Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Nelia Engelbrecht (Engelbrecht, Nelia)
vetseun
Verlief (eBook) ..................
ISBN: 9780799358988

Was jy al ooit verlief op iemand? Vlinders-op-die-maag-verlief. Halsoorkopdolverlief. So verlief dat jy in die geheim vir iemand 'n liedjie op jou kitaar geskryf het ... So verlief dat jy aan niks anders kon dink nie ... So verlief dat jy iets baie dom aangevang het ... Dan sal die romantiese stories in hierdie bundel jou hart tjoklits laat klop! 11 liefdesverhale deur Anzil Kulsen, Christien Neser, Elizabeth Wasserman, Elmarie Botes, Fanie Viljoen, Jaco Jacobs, Nelia Engelbrecht en Solet Scheeres.

vetseunvetseun
Alicia en die zitzappers ... 2007 HUMAN & ROUSSEAU

"Toe Alicia een oggend wakker word en die reusezit op haar neus sien, voel dit of haar wêreld inmekaar tuimel. Maar toe nog 'n paar graadsewes in zits uitslaan, begin Alicia agterdogtig raak." - storiewerf.co.za

vetseunvetseun
Die seun met die blou hare . 2007 LAPA UITGEWERS

"Luna is anders as al die ander kinders wat ek ken. En dis nie net omdat hy blou hare het, maantaal kan praat en 'n luislang vir 'n troeteldier het nie ...

Onder daardie blou hare van hom broei allerlei prettige planne uit. As Luna se oë begin blink, moet jy weet hy het aan 'n plan gedink om die skool se fietsresies te wen ... of spesiale Sleepkoekies te bak ... of skurke op hulle plek te sit ...

Saam met Luna is elke dag vol vreemde en wonderlike avonture! " - LAPA UITGEWERS

vetseunvetseun
Die Ier se ultimatum ...... LAPA UITGEWERS

" Brian O'Connor lyk soos 'n Keltiese kryger en aanvaar nie nee vir 'n antwoord nie. Misha Malan moet haar staal teen die betowering van hierdie charismatiese Ier, want haar toekoms is op die spel." - LAPA UITGEWERS

vetseunvetseun
Die liefde van 'n leeftyd . LAPA UITGEWERS

"Mikayla Malan, rykmansdogter en kroonprinses van Gentille-modehuis, het alles waarvoor enige meisie kan hoop. Boonop is sy verloof aan die blonde Apollo, Simon Lategan. Maar haar lewe verander in 'n oogwenk. Stefano met sy sigeunervoorkoms, voorliefde vir die see en 'n verpligte huwelik, verander haar lewe onherroeplik. Durf sy die ongekende begeertes van haar hart glo?" - LAPA UITGEWERS


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )