Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
R.L. Stine (Stine, R.L.)
vetseun
As dooie poppe dans (Grillers) . 1999 TAFELBERG

"Linda en Chrissie Prinsloo is twaalf. Te oud vir popspeel. Maar 'n buiksprekerpop is anders. Linda tel een by 'n verlate huis op. Hul pa koop vir Chrissie een by 'n klein pandjieswinkel. As jy genoeg oefen, kan jy mense laat dink die poppe is lewendig, ontdek die tweeling. Dis pret. Maar dan raak dinge 'n bietjie té lewendig ... Onverklaarbare goed gebeur. En dit raak al hoe erger. Tot die dood die meisies in die gesig staar ..." - storiewerf.co.za

vetseun
Jekyll en Heidi (Grillers) . 1999 TAFELBERG

"Haar ergste nagmerrie is verby, dink Heidi Dippenaar. Haar ouers is dood en nou moet sy by haar oom Jekyll gaan bly, net buite 'n afgeleë dorpie aan die rand van die Namib-woestyn. Maar daar is 'n gedierte wat die dorp teister. En die mense sê dis Dr. Jekyll se skuld. Hulle dink net soos die karakter in die ou storie drink hy goed wat hom in 'n onmens laat verander. En waarom is Heidi se niggie so kil met haar? Meteens word Heidi gedompel in 'n erger nagmerrie as wat sy haar ooit sou kon voorstel. Sy moet uit die gedierte se kloue bly. Boonop raak die dorpsmense moordlustig. En dan maak sy 'n skokkende ontdekking ... " - storiewerf.co.za

vetseun
Monsterbloed III (Grillers) . TAFELBERG

"Eben Rousseau weet presies hoe gevaarlik Monsterbloed is. Hy weet hoe die groen slym groei en groei tot dit 'n slymbol is wat groot genoeg is om kinders en honde heel in te sluk. Hy weet dis nie goed vir kinders om mee te speel nie. Maar toe sy nefie Herkie, vir wie hy smiddae moet oppas terwyl dié se ma by die werk is, hom vir die soveelste keer wit van woede laat omdat hy so 'n gemene klein kakkerlak is, raak Eben onverantwoordelik. En toe sy vriendin Andy voorstel dat hulle Monsterbloed gebruik om vir Herkie 'n les te leer, stem Eben in. Min het hy geweet watter verskriklike gevolge daardie besluit vir hom sou hê!" - storiewerf.co.za

vetseun
Die Spookkar (Grillers) . 1999 TAFELBERG

"Marius is mal oor motors. Hy is in die wolke toe sy pa 'n pragtige sportmodel tweedehands koop. Die eerste kans wat hy kry, klim hy agter die stuur in en sit net daar om die heerlike gevoel te geniet. Maar dan kom hy agter hy is nie alleen in die motor nie ... En toe hy wil uitklim, kan hy nie die deur oopkry nie ..." - storiewerf.co.za

vetseun
Bang Banger Bangste (Grillers) . 1999 TAFELBERG

"Braam de Bruyn is nie die wêreld se dapperste ou nie. Maar toe hy per ongeluk 'n paar heldedade verrig op Middelfontein, hulle nuwe dorp, begin mense dink hy's 'n superheld. En om die waarheid te sê, is hierdie status glad nie 'n slegte idee nie. Braam se nuwe vriendin Amanda glo vas hy is vir niks en niemand bang nie, maar die ander ouens in die klas is nie oortuig nie. Chris, Dawid en die ander dink Braam is 'n bangbroek, en hulle gaan dit bewys! Die drie toetse wat hulle vir hom uitdink, is genoeg om Superman se hare te laat rys ... Die vraag is net: Wie gaan die hardste gil en die meeste ril?" - storiewerf.co.za

vetseun
Breindoepa (Grillers) . 1999 TAFELBERG

"Natie en Maretha het probleme - groot probleme. Hulle dop wiskunde met vlieënde vaandels. Heeltemal desperaat gaan soek hulle hulp by hul oom, die wêreldberoemde wetenskaplike, Dr. Frank de Koning. En hy kom uit sy laboratorium te voorskyn met wat lyk soos die antwoord op al hul probleme: 'n botteltjie pers Breindoepa. Die ongeluk is net: nóg Natie nóg Maretha nóg oom Frank weet van die ruimteskip wat pas op die aarde neergestryk het met net één doel voor oë: om tussen die spul primitiewe, dom mense twee te kry wat darem iets tussen die ore het!" - storiewerf.co.za


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )