Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Pieter Fourie (1940-) (Fourie, Pieter)
vetseun
Jasmyn .......................... 2008 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192600

Die trauma van die "has been" ontsnap niemand nie. Die liggaam bly die gewildste prooi van tyd. Vir die hoogste bome wat die meeste wind vang, is dit dikwels pynliker en hierdie mense se opstand daarteen is pateties en vernederend.
In Jasmyn word 'n vervalle ou skoonheidsikoon, Beulah, genadeloos belig vanuit 'n ongewone invalshoek: as prooi en as begenadigde. Die verstand wat in haar vervalle liggaam gehuisves word, is egter nog naaldskerp. 'n Onverwagte erflating deur'n eertydse miljardêrminnaar word die hoogtepunt en afloop van die drama. Beulah erf R40 miljoen, mits sy 'n minnaar werf wat ten minste 20 jaar haar junior is, 'n verjongingsprogram voltooi met riglyne rakende dieet, plastiese chirurgie, sielkundige berading, hormoonmanipulasie en nuut geskepte ikoonstatus. Laasgenoemde word moontlik gemaak deurdat die oorlede minnaar geld nalaat om 'n nuwe skoonheidseep, Beulah Jasmine, internasionaal vry te stel. - graffitibooks.co.za

vetseun
Koggelmanderman (Digbundel) . 2003 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869190347

Koggelmanderman het die 2002 Nagtegaal/KKNK-prys vir nuutgeskrewe verhoogtekste ontvang en was onder regie van Marthinus Basson opgevoer. "Waar die bloukopkoggelmander sit, daar lê die vrou tevrede," lui 'n ou Boesmangesegde. So simplisties is die liefde egter nie, dit is 'n "bliksem sonder weerga".
Om die karakter Verpleegster se woorde aan te haal: "Naïef ja. Dít is die liefde. Magteloos teen die gif van jaloesie, besitlikheid en die uiteindelike kalahari-van-impotensie. Maar die verlange, dít bewaak hy soos 'n kleinood." Met die Kalahari as milieu loop Koggelmanderman op hierdie gifspoor van jaloesie in die fyntuin van die liefde. Die dialoog is skitterend en tersaaklik. En die afloop/slot is uiters verrassend. Dis dan wanneer jy weet dat jy hier met 'n meester van die drama te make het! - graffitibooks.co.za

2003 - (totale drama-oeuvre) Hertzogprys Drama

vetseun
Elke duim 'n koning (Digbundel) . 2002 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869190156

In Elke duim 'n koning is twee gevierde figure in die Afrikaanse toneelkuns se kragte aan die werk. Die begaafde Suid-Afrikaanse akteur André Huguenet het sy lewe as Klein-Gert Borstlap begin; 'n spoorwegkind wat bestem was om die pad te baan vir Afrikaanse beroepstoneel in Suid-Afrika, uiteindelik op uitnodiging klassieke rolle in Europa se voorste teaters op te tree en by herhaling bekroon te word. - graffitibooks.co.za

vetseun
Naelstring (Digbundel) . 2001/2008 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781919825656

Met Naelstring deurbreek die bekroonde dramaturg Pieter Fourie opnuut die grense van sy oeuvre. Naelstring, vir die eerste keer in 2001 by die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom opgevoer, belig die problematiek van transformasie in 'n nuwe Suid-Afrika en die soms fanatieke eise van swart bemagtiging. 'n Moeder weier om haar pasgebôre baba se naelstring te knip. Die naelstring word egter veel meer as 'n biologiese realiteit. - graffitibooks.co.za

1989 - Die groot wit roos (HAUM)
1989 - Donderdag se mense
1988 - Die koggelaar
1987 - Die proponentjie: 'n klug (PERSKOR)
1987 - Vat hom, Flaffie!: 'n klug

vetseun
Ek, Anna van Wyk .... 1986/2002 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869190248

Ek, Anna van Wyk is in 1984 geskryf vir die ATKV-kampustoneel - 'n werkswinkel vir die daarstelling van nuwe, vollengte Afrikaanse toneelmatige dramas - en in 1984 opgevoer deur die Dramadepartement van die Potchefstroomse Universiteit vir CHO.
In hierdie tweede hersiene uitgawe het Fourie die teks verder verfyn.
Sprankelende dialoog en buitengewone toneelomstandighede maak van hierdie teks ook 'n boeiende leeservaring. Akteurs onderbreek hulle rolle om as persone kommentaar te lewer op die karakter wat hulle vertolk en die regisseur, beligtingstegnikus en gehoor word as persone by die toneel betrek. Anna van Wyk se verhaal is egter hoogs toeganklik en onmiskenbaar Suid-Afrikaans. Die spel van die realiteit en die realiteit van die spel het in Fourie se drama één geword op 'n manier wat 'n soort oorrompeling is; verwarring en verbasing wat by nadenke betower. - graffitibooks.co.za

1980 - Mooi Maria
1978 - Die plaasvervangers

vetseun
Die Joiner ................... 1976 TAFELBERG

Elke jaar op 4 Oktober word ou Stil Sarel deur die oorlewende oud-stryders van die dorp verneder en gefolter - 'n wraakgerig wat voltrek word op grond van sy driedubbele 'verraad': dat hy as vyftienjarige seun in die Boereoorlog sy mense by Bloemfontein verraai het, dat hy daarna 'Adam' van 'n nuwe generasie mense durf word het deur met 'n swartvrou te trou, en dat hy desnietemin in 1948 die vermeteldheid gehad het om vir Malan te stem.
Na die mening van 'n bekende Afrikaanse letterkundige is DIE JOINER ten opsigte van konsepsie een van die gedurfste, en ten opsigte van inkleding een van die interessantste eksperimente wat nog in die Afrikaanse drama uitgevoer is - en dan eksperiment in die gunstigste betekenis van die woord'. - omslag

1976 - Faan se stasie
1975 - Faan se trein
1970 - Hansie die hanslam


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )