sy drie mense wat haar toekoms in die holtes van hul hande hou.

vetseun
Schalkie Van Wyk Keur 5 / (eBook) . 2008 MELODIE/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624046363
ISBN: 9780624052104

Die verhale in hierdie omnibus is Anderkant more wag geluk, Son van liefde en 'n Bruid vir Eduard.
Anderkant môre wag geluk:'n Vakansie op haar oom se wynplaas is net wat Nicky le Riche nodig het om van haar hartseer te vergeet en helderheid te kry oor dr Erich de Lange, wat al so lank met haar wil trou. Sy aanvaar 'n pos as privaatverpleegster vir tant Monica Volkema en wanneer Reinder haar kom oplaai plaas toe, ontketen sy onwetend 'n hele kettingreaksie van afguns, konkelary en misverstand. Lise Kirsten se geaardheid bring sonskyn aan al die inwoners van Heimat - almal behalwe die hovaardige en verwaande Herman Raubenheimer. Terwyl Lise die verpleegster vir tant Renate is, en Deidré se kameraad, is sy vir Herman niks meer as 'n arm verpleegster wat haar suster se foute moet regmaak nie. Dis net oom Jopie wat sien dat die Son van liefde wil-wil deurbreek in hulle verhouding. In 'n Bruid vir Eduard lyk Liesel Botha se toekoms rooskleurig wanneer Martin Eloff haar vir 'n naweek Durban toe nooi. Maar gou kom sy agter dat hy minder edele bedoelings het. Gelukkig is daar 'n lang, donker vreemdeling daar wat tot haar redding sal kom - of gáán hy?

vetseun
Vlam Van Verlange / (eBook) . 2008 MELODIE/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624046295
ISBN: 9780624052166

Die vlam van verlange na ware liefde brand hoog terwyl Carli van Eeden gekonfronteer word met geheime en jaloesie. Sy moet kies tussen twee mans: moet sy met Vincent trou of sal sy by Meyer, 'n eenvoudige motorwerktuigkundige, haar sprokiesliefde vind?
Carli van Eeden is op twee-en-twintig die enigste erfgenaam van die Van Eeden-miljoene. Sy is nou wel alleen, maar haar lewe is uitsorteer; sy weet immers van kindsdag af sy gaan trou met Vincent, die buurseun, alhoewel sy ma haar nie kan verdra nie. Maar die aantreklike Meyer Feldtmann daag soos 'n boemelaar in 'n ou geroeste bakkie voor haar glaspaleis op en gooi haar wêreld deurmekaar. Sy ontdek sy het 'n tant Emma, huisdokter op Henningshoogte, én hoe dit voel om werklik verlief te wees. Die vlam van verlange na ware liefde brand hoog terwyl sy gekonfronteer word met geheime en jaloesie. Moet sy met Vincent trou of sal sy by Meyer, 'n eenvoudige motorwerktuigkundige, haar sprokiesliefde vind? Tot haar ontsteltenis vind Carli uit Meyer het sy eie geheim . . .

vetseunvetseun
Êrens is Daar Liefde . 2007 TAFELBERG

vetseun
Bittersoet verlange . 2006 TAFELBERG
ISBN: 9780624044833

'n Maand voor haar mondigwording dring Leandri se ouma Anya, wat haar grootgemaak het na haar ouers se dood met haar geboorte, aan dat haar kleindogter dadelik verloof moet raak aan hul huisvriend Mauritz, en dat haar mondigwordingspartytjie sommer hul troue moet wees. Hoewel Leandri nog haar hele lewe lank onder 'n verpligting voel teenoor haar skatryk ouma, wil sy nie met die 32-jarige Mauritz trou nie, nog meer omdat sy vermoed hy's verlief op haar vriendin Anina. Net toe kom 'n geheimsinnige vreemdeling by hul huis aan.

vetseun
Keur 2 .......................... 2005 TAFELBERG
ISBN: 9780624042785

Die Eerste Lenteroos
Al wat jong Michelle de Villiers begeer, is onvoorwaardelike liefde. Daarteenoor smag haar verloofde na kitsrykdom en roem. Sy word uit haar knus Johannesburgse bestaan geruk wanneer sy haar oupa se plaas erf en Swartland toe moet gaan. Hier kry sy te doen met haar voogpa Wouter Landman, 'n geharde oujongkêrel, maar ook met Celia Havenga wat jaloers oor Wouter waak en dit haar ten doel stel om Michelle se drome te vernietig.
Melodie van Liefde
Marike se peetoom, Josua Hofmeyer, benoem haar as derde vennoot in sy roldrukpers- en koerant-onderneming. Hy stuur haar vir drie maande Doringlaagte toe, waar sy in die redaksie van Die Bosveldbeeld gaan werk. Josua hoop stilweg dat dié ervaring die skaduwee wat dokter Leonard de Nysschen in Marike se oë gelaat het, sal verdryf. Die vraag is nou of dit Wouter of Martin gaan wees wat haar hart gaan steel en of die moedswillige Lizelle daarin sal slaag om Marike van albei af weg te hou.
Letsels van Liefde
Wanneer dokter Bernard du Preez Annelie Joubert se hart (en hul verlowing) deur sy ontrouheid breek, gaan kruip sy weg op haar oupa se plaas, Sonhoek. Sy hoop om daar stilte en vrede te vind en weer haarself te word. Die plaas bring egter probleme van sy eie: Hein wat Annelie se ma verantwoordelik hou vir die dood van sy broer, die verwydering tussen haar ma en oupa en die agterdogtige tant Helena en Charmaine met hul aanspraak op oupa Casper se plase . . .

