Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Ou gigs... 2007

2010 - 2009 - 2008 - 2007 - 2006 - 2005 - 2004 - 2003 - 2002 - 2001
2000 - 1999 - 1998 - 1997 - 1996 - 1995 - 1994 - 1993 - 1992 - 1991
1990 - 1989 - 1988 - 1987 - 1986 - 1985 - 1984 - 1983 - 1982 - 1981


'I Support WAR' Funksie: 4 Oktober 2007 by Steak 'n Ale

Kyk mense, iets wat my siel in smart dompel is mediaberigte waar 'n ses maande oue dogtertjie verkrag vetseunis of 'n driejarige seuntjie wat gesodomiseer is. Wat gaan in ons pragtige Suid-Afrika aan, waar 'n vrou elke 23 sekondes verkrag word? Ek besef my mensepassie noop my soms tot impulsiewe besluite, maar die dag toe ek Janine Rowley van WAR (Woman Against Rape) ontmoet het het ek sommer geweet hier is iemand met wie ek 'n pad wou stap. Egter kom ek vertel jul hoe die beplande 'I support WAR' aand op 4 Oktober gebôre is.

Een aand raak aan die gesels met Mari-Louise van Klopjag en so is die vetseunteer onderwerp van verkragting aangeraak. Die idee is ter tafel gelê om 'n klomp bekende kunstenaars op 'n knop te jaag om 'n WAR-konsert aan te bied. Daar is voorgestel dat ons met Charlene van Steak 'n Ale in Pretoria gesels vir 'n plek om die geleentheid aan te bied. Charlene het in 'n oogwink ingestem en daar is op Donderdag, 4 Oktober besluit as datum. Steak 'n Ale het besluit om meer as hul pond botter te gee deur ook 'n ete te borg, dus daar sit ek toe amper soos die spreekwoordelike Jack Russel wat helaas die bus se wiel gevang het, want wie gaan optree?!

Gelukkig is ek en Charly van Beeskraal goeie vrinne, ek vetseunskakel die man met die idee om hom te verlei met 'n paar 'Jaghies' en op om die beurt Beeskraal pen en potjies te betrek. Charly het sommer met die eerste oogblik ingestem om Beeskraal te skaar agter WAR, en dit 'for free' Ek sê toe mos net Tra-la-la! Egter sover met slegs vetseuneen pyl in my koker vra ek omsigtig vir Piet Botha of hy sou belangstel. Piet het so 'n teug aan sy pyp geneem en vir my gesê dat 'hy altyd die underdog ondersteun' en daar sal wees 'boots en all'. Kyk mense ek is maar 'n nederige klong, maar met diè groot gees aanboord voel ek summier onstuitbaar, soveel so dat ek sommer Mel tromp-op geloop het. Mel het vir my so oor sy twaalf-snaar geloer asof ek nou 'n onooslike vraag gevra het, so is Mel ook toe aanboord.

Ek het sommer 'n riem onder my hart gekry, want hierdie mense is bereid om gratis op te tree, hul tyd af te staan om gekrenkte siele te onderskraag. Dit was vir my net 'n verdere bewys hoeveel medemensliefde daar in ons land is, en liefde kan nie deur duisternis uitgedoof word nie. Ek besef egter dat ons 'n 'jonger band' ook aan boord moes kry. Daar is ek toe, Dinsdagaand 14 Augustus oppad huis toe en voer 'n CDvetseun, wat in my hand gestop is, in my bakkie se speler. Mense daar is mos datums wat 'n mens nooitvergeet nie, waar jy was, wat jy toe mee besig was ensovoorts en dit bly mens mos altyd by? Die eerste woorde van 'As' het my so duskant die Atterbury afrit tot helderheid geruk, toe 'Bid' en toe ek 'Minder Is Meer' hoor weet ek Radio Suid-Afrika moet 4 Oktober speel. Ek skakel toe 'n verbaasde Neil van Deventer die volgende dag en daar het WAR toe 'n volhuis.

Dit is dus vir my 'n voorreg om ieder en elk wat so sterk voel soos ons oor verkragting te nooi na die Steak 'n Ale in Lytleton, Pretoria op 4 Oktober om 19:00. Die kaartjies is slegs R120 wat dan ook 'n ete insluit, en jul kan gerus myself, Adrian, by 0725132049 skakel of praat sommer direk met Charlene by Steak 'n Ale 0722746241

2007 06 19 - Ubuntoer 2007: Zinkplaat, Die Helde, Radio Suid-Afrika, Café Barcelona
vetseun vetseun


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )