Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Oloff Die Seerower-Reeks: (Gerrie Radloff)
vetseun
Oloff die seerower #23: Kapers op die kim

vetseun
Oloff die seerower #22: Slaaf van die vyand . SIRKEL PUBLIKASIES

vetseun
Oloff die seerower #21: Die geel draak

vetseun
Oloff die seerower #20: Die verslete mantel

vetseunvetseun
Oloff die seerower #19: Die skedel . PIONIER BOEKE

vetseunvetseun
Oloff die seerower #18: Haaie van die Ooste . PIONIER BOEKE

vetseunvetseun
Oloff die seerower #17: Die kus van Barberye . PIONIER BOEKE/PRONK BOEKE

vetseun
Oloff die seerower #16: Die spookskip van Biskaje

vetseun
Oloff die seerower: #15 Die blou robyn

vetseunvetseun
Oloff die seerower #14: Die seerower se buit . PIONIER BOEKE

vetseun
Oloff die seerower #13: Die arm uit die see

vetseunvetseunvetseun
Oloff die seerower #12: Die Vloot Van Verwoesting / (eBook) . PIONIER BOEKE/PRONK BOEKE/FANTASIDIGI
Redakteur: Francois D. Maree
Bydraer: Talita van Graan; Nico Meyer ; Douw van Heerden
ISBN: 9781775910794

Skaars het Oloff van sy skrik herstel en voordat hy nog helder kan dink, het Gerhard 'n paar tree laer gespring en lewer hy die eerste steek met sy swaard na Oloff. Dit is maar te duidelik wat sy plan is: om Oloff nie weer inhegtenis te neem nie, maar om hom hier van die gras te maak. Toe hy die eerste hou wild van hom af wegklap en verdedigend agteruit spring sodat hy byna teen Rynette stamp, kom verskeie gedagtes by hom op.
Gerhard is die man wat van die begin af almal teen Oloff gewaarsku het. As hy nou ten spyte van die teenstand wat hy ondervind het nog die prestasie kan hê om die gevreesde Oloff met die swaard aan te durf en te dood onderwyl hy besig was om te ontsnap, sal hy soos 'n koning in Holland ontvang word.
Dis die jaar 1740 en die plek wat genoem word die Kaap de Goede Hoop, die seeweg om die Kaap, waar handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat teen hulle opstaan en wat alle seerowers vrees - hy is Oloff die Seerower.

vetseunvetseun
Oloff die seerower #11: Die swart seemeeu / (eBook) . 2010 FANTASI/FANTASIDIGI
Redakteur: Francois D. Maree
Bydraer: Talita van Graan; Nico Meyer; Douw van Heerden
ISBN: 9781919765273
ISBN: 9781775910787

Die ligte verblind Oloff. Hy kan nog net die flitse van die kanonne daar voor hom sien. "Oloff!" Die gil styg bo die bulderende rumoer uit. "Die lampe!" kraak sy stem hees deur sy keel, want hy weet in watter dodelike gevaar sy nou verkeer. Die koeëls reën om hulle neer. "Skop die lampe om en blus hulle!"

vetseunvetseun
Oloff die seerower #10: Aasvoëls van die See / (eBook) . 2007 SIRKEL/FANTASI/FANTASIDIGI
Redakteur: Francois D. Maree
Bydraer: Talita van Graan; Nico Meyer; Douw van Heerden
ISBN: 9781919765266
ISBN: 9781775910770

"Oloff!" bulder hy, asof hierdie verskynings nou een keer te veel gebeur. "Oloff, hóé ..." Skielik buk Oloff laag en storm onder Haak in.
Hy tref hom vol met sy swaard en dan skeur 'n pyn deur Oloff se skouer.
Dit vererger toe hy probeer terugdeins en hy besef dat die seerower hom met die skerp staalhaak agter die skouer getref het ...Dis die jaar 1740. Die plek is die Kaap de Goede Hoop. Op die seeweg om die Kaap word handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees - Oloff die Seerower. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseun
Oloff die seerower #9: Die Spioen / (eBook) . 2007 SIRKEL/FANTASI/FANTASIDIGI
Redakteur: Talita van Graan
Illustrasie: Douw van Heerden
ISBN: 9781919765259
Redakteur: Francois D. Maree
Bydraer: Talita van Graan; Nico Meyer; Douw van Heerden
ISBN: 9781775910763

Heem," sê Oloff ernstig sodra hy die bebaarde kanonnier bereik, "ek gaan nou na Henning toe. Ek ..."
"Jy sal nooit lewendig daar kom nie, Oloff!" keer Heem verskrik. "Jy sal lank voor dan platgeskiet word!"
"Dit sal beter wees as om toe te laat dat Henning en sy bemanning onskuldig sterf!"
Dis die jaar 1740. Die plek is die Kaap de Goede Hoop. Op die seeweg om die Kaap word handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees - Oloff die Seerower. - graffitibooks.co.za

vetseun
Oloff die seerower #8: Valk in die Kraaines / (eBook) . 2007 FANTASI/FANTASIDIGI
illustrasies, Douw van Heerden
Redakteur: Francois D. Maree
Bydraer: Talita van Graan; Nico Meyer; Douw van Heerden
ISBN: 9781919765242
ISBN: 9781775910756

