Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
H.S. van Blerk (Van Blerk, H.S.)
vetseun
Los donkies ................. 2008 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191894

Los Donkies is 'n heruitgawe van H.S. van Blerk se aangrypende verhaal van die 'los donkies' van die Depressiejare. Dit gaan oor die houtryers wat hul bestaan gemaak het deur die aanry van hout uit die Bosveld na die delwerye in Barkly-Wes se wêreld.
Hulle en hul gesinne, sukkelaars almal, word op 'n manier geteken en ingekleur dat jy weet: dié skrywer kén armoede en teleurstelling. Humor is daar baie, maar mens lag met 'n seer in jou hart vir arme ou Mankjapie se drome van rykdom, vir haaslip-Stoffel se smagting na liefde en aanvaarding, en vir oom Joppie se verlore stryd teen die Satan in sy eie huis. 'n Meester van dialoog beskryf die skade, die skande, die ongenaakbaarheid en die onopgevoedheid wat saamloop met uiterste armoede met humor en deernis. - graffitibooks.co.za

vetseun
Braakland van die bose . 2008 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191900

"Ou seun, wat jy vanaand gesien het, is 'n vloek, 'n verskriklike vloek wat oor iemand en dit wat aan hom behoort, uitgespreek is. Maar oor wie? Ek dink ek weet. Dalk weet ek ... maar wat jy hier gesien het, het jy nie gesien nie. Jy seg dit vir g'n mens nie, nie as jy jou lewe Lief Het nie. En sy - sy wat jy hier gesien het, vergeet van haar. Jy het haar nie hier gesien nie. Bly net uit haar pad uit, vir nou en vir altyd. . Sy ... sy's 'n heks, hoor jy? Sy's die dood vir jou. "
Naas Ferreira is 'n maer seun van so veertien, vyftien jaar; 'n seun met 'n honger gesig en oë wat plattrek van die gedurig in die skerp sonlig kyk. Maar dit is nie al aan hom wat opval nie. Eintlik sien mens heel eerste sy kort nek, sy hoë borsbene en die groot bult onder sy hemp op die skof van sy rug - die boggel wat hom in die oë van sy stief-familie op die plaas Doornrug 'n monster, 'n gedrog, 'n aapgesig maak.
Maar op Doornrug gebeur geheimsinnige dinge - onverklaarbare dinge wat reeds lank voor Naas se koms die verhouding tussen die Lospers, die Bodemers en die Davels versuur het. Waarom is dit so al of Oemfaan, die spierwit bul met sy nors gevreet, dwarsdeur hom kan sien? Wat beteken die die bose gesig en die koue oë van die ou man Mtwetwe? En Cornelia? Het die mooie Cornelia dan twee persoonlikhede? Die een Cornelia het hy lief ... maar die ander; die een wat saans oor Doornrug se werf dwaal... - graffitibooks.co.za

vetseun
'n Sot Op 'n Plot / (eBook) . 2007 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191917
ISBN: 9781869197896

Om met 'n veeleisende vrou en ses skreeuende kindertjies in 'n flet in die stad te bly, jou dae as salaristrekker by Jouns, Jouns, Jouns & Jouns Jnr, etc. te slyt en op Sondae siek te moet speel om aan die gewoel te ontsnap, is genoeg om enige man tot kensheid te dryf.
Dié dat Lambertus Purgier nie moeilik oor te haal is wanneer Vroulief besluit genoeg is genoeg nie: Met die hoop op 'n lassie van skoonpa Kleinstuiwer, word die Purgiers die trotse eienaars van Sukkelaarsverdriet 230 - vol planne om hul nuwe lewe as"plotselinge" met oorgawe aan te pak.
Maar die plotlewe het sy eie stel reëls. Dít leer Purgier gou wanneer chroniese gebrek aan drinkwater, die skrikbewind van 'n hanslam en die temptasie van 'n buurvrou in shortie-pajamas sy eens voorspelbare lewe kompliseer. Bowendien kom pak die skoonfamilie by die groeiende Purgier-gesin af ... en is dit gou duidelik dat daar van aandele in skoonpa Kleinstuiwer se reilweipensioen geen sprake is nie.
Die lewe op die plotte is allermins vir sotte bedoel! - graffitibooks.co.za

vetseun
Bo-Op Majuba Brand 'n Lig . 1999
ISBN: 0620237813

vetseun
Dé, wêreld, hier's 'n kind vir jou . 1995 PETIT: PETRONELLA

"Hierdie boek is die eerste van die H.S. van Blerk Bibliografieë. Aangrypende leesstof. Geniet hierdie swaarkry dae van ons enigste oorlewende Boereheld, nou 92 jaar oud en nog steeds besig om vir sy Volk te werk. Alle gelde wat met die boeke ingesamel word is deur hom aan sy Volk geskenk. Bestel dit deur my te PB.

Dé Wêreld, Hier's 'n kind vir Jou -- is die verhaal van die onterfde na-oorlogse Boerkind in Johannesberg, destyds die mekka van die verarmde ontworteldes soos Hendrik van Blerk, kind van 'n werklose pa, dit beleef het. Daarna, sedert 1919 'n kind se swerflewe deur 'n groot deel van Transvaal, rondtrek met 'n donkiewaentjie, kind op Lichtenburg se spoeldelwerye, trek met 'n donkiewa tot op Postmasburg en terug, bywoner-sukkelbestaan, hout ry uit Marico, werklose in Die Depressie se Johannesburg, "Bob-a-day" in die Spesiale Diens- bataljon, 'n militêre eenheid spesiaal geskep vir uitgesakte werklose Boerseuns, rioolslootgrawer in Rosetttenville, Jamtarrie in die Goudmyn--staatskool, Mynwerker, Rebel teen Jan Smuts se deelname met Boerseuns as kanonvoer in Wêreldoorlog Twee, tot so 'n mate dat hy een van twee Jongmanne sou wees wat tot die dood veroordeel is, daarna ses jaar bandiet in Sentrale Gevangenis (vandag C-maks)."

vetseunvetseun
Die Edelvalk van Donkerkruin . 1985/1994 JUVENTUS
- Reader / Storybook
ISBN: 9780868160924

1977 - Boeta gaan op kommando (JP van der WALT)

vetseun
Die Stellalander .......... 1972 TAFELBERG

1971 - Boerespioen (Verkenners van Danie Theron 2) (VOORTREKKERPERS)
1969 - Die Eerste Verkenner (Verkenners van Danie Theron 1) (VOORTREKKERPERS)

vetseun
Die Spooklig ............... 1968

vetseun
Nag oor Ninevé .......... 1968

vetseun
Die Tweebeenjagter en ander kinderstories . 1965

vetseun
Die Mynramp ............... 1964 NASIONALE BOEKHANDEL

vetseun
Roman en Robyn ...... 1964 NASIONALE BOEKHANDEL

1964 - Drielaag (Konings, Boere en Narre) (Mikro, H.S. van Blerk en Dolf van Niekerk) (NASIONALE BOEKHANDEL)

vetseun
Die Verklikker ............. 1963

1963 - Broer oor die Visier (NASIONALE BOEKHANDEL)
1963 - Vegter vir Vryheid
1959 - Geboorteplaas
1955 - Soos Gras is sy Dae

vetseun
twee stuiwers vir 'n mossie .

vetseun
Die Stellalander ..........

vetseun
So Ver Na Mooigelegen .

vetseun
Plek Van Die Dooie Geeste .

vetseun
Die tier van Ruigberg ...

vetseun
Die Blou Tartare ...........
- Faanman slaags met terroriste

vetseun
Bewaker Van Die Oerbos .

vetseun
Die Eerste Verkenner (Danie Theron) .

vetseun
en drie maal kraai die haan .

vetseun
Tuin Van Herinnering ...

vetseun
Die Tollenaar van Tiekiedraai .


skakels :




Boek bestellings sal soos volg wees.
Betaal die volle bedrag tesame met die posgeld in die volgende rekening:
H.S van Blerk Stigting
Absa Bank
Spaarrekening
Rek No: 9184960715

Gebruik jou naam as verwysing.
Stuur vir my 'n epos of pm met die besonderhede van die boeke wat jy wil he, met jou posadres sowel as jou bank inbetaling verwysing.
Posgeld beloop R22 per boek: Dit sluit in posgeld, verpakking en versekering.

BOEKPRYSE
Majuba Reeks:
BLYDEVOORUITZICHT - R100
BO-OP MAJUBA BRAND 'n LIG - R1000 (GENOMMERDE DONASIEBOEK)
DIE KOLONIALER - R100
TUIN VAN HERINNERING - R100
KRONIEK VAN DIE KAMPKINDERS - R100
REBEL SONDER ROER - R100
WRAAK VAN DIE RENEGATE - R100
Outobiografie Reeks:
DÉ WÊRELD, HIERS 'n KIND VIR JOU - R120
MY GOD, MY VOLK, My Land, Suid-Afrika - R80
MAJUBA EN EK - R100
Ander:
LOS DONKIES - R100
BEWAKER VAN DIE OERBOS - R60

Koop die hele Majuba reeks vir R1600 en kies tussen LOS DONKIES of MAJUBA EN EK verniet.
Koop al die boeke vir R1950







bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)