Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Leon Rousseau (Rousseau, Leon)
vetseun
Storieman Omnibus 4 ..... 2013 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798159906

Hierdie omnibus-uitgawe bevat twee van die gewildste vervolgreekse met ongeveer 10 stories uit die bekende Storieman-deelwerk. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD's in, sodat almal heerlik saam kan lees en luister!
By die huis, of in die motor . . . Storieman is daar!
"Pinocchio" vertel die klassieke verhaal van 'n houtpop wat graag 'n regte seuntjie wou word. Dan volg die immergewilde storie-reeks,"Heidi", waarin 'n weeskind gestuur word om by haar iesegrimmige oupa in'n berghut in die Alpe te gaan woon.

vetseun
Storieman Omnibus 3/2CD . 2013 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798159821

In hierdie uitgawe is Gobbolino, die geliefde heksekat, weer terug! Kom luister ook saam na gunstelinge soos "Die Gelukkige Prins", "Die Gobbelrot" en "Die Groot, harige bogman" en kom lag lekker vir stories soos "Die groot pasteiwedstryd" en "Eierdrome". Hier is ook feeverhale soos "Skoonlief en die ondier" en "Aspoestertjie" om weer van nuuts af te betower!In hierdie uitgawe is Gobbolino, die geliefde heksekat, weer terug! Kom luister ook saam na gunstelinge soos "Die gelukkige prins", "Die Gobbelrot" en "Die groot, harige bogman" en kom lag lekker vir stories soos "Die groot pasteiwedstryd" en "Eierdrome". Hier is ook feëverhale soos "Skoonlief en die ondier."
Storieman Omnibus 1 and Omnibus 2, recently published in 2012, has been a fantastic success. And now a third collection follows, with more favourite stories every Storieman fan has been waiting for! This collection brings back everybody's favourite: Gobbolino¸the witch's cat! There is also "Die gelukkige prins", "Die Gobbelrot" and "Die groot, harige bogman". Humorous stories like "Die groot pasteiwedstryd" and„"Eierdrome" will entertain and delight, while fairy tales like"Skoonlief en die ondier" and "Aspoestertjie" will enchant readers of all ages!
This edition once again includes the original sound recordings on two audio discs.

vetseun
Die Loraks .......................... 2012 HUMAN & ROUSSEAU
Vertaling: Leon Rousseau
ISBN: 9780798158411

vetseun
Storieman Omnibus 1 ..... 2012 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798156967

Die Storieman-reeks wat in die 1980s deur Leon Rousseau uitgegee is, was ongetwyfel een van die grootste kinderboeksuksesse van ons tyd. Hierdie omnibus-uitgawe is 'n versameling van die mooiste en gewildste plaaslike- en feëverhale uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CDs in. Kom luister in hierdie uitgawe saam na geliefde verhale soos "Besie", "Van Hunks en sy pyp" en"Wolraad Woltemade", asook na die klassieke "Brolloks en Bittergal" en"Jakkals en Wolf"-stories. Hier is ook feëverhale soos "Die drie varkies" en "Gouelokkies" om weer van nuuts af te betower! Storieman is so ontwerp dat selfs die jongste kind dit kan gebruik. 'n Ghongslag klink elke keer wanneer die bladsy omgeblaai moet word, sodat dit maklik is om die storie in die boek te volg. By die huis, in die motor... Storieman is daar! Honderde aanhangers wag reeds opgewonde vir hierdie opwindende nuwe uitgawes!

vetseun
Die Kaskenades Van Jakkals En Wolf . 2011 LAPA UITGEWERS
Redakteur: Leon Rousseau
ISBN: 9780799349658

Arme Wolf! Waar hy ook al kom, probeer die skelm Jakkals hom 'n streep trek.
Die hare waai behoorlik - en saam beleef die twee van hulle allerhande skreeusnaakse avonture.

vetseun
Die Groot Avontuur ......... 2006 HUMAN & ROUSSEAU
- Wondere Van Die Lewe Op Aarde

vetseun
Eugène Marais: Versamelde werke - Deel 1 . 2006 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Eugène Marais: Versamelde werke - Deel 2 . 2006 HUMAN & ROUSSEAU

2004 - Fritz Deelman Reeks (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Eugène Marais and the Darwin syndrome/Die Dowwe Spoor Van Eugène Marais . 2000 PROTEA BOEKHUIS

vetseun
Nuwe Verset (Digbundel) . 2000 PROTEA BOEKHUIS
saamgestel, Daniel Hugo, Phil du Plessis, Leon Rousseau
ISBN: 9781919825281

