Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Carmen Niehaus (Niehaus, Carmen)
vetseun
Huisgenoot Top 500 Wenresepte 2 . 2013 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798158060

Dit is die tweede bundel in die suksesvolle Huisgenoot Top 500 Wenresepte reeks, en bevat die beste resepte uit die Huisgenoot-kombuis van die afgelope sewe jaar.
Met sy amper 600 resepte het dié nuwe Top 500 .60 bladsye meer as die vorige bundel. Die toevoeging van variasies en wenke verhoog ook die waarde van die boek.
Met 15 hoofstukke wat soet- en souttert, vis en seekos, vleisgeregte en pasteie, asook nageregte en koeke insluit. Gunstelinge soos Wildspastei, Roosterkoekhamburgers, Kaapse kerrie en Goumet-paella laat die mond water. Vir die soettand is daar Rooifluweel-kaaskoek, Baklava en die beste Wortelkoek ooit.
Al die resepte is getoets deur die hoogs ervare Huisgenoot/YOU kosredaksie: 'n flatervrye kook- en bak-ervaring is verseker.
Met 'n moderne uitleg en uitstekende foto's is die boek 'n MOET vir elke Suid-Afrikaanse kombuis.

vetseun
Huisgenoot Wenresepte Stap-Vir-Stap . 2012 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798155601

Uiteindelik! Die topverkoper Huisgenoot-Wenresepte reeks is nou ook toegangklik vir nuwe kokke of mense wat sukkel in die kombuis. Nooit weer hoef jy onseker te voel of te wonder oor presies wat die resep nou eintlik bedoel met 'n kookterm nie... Elke stappie van die kosmaakproses is hier duidelik uiteengesit en word volledig verduidelik met volkleurfoto's .
Die boek kan met ewe veel vrug deur beginnerkokke, jongmense en selfs kinders gebruik word. Dis sonder tierlantyntjies en sluit resepte in wat 'n wye verskeidenheid van smake sal pas. Elk van die 66 resepte gaan gepaard met foto's wat elke stap, van bestanddele bymekaarkry tot voorbereiding, bak, kook en voorsit volledig toelig. Dis so na aan 'n werklike kookklas as wat jy kan kom sonder om jou eie kombuis te verlaat. Uit die vertroude pen van Carmen Niehaus en met die wye aanklank wat die Huisgenoot naam verskaf, het ons hier verseker 'n voltreffer.

vetseun
Huisgenoot Bakboek ....... 2010 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798151245

Huisgenoot se nuwe bakboek is dié bakboek van alle bakboeke - prakties, bruikbaar en met pragtige foto's. Dit bevat meer as 200 resepte vir gebak en meer as 30 vir versiersels en vulsels. Elke resep is spesiaal gekies en getoets, en vorm deel van 'n spektrum wat strek van tradisioneel tot nuut en innoverend.Daar is iets vir elke geleentheid: koeke, terte, skons, muffins, koekies, kolwyntjies, beskuit en selfs pannekoek. Koeke wat gebak word in die mikrogolfoond, koeke met lae GI-waarde, en internasionale gunstelinge soos panforte, stollen, bienenstich en frangipane.Kies appel-en-kaneelmuffins om die dag te begin, 'n vye-en-pekanneutringkoek vir iets by die koffie of polenta-jogurtkoek vir 'n gesonder opsie, en vrugteneutblokkies vir die kosblik.

vetseun
Huisgenoot Braai ............. 2009 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798151047

