Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Eddie Lambert (Lambert, Eddie)
vetseun
Wees Jou Eie Gim-instrukteur . 2011 METZ PRESS
ISBN: 9781920479091

Oefensessies in die gimnasium is deesdae deel van 'n gesonder leefwyse wat baie mense navolg. Hoe maak jy seker dat jy elke deel van jou lyf kondisioneer om die risiko van beserings te vermy? Hoe kan jy seker wees dat die gimprogram wat jy volg jou draf-, fietsry- of ander fiksheids- of ontspanningsaktiwiteite aanvul? Hoe kan jy viets en fiks bly en seker maak dat jy oefeninge reg doen sodat hulle doeltreffend sal wees? En hoe vermy jy die verveling wat dikwels na weke van die selfde ou roetine intree? Hierdie titel bied jou al die voordele van 'n persoonlike gim-instrukteur, sonder die uitdaging van roosters, moontlike persoonlikheidsbotsings en om aan een gim gebind te wees. Dit demonstreer meer as 250 oefeninge wat gebruik maak van liggaamsweerstand en toeganklike basiese toerusting (Bosu-, balanseer- en oefenballe, trappe, handgewigte, springtou en oefenbande). Elke oefening word behoorlik verduidelik met die werkende spiere, moontlike slaggate en beseringsrisiko's aangedui. Dan word al hierdie oefeninge in 26 volledige programme gekombineer. Individuele oefeninge in die programme kan uitgeruil word wat jou keuse selfs groter maak, en baie oefeninge het variasies, asook makliker of moeiliker weergawes sodat jy deurentyd kan vorder of afskaal. Daar is ook spesiale oefenprogramme vir swangerskap.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)