Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Miriam van Hee (Van Hee, Miriam)
vetseun
In Plaas Van Stilte ............ 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869195434

Miriam van Hee is tans een van die mees gelese digters in die Lae Lande. In hierdie keuse uit haar poesie het Daniel Hugo, die vertaler, hom in sy keuse eerstens laat lei deur die vertaalbaarheid van die verse, maar ook probeer om die Afrikaanse leser 'n oorsig te bied van haar werk. Van hee se poesie is so gestroop soos takke wat hulle blare verloor in die herfs, die seisoen wat dikwels in haar gedigte genoem word. Stemmings van stilte, afwagting en leegheid is oorheersend. Al is die landskappe waaroor sy skryf, met sneeu bedek, en al is die stede en huise waarin die verse geplaas word, die van 'n vreemde land, sal die Suid-Afrikaanse leser die emosies van verlies, weemoed en verlange maklik kan herken en daarmee identifiseer. Daniel Hugo slaag uitmuntend daarin om die delikate wereld van hierdie Vlaamse woordkunstenaar in glashelder Afrikaans oor te sit.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)