Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Natasha Sutherland (Sutherland, Natasha)
vetseun
Sprokie / (eBook) .............. 2011 CARPE DIEM
- 'n Soeke na sprankel
ISBN: 9781770312609
ISBN: 9781770313026

In hierdie boek bely Natasha Sutherland (outeur van die inspirerende topverkoper Bittersoet) dat sy haar Sprankel verloor het. Met die hulp van haar vriendinne (en ander susters), begin sy soek na haar oemf, en dokumenteer sy hierdie soektog op haar tong-in-die-kies-manier wat jou tog tot nadenke stem.
Ons weet almal hoe sprokies werk, nè? Daar's 'n prinses wat wag vir iemand om haar te kom red uit armoede, mishandeling of lewensgevaar. Dan is daar die prins (ryk, sterk en dapper) wat net op die regte oomblik opdaag. Voeg 'n towerspel hierby (goed of sleg, maar nooit neutraal nie), en siedaar: "Hulle het lank en gelukkig saam geleef ..."Maar wat gebeur ná die gelukkige einde? Wat gebeur as 'n krisis kom? As die prins nie meer verlief is nie? Wanneer die koninklike spruite tieners word? As daar afleggings in die koninkryk is ... of ons Raponsel-lokke begin grys wys? Wanneer ons so opgeneem raak in die rolle van lewensmaat, ma, besigheidsvrou, minnaar, vriendin, dogter ... dat ons op 'n dag met skok besef die sprokie is weg?"Wat het geword van die sprokieslewe waarvan ek gedroom het?"Voel jy moeg? Vasgeval, nêrens heen op pad nie? Oud en uitgewas? Leeggesuig van probeer om alles vir almal te wees?Wat het van die regte jy geword? En hoe kry jy jou Sprankel terug?Jou Sprankel is jou mojo, jou woema, jou oemf, jou glans ... jou persoonlike towerkrag.
In hierdie boek bely Natasha Sutherland (TV-persoonlikheid, kolomskrywer en outeur van die inspirerende topverkoper Bittersoet) dat sy haar Sprankel verloor het. Met die hulp van haar vriendinne (en ander susters), begin sy soek na haar oemf, en dokumenteer sy hierdie soektog op haar tong-in-die-kies-manier wat jou tog tot nadenke stem. As jy saam met haar op hierdie tog wil vertrek, sal jy vind hierdie boek loop oor van persoonlike vertellings, kundige raad, sprokies, stories uit die'regte lewe' en resepte wat jou sal help om: 'los te kom' uit daardie gevoel van vasgeval wees ... anders te dink oor mans ... jou vrouenetwerk beter te benut ... op te staan teen mishandeling en genesing te vind ... 'n Sprankeljoernaal te hou ... uiting te gee aan jou wilde kant ... jou sintuie te prikkel ... seks interessanter te maak ... en 'n sjokoladetorte te maak!

vetseun
Groen Blou ........................ 2010 CARPE DIEM
ISBN: 9781770311794

vetseun
Bittersoet (Biografie) / (eBook) . 2009 CARPE DIEM MEDIA
- Die hartsgeheime van 'n enkelvrou
ISBN: 9781770311374
ISBN: 9781770311619 (Biografie/CD)
ISBN: 9781770313095

Natasha Sutherland was die prinses wat met haar droomprins, 'n bekende Afrikaanse popsanger, getroud was en twee kroonprinsies en 'n suksesvolle beroep as aktrise en programvervaardiger in balans kon hou. Sy was dit alles en meer. Maar die sprokie van haar lewe het ten aanskou van die hele land verbrokkel. Almal weet van die dramas, die affairs en die egskeiding wat volg.In dié inspirerende boek skryf Natasha oor haar ervarings, gedagtes en sielereis. Dié verhale van verandering is hartsgeheime van'n enkelvrou oor haar aanbeweeg van "Gebreek", na "Verbind" tot om "Bevry" te wees.In die drie dele kan jy lees oor ...• Mans en liefde• Die huwelik en seks• Vroue en vriendskap• Affairs en ontrouheid•Kinders en egskeiding • Alleenheid en depressie • Engele en gebed • Stilte en dans... en hoe om 'n swembad blou te hou en skitterende kolwyntjies te bak. Aanvanklik lees 'n mens Natasha se Bittersoet belydenisse omdat jy nuuskierig is en meer oor die vrou agter al die drama en sensasie wil weet. Maar na net enkele bladsye weet jy hierdie is nie 'n outobiografie nie. Dit is woorde wat gebore is uit 'n wyse en kosbare hart en wat jou siel aanraak. Woorde wat hoe jy dink en voel oor die liefde, lewe en alles tussenin - soos vergifnis - vir altyd sal verander.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)