Huisgenoot braai bevat Suid-Afrika se beste braairesepte en -wenke, spesiaal uitgesoek en getoets, van ou staatmakers tot splinternuwe, innoverende resepte. Carmen Niehaus se omvattende braaigids propvol lusmaak-resepte, getoets in Huisgenoot se kombuis, dek alles wat 'n braaier sou kon wil weet. Nie net kry al die vleissoorte - vis, vark, steak, hoender en wild- hulle kans op die kole nie, maar daar is ook hoofstukke oor slaai en groente, brode en poeding, en happies vir vooraf. Praktiese detail oor braai met kole, brikette of gas, oor marinades en gegeurde botters, souse en vryf- of speserymengsels help karakter aan jou kos verleen. Is iemand dalk lus vir die Gekruide skaapribrol met hupstootvulsel of Klewerige hoendervlerkies? Of wat van Gevulde wildsrugfilet en Weskussnoek? Met Huisgenoot Braai nooi Carmen alle braaiers - van beginners tot die wat weet - om vriende en familie saam te roep vir smulkos en samesyn.

vetseun
Huisgenoot Wenresepte 8 . 2009 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798150064

Nog 'n suksesverhaal uit die pen van Carmen Niehaus. In Huisgenoot Wenresepte 8 maak Carmen dit maklik om met flair te kook - van die eenvoudige geroosterde ciabatta voorgereg en die dekadente roomys-bombe met bessiesous as nagereg tot geurige kerries van Durban en die Bo-kaap. Met tradisionele gunstelinge sowel as geregte van regoor die wereld. Meer as 400 watertand resepte vir alle geleenthede sal die titel beslis inspireer.

vetseun
Huisgenoot Top 500 Wenresepte . 2006 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798146234

'n Kontemporêre uitleg met pragfoto's maak hierdie versameling resepte - wat spesiaal vir Huisgenoot-lesers saamgevat is - so noodsaaklik soos Mrs Ball's in elke kombuis.
Die immergewilde Huisgenoot Wenresepte-reeks is onlosmaaklik deel van die Suid-Afrikaanse kosavontuur - kookboeke wat hulle plek volstaan reg langs Kook en Geniet. Nou het alle Wenresepte-aanhangers die kans om hulle uit te leef met 'n versameling van die Top 500 Wenresepte. Die boek is spesiaal saamgestel sodat Huisgenoot-lesers die gewilde tydskrif se 90ste verjaardag in styl te vier.
Hierdie lywige samestelling bestaan uit 17 liplek-lekker hoofstukke, insluitend Soutterte, Soet terte, Gebakte poedings, Vis en Seekos en Maalvleis en Pastei. Trefferresepte soos Ouma se Karoolamspastei (Wenresepte 7), Pampoenkoekies in stroop (Wenresepte 1), Biltongsop (Wenresepte 7) en Varkboud met lemoensous (Wenresepte 4) is ingesluit. Natuurlik het Suid-Afrikaners se soet tand nie vergete gebly nie met staatmakers soos Melktertkaaskoek (Wenresepte 3), Gemmerpoeding (Wenresepte 2000), Maaskaaskoek (Wenresepte 3) en Allerlekkerste sjokoladekoek (Wenresepte 2).
Elke resep is getoets deur die bekwame Huisgenoot-kosspan en dra hul stempel van flatervrye kook- en bakgenot. Ook is daar 'n versameling pragfoto's wat saam met die kontemporêre uitleg sorg dat Huisgenoot Top 500 Wenresepte 'n noodsaaklikheid sal wees in elke kombuis.

vetseun
Wenresepte Op Die Kortpadmanier . 2003 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798142953

Berei smaaklike kos in die minimum tyd voor, met bestanddele uit jou koskas. Die boek is in tien afdelings opgedeel ¬- kitsetes, vis en vleis, hoender, pasta, groente, slaai, handkos, poeding, koek en tert en kitsgebak ¬- om resepte maklik te vind.
Die klem is op lekker kos op die vinnige manier. Hierdie is almal resepte wat min bestanddele gebruik (die meeste daarvan uit jou koskas), en min tyd en moeite verg.

vetseun
Huisgenoot Potjiekoswenners . 2001 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Huisgenoot Randrekkers . 1995 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798134101

vetseun
Etes in 'n Kits .......................... MEDIA 24
ISBN: 9780987005779


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)