Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Fransi Phillips (Phillips, Fransi)
vetseun
Die Donker God ......... 2007 UMUZI

"'n Misterieuse roman met sterk Gotiese elemente - Pippa, 'n jong, onervare en effens wêreldvreemde vrouestudent, word heimlik deur 'n aantreklike ouer man bewonder en agtervolg. In 'n waas van romantiek voer hy haar tydens 'n donderstorm na sy kasteelagtige huis buite die stad, waar hy haar so vaardig verlei dat sy voorts nie die werklikheid heeltemal van die droom kan onderskei nie. Die uiteinde is dat sy nie weer teruggaan na die studentehuis waar sy en twee vriendinne woon nie, en ook die "die blonde man sonder naam" wat soos 'n bewaarengel oor haar waak, begin vermy. Want gou ruk die "die donker God" (soos Pippa en haar vriendinne na Alex verwys) se besitlikheid en jaloesie hand uit. Tot so 'n mate dat hy haar soms te lyf gaan of in sy huis opsluit. Uiteindelik trou Alex met Pippa en word daar 'n baba gebôre ('n wonderlik musikaal begaafde dogtertjie), maar die tragiese einde, wat van vroeg af gesuggereer word deur die broeiende gevoel binne en buite die verhouding, volg onafwendbaar - Alex bring eers sy eksotiese kok uit Zanzibar en dan homself om die lewe. Die roman het 'n byna hipnotiese uitwerking op die leser - met ekonomie van beskrywing word 'n sprokiesagtige dog herkenbaar moderne werklikheid geskep. Tegelyktertyd word 'n donker aura rondom die romantiek en erotiek, vermeng met geweld, uitgebou." - loot.co.za

vetseun
My lied van die niet (Digbundel) . 2002 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781919825793

Fransi Phillips se nuutste digbundel spreek van intense bewuswees van ons breekbaarheid.Dit is verse wat vlugtig soos die mens, broos soos 'n verdroogde blaar, net vir 'n oomblik in die lug hang voor dit weggevee word. Ligte versreëls wat gewigtige aansprake oor die werklikheid ironies ondermyn.Elke gedig is 'n sonderlinge gesprek tussen poësie en filosofie.
en die aand het 'n gedig geworden die gedig het lank geworden donker, soos net nog 'n skaduweein die lig van die maan oor die see. - graffitibooks.co.za

vetseun
Theresa Se Droom . 1995 HUMAN & ROUSSEAU

"Die verhaal van 'n droom. 'n Droom van 'n verhaal."


'n Baie lang brief aan Rolf . 1993 HAUM/KAGISO

Sewe & sewentig stories oor 'n clown .


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )