Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Leon de Villiers (De Villiers, Leon)

"Leon de Villiers is 'n oud-onderwyser wat reeds verskeie toekennings vir sy skryfwerk ontvang het, waaronder die Scheepersprys vir jeuglektuur, die M.E.R.-prys vir kinderlektuur en die ATKV-kinderboektoekenning. Die humoristiese illustrasies is deur Nicolene Louw." - LAPA UITGEWERS

vetseunvetseun
Toko .............................. 2007 TAFELBERG/LAPA UITGEWERS

" Sy naam is Toko. Dit beteken klei. Hy is pas deur sy stiefpa, hoofman Jeroba, aangewys om die jong leeus te gaan roep.

Die jong leeus wat as volwaardige manne sal terugkeer, hulle hare afgeskeer. En saam met hulle hare bly alles wat hulle verkeerd gedoen het op die berg agter. Ook dit wat vannag daar bo in die berg gebeur. Tot môre geld daar geen wette vir hulle nie. Hulle kan doen net wat hulle wil. Niemand sal ooit daaroor praat nie - net soos almal swyg oor die verskriklike ding wat die vorige jaar op die berg gebeur het ...

Die jong leeus se tromslae dreun al hoe uitdagender. En saam met hulle op die berg is Toko se hatige halfbroer, Sjal, die luiperd. Sjal wat glo sy pa het hom so genoem omdat die luiperd bedoel is om spore in die klei te trap. Diep spore. Dodelike spore ..." - LAPA UITGEWERS

vetseunvetseun
Maroelaboomstories ........ 2005 LAPA UITGEWERS
Leon de Villiers; Emily Bornoff

" Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Dit is hulle gunsteling slaapboom. Almal klim en klouter op soek na die gemaklikste slaapplek. Die klein bobbejaantjies wil eers gou nog gryp-en-knyp speel, maar die groot bobbejane raas kwaai. Die son sak vinnig en die nag is op pad. Daar is nie nou tyd vir speletjies nie. Dit duur 'n rukkie voor almal tot ruste kom. Maar uiteindelik het selfs tant Skurwestert die regte mik vir haar moeë lyf. Dit is doodstil. Die bobbejane wag vir die aandster se koms. Wie gaan die ster vanaand eerste sien?
"Daar is hy!" roep een van die jonges.
Skaars het die ster verskyn of 'n stemmetjie pleit: "Vertel vir ons 'n storie, asseblief!"
"Ja, 'n storie, 'n storie!" weerklink dit van tak tot tak.

Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie, waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het? Dan is hierdie storiebundel met 15 oorspronklike diereverhale net vir jou!

Maroelaboomstories is Leon de Villiers se negende boek wat by LAPA Uitgewers verskyn. Hy het reeds verskeie toekennings vir sy werk verower, waaronder die Alba Bouwerprys vir kinderliteratuur en die C.P. Hoogenhout-medalje vir Droomoog Diepgrawer en die Scheepers-prys vir Die pro. Die illustreerder, Emily Bornoff, is in Londen gebôre en is tans besig met 'n kursus in Uitgewerswese aan die Universiteit van Pretoria." - LAPA UITGEWERS

vetseunvetseun
Ek en my monster: 'n Handleiding vir beginners . 2005 LAPA UITGEWERS
Leon de Villiers; Marjorie van Heerden

"Wou jy nog altyd jou eie monster gehad het? Dan is hierdie die boek vir jou! 'n Volledige gids tot die versorging van jou monster. Die boek bevat nuttige wenke oor die keuse van 'n monster, die voeding en higiëne van monsters, die beste blyplek vir jou monster en hoe om jou monster toertjies te leer. Het jy byvoorbeeld geweet dat die Russiese Trippelboggel geleer kan word om tee te maak? Die middelste boggel het 'n opening wat wonderlik as teesif werk. Die Amsterdamse Huidkraker met sy kort, harde haartjies, kan weer redelik maklik as 'n besem opgelei word. Daar is geen beter deurstop as die Siriese Moep nie. Die Moep, wat net van dadelpitte leef, sal indien dit reg geleer is, langs 'n deur nesskrop en dan daar bly lê vir die res van sy lewe. Al wat die eienaars dan moet doen, is om so elke drie maande 'n handvol dadelpitte in die Moep se maagholte te druk, en 'n paar druppels olyfolie agter die gehoorgleuf te smeer.
Geskik vir alle monsterliefhebbers van 9 tot 90." - LAPA UITGEWERS

vetseunvetseun
My sussie se tande .......... 2004 LAPA UITGEWERS

"Klein Jannie du Plooy het 'n nuwe babasussie waarop hy sommer baie trots is. Maar dan begin sy tande kry, en skielik is sy glad nie meer so oulik en fraai nie. Sy skreeu van die môre tot die aand en byt selfs 'n gat reg deur haar bed! Daarna begin sy weglê aan die mat en die deur, en klein Jannie moet vlug voor sy bytende sus! Hierdie halsoorkop en oorspronklike prenteboek is geskik vir voorlees en selflees, en sal kleuters vir ure aan die giggel hou." - LAPA UITGEWERS

vetseun vetseun
Erik en die Kido-dinges . 2003 TAFELBERG
illustrasies, Nicolene Louw

