Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Christoffel Coetzee (Coetzee, Christoffel)
vetseun
Toewaaisand .............. 2003 PROTEA BOEKHUIS
(geredigeer en voltooi deur Piet van Rooyen)

Toewaaisand, sy tweede en laaste roman was onvoltooid. Sy vriend, die skrywer Piet van Rooyen, wat ten nouste daarmee gemoeid was, skryf in die nawoord tot die roman: "Dit was vir my byna vanselfsprekend dat ek die manuskrip ná Chris se dood verder sou wou vat. ... Ek het ... gemeen Chris het die pad ver genoeg uitgestippel dat ek die werk met goeie moed kon takel."

By Aib, teenaan die Sperr in die Namibwoestyn, kruis mense se paaie, ontmoet hede en verlede, hier word die buitestaander onderwerp aan reëls wat vir almal geld. Ná 'n morsige jagtog eis die woesyn sy tol. Die kruispad verval in onbruik. Wat oorbly, word deur die sand toegewaai. ... en gebeurtenisse wat ons aan hierdie plekke koppel, oorleef net in ons geheue. Maar die plekke verkry soms 'n eie bestaan wat groter as die werklikeid is.

vetseunvetseun
Op soek na Generaal Mannetjies Mentz (Klassieke Reeks) . 1998/2008 TAFELBERG

Daar loop gerugte van twee honde en 'n jakkals, gruwelike gediertes, wat snags vreet aan mens en dier in die poorte deur die berge van die Brandwaterkom. Dis waar die Vrystaatse magte futloos aan die Engelse oorgegee het.
Drie Boere loop aan die spits van dié geheime Wraakkommando: die dierlike haaslip Niemann, die geslepe Voss, en hul ontsagwekkende leier, Mannetjies Mentz. Deur hulle kom talle burgers weer vry om voort te veg. En in spelonke hoog teen die berg leef Boervroue en -kinders die Anglo-Boereoorlog deur. Ma, die onverbiddelike. Aunt Soph, die roekelose. Ounooi met die groot ore. En aunt Anne, die ontluikende. Hulle plaas het hulle self laat afbrand, en 'n onderlinge verdrag laat gedy hulle daar saam met Jan Witsie en sy half-Basotho, half-Griekwa mense. Maar dis die verkeerde tyd vir Anne om te blom toe Mentz se burgers die gevange jong Kakie-luitenant daar los - verlief soos sy is, en blind vir die onvermydelike: dat die burgers sal terugkom, en dat hulle bloed sal soek. En so word nog 'n konflik gebôre, want Soph se eie broer, blink Frans Naudé, is deel van daardie Wraakkommando. Botsing en hartstog, ontrou en lotsverbondenheid tussen Boer en Brit, wit en swart, mens en dier ... - graffitibooks.co.za

"There are rumours of two dogs and a jackal, terrible creatures, that feed on man and beast in the passes through the mountains of the Brandwaterkom. That is where the Free State forces surrendered meekly to the English. Where someone is ambushing the Tommy escorts in the passes and punishing them brutally - but the quitters too, even the pack animals.

Three Boers are at the forefront of this secret Avenging Commando: the bestial harelip Niemann, the cunning Voss, and their imposing leader, Mannetjies Mentz. By their hand many burghers are freed to fight on.

And in caves high in the mountain Boer women and children are surviving the Anglo-Boer War. Ma, the unwavering. Aunt Soph, the reckless. Ounooi with the big ears. And Aunt Anne, who is blossoming. They have burnt their farm to the ground themselves, and a mutual agreement allows them to live there with Jan Witsie and his half-Basotho, half-Griqua people.

But it is the wrong time for Anne to be blossoming when Mentz and his burghers leave the captured young Tommy lieutenant there - in love as she is, and blind to the inevitable: that the burghers will return, and that they will want blood.

And in this way another conflict is born, because Soph's own brother, bright Frans Naudé, is part of that Avenging Commando.

Conflict and passion, disloyalty and intertwined fates between Boer and Brit, white and black, man and beast ... The mixture is rich and powerful in this story that runs deep and far into Africa: to the foot of her most beautiful mountain, Kilimanjaro, and into the shade of the greatest war, in the middle of the previous century."


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )