Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
H. Grebe (Grebe, H.)
vetseun
Op Die Keper Beskou / (eBook) . 2012 VAN SCHAIK
ISBN: 9780627030215
ISBN: 9780627030543

Dit is duidelik dat 'n versameling waardevolle historiografiese gegewens oor Afrikaans in Op die keper beskou opgesluit is. Enersyds bevat dit die optekening, samevatting en verwerking van sienings en insigte deur taalwetenskaplikes oor 'n lang periode wat hulle met kwessies rondom die wording van Afrikaans as taal in al sy historiese variëteite besig gehou het, en andersyds lewer Heinrich Grebe'n eie bydrae tot die debat deur 'n kritiese ontleding van verskillende standpunte.
Grebe doen daarby ook verslag van eie empiriese navorsing, in aansluiting by die teoretiese beskouings oor die verskillende ontstaanshipoteses. Hierdie teks het die potensiaal om as belangrike verwysingsbron te dien en tot 'n beter begrip van die teoretiese debat oor die ontstaansprosesse van Afrikaans te lei.
Met kwessies rondom die wording van Afrikaans in al sy historiese varieteite, lewer Heinrich Grebe in Op die keper beskou - oor die ontstaan van Afrikaans 'n kritiese ontleding, samevatting en verwerking van verskillende standpunte en gegewens oor Afrikaans as taal. Inhoud: Ontstaansteoriee oor Afrikaans; vroee en nuwer standpunte oor Afrikaans; historiese juistheid en teoretiese status; standaard afrikaans en die konstruksie van identiteit Hierdie is die vierde boek in die Talatala-reeks.

vetseun
Taallandskap (Digbundel) . 2001 VAN SCHAIK
- Huldigingsbundel vir Christo van Rensburg
saamgestel, A. Carstens; H. Grebe
ISBN: 9780627025006

In hierdie publikasie sny 'n sewentiental oorsese en plaaslike taalkundiges Afrikaans se spoor op die merktekens deur Christo van Rensburg uitgestip. Hierdie spoor volg die historiese, geografiese en sosiopolitieke kontoere van die Suid-Afrikaanse landskap wat Afrikaans geslyp het tot 'n taal wat hierdie land se ondergrond kan blootle. 'n Verskeidenheid van onderwerpe word aangeraak: die Afrikaanse historiografie, die variasietaalkunde, taalbeplanning, taalpolitiek, asook sinchroniese en diachroniese verkennings.

Voorwoord
Publikasielys
Boeptaal
Suid
Afrikaanse bargoens
Die taalbewegingsdebat in perspektief
Van morfologie tot sintaksis
Taalvorme van die Bolandse wingerdwerkers
Hond se gedagte en nog 'n paar ingewings oor se
Afrikaans in KwaZulu
Natal - 'n sosiolinguistiese profiel
The complex ancestry of the Afrikaans associative constructions
Taal en nationale identiteit in Belgie
Die ontwikkeling van die Afrikaanse variasietaalkunde
'n Nuwe taalpolitiek vir 'n veranderende taalbestel
Die taak van Afrikaanse taalorganisasies
Overbergs of Transvaals?
'n Perspektief op diachroniese prosesse in Afrikaans
'n Verkenning van die Hollande samelewing aan die Kaap
Diachronic notes on the Afrikaans demonstrative pronouns
Die Anglo
Boereoorlog en Afrikaans
Die intertaalteorie en taalverskeidenheid
Woorde wat wegraak
Oorgeerfde Franse leenwoorde in Afrikaans
Die bevordering van Afrikaans


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)