Meteens ruk iemand die raamwerk onder Oloff uit. Sy liggaam val. Die tou span styf en hy kom skielik in die lug tot stilstand. Vir haar oorspanne senuwees is dit amper asof sy die knak van sy nek kan hoor.
Duidelik hoor sy iemand se gedempte woorde: "Oloff die Seerower is dood!" Dis die jaar 1740. Die plek is die Kaap de Goede Hoop. Op die seeweg om die Kaap word handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees - Oloff die Seerower. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseunvetseun
Oloff die seerower #7: Die Losprys / (eBook) . 2007 PIONIER BOEKE/FANTASI/FANTASIDIGI
illustrasies, Douw van Heerden
Redakteur: Francois D. Maree
Bydraer: Talita van Graan; Nico Meyer; Douw van Heerden
ISBN: 9781919765235
ISBN: 9781775910749

Meteens, maar te laat, kom hy agter dat hy tot in die hoek van die kryt teruggedryf is. As hy nou na die een of die ander kant toe uitspring, sal hy oor die pale trap en sal 'n pistoolskoot sy einde aankondig ...
Dis die jaar 1740. Die plek is die Kaap de Goede Hoop. Op die seeweg om die Kaap word handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees - Oloff die Seerower. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseun
Oloff die seerower #6: Drie Vreemde Kapers / (eBook) . 2007 FANTASI/FANTASIDIGI
Redakteur: Francois D. Maree
Bydraer: Talita van Graan; Nico Meyer; Douw van Heerden
ISBN: 9781775910732

Hy mik op die regterkantse een af - die een wat die staal nog nie geproe het nie. Die man ruk sy regterarm omhoog, maar die beweging is nog skaars halfpad toe Oloff se swaardpunt al by die staallem verbyskuur en in die man se regterarm vreet ...
Dis die jaar 1740. Die plek is die Kaap de Goede Hoop. Op die seeweg om die Kaap word handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees - Oloff die Seerower. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseunvetseun
Oloff die seerower #5: Die Verraaier / (eBook) . 2007 PIONIER BOEKE/FUNDI/FANTASI/FANTASIDIGI
illustrasies, Nico Meyer
Redakteur: Francois D. Maree
Bydraer: Talita van Graan; Nico Meyer; Douw van Heerden
ISBN: 9781775910725

Onverwags ruk die swaardpunt op, maar Oloff swaai sy wapen onder die ander in sodat hy dit met 'n slag van onder af tref en die staallem rakelings oor sy skouer verbyglip ...
Dis die jaar 1740. Die plek is die Kaap de Goede Hoop. Op die seeweg om die Kaap word handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees - Oloff die Seerower. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseun
Oloff die seerower #4: Kaptein Oloff . 2007 FUNDI/FANTASI
illustrasies, Nico Meyer

Skielik, sonder enige waarskuwing, skuif hy sy voet vorentoe en flits sy swaardpunt na Oloff se bors.
Oloff beweeg nie. Net die spiere van sy regterarm trek styf. Dan kap hy met alle geweld van onder af teen die bewegende wapen ...
Dis die jaar 1740. Die plek is die Kaap de Goede Hoop. Op die seeweg om die Kaap word handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees - Oloff die Seerower. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseunvetseun
Oloff die seerower #3: Die Skuim van die See . 1957/2007 PIONIER BOEKE/SIRKEL/FANTASI
illustrasies, Nico Meyer

Hy wil omswaai, maar dan is daar 'n brandende pyn in sy rug. Sy kop ruk agteroor en val dan vorentoe op sy bors.
Hy sien die bebloede punt van die swaard wat voor by sy bors uitsteek. Dan word dit swart voor sy oë ... Dis die jaar 1740.
Die plek is die Kaap de Goede Hoop. Op die seeweg om die Kaap word handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees - Oloff die Seerower. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseun
Oloff die seerower #2: Die Seewraak . 2007 FANTASI
illustrasies, Nico Meyer

Met die seile volgespan kloof die boeg van die Seewraak deur die water - op pad na die oop see.
Oloff kyk voor hom uit. Hy voel die wind teen sy gesig waai. Dis die jaar 1740. Die plek is die Kaap de Goede Hoop. Op die seeweg om die Kaap word handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees - Oloff die Seerower. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseun
Oloff die seerower #1: Die Swaardvegter . 2007 FANTASI

Hulle is gewone soldate. Hulle voer net bevele uit. Vir h?ulle is 'n swaard net 'n wapen om mee te veg.
Oloff van Wagenaar glimlag. Vir hóm is 'n swaard soos 'n pen vir 'n skrywer of 'n kwas vir 'n kunsskilder. Dis die jaar 1740.
Die plek is die Kaap de Goede Hoop. Op die seeweg om die Kaap word handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees - Oloff die Seerower. - graffitibooks.co.za


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)