Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Rod Baker (Baker, Rod)
vetseun
Doen Dit Self Raad En Wenke (Stokperdjie) . 2008 STRUIK
ISBN: 9781770075702

Vir die ervare nutsman en vir die wat geen aanleg het om selfdoentake aan te pak nie, sal Doen dit self raad en wenke 'n nuttige bron van inligting wees wanneer alledaagse werkies soos die verwydering van skimmel in die badkamer, die regmaak van 'n stukkende ruit of die tydelike herstel van 'n lekkende pyp aangepak moet word. Die doel van hierdie titel is om jou met genoeg inligting toe te rus om jou aan die gang te kry en aan te moedig om klein takies in die huis te doen sonder dat jy 'n deskundige hoef in te roep en dan 'n astronomiese prys moet betaal. Die raad en wenke is daar om werkies ietwat makliker te maak, veral vir die met min selfdoenkennis. Daar is 'n afdeling oor die gereedskap wat jy moet he en van die onderwerpe wat bespreek word, is houtwerk, metaalwerk, elektrisiteit, loodgieterswerk, verfwerk en bybehore vir deure. Daar is ook raad en wenke oor basiese veiligheid, jou motor en noodhulp.

vetseun
Die doen-dit-self-huisopknapgids (Stokperdjie) . STRUIK
Mike Price; Rod Baker
ISBN: 9781770076440

Hierdie omvattende gids wys die selfdoenentoesias hoe om 'n huis se waarde te verhoog. Die gedaanteverwisseling van 'n ou huis tot 'n nuwe, moderne tuiste word stap vir stap verduidelik. Dié stappe is maklik om te volg en kan op enige huis van toepassing wees, met wenkkassies om algemene slaggate te vermy. Dit beskryf die tegniese aspekte van messelwerk, pleisterwerk, die meng van beton, basiese elektriese en loodgieterwerk, die lê van teëls en hoe om ingeboude kaste te bou en te installeer.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)