Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Die Harry Potter-reeks (J.K. Rowling)
vetseun
Harry Potter en die Skatte van die Dood (Vertaling: Kobus Geldenhuys) . 2007 HUMAN & ROUSSEAU
(Engels, Harry Potter and the Deathly Hallows)

"Harry wag in Ligusterlaan. Die Orde van die Feniks gaan hom kom haal sonder dat Voldemort en sy volgelinge daarvan weet. Maar Professor Dumbledore het vir hom 'n ongelooflik belangrike en skynbaar onmoontlike taak agtergelaat. Die finale aflewering van die reeks onthul die langverwagte antwoorde op die vele vrae wat die wêreld aan die raai gehad het. Die sewende boek van die Harry Potter-reeks: Harry Potter and the Deathly Hollows in Afrikaans. " - suid-afrika.de

vetseunKOOP/BUY
Harry Potter en die halfbloed prins (Vertaling: Kobus Geldenhuys) . 2005 HUMAN & ROUSSEAU
(Engels, Harry Potter and the Half-Blood Prince)

"Harry wag gespanne in sy slaapkamer in die Dursleys se huis vir 'n besoek van niemand anders as professor Dumbledore nie. Sy sesde jaar by Hogwarts spring sommer klaar op 'n ongewone noot weg wanneer die Moggel- en magiese wêrelde met mekaar verstrengel raak. Die sesde boek van die Harry Potter-reeks: Harry Potter and the Half-Blood Prince in Afrikaans." - suid-afrika.de

vetseun
Harry Potter en die Orde van die Feniks (Vertaling: Janie Oosthuysen) . 2003 HUMAN & ROUSSEAU
(Engels, Harry Potter and the Order of the Phoenix)

"Hierdie somervakansie is nog slegter as gewoonlik vir Harry. Die vakansie eindig op 'n baie vreemde en dramatiese noot en by Hogwarts vind Harry dat die lewe amper ondraaglik geword het. Harry se vyfde jaar by Hogwarts: Harry Potter and the Order of the Phoenix in Afrikaans." - suid-afrika.de

vetseun
Harry Potter en die beker vol vuur (Vertaling: Janie Oosthuysen) . 2001 HUMAN & ROUSSEAU
(Engels, Harry Potter and the Goblet of Fire)

"Die vierde boek in die Harry Potter sage. Die somervakansie sleep verby en Harry Potter kan nie wag dat die skool weer moet begin nie. Dit is sy vierde jaar by die Hogwarts skool vir heksery en towerkuns en daar is nuwe towerspreuke om te leer, towerdrankies om te meng, nuwe mense om te ontmoet en vele meer. Dit is wat Harry verwag en waarna hy uitsien, maar dit wat hy nie verwag nie, is reeds besig om sy pad te kruis . . . 'n Heerlike nuwe Harry Potter avontuur deur die veelbesproke J.K. Rowling - wat met humor en fantasie die wonderwêreld van Harry en sy maats vir lesers, oud en jonk, 'n werklikheid maak." - storiewerf.co.za
"Die somervakansie sleep verby en Harry sien daarna uit om nuwe towerspreuke te leer, towerdrankies te meng, nuwe mense te ontmoet. Maar wat hy nie verwag nie is reeds besig om sy pad te begin kruis ... Harry se vierde jaar by Hogwarts: Harry Potter and the Goblet of Fire in Afrikaans." - suid-afrika.de

vetseun
Harry Potter en die gevangene van Azkaban (Vertaling: Janie Oosthuysen) . 2000 HUMAN & ROUSSEAU
(Engels, Harry Potter and the Prisoner of Azkaban)

"Reeds vir twaalf lange jare word die berugte gevangene, Sirius Swardt, in die vetseungevreesde vesting van Azkaban aangehou. Hy is skuldig bevind op aanklag van moord op dertien mense wat hy met een enkele vloek uitgewis het - maar hy is ook bekend as die opvolger van die Donker Heer, Woldemort. Nou het hy ontsnap en daar is net twee leidrade oor waar hy hom kan bevind: Harry Potter se oorwinning oor Jy-weet-wie het ook Swardt se ondergang beteken; ook het die wagte van Azkaban vir Swardt in sy slaap hoor mompel, "Hy is by Hogwarts . . . hy is by Hogwarts." Harry Potter is nie veilig nie, nie eens binne die mure van sy towerskool en omring deur sy vriende nie. Om alles te kroon lyk dit of daar 'n verraaier in hul midde is. 'n Wonderlike nuwe verhaal oor Harry en sy maats deur die betowerende J.K. Rowling. Wenner van die Whitbread Children's Book of the Year vir 1999. Opvolg op die blitsverkoper Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse." - storiewerf.co.za

vetseun
Harry Potter en die kamer van geheimenisse (Vertaling: Janie Oosthuysen) . HUMAN & ROUSSEAU
(Engels, Harry Potter and the Chamber of Secrets)
vetseun
"Harry Potter, die grootste boekfenomeen van ons tyd, is nou in Afrikaans beskikbaar. Harry Potter dink hy is net 'n gewone seun wat woon by sy aaklige oom en tante, die Dursleys, en hulle gruwelike seun Dudley. Tót die dag dat 'n posuil 'n geheimsinnige brief by die Dursleys aflewer; 'n brief wat Harry nooi na 'n ongelooflike plek wat hy (en almal wat oor hom lees!) nooit sal vergeet nie." - storiewerf.co.za
"Terwyl Harry sy tasse pak om terug te gaan na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery, verskyn Dobbi, 'n eienaardige huiself, wat hom kom waarsku het dat vreeslike dinge daar gaan gebeur. Harry se tweede jaar by Hogwarts: Harry Potter and the Chamber of Secrets in Afrikaans." - suid-afrika.de

vetseunvetseun
Harry Potter en die towenaar se steen (Vertaling: Janie Oosthuysen) . HUMAN & ROUSSEAU
(Engels, Harry Potter and the Philospher's Stone)

"Alles verander in Harry se miserabele lewe die dag toe 'n posuil 'n geheimsinnige brief aflewer wat hom nooi na 'n ongelooflike plek waar hy towerkuns ontdek -- en waar hy besef dat groot gevare op hom wag. Die Afrikaanse vertaling von Harry Potter and the Philospher's Stone, Harry se eerste jaar by Hogwarts." - suid-afrika.de


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )