Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Katrien van Zyl (Van Zyl, Katrien)
vetseunvetseun
Katrien Se Mini-koeke ..... 2013 METZ PRESS
ISBN: 9781920479671

Hierdie boek spog met meer as 20 koekversierprojekte wat alles van begin tot einde uiteengesit word. Jy maak gebruik van klein sjokoladeversierings, mini-koeke, kolwyntjies, koeklollies en bruintjies, met effens groter minikoeke wat as fokuspunte kan dien.
Elke projek het drie tot vier koekitems met dieselfde tema, met duidelike aanwysings en stap-vir-stap foto's wat dit sommer verspot maklik maak. Deeglik getoetste koek- en vulselresepte gee riglyne om die hoeveelhede te vermeerder om aan jou vereistes te voldoen, en daar is patroonplate wat vir die versierings gebruik kan word. Die skrywer deel hope wenke en kortpaaie wat oor jare van eksprimentering opgebou is om die beste bestanddele en tegnieke vir die beste resultaat te verseker. Die pragfoto's van elke projek toon dat koekversiering inderdaad 'n kunsvorm geword het, maar die maklike aanwysings plaas die projekte binne die vermoe van elkeen wat dit kan volg. Die projekte is van maklik tot gevorderd gegradeer, dus is daar regtig iets vir almal.

vetseunvetseun
Katrien Se Koeke ........... 2011 METZ PRESS
- Smullekker resepte en oorspronklike sjokoladeversierings
ISBN: 9781920479169

Meer as 20 oorspronklike koekontwerpe met deeglik getoetste resepte, klein sjokoladeversierings, minikoeke en kolwyntjies, alles stap vir stap gedemonstreer. Katrien deel wenke en kortpaaie wat sy met jare se eksperimente ontdek het.
Katrien is dol oor sjokolade en gebruik dit as versiering vir koeke omdat dit so 'n veelsydige medium is. In hierdie boek wys sy jou hoe om pragtig versierde koeke te skep: vars, eietyds, prettig en onweerstaanbaar. Daar is tegnieke en idees vir almal, of jy nou sommer 'n klaargemaakte koek koop en versier of met sorg jou eie heerlike koek bak volgens die resepte in die boek, of jy net vir spesiale geleenthede iets bak, of daagliks oonde vol koeke vir 'n tuisbedryf kafdraf. Met meer as 20 oorspronklike koekontwerpe, asook klein sjokoladeversierings, minikoeke en kolwyntjies, alles stap vir stap gedemonstreer, kan jy maklike leer hoe om jou eie meesterstukke te skep. Katrien deel wenke en kortpaaie wat sy met jare se eksperimente ontdek het. Die koekresepte is deeglik getoets, en saam met die smullekker vulselresepte met riglyne vir die vermeerdering van bestanddele na gelang van jou behoefte, asook patrone vir die versierings, maak dit van hierdie boek 'n onmisbare gids vir almal wat graag bak. Die inhoud dek die volgende: Basiese tegnieke; gereedskap; soorte sjokolade; hoe om met sjokolade te werk; die vul en bedek van koeke; hoe om koeke te stapel; koekbordversiering; ontwerpe; basiese resepte; porsiegids; vervoer en bere; uitmekaarhaal en sny; patrone. Die pragfoto's laat reg geskied aan die pragkoeke wat elkeen daarvan getuig dat koekbak 'n kunsvorm geword het. Die projekte is gegradeer van maklik tot gevorderd, dus is daar iets vir almal.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)