Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Hans Bodenstein (Bodenstein, Hans)
vetseun
Ek, 'n Lewende Pyl ............ 1998 KWELA
- Jong Suid-Afrikaanse Skrywers 2
Saamgestel, Hans Bodenstein; Linda Rode
ISBN: 9780795700774

Dié bundel met kortprosa en poësie deur hoërskoolleerlinge in Graad 11 en 12 bied 'n onbevange blik op die wêreld van jong Suid-Afrikaners. Netelige kwessies - onder meer dwelms, rassisme en geweld - word by die naam genoem. Hoewel die bundel as geheel spreek van nugterheid, soms selfs ontnugtering, is daar ook bydraes waarin liefde, hoop en die warmbloedighied van jonk-wees die leser oorrompel.
Ek, 'n lewende pyl is die tweede bundel in die reeks Jong Suid-Afrikaanse Skrywers van Kwela Boeke. Dit bied 'n keur van skryfwerk deur senior leerlinge van oor die hele land, uit plattelandse sowel as uit stedelike omgewings. So word die stemme van jongmense met uiteenlopende agtergronde en ervaringsvelde byeengebring. Sommige bydraes is uit Engels en Xhosa vertaal, sodat dié bundel werklik verteenwoordigend is.
Wat ander sê:
"Direk, intiem, soms uiters persoonlik, maar bowenal eerlik." Beeld"Vars bundel met lewensbeskouings en ideologieë uit verskillende krale." Rapport Ook beskikbaar in Engels as I, a living arrow.

vetseun
Stories Suid Van Die Son . 1993 TAFELBERG
Redakteur: Linda Rode
Saamgestel, Christel Bodenstein; Hans Bodenstein; Linda Rode
ISBN: 9780624030836

Wondertyd, towertyd, verborge tyd - dís waarmee hierdie inheemse verhale die kind lok. Dié bundel met sy 28 stories - deur sowel ons voorste kinderboekskrywers as talentvolle nuwelinge - beeld die ryk geskakeerde Suider-Afrikaanse samelewing uit.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)