Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
P.J. Haasbroek (1943-) (Haasbroek, P.J.)

"P.J. Haasbroek is in 1943 gebôre. Sy eerste lewensjare het hy in Pretoria deurgebring. Daarna het sy ouers na Florida verhuis, en in 1954 het hulle hul plaas in die distrik Petrusburg in die Vrystaat gevestig.
Ná matriek en militêre opleiding het hy by die Universiteit van die OVS ingeskryf vir die graad BA met Ekonomie en Politieke Wetenskap as hoofvakke. Nadat hy 'n Honneursgraad in die Ekonomie behaal het, het hy in die diens van die Depeartement van Beplanning getree en terselfdertyd aan sy verhandeling vir die Meestersgraad gewerk. Daarna was hy 'n ruk lank lektor in Ekonomie aan die Universiteit van Pretoria. In 1968 het hy 'n pos aan die Universiteit van Kwa-Zulu aanvaar.
Sy debuutbundel, Heupvuur, is in 1975 met die Eugène Marais-prys van die SA Akademie van Wetenskap en Kuns bekroon." - stofomslag (1975)


vetseun
Die Ander Vennoot . 2009 HUMAN & ROUSSEAU

Vanuit sy kennis van die ekonomiese sake skryf Haasbroek insiggewend en oortuigend oor die intriges van frontmaatskappye, bemagtigingsaksies, oornames en ander transaksies.

vetseun
Kruispunt .......................... HUMAN & ROUSSEAU

Hierdie vyfde bundel kortverhale deur Haasbroek verskyn meer as 20 jaar na sy vorige bundel. Maar alhoewel sommige van die verhale herinner aan die macho-styl van sy vroeere werk, is die verhale in Kruispunt meestal meer deernisvol en menslik.

vetseun
Oemkontoe van die nasie . 2001 PROTEA BOEKHUIS

"Oemkontoe van die nasie is 'n satiriese terugblik vanuit die jaar 2005 op die Ou en Nuwe Suid-Afrika. In hierdie proses bevind Britse beleidmakers uit die 1800's hulle onverwags voor die Waarheids- en Versoeningskommissie. Boere uit die Noordelike Provinsie keer die Groot Trek om. Terug Kaap toe, in bakkies met frieskoeie en hoenders agterop, die plaaslike koerantredakteur as trekleier in die Volla voor, die nuwe trekkers vervul met siniese droefheid oor die turfland en wit gras wat agtergelaat word. Histories benadeeldes doen aansoek om as histories bevoordeeldes geherklassifiseer te word. Mense wat in die ou bedeling opponente was, raak ongemerk bondgenote. En die Paarlse Taalmonument se lot as 'n nuttelose spies word finaal verseël.
Maar daar is nog Faan Starck, 'n plattelandse onderwyser wie se skryfloopbaan begin met 'n satiriese rubriek in 'n plaaslike koerantjie en 'n storieboek wat per geluk vir hoërskoolleerlinge voorgeskryf word. Sonder dat Faan dit so beplan, word die drukpotlood waarmee hy sy polities verkeerde stories pleeg, skerper, word dit 'n nuwe oemkontoe wat tegelykertyd genadeloos hekel en tragiek blootlê. Dit is nie welkom nie, en Faan se tydsberekening is helaas swak - ' ... maar hemel, jou politiek, Starck, waar kruip jy uit? Dis ... 'n land met 'n veritabele reënboog van regte waarvoor jy sensitief moet wees.'
Haasbroek het verskeie kortverhaalbundels, jeugverhale, 'n novelle en 'n roman die lig laat sien en die Eugène Marais-prys vir Heupvuur ontvang. Hy is 'n voormalige professor in Ekonomie en is tans as ekonoom verbonde aan 'n multinasionale maatskappygroep.
Oemkontoe van die nasie is 'n polities verkeerde veroordeling van die Nuwe Suid-Afrika en dis 'n boek wat eintlik nie gelees behoort te word nie..." - kalahari.net

vetseun
Die Jaar Nul ............... 1986 HAUM/KAGISO

1993 - Lem (HUMAN & ROUSSEAU/WORLD INTERNATIONAL)
1988 - Voornagvlug (HUMAN & ROUSSEAU/WORLD INTERNATIONAL)
1982 - Verby die vlakte (HUMAN & ROUSSEAU/WORLD INTERNATIONAL)
1980 - Die pad na Maputzi (DE JAGER-HAUM/KAGISO)
1978 - Die Duiwel is los: die ontstaan en aard van die moderne Satanisme (HAUM)
1977 - Op soek na die Johanna, illustrasies, René Eloff (DE JAGER-HAUM)

vetseun
Skrikbewind ................. 1976

1975 - (Heupvuur) Eugène Maraisprys

vetseun
Roofvis (Kortverhale) .. 1975 HUMAN & ROUSSEAU

"Met sy debuutbundel, Heupvuur, wat in 1974 verskyn het en in 1975 met die Eugène Marais-prys van die SA Akademie van Wetenskap en Kuns bekroon is, het P.J. Haasbroek uit alle oorde gunstige kritiek ontvang. Dit is verwelkom as die enigste noemenswaardige groeipunt in die Afrikaanse prosaliteratuur van 1974 en as werk van 'n skrywer met 'n eie stem.
Roofvis, Haasbroek se tweede versameling kortverhale, bevestig die betekinisvolle bydrae wat hy met sy debuurbundel tot die Afrikaanse kortverhaalkuns gelewer het. Die verhale verras telkens deur gevoelige taalgebruik en die ongewone wêreld wat dit oproep, asook deur die geslaagde vervlegting van verskillende ervarings." - stofomslag

1974 - Heupvuur (Kortverhale)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )