Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Jaco Fouché (Fouché, Jaco)
vetseun
Verstevlei / (eBook) ... 2013 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798157797

Soos'n Don Quijote van ouds dool Renier Proot deur die Suid-Afrikaanse landskap: van 'n uitsiglose bestaan in 'n woonstel in Vereeniging en Huis Genade waar sy suster Michelle opgeneem is, tot die plaas Verstevlei in die Boland waar hy hulp en stuurjonge is vir die bejaarde Bill Andrais, tot 'n kamer in Kaapstad en 'n kroeg in Bellville. Oral op Renier se pad is daar vreemde en vlugtige ontmoetings, en sy omswerwinge raak 'n ondersoek na identiteit, maar veral na die sin van die lewe. Jaco Fouché se kenmerkende skryfstyl - fyn gestem, suiwer, ironies, komies - sorg vir 'n onvergeetlike verhaal.
Oral op Renier se pad is daar vreemde en vlugtige ontmoetings, en sy omswerwinge raak 'n ondersoek na identiteit, maar veral na die sin van die lewe. Jaco Fouché se kenmerkende skryfstyl - fyn gestem, suiwer, ironies, komies - sorg vir 'n onvergeetlike verhaal.

vetseun
Die Grysland-Verblyf .... 2010 KWELA
ISBN: 9780795702969

Phillip is 'n skilder met een uitstalling agter die rug. Om den brode begin hy weer by 'n finansiële instelling in Bellville werk. Hy bly net om die draai en naweke neem hy die trein na die middestad om sy nuwe kunstenaarsvriende te besoek. Een oggend op die trein besef hy dat mense hom met agterdog bejeën. Ook sy buurman het 'n vendetta teen hom en daar is 'n reuk in sy woonstel wat hom telkens oorweldig...Die grysland-verblyf is 'n teer, onsentimentele blik op die geleidelike aftakeling van 'n man wat ly aan skisofrenie. Deur die bekroonde skrywer van Die ryk van die rawe.

vetseun
Skrywersblok En Ander Verhale . 2009 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192808

Waarom skryf skrywers waaroor hulle skryf - of hoegenaamd? Is die letterkunde nie maar 'n saak van humorlose erns, soos die karakter Chris Fourie in die titelverhaal van hierdie weldeurdagte kortverahaalbundel beweer nie?
Met Skrywersblok sleep Jaco Fouché sy net deur verskeie alledaagse ruimtes - kroee, koffiewinkels, hospitale, treine, kerke - en ontdek hy karakters wat vanuit onverwagse oorde eerlike en ongekunstelde weergawes van die werklikheid voorhou. Want polisieman of misdadiger, gesiene sakeman of sukkelende skrywer - elkeen het uiteindelik dit in gemeen: die behoefte om sin te maak, vreugde te ervaar en iets na te laat wat eendag aan 'n ander kan se "Ek was hier".

vetseun
2 Dae in Mei / (eBook) . 2007 UMUZI
redakteur, Frederik de Jager
ISBN: 9781415204443
ISBN: 9781415204450

"This novel is centred around the lives of a handful of members of Alcoholics anonymous in Bellville in the Cape. Elna is an organiser - principled yet tolerant, and dedicated to the cause after a promiscuous drinking life. Jim dates her daughter. He is a lovable oaf who works as a barman but is generally unreliable and hasn't stopped drinking. Robert is a lonely yet contented middle-aged man. He lives a decent and modest life, working as a street parking attendant. He likes sitting around all night in Voortrekker Road café's drinking coffee. So far, love hasn't found him there. These and other people live small, mostly quiet lives driven or haunted by past events. They spend their days and nights continually plugging holes that will never be filled - like Robert's constant memories of the little girl he once abused." - loot .co.za

vetseun
Die Avonture van Pieter Francken . 2005 TAFELBERG
ISBN: 9780624042648

"Pieter Francken is 'n vaal middelklasmannetjie. Sy vrou is onaantreklik en dominerend. Boonop is hy ongelukkig by sy werk wat hy deur inmenging van sy manipulerende swaer gekry het. Een van sy werknemers - Daniel Cupido - is reeds vir 'n paar dae afwesig. Daarom ry hy op hierdie Vrydagmiddag die Kaapse vlakte in. Net om seker te maak dat Cupido veilig is, want hy het sekerlik 'n verantwoordelikheid teenoor die man. Maar 'n moord het plaasgevind. 'n Motor is gesteel. Die son sak en 'n skadunag word ingelei; 'n vlaktenag waarin plig en versuim vir Francken 'n nuwe gesig kry." - loot.co.za

vetseun
Paartie by Jake's ....... 1997 QUEILLERIE
ISBN: 9781874901648

1996 - Die ryk van die rawe (QUEILLERIE)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )