Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Danie Marais (Marais, Danie)

2021 04 09-10 - Toyota US Woordfees Flikker & Flash: Anele Kose, Jane Mpholo, Busiswe Mahlangu, Nasfa Ncanywa, Bruce Geza, Veronique Jephtas, Luna Paige, Jerome Rex, Wilken Calitz, Chase Lutron, Anton Krueger, Gcina Mhlope, Chrystal Williams, Mondwe Mpuma, Hakkiesdraad, Wasgoedlyn, Danie Marais, Tribal Echo, Riku & Jackie Lätti, Die Hofmeyersaal, 18:00, woordfees.co.za
vetseun

2021 05 08 - Onder Die (Wag)boom: Danie Marais, The Buckfever Underground, Die Wasgoedlyn (Churchil Naudé, Riku Lätti, Jackie Lätti), Hanru Niemand, Durbanville, R200
vetseun

vetseun
Nuwe Stemme 4 ........ 2010 TAFELBERG
Danie Marais, Ronel Foster
ISBN: 9780624048732

Die Nuwe Stemme-reeks is 'n opwindende projek waarmee Tafelberg-Uitgewers publikasiegeleenthede skep vir jong digters wat nog nie genoeg gedigte het vir 'n eie, selfstandige debuut nie. Nuwe Stemme 1 het in 1997 verskyn. Elf debuutdigters se werk is daarin opgeneem.
In 2001 is Nuwe stemme 2 gepubliseer met poësie van sestien nuwe, jong digters. Nuwe Stemme 3 was in 2005 'n groot sukses met werk van twintig nuwelinge (waarin o.m. Danie Marais en Loftus Marais albei gedebuteer het). Vanjaar is daar bekende, opwindende name op die deelnemerlys, waaronder Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar) en Annie Klopper.

vetseun
Al Is Die Maan 'n Misverstand / (eBook) . 2009 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624047612
ISBN: 9780624052654

Die subtiele krag van Marais se poësie lê in die wyse waarop dit as't ware die leser se vinger neem om die teksture van gevoel na te trek. Met sy debuut het hy die onweerstaanbaarheid van hierdie tegniek gevestig en in sy tweede bundel, Al is die maan 'n misverstand, voer hy dit tot nog oorrompelender uiterstes.
Waar sy debuut hoofsaaklik handel oor die verbrokkeling van 'n huwelik in Duitsland - sy "break-up album" - is Al is die maan 'n misverstand 'n tuiskoms, nie net op eie bodem nie, maar ook in 'n nuwe verhouding. Tog is Marais se poësie allermins geluksalig - verlorendheid is steeds die gevoel wat sy digterlike instink onderlê. Hier is praatverse, verse wat doelbewus ingeskryf is teen die gedrae en verhewe metriese trant wat tradisioneel die Afrikaanse poësie kenmerk. Soos die poësie van Raymond Carver is dit verse wat klink soos 'n intieme gesprek, verse wat die indruk laat dat dit omgee vir almal van ons se verlangens en verlorenthede. Die subtiele krag van Marais se poësie lê in die wyse waarop dit as't ware die leser se vinger neem om die teksture van gevoel na te trek. Met sy debuut het hy die onweerstaanbaarheid van hierdie tegniek gevestig en in sy tweede bundel voer hy dit tot nog oorrompelender uiterstes.

vetseun
As Almal Ver Is .................. 2009 TAFELBERG
- Suid-Afrikaners Skryf Huis Toe
Illustrasie: Danie Marais
Saamgestel: Danie Marais
ISBN: 9780624048015

Derduisende Suid-Afrikaners woon deesdae oorsee, sommige tydelik, ander permanent. Hulle vaar die vreemde in om uiteenlopende redes: jong professionele gryp werksgeleenthede aan, ander bevredig hul wanderlust in London, terwyl sommige hul horisonne in die Ooste gaan verbreed. In hierdie bundel deel van ons skrywers hul ervarings van 'n buitelandse verblyf. Kort na die aanvanklike opwinding kom die verlange en die vreemdheid van in twee werelde leef, maar ook 'n ontdekking van dit wat 'n mens aan Suid-Afrika bind. As almal ver is: Suid-Afrikaners skryf huis toe bevat nagenoeg 40 bydraes, waaronder etlike reisverhale oor bestemmings soos Parys, Kilimanjaro en selfs Beiroet. 'n Ekstra element wat beloof om die oog te vang, is 'n reeks strippe (comic strips) en sketse deur jong kunstenaars. Die titel sal almal wat al self in die buiteland was of wat familie daar het aan die hart gryp.

vetseunKOOP/BUY
In die buitenste ruimte (Digbundel) . 2006 TAFELBERG

'Hierdie motto lui 'n heerlike "verhaal" in wat algaande deur die leser uitgepluis kan word. Met groot vaardigheid en emosionele trefkrag onwikkel Danie Marais twee motiewe in In die buitenste ruimte - ontheemding in die buiteland, maar ook 'n mislukte liefdesverhouding wat gaandeweg 'n ewe bevreemdende ruimte as die vreemde land met die vreemde taal word waarin hy hom bevind. Die digterstem behoort aan 'n Afrikaner wat wens dat hy soos Hansie En Grietjie in die maanskyn op 'n uitgestippelde pad kan aanloop "huis toe". Na 'n jare lange verblyf voel hy steeds soos 'n "toeris en toeskouer" in sy aanneemland. Nostalgie en verlange neem toenemend van hom besit, sodat sy reise en ervarings in Duitsland, Spanje en Griekeland in die skadu staan van herinnerings aan 'n boomhuis in Milnerton of Menlopark se vyfde rugbyspan. Ten slotte kom die besef: "Ek kan nie hier bly nie".' - loot.co.za


skakels :









20xx 03 - InZync and Woordfees present the following events - InZync - Woordfees
20xx 03 06 - InZync Poetry/Music Mashup: Toni Stuart, Danie Marais, Koleka Putuma, Kyle Shepherd, Rory Brauteseth, Unity Mzi, Hosted By Jitsvinger, Amazink, 17:00, R30, R50
20xx 03 11 - InZync Poetry Celebration: BCUC, Shiromoney Rhode, Ligua Franca Spoken Word Movement, Ronelda S. Kamfer, Pieter Odendaal, Hosted By Adrian "DIFF" van Wyk, Amazink, 19:30, R30, R50
20xx 03 12 - InZync Poetry Slam: Hosted By Adrian "DIFF" van Wyk, Judges: Siphokazi Jonas, Thabiso Nkoana, Maria Geustyn, ATKV-Booktent, , 18:30, R30, R50
vetseun

2015 12 02 - Die Wasgoedlyn - Churchil Naudé, Mavis Vermaak, Danie Marais, Toast Coetzer, Riku Lätti, Henry Jack Cloete) (Die Skynmaagde), Blah Blah Bar, Kloofstraat, Kaapstad
vetseun

2015 03 08 - Katalekte (Schalk Joubert, Ronan Skillen, Laurinda Hofmeyr, Toast Coetzer, Danie Marais, Vicky Davis, Nicole Holm), kykNET Fismer, Woordfees, Stellenbosch, R100
vetseun

2014 11 02-15 - Kunstefees: Radio Kalahari Orkes, Valiant Swart, Die "Flooze", Joe F, Saarkie, Die Briels, DADA-FM, Voortvlugtend, Jan & Margueritte, JQ Joopiter, Jandré, Deon Maas, Svengali Project, Ronel Nel, Dirk Ace, Chrisman Baard, Marius Bakkes, Niel van Deventer, Jarrid Geduld, Danie Marais, De Ark Guest House, 37 Kantoor Straat Lydenburg
vetseun



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )