Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Helena Hugo (Hugo, Helena)
vetseun
Haar Naam Is Ragel / (eBook) . 2013 LUX VERBI
ISBN: 9780796316042
ISBN: 9780796316059

Ragel Naude het naam gemaak as kunstenares, maar sy werk nie meer nie. Sy is nog lief vir haar man, sy het hom nodig, maar kan nie na hom uitreik nie. Sy is depressief en getraumatiseer na die dood van hul kleuterseuntjie. Sy stry teen God, niks maak meer saak nie, behalwe die herinnering aan sy kort lewetjie. Sy en Stephan dryf uitmekaar, Tienie, wat soos 'n moeder vir haar is, kan nie meer tot haar deurdring nie, ook nie haar beste vriendin, Anke nie. Sy lig nie meer 'n potlood of 'n kwas op nie, sy maak nie huis skoon nie, sy gaan nie meer haarkapper toe of winkels toe nie, sy versorg haarself nie meer nie. Maar sy word gedwing om tandarts toe te gaan en daar in die spreekkamer waar sy die eerste keer in maande tussen ander mense sit en luister na hulle gesprekke, besef sy dat sy iets moet doen aan haar willose bestaan.
Terug by die huis vat sy hier en daar en gooi goed in tasse en bokse, laai haar kar vol en kies koers sonder om vir iemand te se dat sy weggaan. Vir haar man los sy 'n briefie dat hy haar nie moet soek nie, want sy is weg om haarself te gaan soek. Ragel beland op 'n klein dorpie waar sy met erger verdriet as haar eie te doen kry. Sy ontmoet 'n vrou wie se dogtertjie verkrag en vermoor is en wat net soos sy nie kan ophou treur nie. Geleidelik leer die twee vroue wat die sin van lyding is en hoe God in Jesus kan troos.

vetseun
Omnibus / (eBook) .... 2013 STRUIK
ISBN: 9781415321799
ISBN: 9781415320969
ISBN: 9781415320976

Drie van Helena Hugo se gewildste boeke, Dit gebeur met ander, Die pad na weer begin en Die kleur van verlange, is nou in 'n lekkerlees omnibus beskikbaar. Die verhale volg op mekaar en is uitstekende waarde vir geld. Dit gebeur met ander: In Helena Hugo se heel eerste inspirerende roman vertel sy die verhaal van hoe vergifnis moontlik raak wanneer mense deur een mens se lyding na mekaar toe aangetrek word. Grant en Nadia beland in 'n taxi-oorlog op pad terug van 'n fliek en sy beland in die waakeenheid waar haar lewe aan 'n draadjie hang. Sal Grant haar enduit bystaan? En sal die ramp wat hul gesin getref het Nadia se ouers weer nader aan mekaar bring? Die pad na weer begin: Die pad na weer begin volg op Dit gebeur met ander en delf dieper in die lewe van Nadia en haar naasbestaandes na die ongeluk. Dit wil voorkom of hierdie tragedie almal nader aan mekaar gebring het deur die gees van vergifnis, maar Grant se ma bewaar 'n geheim wat dreig om die hele familie uit mekaar te skeur. Die vraag is nou: Hoe gaan sy ooit regmaak wat sy twintig jaar gelede verbrou het? Die kleur van verlange: Die kleur van verlange is die laaste aflewering in die trilogie en begin met Grant se aankoms op sy vervreemde pa se plaas, Weerbegin. Dinge lyk aanvanklik rooskleurig, maar Grant se verhouding met sy pa wil nie vlot nie en boonop sukkel hy om in kontak te bly met Nadia. Soos met die vorige twee boeke sal Helena Hugo se skryfstyl die leser so boei dat hulle nie die boek sal kan neersit as hul eers begin het nie.

vetseun
Marta ............................ 2013 LUX VERBI
ISBN: 9780796317575

vetseun
Fyn Porselein / (eBook) . 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799355130
ISBN: 9780799355482

Drie geslagte vroue neem bestek van hulle lewe. Helena Hugo verken op 'n insiggewende en ontroerende manier jeug, nakennis, begrip en onbegrip oor generasies heen. Want 'n ander mens, selfs 'n geliefde, kan nie ten volle geken word nie.

vetseun
Kind Van Die Lig ........ 2011 STRUIK
ISBN: 9781415312223

Kind van die lig is die tweede boek in Helena Hugo se nuwe reeks. Aan die einde van die eerste boek, 'n Venster Vir Die Son, het Vita Sharp se man, Robert, dit laat lyk asof hy dood is. Hy was in 'n finansiele verknorsing en wou op hierdie manier sy versekeringsgeld in die hande kry. In Kind van die lig plaas dit Vita in 'n geweldige moeilike posisie. Robert het haar afgepers en sy het nou geen ander keuse as om met die toneelspel voort te gaan nie. Dis vir haar baie erg om te maak of sy die treurende weduwee is, terwyl haar kerk en die mense daar haar ondersteun. Dit terwyl sy weet dis alles leuens. Om alles te kroon vind Vita twee maande ná Robert se vertrek uit sy is swanger. Die nag voordat hy weg is, het hy homself op haar afgedwing en nou verwag sy sy kind.
Sy wil nie die kind he nie, want sy is bang 'hy' gaan na sy pa aard en sy wil nie 'n kind grootmaak wat haar aan hom sal verbind nie. Verder sal sy nou ook moet uitspring en gaan werk. Sy besluit om skuiling te gaan soek by Herta en Pieter Ras in die Strand, maar dit laat haar steeds met die verskriklike dilemma - wat gaan sy omtrent haar swangerskap doen? Lees Kind van die lig en vind uit of nuwe lewe liefde bring. Soos gewoonlik sal lesers hierdie boek nie kan neersit as hulle eers begin lees nie.

vetseun
Kind Van Die Lig / (eBook) ... STRUIK
ISBN: 9781415311325
ISBN: 9781415311332

Kind van die lig is die opvolg op 'n Venster Vir Die Son. Vita Sharp se lewe is in chaos gedompel. Haar man, Robert, het dit laat lyk asof hy dood is om uit sy finansiele verknorsing te kom. Nou is Vita swanger en sy sien eenvoudig nie kans om die kind in die wereld te bring en groot te maak nie. Toe die nag op sy donkerste is, pos Vita se niggie, Corrie, vir haar 'n pakkie briewe uit Kanada. Die ontdekking wat sy maak, bring haar tot die besef dat ook sy duur gekoop is.

vetseun
Fontein Vir 'n Vlugteling . 2011 STRUIK
ISBN: 9781415312803

Fontein vir vlugteling is 'n spannings- en liefdesverhaal wat handel oor Robert se bekering en terugkeer. Toe hy besef hy is in die moeilikheid oor die geld wat hy by sy firma 'geleen' het, sit hy alles wat hy kan, in kontant om, en vlug oorsee na Boedapest. Tuis het hy 'n affair gehad met 'n vrou wat dink hulle gaan saam iewers ryk word, maar sy laat hom in die steek nadat hulle 'n week in Boedapest in 'n luukse hotel deurgebring het.
Ná 'n rusie los sy hom met net genoeg om uiters 'n dag of twee in die hotel uit te hou. Die nag voor Kersfees dwaal hy in die stad rond. Skielik verlang hy na sy vrou, Vita, en waag dit om na 'n internetkafee te gaan en sy eposse te lees. Hy het epos: (Jy gaan pa word Junie volgende jaar. Kom huis toe. Ons het jou nodig.) Sal Robert gehoor gee aan sy vrou se versoek? Sal Vita hom ooit weer sien? Sal hy sy erpligtinge teenoor haar kan nakom? Hierdie boeiende verhaal deur Helena Hugo beloof om weer eens leesgenot uit die boonste rakke aan al haar aanhangers te bied!!!

