Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Ebbe Dommisse (Dommisse, Ebbe)
vetseunvetseun
Sir David Pieter De Villiers Graaff / (eBook) . 2011 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624053033
ISBN: 9780624053231

Sir David Graaff se unieke Suid-Afrikaanse storie begin waar hy as arm plaaskind skape en varke oppas op Villiersdorp. Soos 'n sprokie word hy as tiener deur 'n welgestelde oom na Kaapstad geneem om by die se slaghuis te werk. Binne enkele jare is David nie net aan die hoof van die slaghuis nie, maar is hy die verkoelingspionier wat koelstore vir die eerste keer na Suid-Afrika bring - en so sy fortuin maak. As stigter van Imperial Cold Storage het hy binne 'n generasie 'n miljoener sakeman-politikus geword. In sy kleurryke lewe speel hy 'n rol in die skepping van Roggebaai deur die hawe met bou-afval te vul; hy word burgermeester van Kaapstad en bring gas-straatligte na die stad, hy skep 'n klein sakeryk deur vleis aan die Britte gedurende die Anglo-Boere Oorlog te verskaf, en hy koop uiteindelik die wynplaas De Grendel en omskep dit tot die spoglandgoed wat dit vandag is. As vrygesel in sy vyftigerjare gee die Britse koningshuis vir hom 'n oorerflike baronetskap - met die geloof dat dit met hom sou uitsterf. Maar kort voor lank trou David met die jong dogter van die Grootte Kerk se hoofleraar - en verseker 'n nageslag wat politikus Sir De Villiers Graaff insluit. 'n Fassinerende stuk Kaapse geskiedenis word hier ontsluit aan die hand van die suksesverhaal van 'n Suid-Afrikaanse sakepionier.

vetseun
Anton Rupert: 'n Lewensverhaal (Biografie) . 2000 TAFELBERG
Anton Rupert: A Biography . 2000 TAFELBERG
Ebbe Dommisse; Willie Esterhuyse

"Die merkwaardige verhaal van die Suid-Afrikaanse magnaat en weldoener Dr. Anton Rupert word hier vir die eerste keer volledig en sonder doekies omdraai vertel. Dit is die verhaal van 'n seun uit die Karoo wat in die Depressie grootgeword het. Hy het nie, soos Harry Oppenheimer, ryk ge-erf of sy miljoene uit mynbou gemaak nie. Sy Rembrandt-groep was vervaardigers wat wêreldbekend geword het met handelsmerke soos Cartier, Dunhill en Mont Blanc. Binne enkele dekades is 'n familiedinastie opgebou wat die Ruperts, naas die Oppenheimers, een van die rykste families in Afrika gemaak het. Maar Rupert is gedryf deur veel meer as die vergaar van rykdom. Hy staan vir deelgenootskap en saambestaan en bots gevolglik telkens met die politieke leiers van die dag. Hy bevorder ook die kunste, kultuur- en natuurbewaring en begin oorgrensparke, 'n internasionale vernuwing wat vandag nog telkens nuus maak." - loot.co.za

vetseun
Leierstryd ................... 1990 TAFELBERG
- Die dramas rondom die uittrede van Pres. P.W. Botha.
Alf Ries; Ebbe Dommisse
ISBN: 9780624028987

vetseun
Broedertwis .................
- Die verhaal van die 1982-skeuring in die Nasionale Party.
Alf Ries; Ebbe Dommisse


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )