Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Fransie Snyman (Snyman, Fransie)
vetseun
Polimeer Klei-Projekte ..... 2013 METZ PRESS
- Maak vrolike en funksionele items uit klei
ISBN: 9781920479756

Hierdie boek wys jou hoe om manjifieke juwele, styfvolle geskenke, versierde houers, knope, nagemaakte afwerkings, aantreklike huistoebehore en veel meer te skep - prettig en lonend.
'n Praktiese gids met sterk, kleurryke ontwerpe vol inspirasie Polimeerklei is 'n gewilde medium, geskik vir en gewild onder handwerkers van alle ouderdomme en vaardigheidsvlakke. Dit is in elke moontlike kleur te kry, en omdat dit maklik in 'n kombuisoond gebak word, is dit toeganklik vir alle handwerkers. Klei-oppervlakke kan op soveel verskillende maniere versier word dat tegnieke van ander handwerksoorte soos stempelwerk, ponswerk, bosselering en mosaiekwerk mildelik gebruik word. Dit maak kleiwerk soveel veelsydiger en dra by tot die toenemende gewildheid daarvan. Hierdie boek wys jou hoe om manjifieke juwele, styfvolle geskenke, versierde houers, knope, nagemaakte afwerkings, aantreklike huistoebehore en veel meer te skep - prettig en lonend. Hope stap-vir-stap foto's en duidelike aanwysings verseker dat selfs die groenste groentjie sukses sal behaal, en die volbladfoto's sal handwerkers inspireer om die voortreflike projekte aan te pak. Verskeie tegnieke, van basiese kondisionering tot kreatiewe staafwerk en millefiori-afwerkings, word verstaanbaar verduidelik en dan in die onderskeie projekte gekontekstualiseer. Gebruik hierdie tegnieke om oorspronklike items te skep en projekte volgens jou eie smaak aan te pas. Weens die aard van die medium is dit bykans onmoontlik om ontwerpe en afwerkings presies te herhaal - elke item bly uniek. Waarvoor wag jy dan? Gryp jou klei en begin speel!

vetseun
Nog Juwele in 'n Japtrap (Stokperdjie) . 2010 METZ PRESS
ISBN: 9781920268510

Hierdie opvolg op Juwele in 'n japtrap volg dieselfde benadering as sy voorganger, en sal beslis nie teleurstel nie. Dis weer eens spesifiek geskryf vir die haastige kralewerker en bevat hope oorspronklike juweelontwerpe wat veral op kristalle, perels en sierstene fokus. Sommige items kan binne minute voltooi word, terwyl jy baie ander binne minder as 'n uur of twee sal kan dra - inderdaad kitsresultate! Perels, kristalle en sierstene is almal in 'n verstommende verskeidenheid kleure en vorms te kry en is afsonderlik of in pragkombinasies gebruik vir halssnoere, armbande en oorringe vir elke smaak en geleentheid. Of jy van jou juwele skitterend en flambojant, gesofistikeerd of speels hou, jy sal die regte kreatiewe idees en voorstelle in hierdie boek kry. Duidelike stap-vir-stap aanwysings en foto's verduidelik die heerlik eenvoudige tegnieke sodat enigeen maklik en vinnig pragtige resultate kan behaal.

vetseun
Juwele in 'n Japtrap (Stokperdjie) . 2008 METZ PRESS
ISBN: 9781919992884

Kralewerk is nog net so verslawend soos altyd, en hierdie titel sal grootliks daartoe bydra dat dit so bly! Dis spesifiek geskryf vir die haastige, ongeduldige kralewerker en heelwat van die meer as 55 oorspronklike kralejuwele kan binne 'n uur of twee voltooi word. Daar is ook verkeie variasies, met die volgende hoofafdelings: Swewende krale, meestal perels en kristal; funky viltjuwele - vinnig en maklik; veelstringhalssnoere in vele kombinasies; armbande vir elke smaak; oorbelle vir elke geleentheid; juwele met koord en knope en veel meer. Duidelike stap-vir-stap foto's en aanwysings word vergesel van lyntekeninge waar nodig, en daar is 'n pragfoto van elke voltooide item.

vetseun
Kruissteek Miniature (Stokperdjie) . 2006 METZ PRESS
ISBN: 9781919992259

'n Veelsydige versameling patrone met uitstekende geskenkidees. Die titel bevat meer as 100 oorspronklike ontwerpe, elk op 'n kleur-rooster, insluitend - vrolike alfabetprente; stylvolle monogramme en motiewe vir tafellinne; oulike motiewe vir babas; cool tienermotiewe; kersfeesontwerpe; maklike patrone vir kinders. Daar is afwerkingsaanwysings vir al die geborduurde voorbeelde, asook verdere gebruiksvoorstelle.

vetseun
Maak Kinderklere (Stokperdjie) . 2001 METZ PRESS
- Vinning En Maklik
ISBN: 9781875001545

Dis nie altyd maklik om kinderklere te kry wat prakties sowel as stylvol is nie, en wanneer jy wel daarin slaag, is die klere gewoonlik baie duur. Maar danksy die wonderlike verskeidenheid sterk, kleurryke natuurlike stowwe wat vandag beskikbaar is, is dit 'n plesier om kinderklere te maak. Hierdie titel se patrone en lapkombinasies en uitrustings sal selfs die traagste naaldwerker inspireer om die naaimasjien nader te trek en te begin stik. Daar is iets vir almal van twee tot tien en deur die kledingstukke van die verskillende uitrustings vindingryk te meng en te pas, kan jy jou kind elke dag van die week in 'n ander stel kleure uitdos. Die title het patrone vir elke moontlike kledingstuk van sonrokkies tot sweetpakke, van slaapklere to windejekkers - almal getoets aan die vereiste dat dit maklik en vinnig moet wees om te maak. Die kleure word lekker ruim gesny en jou kind sal heerlik gemaklik daarin kan speel en baljaar.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)