vetseun
Die Boere-oorlog (vertaal, Thomas Pakenham) . 1999

Thomas Pakenham het besluit om die verhaal van die laaste groot imperiale oorlog met behulp van eerstehandse en grootendeels ongepubliseerde berigte van tydgenote te vertel. Hy het die oorspronklike dokumente in die argiewe van Engeland gefynkam. Hy het daarin geslaag om die private geskrifte van die meeste van die belangrike deelnemers op te spoor, bv dié van Sir Redvers Buller, Opperbevelhebber van die Engelse magte in Suid-Afrika 1899.
Hierdie briewe het lank onder 'n biljarttafel in Buller se huis in Devon bly lê. Uit die koffers vol papiere wat Lord Roberts versamel het, het hy belangrike materiaal opgediep. Hy het 'n massiewe geheime joernaal van die Britse militêre inligtingsdiens ontdek en op private briewe van die Minister van Oorlog en ander lede van die Britse Kabinet afgekom. Hierby het hy etlike honderde stelle briewe en dagboeke gevoeg van manne wat aan die oorlog deelgeneem het. Ten slotte het hy die herinneringe van meer as vyftig oorlewendes aan albei kante op band vasgelê.
Die verhaal wat Pakenham uit hierdie geskiedkundige goudmyn opgebou het, is so aangrypend en leesbaar as 'n roman.
In Leon Rousseau se vertaling word hierdie meesterlike verhaal nou aan 'n nog wyer leserskring bekend gestel. - graffitibooks.co.za

1993 - 'n Toevlug in die weste (RUBICON PERS)
1979 - Die Boere-oorlog - Thomas Pakenham 1981 vertaal Leon Rousseau (Jonathan Ball, JHB; 1999, PROTEA BOEKHUIS)
1986 - Beste van Eugène Marais (PROTEA BOEKHUIS)
1984 - My eerste tweetalige woordeboek, verwerk, Merwe Scholtz; Prof. I.E. Hart; Leon Rousseau

vetseun
Langenhoven in Volkleur ... 1983 LESERSKRING
redigeer, Leon Rousseau, illustrasie, Angus Mcbride

vetseunvetseunvetseun
Die Groot Verlange (Biografie) . 1974/1984/2005 PROTEA BOEKHUIS
- Die verhaal van Eugène N. Marais deur Leon Rousseau
ISBN: 9781869191047 (2005, PROTEA BOEKHUIS)

1974 - Die Diere-ABC, verwerk - Leon Rousseau; Willem Jordaan

vetseun
Die Groot Oerwoudboek . 1967 HUMAN & ROUSSEAU
onder redaksie van Leon Rousseau

1965 - Marco Polo van Venesië (TAFELBERG)

vetseun
Die Florentyn: die verhaal van Leonardo Da Vinci . 1962/1964/1966 TAFELBERG

Om die lewe van die merkwaardige Leonardo da Vinci het Leon Rousseau hierdie boeiende historiese roman geskryf. Dit strek die outeur tot besondere eer dat hy uit sy boustowwe met soveel oorgawe en so delikaat onderskeidend 'n dramatiese verhaal ineen kon weef wat met 'n enkele woord of sin soms vir die volwasse, sowel as jeugdige leser, 'n intieme beeld optower uit daardie veelbewoë jare. Maar Die Florentyn gee nie net 'n breë en insiggewende blik op 'n reuse-figuur . nie; ook nie net op die geskiedkundig belangrike tyd waarin hy geleef het nie. In die eerste plek is dit die aangrypende verhaal van 'n mens. 'n Tragiese gebrek het Da Vinci se lewe oorheers en hom tot op sy sterfbed gevolg met die kwellende gedagte dat hy sy kragte nooit ten volle benut het nie. Hierdie gebrek is die tema van Die Florentyn.
Hy was die skilder van Die Laaste Awendmaal en die Mona Lisa, twee van die wêreld se beroemdste kunswerke. Vyfhonderd jaar voor die Wright-broers het hy die beginsels van vlug neergelê en toestelle gebou wat sou gevlieg het as hulle met masjiene toegerus kon word. Hierdie feite is aan die meeste mense bekend. Dit is egter maar twee fasette van hierdie merkwaardige mens, die veelsydige produk van die Renaissance en miskien die grootste genie wat ooit geleef het. 'n Halwe duisend jaar ge1ede het Leonardo 'n vroeë duikboot, paddamondering en pantsertenk ontwerp, vuurwapens uitgevind wat lank na sy dood eers verwesenlik is, en op die gebied van stadsuitleg beginsels neergelê waarna vandag nog gestreef word. In die geneeskunde het hy sy bedrewenheid as chirurg gepaar met sy groot kunsvermoë en ontleedkundige sketse gelewer wat sy tyd eeue vooruit was. Sy nywerheidsuitvindings en beskouinge oor meganisasie herinner eerder aan ons tyd as aan die vyftiende eeu, terwyl suiwere navorsing by horn 'n plek ingeneem het wat eers vandag weer daaraan toegesê word.
Boonop was hy buitengewoon musikaal, buitengewoon aantreklik, en buitengewoon sterk: kortom - die Renaissance-ideaal van die volledige mens. - stofomslag

vetseun
Die Ondankbare Slang ..................

'n Ou Afrikaanse volksverhaal, oorvertel deur Leon Rousseau met tekekinge deur Karin Strömsöe


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )