Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Ettie Bierman (Bierman, Ettie) (Henrietta Bierman)
vetseun
Satyn-omnibus 2 (eBook) .... NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624051718

Die verhale in hierdie omnibus is Helena Hugo se Soete verleiding, Ettie Bierman se Die paradysman en Anita du Preez se Dokter Dierbaar.
In Helena Hugo se Soete verleiding koop Sharise 'n teekamer net buite Worcester. Een van die besoekers daar is haar jeugliefde Jacques, pas terug van oorsee, Sharise is egter seker daarvan dat hy nie meer in haar belangstel nie - sy was immers intussen getroud, en hy is in 'n verhouding met die model-mooi Suzette.In Ettie Bierman se Die paradysman keer Tinka ná drie jaar in Parys terug na Pretoria. Haar seepbel het gebars en boonop het sy, net voor sy weg is, die held van haar drome - haar paradysman - se hart gebreek. Die hart praat 'n taal wat 'n vrou nie altyd verstaan nie . . . En in Anita du Preez se Dokter Dierbaar vind Victoria se eerste ontmoeting met die aantreklike plastiese sjirurg Paul Venter plaas toe sy hom vra of hy iets aan haar Barbra Streisand-neus kan doen. Dié ontmoeting verloop rampspoedig; boonop stamp sy kort daarna sy Lamborghini. Die man is baie aantreklik, maar daar was - en is dalk steeds - hope vroue in sy lewe, veral as 'n mens die koerante en tydskrifte se skinderrubrieke moet glo .

vetseun
Ettie Bierman Keur 4 . 2008

"Ruiker vir 'n Spioen
Toe lugwaardin Willemien Visagie vir kaptien Gerrie Roux die trekpas gee en saam met skrywer Flip Keyter oor 'n nuwe toekoms begin droom, het sy geweet dat dit nie maklik sal wees nie. Maar sy het nie besef sy sal haar juwele moet verpand en selfs op perde wed ten einde 'n behoorlike inkomste te hê nie.
Toe Willemien met 'n bende skurke deurmekaar raak, moet sy maar self die mas opkom. Sy beland op 'n rampspoedige vlug na Berlyn en eers hier - toe die vonke op hulle hewigste begin spat - kom sy agter wat ware liefde eintlik is.

Strand van die stormwinde
Janna is 'n onderwyseres, valerig en nie meer so jonk nie. Wanneer oom Faan haar prontuit vertel dat sy 'n oujongnooi is, besluit sy dis tyd om 'n plan te maak. Sy laat haar hare sny, koop nuwe klere en gaan hou alleen by die see vakansie. Op Magnoliastrand raak dié skaam juffrou verlief op die skrywer Stefan Roux, 'n ongewone man vol komplekse en neuroses, bitter onbeskof en geheel en al onvoorspelbaar. Janna voel sy het haar geesgenoot gevind, maar alhoewel Stefan soms laat deurskemer dat hy ook tot haar aangetrokke voel, probeer hy meestal alles in sy vermoë om van haar ontslae te raak.
Hoe veg 'n onervare meisie vir die liefde van 'n man wat haar keer op keer 'n rat voor die oë draai en gewetenloos bedrieg?

Storm oor Saringwa
Helene Wallington kom uit Amerika vir Erik Lourens kuier, maar hier gekom vind sy uit hy is in die hospitaal ná 'n beroerteaanval. Sy broer, Riek, neem haar na Erik se huis op Saringwa-wildreservaat. Hier maak die Amerikaanse stadsmeisie kennis met al wat 'n wilde dier en ding is. Wat met haar sou gebeur het as Riek haar nie elke keer uit die kake van die dood gered het nie, sal niemand weet nie." - graffitibooks.co.za

vetseun
Die Laventelhaan .... 1978 DAGBREEK BOEKKRING

1973 - Bloeisels in die Wind (JP van der WALT & SEUN)
Tien roepees vir 'n lewe

vetseun
Dingo ..........................


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )