Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Randy Pausch (Pausch, Randy)
vetseun
Die Laaste Woord ............. 2008 JOHNATHAN BALL PUBLISHERS

'Ons het geen beheer oor die kaarte wat vir ons uitgedeel word nie, net hoe ons hulle speel.' Randy Pausch

Baie professore lewer afskeidslesings. Uittredende professore word gevra om hul lewe in oënskou te neem en te praat oor wat hulle die naaste aan die hart lê. En terwyl hulle praat, kan die gehoor nie help om oor dieselfde vraag te tob nie: Watter pêrels van wysheid sou ons met die wêreld wou deel as ons geweet het dis ons laaste kans?
Wat sou ons wou nalaat as ons môre van die aardbol af verdwyn? Toe Randy Pausch, 'n professor in rekenaarwetenskap aan Carnegie Mellon, genooi is om die laaste woord te spreek, was dit nie vir hom nodig om hom te verbeel dat dit sy laaste lesing was nie, aangesien hy kort tevore moes hoor dat terminale kanker by hom gediagnoseer is. Maar die lesing wat hy gelewer het - getitel 'Hoe om jou kinderdrome te verwesenlik' - het nie oor die dood gehandel nie. Dit het gegaan oor hoe belangrik dit is om struikelblokke te bowe te kom, ander mense se drome vlerke te gee en elke oomblik met oorgawe te leef (want 'tyd is al wat jy het . . . en eendag mag jy dalk net ontdek dat jy minder tyd het as wat jy gedink het'). Dit was 'n voëlvlug oor alles wat Randy glo. Dit het gehandel oor die lewe.In hierdie boek kombineer Randy Pausch die humor, inspirasie en intelligensie wat sy lesing so 'n onvergeetlike fenomeen gemaak het. Dit is 'n boek wat mense nog geslagte lank met mekaar sal wil deel. RANDY PAUSCH is 'n professor in rekenaarwetenskap, mens-rekenaar-interaksie en rekenaarontwerp aan die Carnegie Mellon Universiteit. Hy het van 1988 tot 1997 aan die Universiteit van Virginië klasgegee. Hy is 'n bekroonde lektor en navorser wat met Adobe, Google, Electronic Arts (EA) en Walt Disney Imagineering gewerk het, en het baanbrekerswerk gedoen met die 'Alice'-projek. Hy woon in Virginië saam met sy vrou en drie kinders. - graffitibooks.co.za


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )