Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Christa Jonker-Jordaan (Jonker-Jordaan, Christa)
vetseun
Chilli-lipstiek 2 .................. 2010 CARPE DIEM
ISBN: 9781770311961

vetseun
Chilli-Lipstick Omnibus ...... CARPE DIEM
ISBN: 9781770312432

5 Boeiende verhale oor ultimate issues vir meisies.
Jong meisies sukkel baiekeer met allerhande probleme en bekommernisse! Hoe gemaak met vriende, vry en versoekings?
In hierdie boek leef en leer 5 karakters lesse oor die ULTIMATE issues waarmee meisies te doen kry!
Nicola se grootste wens is net om sexy te wees, want dan sal mense haar raaksien. Tog is die slaggate van 'n maer wees dieper as wat sy ooit kon dink.
Karis glo seks voor die troue is verkeerd. Tot sy haar eie begeertes leer ken en uitvind dis nie altyd so maklik om nee te sê nie.
Mila kan alles koop wat haar oë sien. Maar die lewe maak vreemde draaie met haar en dwing haar om die gerief van geld en goed te ruil vir dinge van groter waarde.
Jana hou van haar pêlle maar wil net so graag ook by die In-groep wees. Sy probeer hard, maar dy sukkel om nie onder groepsdruk te swig nie.
Kim wonder wanneer 'n mens weet jy het DIE EEN raakgeloop. Want partykeer smag jy na die een wat ver is en kyk verby die regte verhoudings wat naby is.

vetseun
Naglig (eBook) ................
- 'n Vrou, 2 mans en 'n reis na vergifnis
ISBN: 9781432201142
ISBN: 9781770313071

Die romantiese verhaal van ? vrou wat moet leer dat geen sonde te groot is om te bely en vergewe te word nie, en dat vergifnis iets is wat geskenk, maar ook aanvaar moet word.
Moon is anderkant veertig en verveeld met haar lewe ... en veral met haar man, Albèr. Dan ontmoet sy Daniel, die aantreklike en baie jong kunstenaar wat saam met haar glo in hartstog en die verterende vuur van die liefde ...Hulle passie vir mekaar is 'n eksotiese en ongeëwenaarde plesier wat die leemte in haar hart volmaak, haar lyf jonk en mooi laat voel en haar lus vir die lewe en haar kuns gee. Vir die ander mense om haar, haar man en dogter, is die vrugte egter wrang en bitter.Uiteindelik moet Moon op 'n reis gaan - 'n werklike reis om weg te kom en perspektief te kry. Dis ook 'n sielsreis om van haar geliefde Daniel te probeer vergeet en haar hart te suiwer. Want net dan, weet sy, kan sy 'n nuwe mens word en haar huwelik hervat.Naglig deur Christa Jonker-Jordaan is die verhaal van 'n vrou wat moet leer dat geen sonde te groot is om bely en vergewe te word nie, en dat vergifnis iets is wat geskenk maar ook aanvaar moet word.Christa Jonker-Jordaan is getroud met Gerrit. Hulle het vier kinders en twee kleinkinders en woon in Bloemfontein. Vyf boeke uit haar pen het reeds die lig gesien en haar bydraes is in tientalle dagstukkieboeke en ander samestellings gebruik. In 2008 het haar tienerboek Lyf die gesogte ATKV Woordveertjie-toekenning ontvang.

vetseun
Oudword is nie vir sissies nie vir mans / (eBook) . CARPE DIEM
- Want manne word ook grys!
ISBN: 9781770312425
ISBN: 9781432201180
ISBN: 9781770313019

Hierdie is 'n boek vir mans - maak nie saak of hy jou eggenoot, vriend, baa, broer of pa is nie, dit is dié geskenk vir hom. Dit is vol snaakse aanhalings, grappige vertellings en oulike illustasies om jou toe te rus om voluit te lewe
Jy is aan die verkeerde kant van die ouderdomskaal, jou hare word stadig minder en niemand wil aan die storie byt dat jy dat jy spiergewig dra en dat dit hoegenaamd nie vet is nie.Ergste is, 'n rustige aandjie tuis klink deesdae na jou soort vermaak. Die feit is jy het daardie ouderdom bereik waar jy inspirasie nodig het om steeds 'n passievolle lewe te geniet! Hierdie is 'n boek vir mans - maak nie saak of hy jou eggenoot, vriend, baas, broer of pa is nie, dit is dié geskenk vir hom. Dit is vol snaakse aanhalings, grappige vertellings en oulike illustasies om jou toe te rus om voluit te lewe. Manne, oudword is nie vir sissies nie, So, word geinspireer, pak die ouderdom by die horings en lag jou sorge weg!"

vetseun
Oudword is nie vir sissies nie (eBook) .
- Betree jou lewe na 40 met passie!
Redakteur: Joanita Fourie Media
ISBN: 9781770312135

Oudword is nie vir sissies nie,so omhels jou ouderdom en waardeer en geniet elke dag!
Jou geheue, oë, ore en knieë is nie meer wat dit was nie. Mense bewonder nou jou persoonlikheid, en nie jou lyf nie.Jy kan ogies maak soos jy wil, dit is onskadelik.Jy het dáárdie ouderdom getref en het inspirasie nodig om jou lewe met passie te leef!Dié bederfboek is vol waarhede, ironie, tong in die kies humor, snaakse aanhalings, oulike illustrasies en selfs Bybelse wyshede om jou toe te rus om presies dit te doen - voluit te leef. Oudword is nie vir sissies nie, so omhels jou ouderdom en waardeer en geniet elke dag!

vetseun
Chilli-Lipstiek / (eBook) . 2008 CARPE DIEM
- Brandende Isses Op Meisies Se Lippe
ISBN: 9781770310698
ISBN: 9781770313422
ISBN: 9781770313316

Lyf is die verhaal van een oorgewig meisie se soeke na aanvaarding op die enigste manier wat vir haar effektief lyk: deur gewig te verloor. Maar dit gaan nie net oor wroeging oor gewig nie, daar is ook vriendskap, opdragte omgee, geloof-in-aksie, hope pret - en natuurlik romanse!
Lus is die verhaal van 'n meisie wat oortuig is dat seks slegs bedoel is vir 'n huwelik. Maar sy ontdek dat daar baie slaggate is, want die ouens se hande op haar lyf maak dat sy soos 'n beginner-surfer met goeie voornemens en al die onstuimige water intuimel.
Luuks is die verhaal can 'n meisie wat net aan die beste gewoond was en toe op 'n harde manier die werklikhede van die lewe moes leer ken.
Hierdie is 3 verhale oor tiener-issues. Nicola is dik. En sy is dik vir haar dikke lyf wat maak dat niemand haar raaksien nie. Lyf is die verhaal van een oorgewig meisie se soeke na aanvaarding op die enigste manier wat vir haar effektief lyk: deur gewig te verloor. Maar dit gaan nie net oor wroeging oor gewig nie, daar is ook vriendskap, opregte omgee, geloof-in-aksie, hope pret - en natuurlik romanse! "Hoekom freak dit jou so uit, Karis? Ek sien niks daarmee verkeerd om seks te hê met 'n ou nie." Lus is die verhaal van 'n meisie wat oortuig is dat seks slegs bedoel is vir 'n huwelik. Maar sy ontdek dat daar baie slaggate is, want die ouens se hande op haar lyf maak dat sy soos 'n beginner-surfer met goeie voornemens en al in die onstuimige water intuimel. Mila se ou ry met 'n supervinnige sportmotor en syself koop haar klere by boetieks in New York, Parys en Milaan. Luuks is die verhaal van 'n meisie wat net aan die beste gewoond was en toe op 'n harde manier die werklikhede van die lewe moes leer ken.

vetseun
Lyf ................................. 2007 CARPE DIEM MEDIA

"die verhaal van Nicola wat aanvaarding gesoek en gevind het"

Nicola is dik. En sy is dik vir haar dikke lyf wat maak dat niemand haar raaksien nie. Sy kry nie 'n date vir die skool se groot Valentynsdans nie en haar vriendin gebruik haar as skans teen onwelkome attensies. En veral lyk dit nie of die baie beautiful Dewald met sy Brad Pitt-smile enigsins van haar bestaan bewus is nie.
Daarom moet sy dun word, besluit Nicola. En sy doen dit: eers met baie oefening en min kos; toe met intensiewer oefening en nog minder kos, en uiteindelik met dieetpille ... Sy weet dis nie die regte manier nie, maar sy oortuig haarself heeltyd dat sy nie op die pad na anoreksie sal beland soos Nerina nie.En sy wórd slank. En sy trek aandag. Haar jare lange pêlle Jakes en Henri kyk na haar met ander oë, die cool ouens in die skool sien haar raak en uiteindelik ndash; watter geluksaligheid! - kry sy daardie droom-date.Maar is dit eg? Wonder sy. Hoekom sien almal haar raak noudat sy 'n klomp gewig verloor het, terwyl niemand haar wou leer ken het vir wie sy is toe sy nog oorgewig was nie?En sy bly vasgevang in die verslawende greep van die dieetpille. Hoe gaan sy daarvan loskom? Kán sy daarvan loskom? En is dit iets waaroor 'n mens met die Here kan bargain? - graffitibooks.co.za

vetseun
'n Ma is Spesiaal ............. 2006 CARPE DIEM
ISBN: 9781920044695

Hierdei titel is oor 'n ma se belewenisse - van kinders wat grootword tot volwasse kinders wat moet besef dat hul ma's nie heeltemal so min van die lewe weet as wat hulle gedink het nie en oor ook die pyn wat ma's soms dra.


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)