Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Karin Brynard (Brynard, Karin)
vetseunvetseun
Onse Vaders / (eBook) . 2012 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798158237
ISBN: 9780798158312

Nie vir sensitiewe lesers nie! *
'n Huisroof loop skeef in 'n miljoenersbuurt van Stellenbosch. Die slagoffer, 'n aantreklike rooikopvrou, se vernielde lyk word na skool deur haar kinders ontdek. Kaptein Albertus Markus Beeslaar besoek die pragtige Bolandse dorp van gewels, geld en wyn en word teen sy sin betrek by die moordondersoek.
In'n miljoenêrsbuurt van Stellenbosch loop 'n huisroof skeef. Die slagoffer, 'n aantreklike rooikopvrou, se vernielde lyk word deur haar kinders ontdek.
Kaptein Albertus Markus Beeslaar, op besoek aan dié pragtige Bolandse dorp van gewels, geld en wyn, word teen sy sin by die ondersoek betrek. Saam met die formidabele kaptein Vuyokazi Quebeka word elke kultuur- en geldklip op dié dorp omgedop op soek na die moordenaar.
Vyftienhonderd kilometer noord van Beeslaar beland sersant Johannes Ghaap in Soweto, 'n lewensgevaarlike plek vir buitestanders - soos Ghaap. Maar daar is nie tyd om behoorlik ingebreek te raak nie, want Ghaap moet gaan soek na 'n vrou en haar kind wat tydens 'n motorkaping ontvoer is en iewers in hierdie vreemde plek van miljoene sink- en bokshuisies aangehou word. In die proses moet The Father aangedurf word - 'n man met so 'n wrede reputasie dat die meeste mense glo hy is bloot'n urban legend . . .

vetseun
Plaasmoord / (eBook) . 2009 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798151160
ISBN: 9780798154871

Plaasmoorde het nooit juis vasstrapplek gekry in die ylbevolkte Noord-Kaap nie - maar dan word Freddie Swarts, 'n dertigjarige opkomende skilder, en haar aangenome dogter aaklig vermoor. Speurder-inspekteur Albertus Beeslaar, pas uit Johannesburg verplaas om 'n nuwe veediefstal-eenheid op die been te bring, moet die hoeprofiel-plaasmoord oplos. Maar daar's komplikasies. Een van hulle is Saar Swarts, die vermoorde Freddie se suster. Buiten skok en hartseer probeer Saar ook haar skuldgevoel jeens haar suster verwerk. In die proses kom sy af op Freddie se skilderye waarin sy haar eie moord in skokkende realiteit uitbeeld, en ontdek sy briewe van 'n regse politieke groep met doodsdreigemente teen Freddie. Boonop begin sy vermoed dat Freddie se nuwe voorman nie is wie hy voorgee om te wees nie. Saar se grootste uitdaging raak nou om die res van die mense om haar te oortuig dat die moord op Freddie en haar kind nie 'n plaasmoord in die "gewone sin van die woord" was nie. En sy sweer sy sal nie rus voor sy nie die ware moordenaar/s opgespoor het nie.
Beeslaar, daarenteen, se grootste stryd is teen homself: Hy's net nie meer die gatskop-polisieman van vroeer nie... Kort voor lank word hy en Saar ingetrek by bisarre gebeure soos die moord op 'n bobbejaan, 'n veediefstal-sindikaat wat sangoma's inspan, 'n groep boere-vigilantes wat oorlog verklaar teen die geweld in die land... En uiteindelik nog 'n moord...


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)