vetseun
Rondomtalie Van Die Liefde . 2004 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799332971

Toe Annemie die eerste keer in Olaf se besondere blou oe kyk, is dit liefde met die eerste oogopslag, maar ook liefde vir altyd. Olaf is egter sku vir die liefde, en boonop kruip hy weg agter 'n skynverlowing met Natasha om hom te probeer pantser teen liefde se seerkry.

vetseun
Meisie In Die Reën / (eBook) . 2003 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799331691
ISBN: 9780624064145

In Meisie in die reën besef Marli Conradie, toe sy ná tien jaar weer vir Hilgard Geldenhuys sien, dat haar tienerliefde vir die man voor wie sy grootgeword het, in die dieper liefde van 'n vrou verander het. Daarmee saam weet sy egter ook dat haar liefde wense in die wind is, want Hilgard behandel haar steeds soos sy klein "asjas" wat hy teen die lewe moet beskerm. Hulle keer saam terug na Groeneweide, waar die wyse, warme tant Alma Marli onder haar vlerk neem - veral toe Marli uitvind dat die flerriemerrie van 'n Ulricke Starck haar verleidelike net wyd gespan het vir Hilgard.

2001 - Die Stem Van Jou Hart (DIE KEURBIBLIOTEEK)

vetseun
Omnibus ............................ 1999 TIARA
ISBN: 9781919782072

vetseun
Sonskyn in Die Reën . 1997/2002 DIE KEURBIBLIOTEEK/LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799324419

vetseun
Soveel Verlore Gisters ..... 1996 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799323382

1981 - Gorra-Sluk En Donke-Doef LP (MUSIC FOR PLEASURE)

vetseun
Bloeisels In Die Wind (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624058922

Sonja ontmoet die aantreklike Arno Landman. Maar hoe ken haar ouma Hannah dié man, en hoekom reageer sy so geskok op die blote noem van sy naam? Spoedig leer Sonja dat dit nie net jong mense is wat gekasty word deur die pyn van die liefde nie.
"Ek hou hiervan - 'n seenimfie in my arms, wat die golwe vir my uitgespoel het. En nou is jy myne . . . ek wonder wat ek met jou gaan doen?" Sonja Retief kyk in die groot, donker man se gesig en sy wonder weer eens watter kleur sy oë is, want hulle word steeds versluier deur sy digte wimpers. Sy kan nog die kolkende water van die branders op haar voel, die soutwater in haar mond proe, en histerie wil-wil haar weer oorval.
Maar die hitte van sy liggaam teen hare bring 'n skielike warmte in haar, stuur 'n rilling van opgewondenheid deur haar hele wese. Arno Landman . . . dis wat haar ouma Hannah hom genoem het, maar hoe ken sy hom? "Arno Landman, van die plaas Erfdeel?" het haar ouma gevra en vir die eerste keer in haar hele lewe het Sonja haar ouma sprakeloos gesien.
Hoekom het die jongman só 'n uitwerking op haar ouma gehad, en vanwaar ken sy hom? Hierdie vrae sou nog baie keer deur Sonja se gedagtes warrel voordat sy eindelik die antwoorde daarop sou kry. En sy sou leer dat dit nie net jong mense is wat gekasty word deur die pyn van die liefde nie. Dat ouderdom nie noodwendig 'n skans om 'n mens bou wat jou vrywaar van die pyn wat so lank, lank gelede in jou binneste gebore is, maar wat jy nooit werklik vergeet het nie.

vetseun
Die Derde Ontmoeting / (eBook) . LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799351583
ISBN: 9780799352955

'n Ryk meisie en 'n ryk man is al twee bang vir fortuinsoekers wat van liefde niks verstaan nie. Daar is vertroue, want geld is nie 'n motief nie. Maar hoe lank kan 'n skynhuwelik duur ...?

vetseun
Die Grondbaron (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624064107

In Die grondbaron koop Erika Marais en haar kunstenaarbroer, Henno, die pragstuk van 'n huis, Drie Eike, op hul tuisdorp van weleer met die oog daarop om 'n losieshuis daarvan te maak. Hulle het egter skaars daar ingetrek, of dit blyk dat die verkoper, Riaan van Vollenhoven, se broer, Wilhelm, eintlik die eerste opsie op die huis het. Maar tot tyd en wyl Riaan hulle geld terugbetaal, het Erika-hulle geen ander heenkome nie en sy bly aan as 'n soort van 'n huishoudster. Erika moet toesien hoe Minette du Toit en Amalia Davel hul flikkers by die hoogs hubare Wilhelm gooi . . .

vetseun
Drome Van Liefde (eBook) .. NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624055389

Rondom die verbreking van Sanet Grové se verlowing met Nardus van den Berg is daar 'n donker geheim wat sy tot elke prys wil bewaar. Sy sou nooit weer, met enige man, 'n ernstige verhouding aanknoop nie. Toe sy dus agterkom dat haar baas en beste vriend, Tertius Lindeque, ernstig oor haar begin voel, besluit sy om te vlug. Sy moet haar oorlede broer se twee weeskinders versorg en dit gee haar die ideale verskoning om Bothasrus toe te verhuis. Dat haar oom Lukas 'n huishoudster nodig het, gee haar meer rede om vinnig die pad te vat . . . maar weer kom 'n man se liefde ongevraagd Sanet se kant toe. Sy ontmoet die prokureur Jean-Pierre du Pont, wat dadelik op haar verlief raak, terwyl sy weet sy mag nie aan haar hart vrye teuels gee nie. Maar langs oom Lukas woon tant Ellie van Duuren en haar bedorwe dogter, Elrina, wat self 'n ogie op Jean-Pierre het. Sy gaan uit haar pad om 'n verhouding tussen Sanet en Jean-Pierre in die kiem te smoor. Alles werk in haar guns terwyl tant Ellie se giftige tong onmin saai so ver as wat sy gaan. Maar toe begin dinge verander . . .

vetseun
Êrens Is Daar Liefde (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624056003

Lara en Wiehahn se paaie kruis keer op keer. Maar waarom wil hy nie vir haar sê wat sy van is nie? En wat wil hy van haar hê as hy so seker is dat die liefde en die huwelik net 'n bedrogspul is?
Die dag toe Lara Wiese haar werkgewer, oom Ryno, saam met die verleidelike Monette Wiegand in sy kantoor betrap en hy kort daarna in 'n ongeluk sterf, word dié geheim 'n ontsettende las in haar lewe. Want hoe moet sy oom Ryno se vrou se beskuldigings weerlê dat sy wat Lara is vir sy dood verantwoordelik was, sonder om die waarheid oor sy ontrou te verklap?
Haar enigste getuie is die enigmatiese Wiehahn wat saam met haar by oom Ryno se kantoor aangekom het. Met sy silwerblou oë vind sy hom onweerstaanbaar aantreklik, maar wie is Wiehahn werklik? En wat is sy verbintenis met die pragtige Monette? Uiteindelik, moet Lara leer, ken slegs die hart die ware antwoorde.

vetseun
Geleende Liefde (eBook) / (eBook) .
ISBN: 9780799353815
ISBN: 9780799349924

Wilhelm Starck vra dat Dané vir die skyn haar liefde aan hom sal leen en aan hom verloof sal raak. Sy willig in, maar kom gou agter dat geleende liefde van haar kant af ware liefde kan word.
Uit trots woon Dané Rheeder die verlowingspartytjie van haar niggie aan haar eksverloofde by. Sy sien nie kans vir Alexia se triomf nie en vra die onbekende Wilhelm Starck om voor te gee hy is die man in haar lewe. Hy betrap haar in die solderateljee van sy familiehuis waar hy dink sy plak. Sy is net 'n arm kunstenaar en hy 'n miljoenêr. Wilhelm reken sy skuld hom en vra dat sy vir die skyn ook haar liefde aan hom sal leen en aan hom verloof sal raak. Sy willig in, maar kom gou agter dat geleende liefde in ware liefde kan verander. Sy het hierdie knorrige, befoeterde man lief.

vetseun
Man Van Lig En Skadu (eBook) . MEDIA24 BOOKS/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624050414
ISBN: 9780624049906

Op die partytjie van haar baas se bedorwe dogter, Nicolette, ontmoet Petri Auckamp een aand 'n man wat so vas en sterk soos 'n boom blyk te wees.
Hougard Reyneke red haar meer as een maal uit 'n moeilike situasie en laat haar hart beslis vinniger klop. Maar hy is klaarblyklik verloof aan Nicolette. En boonop is daar Ian Olivier, die jong prokureursklerk wat vlerksleep by Petri. Houghard is 'n man van lig en skadu vir Petri. Een oomblik skerts hy met die sorgvryheid van die jeug en dan vlug die lig uit sy oë en word hy 'n man van donker geheime. . .

vetseun
Somer Van Betowering (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624064121

In Somer van betowering leer ken ons 'n stinkryk heks met 'n hart van goud, 'n potjierol-kluisenaar met die empatie van 'n reus, 'n beeldskone meisie met die liefde van 'n vrou, en die man van haar drome met 'n hart vol vyandigheid. Dit is die boeiende verhaal van Elbie de Villiers se liefde vir haar ouer suster se kleintydmaat, Luan Stegmann, en sy weiering om dit te glo, totdat dit byna te laat is. Dit neem die leser mee op 'n reis wat vertel van onselfsugtigheid, alleenliefde, waagmoed - en uiteindelik: betowering.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )