Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Erika Murray-Theron (Murray-Theron, Erika)
vetseun
'n Tapisserie met klein diere . 2008 TAFELBERG

Van heinde en ver trek die familie op die kusdorp byeen: 'n Bejaarde vader word uit 'n ouetehuis gehaal, 'n gesin kom vanuit'n buurland, twee broers ronk op 'n motorfiets die stilte binne en die deure van 'n viertrekvoertuig klap toe.
Dit is 'n ongewone samekoms, want 'n geskiedenis van wrewel en verdriet het lankal die familieverbintenise verwater tot weinig meer as sporadiese kontakte. En daarom is daar met hierdie samekoms in 'n paradysagtige kuslandskap kwalik weerstand teen die donker onderstominge wat met die mag van 'n vulkaan na bo wil bars. Wat sou Gerhardt, 'n geskeide alleenloper, beweeg om die byeenkoms te reel? Hoe kon Dorothea, wat met haar ysere wil ideaal toegerus is vir die rol van matriarg, so lank afsydig staan teenoor haar familie se lotgevalle? Is dit haar kuns, die ragfyne tapisserieë waardeur sy die kompleksiteite en nuanses van haar waarnemings probeer weergee, wat haar bolwerk is? Of is haar kuns juis 'n beeld van haar familieërfenis - 'n siedende takelwerk van rafels en los drade wat die sublieme oppervlak onderlê. Dalk is dit Gerhard se beweegrede - dat hy pynlik bewus is daarvan dat daar iets groots en onbeskryflik donker is wat deur alle skitterende vlakke na bo moet bars. - graffitibooks.co.za

vetseun
Verblyf .............................. 2007 PROTEA BOEKHUIS

vetseun
Kaalvoet oor die berg: verhale oor die liefde . 2003 PROTEA BOEKHUIS

Kaalvoet oor die berg is 'n keur uit Murray-Theron se kortverhale. Sy is die bekende skrywer van romans soos Die Mezzanine-klub, Die toubrug, Sê Maria, Wie is jy, Elizabeth? en Vlegsel. In 2002 het sy die ATKV-prys vir gewilde prosa verwerf.
Haar kortverhale getuig van 'n fyn aanvoeling vir die "gewone vrou" - 'n jong moeder wat jaloers is op haar vriendin se rebelsheid, 'n niksvermoedende skoolmeisie wat as skoondogter ontvang word, 'n vrou wat van haar verganklikheid bewus word wanneer haar skoonma op sterwe lê. Vroue wat droom hulle is iemand anders. Maar ook vroue wat kamerade is, onwaarskynlike sielsgenote wat kaalvoet oor die berg op reis gaan. - graffitibooks.co.za

2001 - Sê Maria (TAFELBERG)
1998 - Die Mezzanine-klub (QUEILLERIE)
1997 - Blikkie sonder boom (TAFELBERG)
1995 - Vlegsel (QUEILLERIE)
1992 - Die Toubrug (TAFELBERG)
1981 - Wie is jy Elizabeth? (TAFELBERG)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )