Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Karl Kielblock (1907-) (Kielblock, Karl)

Karl Kielblock is 'n Karoo-seun. Hy is op 23 Oktober 1907 in Beaufort-Wes gebôre. Sy skoolloopbaan het hy aan "Boys High" in die Paarl voltooi en daarna het hy aan die Opleidingskollege Paarl gestudeer.
In 1928 is hy as onderwyser aangestel aan die Laerskool Hendrik Louw in die Strand. Daar het hy tot in 1967 gebly, met slegs 'n onderbreking van ses maande toe hy gemoeid was met die stigting van die Laerskool Lochnerhof.
In 1936 is Karl Kielblock se eerste boek, Die Skat van Java, gepubliseer. Sedertdien het hy talle romans, speur- en spanningsverhale die lig laat sien. Daaronder is 'n groot aantal jeugboeke. Sy arbeid is beloon toe die Scheepersprys in 1970 vir Rebel toegeken is. Elke boek is die resultaat van intensiewe navorsing wat dikwels besoeke insluit aan die landsdele waar die verhale afspeel.
Vir afleiding lees, swem, stap en speel mnr. Kielblock tennis en gholf. Maar sy grootste liefde bly steeds skryf. Die liefde het hom al selfs skoolhoofskappe van die hand laat wys. - stofomslag (Die skaam man)

1979 - Die Helder Stad
1977 - Die Swaard Verteer (NASIONALE BOEKHANDEL)
1970 - (Rebel) Scheepersprys vir Jeugliteratuur

vetseun
Lafras Cuyper en die Hirondelle . 1970 TAFELBERG

1970/1971 - Lodewyk Alleman se Soektog (TAFELBERG)

vetseun
Rebel .......................... 1969 TAFELBERG

1969 - Guillam Woudberg keer terug
1968 - Die Lafaard

vetseun
Lafras Cuyper/Kanonnier . 1967

vetseun
Vaandrig Freyn ............... 1966

vetseun
Skuil in die skaduwees . 1965 VOORTREKKERPERS

vetseun
Moord op Eendevlei . 1964/1971 NASIONALE BOEKHANDEL

vetseun
Nooi uit die Vreemde . 1961/3 NASIONALE BOEKHANDEL

vetseun
Verhale uit Herodotos . 1961/77 TAFELBERG

vetseun
Mooier as die Blomme (Frans Lindenhof 1) . 1961 NASIONALE BOEKHANDEL

vetseunvetseun
Die Skaam Man (Frans Lindenhof 2) . 1959/1967/1978/1981 TAFELBERG

"Wat maak 'n baie skaam man as hy op 'n Karoodorp gaan vakansie hou en daar deurmekaar raak met 'n mooi nooi en 'n klomp misdadigers? Dit is presies wat met die Kapenaar Matthys Deurman gebeur, en dit net omdat hy bevriend is met die beroemde en gedugte speurder Frans Lindenhof.
Die bende is snags besig met hul waaghalsige en roekelose bedryf op 'n klein eensame plasie. Maar bedags beweeg hulle sonder verdenking tussen die mense in die dorp rond. Die nooi voer haar eie, gevaarlike oorloggie teen die misdadigers in 'n poging om 'n familielid uit hul greep te verlos.
Deurman is die man wat hulle teen wil en dank moet pak as die nooi in die moeilikheid beland. Die feit dat hy saam met die leier van die bende onder een dak woon, kompliseer sake net nog verder. En as die bende van Deurman ontslae wil raak en hom op die trein laai terug Kaapstad toe, is dit byna die einde - veral omdat die meisie wat hy Iiefhet, agterbly.
Karl Kielblock se speurromans oor Frans Lindenhof word nou nuut en as 'n reeks uitgegee. Almal wat die eerste een, Mooier as die blomme, gelees het, sal weet wat om van Die skaam man te verwag: vasgrypspanning by uitnemendheid." - stofomslag

1958/1964 - Soos Water op die Grond (NASIONALE BOEKHANDEL)

vetseunvetseun
Onrus op Rusdal (Frans Lindenhof Boek 5) . 1958 NASIONALE BOEKHANDEL

1957/1963 - Die Swaard Verteer (NASIONALE BOEKHANDEL)

vetseun
Adriaan Deneys ........... 1956

1950 - Die Swaard Verteer
1948 - Moord op Allsverloren
1936 - Die Skat van Java

vetseun
Skuil In Die Skaduwees .

vetseun
Daar het'n ster verskyn .

vetseun
Onder Die Stil Waters .

vetseun
Die Erfenis .....................

vetseun
Lafras Cuyper In Die Britse Lokval .

vetseun
Luitenant Lafras Cuyper .

vetseun
Guillam Woudberg ........


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )