Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Cor Dirks (1911-2000) (Dirks, Justus Cornelias "Cor")
vetseun
Die Uile In Mosambiek . 2013 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869196974

Avontuur volg die Uile net waar hulle gaan. Ook 'n vakansie in Mosambiek is allermins 'n rustige strandwandeling!
'n Noue ontkoming met 'n haai klink soos genoeg drama vir een vakansie - maar vir die Uile is dit maar die begin van 'n veel meer spannende episode!

vetseun
Die Uile By Die See / (eBook) . 2012 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869195632
ISBN: 9781869198527

Watter seun wat sy bendenaam waardig is, sal net staan en toekyk wanneer honderde duisende rande se diamante na 'n boot gesmokkel word? Toe Jorsie se ouers sy vier vriende saam see toe nooi, het hulle geweet dit sal nie 'n rustige vakansie wees nie. Maar die gevaar en opwinding wat sou volg, kon hulle nooit voorsien nie. Dit beteken natuurlik nie dat Jorsie, Philip, Vaatjie, Berrie en Hennie - wat hulleself die Uile noem - na moeilikheid soek nie, maar...

vetseun
Die Uile In Die Stad (eBook) . 2012 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869195656
ISBN: 9781869198541

Onderweg na Johannesburg versteek iemand geroofde diamante in Jorsie se tas. Só beland die Uile in 'n ondergrondse misdaadnetwerk. En wanneer die moeilikheid hulle na 'n verlate mynskag lei, raak dinge éérs gevaarlik. Sal die Uile Lan Fu se bende kan uitoorlê?

vetseun
Die Uile Langs Die Limpopo / (eBook) . 2012 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869195496
ISBN: 9781869197933

Vir 'n meedoenlose smokkelbende is die bome langs die Limpoporivier die ideale plek vir hul skelmstreke en hulle verwag nie dat vyf dapper seuns van Kranskopc en 'n man wat gebrei is deur die Kalahariwoestyn, met hulle paaie sal kruis nie. 'n Vakansie langs die Limpopo hou ongetwyfeld avonture vir die Uile-bende in - veral omdat hul goeie vriend Wadda, die woestynmens, saamgaan. Maar die afgelee boswereld is nie net vir die vriende aanloklik nie. Wanneer honger krokodille boonop tot die gevaar gevoeg word, moet Philip en sy vriende vinnig dink en optree.

vetseun
Vyf Uile En 'n Tier ...... 2012 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869195663

Diefstal, spoke, skobbejakke - en 'n tier sorg in hierdie aflewering van die Uile se avonture vir groot moles en hope opwinding.
Op Kranskop is daar nie 'n tekort aan koshuisstreke, avontuur of raaisels wat opgelos moet word nie. Wanneer 'n groot sirkustier boonop uit sy hok ontsnap, is dit die begin van selfs meer aksie. Philip en die Uile word nie toegelaat om aan die gewapende soektog deel te neem nie, en besluit om dan maar na geitjies in die biologieklas te gaan soek. Maar sal hulle dalk in die proses op iets afkom wat veel groter en gevaarliker as 'n geitjie is?

vetseun
Breuk Onder Die Uile (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194505
ISBN: 9781869196639

Wat niemand ooit sou glo nie, het toe wel gebeur: 'n skeuring onder die Uile-geledere. Berrie is die een wat uit die hegte kringetjie wegbreek het. Met krieket kan hy en Philip nog saam speel sonder om werklik saam te werk. Maar toe breek die rugbyseisoen en daardie belangrike naelbyterwedstryd teen Excelsior aan. In die doodsnikke van die stryd is dit nog net Berrie se skopskoen wat die telling in Kranskop se guns kan beklink. Berrie met die pynlike gebreekte sleutelbeen en Philip wat die bal soos altyd vir hom stel ...

vetseun
Die Otters In Die Okavango-moeras / (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194192
ISBN: 9781869196608

Die Otters gaan saam met hulle pa's op 'n kampeervakansie na Moremi, 'n wildreservaat in die oostelike gedeelte van die Okavango-delta. Een pa nooi 'n studentevriend van hom en die se seun Berrie ook saam. Sommer gou besef die Otters dat Berrie deel is van die Uil-bende, en dat hulle op hom kan staatmaak. Die pad na Moremi loop lang draaie deur vreemde plekke. Wanneer die viertal seuns op Maun ontvoer word, moet hulle die waterkanale by Matlapaneng in 'n mokoro aandurf en die woestynstreek, waar net die Boesmans woon, trotseer. Sal die seuns op mopaniewurms oorleef? En sal hulle ooit by Moremi uitkom?

vetseun
Die Otters Se Fietstoer / (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194161
ISBN: 9781869196578

Buks, Kassie en Litte - oftewel die Otters - skryf briewe aan hul ouers sodat hulle fietse vir ? fietstoer kan bekom. Na heelwat beplanning, vertrek die seuns met ? gesonde voorraad blikkieskos en water in groot rugsakke na die Tuliblok langs die Limpoporivier. Wanneer hulle besef dat hulle oor die 400 km sal moet ry, kry hulle rygeleenthede saam met interessante trokdrywers ... Net ná Potgietersrus (deesdae bekend as Mokopane) haak hulle egter by een van die plase vas en word dit al gou duidelik dat hulle die Limpoporivier nie te siene sal kry nie ... Wanneer hulle agterkom dat die mense hier onwettig beeste oor die grens smokkel, maak hulle spore, maar kan hulle die bloeddorstige boer en sy spoorsnyer ontglip? En wat sal gebeur as hulle in ondergrondse tonnels vasgekeer word en wit geraamtes in die donker grotte ontdek.

vetseun
Die Otters Se Veldskoolavonture / (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194185
ISBN: 9781869196592

Die Otters gaan veldskool toe. Die seuns kom op vreemde plekke af. Hulle ontdek 'n donker tonnel, 'n gevaarlike grot en 'n vervalle kasteel ... Maar wat soek twee gewapende mans in die grot? En is die ou kasteel regtig so verlate soos wat dit van ver af lyk?
Philip Senekal, die leier van 'n vyftal vriende wat hulleself die Uile noem, oortuig sy pa om hulle almal saam te neem op 'n jagvakansie in die Kalahari. Maar dié opwindende vakansie draai anders uit as wat hierdie seuns van Kranskop verwag het. Kort voor lank kruis hulle paaie met gevaarlike wilde diere en hulle moet uit verknorsings gehelp word. Wie is die geheimsinnige woestynman met sy onverstaanbare taal wat hulle elke keer help? En sal hy ook kan help wanneer die Uile deur 'n groep gevaarlike inboorlingpriesters ontvoer word?

vetseun
Die Otters, Skateiland Van Die Seychelles / (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194178
ISBN: 9781869196585

Die drie vriende gaan saam met Buks se ouers na die Seychelles. Hulle hou lekker vakansie en vergaap hulle aan die koraalriwwe wat soos slange langs die kus van Mahe af kronkel. Hulle sien interessante en gevaarlike visse en eet vreemde kosse. Die Otters se aandag dwaal egter af van hierdie nuwighede wanneer Kassie per ongeluk hoor hoe twee mans praat van 'n kaart wat hulle na seerowerskatte kan lei. Ongelukkig kom die mans agter dat die seuns ook wil deel in die buit!

vetseun
Die Uile En Die Rampokkers / (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194420
ISBN: 9781869196622

Ons ken hulle nou reeds goed, Philip, Hennie, Jorsie, Vaatjie en Berrie, die vyf vriende wat hulleself Die Uile noem en allerhande planne beraam om in Kranskopskool reg te laat geskied, raaisels op te los en boelies behoorlik te laat les opse. In Die Uile en die Rampokkers gaan die avonture van hierdie vyftal voort, maar soos gewoonlik verloop alle planne nie ewe glad nie ...

vetseun
Die Uile In Die Kalahari / (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194703
ISBN: 9781869196653

Philip Senekal, die leier van 'n vyftal vriende wat hulleself die Uile noem, oortuig sy pa om hulle almal saam te neem op 'n jagvakansie in die Kalahari. Maar die opwindende vakansie draai anders uit as wat hierdie seuns van Kranskop verwag het. Kort voor lank kruis hulle paaie met gevaarlike wilde diere en hulle moet uit verknorsings gehelp word.

vetseun
Die Uile In Die Verlore Stad / (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194710
ISBN: 9781869197407

Hoe ontaard 'n heerlike vakansie ver weg van die beskawing in 'n stryd om oorlewing? Vir die vyf dapper vriende wat hulleself die Uile noem, is dit opwindend om na die skatte van 'n geheimsinnige, verlore stad in die Kalahari te gaan soek. Opwindend, ja, maar ook lewensgevaarlik. Want in die Kalahariwoestyn is die enigste bedreigings nie net die roofdiere en sandstorms nie, maar ook vyande wat self 'n oog op die buit het. Sal die Uile hierdie gevaarlike manne kan uitoorle? En is daar werklik 'n verlore stad en skatte diep in die woestyn?

vetseun
Die Uile In Die Wildtuin / (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194598
ISBN: 9781869196646

In die Krugerwildtuin kom Jorsie per ongeluk op die spoor van drie uitgeslape skelms af vir wie die sukses van hulle smokkelstreke belangriker lyk as die lewe van vyf jong seuns.
n Bosveld- en wildtuinvakansie hou vir die Uile onverwagte avonture in... Philip, Hennie, Berrie, Vaatjie en Jorsie, die vyf vriende bekend as die Uile, reken die grootste vakansieavonture wag vir hulle op 'n bosveldplaas. Toe Philip, die Groot Uil, 'n luiperd uit 'n boom plattrek, dink hulle die vakansie kan nou net rustiger raak. Maar toe besluit die vyf om Krugerwildtuin toe te gaan. En daar skuil groter uitdagings, want Josie kom per ongeluk op die spoor van drie uitgeslape skelms vir wie die sukses van hulle smokkelstreke belangriker lyk as die lewe van vyf jong seuns.

vetseun
Die Uile Van Kranskop / (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194345
ISBN: 9781869196615

Op'n geheimsinnige brief wat Philip Senekal vir Hennie Pretorius in die Wiskundeklas stuur, staan in groot drukletters: "UITERS GEHEIM - WYS VIR NIEMAND NIE". Die brief is onderteken deur Die Groot Uil en Hennie moet hom tweede pouse by die bome agter die skietbaan ontmoet. Wat kan dit beteken? Dit is nie net Hennie wat so 'n vreemde boodskap van Die Groot Uil kry nie. Ook drie ander graad 9's Berrie du Toit, Vaatjie Botha en Jorsie Neethling kry opdragte om op 'n sekere tyd op 'n sekere plek te wees. Gou is dit duidelik dat Die Groot Uil, oftewel Philip, sy vier Kranskopse vriende - wat voortaan as Die Uile bekend sal staan - bymekaargeroep het vir die begin van 'n hele reeks onvergeetlike avonture. Diewe word gevang en boelies moet les opsê ... Maar sal alles vir hierdie vyf Uile ewe glad verloop? Wat gebeur as hulle onder verdenking kom en as Philip se suster skielik spoorloos verdwyn?
Die Uile van Kranskop is die eerste van 'n uiters populêre reeks om heruitgegee te word en daar is nog 11 Uile-boeke op pad. Oor die outeur: Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is op 28 Februarie 1911 op Volksrust gebore. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.

vetseun
Die Otters / (eBook) .. 2010 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193591
ISBN: 9781869196530

Gits! Dis 'n spul vriendelik mense! Die een wil jou laat vuis ruik en die ander wil op jou koekblik spring. Die Otters besluit dis 'n tyd in hulle lewe dat hulle moet saamstaan, want 'n koshuiskind het nou maar eenmaal sy plesier en ellendes. Buks gaan toe mos en se vir ou Biltong sy vingers ruik na sigarette - wat 'n ellende! Buks, Kassie en Litte sit in 'n verskriklike verknorsing. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die koshuisspens besteel het. 'n Mens kan jou nie indink dat die Otters sal steel nie, opsetlik sal wil inbreek nie... dis wat die kinders se.

vetseun
Die Otters En Die Huis Op Die Krans / (eBook) . 2010 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194031
ISBN: 9781869196561

Buks, Kassie en Litte - oftewel die Otters - hou vakansie, maar sal dit sorgeloos verloop met son, see, roomys en visvang elke dag? Wanneer drie boelies sorg dat een van die Otters in die see beland, begin misterieuse dinge gebeur... Het die boelies enigiets te doen met die geheimsinnige huis op die krans? Wat sal gebeur as een van die Otters ontvoer word? Sal die Otterfluit hulle kan help om mekaar weer op te spoor? Die Otters en die huis op die krans is die vierde aksie-belaaide boek in die Otter. Ons weet teen hierdie tyd dat die seuns maar net nie kan help om in die moeilikheid te kom nie, maar sal hulle hulself hierdie keer weer daar uit kan kry?

vetseun
Die Otters Se Koshuisstreke / (eBook) . 2010 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193805
ISBN: 9781869196547

Buks, Kassie en Litte - oftewel die Otters - is nou heeltemal tuis in graadgagt en in die koshuis van Hoërskool Volkstroom. Dit is nie net die Otters se aartsvyande, die Vuis, nie maar ook die onderwysers en die dorpsmense wat gou besef dat die Otters 'n groep is om mee rekening te hou. As hulle nie 'n foefieslaaid uit die koshuis bou nie, dan moker Buks vir hom 'n plek in die eerstekrieketspan oop. Buks is die een wat 'n slag het met die meisies, maar dit is Litte wat soos 'n wafferse held die skone Helene red van verdrinking. Toe die skool se fietse op grootskaal begin wegraak, is dit die Otters wat hulle lewens waag om die diewe te probeer vastrek. Die probleem is net: Dit is 'n geharde bende wat nie sal skroom om te kry wat hulle wil hê nie. Kan die Otters regtig hierdie hardebaard-boewe aanvat?

vetseun
Die Otters Op Die Bosveldplaas (eBook) . PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869196554

Waar die Otters is, is daar nou eenmaal nie vrede nie. En 'n vakansie is vir die drie nie sommer net 'n gewone kuiertjie nie. Met die intrapslag loop dinge in Die Otters op die Bosveldplaas skeef: daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter: Bykans al die kuikens het deur groot gate in die sifdraad ontsnap en Litte is juis 'n man wat half sentimenteel raak wanneer 'n paar vinkies uitgeroei moet word.
Arende, bobbejane en luiperds is vir die stadsjapies nie 'n alledaagse verskynsel nie. Maar waarom kom die Otters een middag erg bedremmeld en gekneus en net geklee in grasrompies by die huis aan? En watter rol het Helene en Magriet, twee skoolpelle, om te speel?

vetseun
Die Uile in die wapad (eBook) . PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869198534

Die vyf Uile kan aan geen lekkerder manier dink om hul somervakansie deur te bring as 'n fietstoer deur Mpumalanga nie - maar natuurlik is dié avontuur nie sonder onvoorsiene uitdagings nie. Sal die Uile hierdie keer weer uit die moeilikheid kan kom?

vetseun
Die Uile - Omnibus 1 .
ISBN: 9780628035127

vetseunvetseun
Wadda van die Woestyn . 1950 VOORTREKKERPERS

vetseun
Ben Opperman van Hoogland .

Die Uile-Reeks (van Kranskop)

Joof en Sy Maats-Reeks:

Joof en sy maats en die dwelmsmokkelaars . 1986

Joof en sy maats: Platina uit Wes-Transvaal . 1983

vetseunvetseun
Joof en sy maats se Bergavontuur . 1983

Joof en sy maats op Doringkruin . 1981

vetseun
Joof En Sy Maats Onder Die Koeëls . 1981 PERSKOR
ISBN: 9780628025159

Joof en sy maats in Etosha . 1980

Joof en sy maats by Doringspruit . 1979

vetseun
Joof van Doringkop ..... 1977

Die Otters-Reeks
Die Otters se fietstoer - 1985

vetseun
Die Otters en die huis op die krans . 1984

vetseun
Die Otters op die Bosveldplaas . 1983

vetseun
Die Uile in die Stad ...... 1970

vetseun
Die Otters se veldskoolavonture .


skakels : wiki















bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )