Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Reza de Wet (De Wet, Reza)
vetseun
Die See / (eBook) ......... 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869195205
ISBN: 9781869195977

Die see is 'n liriese toneelstuk waarin aanvaarding, ontnugtering en hoop stem kry in drie slawevroue wat in die tyd van die VOC as courtisanes vir die bevelvoerder van Die Kasteel opgelei is. Terwyl die kanonvuur op die agtergrond 'n nuwe bestel aankondig, word die gehoor as't ware saam met die drie vroue in 'n kerker opgesluit. Die donker omstandighede van die hede word telkens gekontrasteer met die sonnige verlede. Met Die see het Reza de Wet haar kwarteeu in die Suid-Afrikaanse teaterwereld gevier.

2007 - The Brothers (OBERON BOOKS)
2000 - Plays One (OBERON BOOKS)

vetseun
Drie Susters Twee (Digbundel) . 1996 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798136570

Drie susters twee is 'n verrassende opvolg op Tsjechof se Drie susters en speel af in die tydperk net na die uitbreek van die Russiese revolusie. Die stuk is terselfdertyd buitengewoon aktueel vir Suid-Afrika vandag. JP Smuts noem dit: " … een van die boeiendste interteksuele werke in Afrikaans".

1995 - Stil Matilda (HUMAN & ROUSSEAU) KOOP/BUY

vetseun
Trits: Mis, Mirakel, Drif . 1993 HAUM/KAGISO
- Reader / Storybook
ISBN: 9780798634373

Die vervlegting van die naiewe, die groteske en die bonatuurlike, asook die stryd van die menslike gees om bevryding, bind Mis, Mirakel en Drif tot 'n drieluik, 'n musikale eenhied as 't ware, waarin variasies van verskeie temas weerklink. Al die "verlore persone" ontsnap uit 'n verstikkend gewone lewe en betree deur die toedoen van 'teater" en 'n reeks "towenaars" die buitengewone, dog gevaarlike wereld van fantasie en vervulling. Terselfdertyd verskil die drie stemmingstukke wesenlik van mekaar omdat elk 'n spesifieke atmosfeer het. In hierdie dramas val die klem nie op realistiese polities-relevante temas nie, maar skep die dramaturg teater wat verwant is aan die leterere vermaak, 'n teatervorm wat, soos die sirkus, die towenaar en die pantomime, 'n gehoor in vervoering kan bring. Reza de Wet, bekroonde dramaturg van Vrystaat-trilogie, regisseur, aktrise en akademikus, lewer met Trits: Mis, Mirakel, Drif, 'n tweede trilogie waarin sy noukeurig dramaties gestruktureerde werke met die

vetseun
Vrystaat-trilogie (Digbundel) . 1987/1990 HAUM
- Diepe Grond, Op Dees Aarde, Nag, Generaal
ISBN: 9780798630719

"Reza de Wet se opgang as dramaturg word bevestig met die verskyning van Vrystaat-trilogie. Die drieluik Diepe grond (1986), Op dees aarde en Nag, Generaal is ingebed in die geskiedenis van die Calvinistiese Afrikaner en fokus op byna groteske wyse op aspekte van die introspektiewe en dikwels geslote Afrikanerpsige. Teen dié oënskynlik swaarwigtige agtergrond slaag die dramaturg daarin om 'n betekenisvolle verband tussen oorsaak en gevolg te lê, en dit op bykans speelse wyse te oorbrug.
Binne die bloeitydperk van die sogenaamde protesteater tree Reza de Wet na vore met vernuwende en ondersoek-ontledende werk vry van dogma en lering. Die tekste word gekenmerk deur kragtige eenvoud en veelvuldigheid, en die sentrale droom- en sprokieselemente, die voortdurende dramatiese spanning tussen die alledaagse en die makabere maak die dramas tegwelyk opvoerbaar en besonder geskik vir diepte-ontleding.
Vrystaat-trilogie verleen nuwe stukrag aan die Afrikaanse dramaliteratuur."

1986 - Diepe Grond (HAUM)KOOP/BUY


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )