Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Chris Stuart (Stuart, Chris)
vetseun
Sakgids: Soogdiere Van Suider-Afrika . 2011 STRUIK
Chris Stuart; Mathilde Stuart
ISBN: 9781770078864

Hierdie bondige boekie is die ideale sakgids om soogdiere in die streek mee uit te ken. Dis maklik om te gebruik en dek - in verbasende besonderhede - sowat 120 soogdiere, van die kleinste soogdiere (soos vlermuise, klaasneuse en skeerbekmuise) tot die grootste (soos olifante, leeus en renosters) en sluit ook seediersoorte in (soos robbe, dolfyne en walvisse). Met betroubare en kleurvolle illustrasies, bied hierdie gids beknopte inligting oor sleutel-identifiseringswenke, soortgelyke spesies, habitat, gedrag, dieet, dieregeluide, voortplanting, lewensduur, verspreiding en grootte. Duidelike afbeeldings van elke dier, verspreidingskaarte, silhoueette wat diere se relatiewe grootte in verhouding tot die mens aandui en illustrasies van spore en mis, maak hierdie 'n noodsaaklike gids vir sowel toeriste as natuurliefhebbers.

vetseun
Veldgids tot soogdiere van Suider-Afrika (Diere) . 2008 STRUIK
Chris Stuart; Tilde Stuart
ISBN: 9781770076457

Hierdie uitgawe van Veldgids tot soogdiere van Suider-Afrika is uitvoerig hersien om jou te help om nie net die ikoniese groter soogdiere uit te ken nie, maar ook om te onderskei tussen die verstommende verskeidenheid spesies wat op die oog af eenders is. Kleursleutels maak dit maklik om familiegroeperings na te slaan, terwyl die uitgebreide inleiding help om spesies in konteks te plaas. Die teks bevat die kenmerkende eienskappe van elke land- en seesoogdier, insluitende tipiese gedrag, voorkeurhabitat, kos en voortplanting. Hierdie uitgawe, wat 350 spesiebeskrywings, 470 foto's en meer as 275 verspreidingskaarte, sowel as geselekteerde mens-dier-groottevergelykings, spoortekeninge en skedelfoto's bevat, vergroot ons begrip van die subkontinent se soogdiere. Sedert dit die eerste keer in 1988 verskyn het, het die Veldgids tot soogdiere van Suider-Afrika die gewildste gids tot die soogdiere van die streek geword.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)