vetseun
Die Kleur Van Verlange / (eBook) . 2010 STRUIK
- 'n Verhaal van onbaatsugtige liefde
ISBN: 9781415309292
ISBN: 9781415311103
ISBN: 9781415311110

Wie sou twintig jaar gelede kon droom dat Patsy Kennedy se seun, Grant, 'n ereplek in die Massyns van Weerbegin se familiestamboom sal kry? Wie sou kon dink dat die koeel wat Nadia Jonker getref het 'n kettingreaksie sou veroorsaak wat welgestelde en bevooregte mense met nuwe oe sal laat kyk na die armoede en ellende van hul medemense? Grant Kennedy was sy lewe lank onder die indruk dat sy pa oorlede is, maar hier sit hy nou langs sy ouma Dollie, op pad na sy pa se familieplaas, Weerbegin. Hy het nie eens geweet van die bestaan van die Massyns nie, wat nog te se dat hulle familie is! Boonop is hulle vooraanstaande lede van die gemeenskap en nou word daar van hom verwag om in sy pa se voetspore te volg. Om sy pa te ontmoet, is wonderlik, maar Grant sal moet besluit wat hy wil he - Londen of Weerbegin, 'n Yamaha-handelaar of 'n perdeplaas, Nadia of Stephanie. Skielik lyk die toekoms nie so eenvoudig nie. Op haar beurt bekommer sy ma, Patsy, haar ook oor die toekoms. Dirk is haar groot liefde en sy smag daarna om hom terug te he in haar lewe, maar is dit hoegenaamd moontlik? Grant en Patsy is nie die enigstes wat met verlange in hul harte rondloop nie - daar is ook Oudokter, die een wat ander se wonde heel maak, maar sy eie nie gesond kan kry nie. Al wat hy ken, is die blou pad van hartseer en eensaamheid. Hy wag al twintig jaar vir die liefde van sy lewe, soveel jaar om die verlange van sy hart te stil. Die kleur van verlange is die laaste aflewering in Helena Hugo se gewilde drieluik oor die lewens van karakters soos Nadia, Grant, Patsy en Dirk. Lesers sal hulle verdiep in die verhaal van liefde en medelye wat uit haat en selfsug gebore word. Waar gaan dit eindig en waar het dit alles begin?

vetseun
'n Venster Vir Die Son / (eBook) . 2010 STRUIK
- Waar liefde en lig woon
ISBN: 9781415309520
ISBN: 9781415311097
ISBN: 9781415311080

Na die groot sukses van Dit gebeur met ander, Die Pad Na Weerbegin en Die kleur van verlange is daar nou 'n splinternuwe boek uit Helena Hugo se pen. Die aantreklike dr Tobie Barnard is leraar by 'n vooruitstrewende gemeente. Hy is 'n stil, sterk man met aansien in die gemeenskap. Sy vrou, Lucille, gee by die universiteit klas in rekeningkunde en finansiele bestuur. Sy is baie bewus van wat mense van haar dink, maar probeer op haar manier 'n goeie predikantsvrou wees. Tobie en Lucille se verhouding is reeds nie wat dit moet wees nie wanneer Tobie se ma, Herta, een aand uit die bloute by hulle opdaag. Herta is boheems en eksentriek en sy en Lucille het nog nooit vreeslik goed oor die weg gekom nie. Nou moet hulle in een huis bly! Herta is uiters begaan oor natuurbewaring en dit irriteer Lucille geweldig. Boonop is die kinders dol oor hul ouma. Die situasie tussen skoonma en -dogter veroorsaak wrywing tussen Lucille en Tobie. Om alles te kroon smee Herta 'n hegte vriendskap met een van Tobie se gemeentelede, Vita, wat ongelukkig getroud is en op soek is na 'n man wat op dieselfde geestelike vlak is as sy. 'n Venster Vir Die Son is 'n verhaal oor verhoudinge - nie net tussen man en vrou of ma en kind nie, maar ook tussen God en sy skepping. Die karakters in 'n Venster Vir Die Son sal diep onder lesers se vel inkruip en hulle nog lank bybly.
Sy vrou, Lucille, gee by die universiteit klas in rekeningkunde en finansiele bestuur. Sy is baie bewus van wat mense van haar dink, maar probeer op haar manier 'n goeie predikantsvrou wees. Tobie en Lucille se verhouding is reeds nie wat dit moet wees nie wanneer Tobie se ma, Herta, een aand uit die bloute by hulle opdaag. Herta is boheems en eksentriek en sy en Lucille het nog nooit vreeslik goed oor die weg gekom nie. Nou moet hulle in een huis bly! Herta is uiters begaan oor natuurbewaring en dit irriteer Lucille geweldig. Boonop is die kinders dol oor hul ouma. Die situasie tussen skoonma en -dogter veroorsaak wrywing tussen Lucille en Tobie. Om alles te kroon smee Herta 'n hegte vriendskap met een van Tobie se gemeentelede, Vita, wat ongelukkig getroud is en op soek is na 'n man wat op dieselfde geestelike vlak is as sy. 'n Venster Vir Die Son is 'n verhaal oor verhoudinge - nie net tussen man en vrou of ma en kind nie, maar ook tussen God en sy skepping. Die karakters in 'n Venster Vir Die Son sal diep onder lesers se vel inkruip en hulle nog lank bybly.

vetseun
Die Pad Na Weerbegin ... STRUIK
ISBN: 9781415311134
ISBN: 9781415311127

Haar hande bewe. Sy lig die knipsel op, maar lees dit nie. Dis die foto wat haar aandag gevange hou, die ooreenkoms, die feit dat Grant Dirk Massyn se ewebeeld is. Dis 'n paar weke voor Kersfees en Nadia Jonker is in die hospitaal, besig om te herstel na 'n skietvoorval wat nie net haar eie lewe nie, maar ook die van die mense naaste aan haar vir altyd verander het - haar vriend, Grant, haar ma, haar pa asook Grant se ma, Patsy. Niemand weet dat Patsy al jare lank met 'n groot geheim saamleef nie.

vetseun
Fontein Vir 'n Vlugteling / (eBook) . STRUIK
- Waar verandering nuwe liefde bring
ISBN: 9781415315446
ISBN: 9781415315453

Fontein vir vlugteling is 'n spannings- en liefdesverhaal wat handel oor Robert se bekering en terugkeer. Toe hy besef hy is in die moeilikheid oor die geld wat hy by sy firma 'geleen' het, sit hy alles wat hy kan, in kontant om, en vlug oorsee na Boedapest. Tuis het hy 'n affair gehad met 'n vrou wat dink hulle gaan saam iewers ryk word, maar sy laat hom in die steek nadat hulle 'n week in Boedapest in 'n luukse hotel deurgebring het.
Ná 'n rusie los sy hom met net genoeg om uiters 'n dag of twee in die hotel uit te hou. Die nag voor Kersfees dwaal hy in die stad rond. Skielik verlang hy na sy vrou, Vita, en waag dit om na 'n internetkafee te gaan en sy eposse te lees. Hy het epos: (Jy gaan pa word Junie volgende jaar. Kom huis toe. Ons het jou nodig.) Sal Robert gehoor gee aan sy vrou se versoek? Sal Vita hom ooit weer sien? Sal hy sy erpligtinge teenoor haar kan nakom? Hierdie boeiende verhaal deur Helena Hugo beloof om weer eens leesgenot uit die boonste rakke aan al haar aanhangers te bied.

vetseun
Dit Gebeur Met Ander / (eBook) . STRUIK
- 'n Verhaal van liefde, vergifnis en oorwinning
ISBN: 9781415311141
ISBN: 9781415311158

Op pad terug van die fliek beland Grant en Nadia in 'n taxi-oorlog - iets wat hulle nooit kon droom met hulle sou gebeur nie. Nadia word deur 'n dwaalkoeel getref en deur die botsing wat volg in die motor vasgepen. Haar lewe hang aan 'n draadjie en sy beland in die waakeenheid.

vetseun
Satyn-omnibus 2 (eBook) .... NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624051718

Die verhale in hierdie omnibus is Helena Hugo se Soete verleiding, Ettie Bierman se Die paradysman en Anita du Preez se Dokter Dierbaar.
In Helena Hugo se Soete verleiding koop Sharise 'n teekamer net buite Worcester. Een van die besoekers daar is haar jeugliefde Jacques, pas terug van oorsee, Sharise is egter seker daarvan dat hy nie meer in haar belangstel nie - sy was immers intussen getroud, en hy is in 'n verhouding met die model-mooi Suzette.In Ettie Bierman se Die paradysman keer Tinka ná drie jaar in Parys terug na Pretoria. Haar seepbel het gebars en boonop het sy, net voor sy weg is, die held van haar drome - haar paradysman - se hart gebreek. Die hart praat 'n taal wat 'n vrou nie altyd verstaan nie . . . En in Anita du Preez se Dokter Dierbaar vind Victoria se eerste ontmoeting met die aantreklike plastiese sjirurg Paul Venter plaas toe sy hom vra of hy iets aan haar Barbra Streisand-neus kan doen. Dié ontmoeting verloop rampspoedig; boonop stamp sy kort daarna sy Lamborghini. Die man is baie aantreklik, maar daar was - en is dalk steeds - hope vroue in sy lewe, veral as 'n mens die koerante en tydskrifte se skinderrubrieke moet glo . . .

vetseun
Huweliksklokkies / (eBook) . LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799347104
ISBN: 9780799353723

Carma wil wegkom van die hartseer van die afgelope maande. Sy wil weer leef en liefhê en haar drome verwesenlik. Een van hulle is 'n Harley-Davidson-motorfiets. Maar sy het iemand nodig om dit met haar te deel.

vetseun
Narkose Vir Die Hart (eBook) . MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624052012

Wanneer Narkotiseur Saranie du Plessis een aand per ongeluk drie ampules morfien in haar doktersjas se sak ontdek en amper by 'n padblokkade vasgetrek word, is sy in die knyp. Doodbang om dit terug te neem, kom die stil en afsydige sjirurg Franz Strauss onverwags tot haar redding. Narkotiseur Saranie du Plessis is al goed aan die verkeerde kant van dertig en steeds enkellopend. Van kleins af was haar broers erg besitlik en het geen vryer rondom haar geduld nie. Saranie is trots daarop dat sy uiters professioneel is en haar werk eerste stel. Maar wanneer sy een aand per ongeluk drie ampules morfien in haar doktersjas se sak ontdek en amper by 'n padblokkade vasgetrek word, is sy in die knyp. Doodbang om dit terug te neem, kom die stil en afsydige sjirurg Franz Strauss onverwags tot haar redding. Met dié geheim tussen hulle ontwikkel
'n vriendskap wat gou-gou deur die res van die hospitaalpersoneel raakgesien word - veral deur hospitaaldokter Corné Vermaak, wat lankal'n ogie op Saranie het. Ook by die kil, geskeide Glenda Olckers gaan hierdie ontluikende vriendskap nie ongesiens verby nie.

vetseun
Troukoors (eBook) / (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624049920
ISBN: 9780624050438

Minette gaan met haar professor trou . . . maar dan daag sy seun op en krap alles deurmekaar. Is dit bloot fisieke aantrekkingskrag, of is Minette
besig om trou aan die verkeerde man te sweer?
Toe die beeldskone Minette Faber se professor, Paul, haar vra om met hom te trou, slaan hy haar voete onder haar uit. Ten spyte van waarskuwings van alle kante, gaan die troureëlings voort. Die uitnodigings is gepos, die troukoek bestel . . . en dan daag Pierre Hagen, Paul se seun, uit Londen op. Tussen Minette en Pierre spat die vonke van die eerste oomblik toe hy haar met intens begerige oë aankyk en prontuit verklaar dat sy gans te jonk is om sy oorlede ma se plek in te neem. Is dit bloot fisieke aantrekkingskrag, of is Minette besig om trou aan die verkeerde man te sweer?

vetseun
Want Liefde Maak Lig / (eBook) . 2012 STRUIK
ISBN: 9781415322734
ISBN: 9781415322741

Want Liefde Maak Lig is 'n splinternuwe, treffende roman deur die bekroonde Afrikaanse skrywer, Helena Hugo. Hierdie boeiende verhaal vertel die storie van Isabelle Karsten, 'n aantreklike 35-jarige vrou van Florida Heuwels in Johannesburg wat haar lewe lank met innerlike seer en swak selfbeeld worstel - alles toe te skryf aan die enorme 160 kilogram wat sy weeg.
Sedert haar ouers dood is Isa van haarself afhanklik en is die persoonlike assistent van Johan Steyl, senior advokaat en oudkollega van haar pa. Toe sy seun, Johan Junior, (die man op wie sy van kleins af heimlik verlief is) uit Amerika terugkeer en die aakligste aanmerkings oor haar voorkoms maak, bedank sy haar werk. Sy kry 'n pos by haar kollega, Adam Weise, wat van haar hou en haar begin uitneem. My sy vertrou hom nie en dink hy kry haar net jammer. Sal Isa by haar dieet hou en sal sy en Adam hul probleme kan oorkom? Sal sy leer om haarself te aanvaar soos Jesus wat die hart raaksien en elke mens liefhet, ons aanvaar? Helena se uitstekende skryftalent en vermoe om 'n storie op 'n aangrypende wyse te vertel maak hierdie 'n moet-lees boek vir elke fiksieliefhebber en beloof om die leser te boei tot aan die einde.

vetseun
Veldpad Van Verlange (eBook) . MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624058618

Paulie Hopkins het twee probleme: haar doktorsgraad wat sy moet afhandel en haar verloofde, dokter Lüther Meyerhoff. Van hierdie twee ag sy eersgenoemde verreweg die belangrikste, want daar lê vir hulle drie weke se veldwerk en insekte versamel op 'n plaas in die Vrystaat voor. Haar assistent van die dierkundedepartement is Andreas Bergh, 'n man met 'n voorliefde vir reptiele. Natika, sy modelmeisie, voltooi die span veldwerkers oor wie Paulie ernstige bedenkinge het. Soos sy verwag het, is daar van die eerste dag af haakplekke: Lüther en Natika kla oor die primitiewe verblyf, hulle moet sukkel oor toegegroeide plaaspaaie, daar is muskiete, watertekorte en kragonderbrekings. Intussen styg die kwik tussen die vier van hulle al hoër . . .

vetseun
Droomhuis Vir Danita (eBook) .
ISBN: 9780799348101

Danita is in Londen om haar stukkende hart te troetel, haar verwerping te verwerk. Maar oral duik die blonde Robert Foster op. En sy wil nie meer vlug nie, veral nie weg van 'n getroude man nie.
Maar oral duik die blonde Robert Foster op. En sy wil nie meer vlug nie, veral nie weg van 'n getroude man nie.

vetseun
Soete Verleiding (eBook) / (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624049531
ISBN: 9780624049616

Koeksisters, melktert en rosynebrood - dis wat Sharise van Harte se teekamer, Soete Verleiding, jou bied. Na die dood van haar man was sy verplig om uit te spring en iets te doen. En dan keer haar jeugliefde, Jacques, na jare se verblyf in Frankryk terug . . .
Koeksisters en kolwyntjies, melktert en pampoendol, rosynebrood, suikerbolletjies, lallimala, tameletjies, alles afgesluk met plaaslike wyne of Turkse koffie - dít is wat Sharise van Harte se teekamer jou bied. Want Sharise het met kos grootgeword. Na die dood van haar man was sy verplig om uit te spring en iets te doen. Daarom dat sy die teekamer op die rivierwal net buite Worcester gekoop het.Dat haar jeugliefde Jacques du Plessis na jare se verblyf in Frankryk weer sou terugkeer, kon Sharise nie voorsien nie. Hulle het destyds aan mekaar trou beloof, maar nou, jare later, lyk dinge heel anders. Sy is seker daarvan dat hy nie meer in haar belangstel nie - al kom hy gereeld in die teekamer. Want sy was immers getroud. En hy het 'n verhouding met die model-mooi Suzette.

vetseun
Liefde Met Gevoel (eBook) ... NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624056386

'n Seevakansie by Walter se ouerhuis het Magriet finaal oortuig hy's nie die man vir haar nie. Wanneer sy boonop fisioterapie moet kry by die mooiste man ooit, raak sake kritiek. Maar Pierre, die fisio, het 'n verloofde en is altyd hoogs professioneel met Magriet. 'n Meisie mag darem droom . . .
Laerskoolonderwyser Magriet sit in 'n penarie met Walter. Sy't gedink hy's die een, maar o wee! 'n Seevakansie by sy ouerhuis, waar daar van haar verwag is om heeldag en aldag vis te vang, vis te eet, vis te bewerk . . . Dis nou vir haar duidelik dat hulle nie vir mekaar bedoel is nie, en nie net oor die vis nie - maar hoe om van hom ontslae te raak? Wanneer sy boonop weens 'n besering fisioterapie moet kry, en haar terapeut die mooiste man is wat sy in haar hele lewe gesien het, raak die saak kritiek. Maar Pierre, die fisio, het 'n vreeslik sexy meisie en is in elk geval hoogs professioneel met Magriet; sy staan nie 'n kans nie. Tog . . . 'n meisie mag darem droom . .

vetseun
Woestynbruid (eBook) .
ISBN: 9780799348484

Zayed beteken vir Vlam oorlewing. Sy weet hul ekstase is ontvlugting. En sy besef maar te goed - hy verwag eintlik net 'n beloning as hy haar veilig by die konsulaat besorg ... ás hulle die woestyn oorleef.

vetseun
Romanse Agter Die Skerms (eBook) . MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624052074

Romanse agter die skerms is weer 'n lekker verhaal uit Helena Hugo se pen - hierdie keer met 'n spook of twee wat lesers lank sal vermaak. Colette kyk elke maand in haar gunsteling-tydskrif wie hierdie keer die held van die maand is. In 'n kompetisie wat net so gewild soos Idols is, wen een gelukkige meisie 'n naweek saam met daardie maand se held op 'n romantiese gasteplaas. Colette glo nie juis so 'n afpaar vir 'n naweek - boonop met die media konstant naby - kan baie romanties wees nie. In 'n konkelary, skryf haar vriende by die tydskrif vir Colette in en sorg dat sy 'n week wen saam met die Desemberheld: Emile. Maar Emile is juis die een man saam met wie Colette nié wil wees nie. Want hy hét al haar hart gebreek. En sy kan hom nie verdra nie. Sal hierdie naweek hulle weer bymekaar bring? Of is dit die aantreklike Antoine de La Roche wat Colette se hart sal verower? Romanse agter die skerms is weer 'n lekker verhaal uit Helena Hugo se pen - hierdie keer met 'n spook of twee wat lesers lank sal vermaak.

vetseun
Die Liefdesbrief (eBook) .
ISBN: 9780799348965

Clara het skaars haar voete op Afrikabodem gesit, toe sien sy hom - der Wüstling. Dié wilde transportryer steel haar hart, red haar toe sy vlug, ontdek haar vroulikheid ... en toe stuur Friedrich Falck haar weg.

vetseun
Desembersterre ..........


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)