Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Kobus Galloway (Galloway, Kobus)
vetseun
Idees Vol Vrees - Volume 2 / (eBook) . 2012 ZEBRA PRESS
ISBN: 9781770225107
ISBN: 9781770225121

Idees Vol Vrees Volume 2 bevat meer as 150 tekenprente, waaronder die gewildstes (dié waarvan Facebook-gebruikers die meeste hou) en meer as 100 nuwe tekenprente wat nog nêrens anders verskyn het nie.
Kobus Galloway se Idees Vol Vrees-tekenprente is nou nóg meer bekend as wat dit'n jaar gelede was: sy aanhangers op Facebook het verdubbel tot meer as 50 000, en die eerste IVV boek was 'n reuse sukses. Hierdie ongewone, spitsvondige en grappige Afrikaanse tekenprente, wat gewoonlik gepaard gaan met dubbelsinnige eenreël-woordspelings, is 'n groot gunsteling onder Suid-Afrikaners. Wonderlik vir die klaskamer, die braai of selfs die koffietafel! Idees Vol Vrees Volume 2 bevat meer as 150 tekenprente, waaronder die gewildstes (dié waarvan Facebook-gebruikers die meeste hou) en meer as 100 nuwe tekenprente wat nog nêrens anders verskyn het nie. Dit is 'n moet-hê vir die tienduisende bestaande bewonderaars, en sal ongetwyfeld 'n hele klomp nuwes skep. As 'n bonus is daar ook 50 oorspronklike eenreël-woordspeling grappies wat deur Kobus geskryf is bygevoeg.

vetseun
Idees Vol Vrees / (eBook) . 2011 ZEBRA PRESS
ISBN: 9781770223745
ISBN: 9781770223752

Kobus Galloway se Idees vol vrees-tekenprente het Suid-Afrika binne maande na hul eerste verskyning stormenderhand verower. Die ongewone, spitsvondige en grappige Afrikaanse tekenprente gaan gewoonlik gepaard met dubbelsinnige eenreel-woordspelings en is enig in hul soort. Die reeks het baie gou ingang gevind: net 100 dae nadat Galloway 'n Facebook-blad begin het om sy tekenprente bekend te stel, het hy reeds byna 25 000 bewonderaars gehad. Idees vol vrees word op dosyne webwerwe oral op die internet genoem en verskyn ook in Huisgenoot en ander publikasies. Hierdie versameling bevat meer as 150 tekenprente, waaronder die gewildstes (die waarvan Facebook-gebruikers die meeste hou) en meer as 50 nuwe tekenprente wat nog nerens anders verskyn het nie. Dit is 'n moet-he vir die tienduisende bestaande bewonderaars, en sal ongetwyfeld 'n hele klomp nuwes skep.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)