"ERIK EN DIE KIDO-DINGES

Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos 'n biblioteek. Maar by 'n kidoteek ruil 'n mens nie boeke om nie. By 'n kidoteek ruil 'n mens kinders om. Wanneer Erik se pa-hulle hom by die kidoteek gaan omruil vir 'n meer gehoorsame en ordentlike krulkop-dogtertjie, beland hy by Meneer en Mevrou de Kommer. Dié twee bekommer hulle oor alles - motorfietse, inbrekers, monsters, satelliete en insekte. Skielik lyk Erik se eie gesin vir hom glad nie meer so sleg nie en verlang hy selfs so 'n bietjie na hulle.

Net toe dinge onuithoudbaar begin raak by die De Kommers, ontdek hy dat daar ook 'n oudoteek is waar ouers omgeruil kan word. En wie tref hy by die oudoteek aan toe hy die De Kommers gaan omruil? Niemand anders as sy eie ouers nie - en hulle smeek vir Erik om hulle terug te neem! Humoristiese en oorspronklike verhaal vir 9-11-jariges.

Leon de Villiers is 'n oud-onderwyser wat reeds verskeie toekennings vir sy skryfwerk ontvang het, waaronder die Scheepersprys vir jeuglektuur, die M.E.R.-prys vir kinderlektuur en die ATKV-kinderboektoekenning. Die humoristiese illustrasies is deur Nicolene Louw." - LAPA

vetseun
Die klein seuntjie en die drake . 2003 TAFELBERG

2003 - vertaal, Cheeky the Crocodile - Janie Oosthuysen (LAPA UITGEWERS) (TAFELBERG)
2003 - (Droomoog Diepgrawer) Alba Bouwerprys van die Akademie

vetseunvetseun
Parmant ................................ 2003 LAPA UITGEWERS/TAFELBERG

'Parmant stap deur die bos, maar almal karring aan hom. Meerkat wil sy keel kielie, Vlakvark wil sy magie krap en jakkals wil oor sy skubbe streel. "Nee!" sê Parmant elke keer:" Dit is my lyfie en ek sê: nee, nee, nee!" Sy ma is sommer baie trots op haar dapper seun wat al die diere so op hulle plek sit.' - LAPA UITGEWERS

vetseunvetseun
Droomoog diepgrawer .. 2003 LAPA UITGEWERS

"Lank-lank gelede was die Diepgrawers 'n groot erdfamilie, maar nou is daar net ses van hulle oor - Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling, Droomoog, Witstert en Snoetie.

Die ander erdfamilies maak al hoe meer snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar ook omdat hulle allerhande on-erdse dinge aanvang. Die jong Diepgrawers klouter dan selfs in bome rond!

Wanneer Droomoog een nag iets doen wat geen opregte erd ooit mag doen nie, is dit die laaste strooi. Die Diepgrawers moet gestraf word - hulle moet veld-uit!
Sal Droomoog kan regmaak wat hy verbrou het? En sal hy kan ontsnap van die woeste vuur en die verskriklike Vreet se kloue?
Die atmosferiese illustrasies is die werk van die beeldhouer en installasie-kunstenaar, Berco Wilsenach. Vir 9- tot 12-jariges. Sagteband; 167mm x 230mm" - LAPA UITGEWERS

2002 - Wat doen jy Daniël? (TAFELBERG)

vetseun
Elsie soek 'n strooihoed ... 2001
ATKV- kinderboektoekenning

vetseun
Groete Van Die Hiëna . 2000 TAFELBERG

1998 - (Die Pro) Scheepersprys vir Jeugliteratuur
1997 - (Die Pro) Sanlamprys vir Jeugliteratuur beginnerwenner, M.E.R.-prys, Scheepersprys van die Akademie

vetseun
Die Pro ........................ 1997 TAFELBERG

vetseun
Aliens en Engele ........ 1996 TAFELBERG

vetseunvetseunvetseunvetseun
Erik en die Kido-Dinges/Herdruk . LAPA UITGEWERS

"Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos 'n biblioteek. Maar by 'n kidoteek ruil 'n mens nie boeke om nie. By 'n kidoteek ruil 'n mens kinders om. En dis presies wat Erik se pa-hulle met hom doen. Hy beland by Meneer en Mevrou de Kommer wat hulle oor als bekommer - motorfietse, inbrekers, monsters, satelliete en insekte. Skielik lyk Erik se gesin vir hom glad nie meer so sleg nie en verlang hy selfs so 'n bietjie na hulle!
Net toe dinge onuithoudbaar begin raak by die De Kommers, ontdek hy dat daar ook 'n oudoteek is waar ouers omgeruil kan word. En wie tref hy by die oudoteek aan toe hy die De Kommers gaan omruil? Niemand anders as sy eie ouers nie - en hulle smeek vir Erik om hulle terug te neem! Humoristiese en oorspronklike verhaal vir 9- tot 11-jariges." - LAPA UITGEWERS


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )